Hoe red jy jou huwelik as jou maat nie wil nie?

Littelmewhat3ver skryf:
Hoe red jy jou huwelik as jou maat nie wil nie of huiwer.
Ek sit op die oomblik ” tussen n “rock en hard place” Ek gaan op die oomblik deur ‘n moeilike tyd!! My man wil skei maar ek wil nie!!! Na al die dinge wat al gese is wil ek nog steeds nie skei nie!! Vandag is dit al ‘n maand wat ek uit die huis is en op my eie bly. Ek het in die begin van Aug uitgetrek in my eie woonstel, my man bly tans by sy ouers in die woonstel saam met my dogtertjies 3 en 1, hy bedoel goed. Ek kan dit nie finansieel bekostig om my huur te dek, kos te koop vir 3 en vervoer werk toe en terug daagliks. Ek kry maar n handjie vol van n salaris. Nou gaan julle seker vir my se ek moet kyk na n beter inkomste, ek is bewus daarvan maar kan nie bekostig om my werk vir die hand te wys nie, ek het n goeie baas, sy kantoordeure staan altyd vir my oop, hy luister as my hart swaar is, sy troos en vertroue en hy en sy vrou het n sagte gees.My werksure is buigbare ure en ek kan my kinders werk toe vat.
Ek het ‘n besluit geneem en na Die Here gedraai vir krag en hulp en as dit nie vir Hom was nie weet ek nie nou waar ek sou gewees het nie… Ek weet Die Here het ‘n doel met elke een van ons se lewe, maar ek weier om te glo dat dit Die Here se doel is dat ek en my man moet skei!! is ek verkeerd??
Die redes hoekom my man wil skei is op grond van Unreasable behaviour. Verbal abuse, insults, threats. Ons is al vir baie lank van tafel en bed geskei. Ek is nog baie lief is vir hom en ek wil nie skei nie!! Ek het in die 3 weke keer op keer gesmeek dat ons vir berading gaan maar hy was hardkoppig en wou nie ingee nie. So 2 weke terug het ek n oproep van hom ontvang en hy het gese hy sal gaan maar dit beteken nie ons gaan weer probeer nie, hy gaan vir die eenvoudige rede om perspektief te kry en opinies. Hy en sy familie glo vas n huweliksberader kan ons nie help nie, ek weet nie hoe kan hy dit se as ons nog nooit eers probeer het nie, ek weet ook nie hoe hy n huweliksberader sien nie. Hy sê ook as die persoon nie self in ons verhouding is nie, sal hy of sy nie ons probleme kan uitsorteer nie want hulle weet nie hoe dit is om saam met my in n huwelik te wees nie. Die ergste is, hy glo dis alles my eie probleme om op my eie uit te sorteer.”
Ek moet ook las dat ek vir n maand lank al alles in my vermoe doen om die huwelik te red deur om myself op te offer en hoewel dit geweldig moeilik is om myself te swaai, sien hy nie die verandering of verbetering raak nie. Ek het myself al emosioneel los te maak van die situasie omdat ek so moeg is vir probeer en hy bly dieselfde na my kyk. Ek het die “Love Dare” van Fireproof gekry en probeer die stappe neem soos gegee maar as ek myself kry dan blaas ek uit die bloute af soos ‘n stoompot. Dan is ek so kwaad vir myself, want dit is presies die rede hoekom my man van my wil skei.
My vraag is Hoekom wil hy nie vir berading gaan nie? “Ons het só ’n groot probleem” vanaand het hy eerlik aan my erken hy wou nooit saam n berader gaan sien nie, maar het uit respek vir my.
Dankie byvoorbaat vir jou tyd en advies. Ek waardeer dit baie.
Magtig Trash | Mark as Spam

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

6 thoughts on “Hoe red jy jou huwelik as jou maat nie wil nie?

  1. Hi. Ek het asb baie bringend hulp nodig. Ek is al in n huwelik vir nege jaar my vrou drink baie en het biarpolo en op medikasie sy word baie geimtemideer deer haar Ma wat inmeng in ons huwelik sy wil niks weet om dit te maak werk nie wil net skei en sy se sy het my nie meer lief nie sy het ok al eggebreuk en ek het haar vergewe vir wat sy gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns ouderdom 8 6 4. Ek is nog bitter lief vir my vrou en wil nie skei nie. Kan iemand help asb. My cell is 0826946162 en haar nommer is 0768689431. Ons bly op die stadium nie meer saam nie.

  2. My vrou wil skei maar ek wil nie wat ek doen om dit te keer wat ons het n 3 jaar seun en hulle is my lewe maar haar ma en stefpa wil he syt moet my skei wat hulle se vir haar ek. Kann nie vir haar sorg nie en nou wil sy skei

  3. Kopdolla hier: Nee wat, sy storie is yl. Gelukkig yl jy nie meer en dink hier is nog iets te redde nie. Jy klink vir my sterk en op jou voete. Kyk, om eerlik te wees gaan dit moeilikerig wees om jou eie pad te begin loop. MAAR dit gaan nog baie moeiliker wees om saam met hierdie man ‘n pad te probeer loop. Los die remskoen uit – sonder hom gaan jy uiteindelik beter af wees.

  4. Littlemewhat3ver, good for you dat jy op jou punte gestaan het en met ‘n berader gaan gesels het.
    Ek het weer jou eerste epos gelees. Toe wou jy nie skei nie; en jy het gewonder of ‘n egskeiding God se wil kan wees.
    Nou is jy op ‘n ander plek? Jou man erken ‘n verhouding ? En wat is dit met die history data op jou rekenaar?
    ‘n Rekenaar is privaat eiendom. Niemand het reg op toegang daartoe nie behalwe jy en jou werkgewer. As jy in ‘n onwettige bedryf is het jou man nog altyd nie toegang nie – die Polisie het. Ek neem aan jou werk is ‘n eerlike werk.
    Oor jul huwelik:
    ‘n Huwelik verg twee gewillige partye – jou man is nie gewillig nie. Ek kan dus nie sien hoe julle hierdie huwelik gaan red nie. Partykeer moet mens maar die harde waarheid vierkant in die oe kyk. hoe gouer jy dit doen hoe gouer kan jy aanbeweeg en op ‘n beter plek kom.
    Nog iets: God se wil is beslis nie ‘n ongelukkige huwelik nie. Skei is nie sonde nie. Jou lewe is veronderstel om ‘n reis te wees waarin jy jou mooiste eienskappe ontwikkel. Om ‘n positiewe omgewing te skep waar jou kinders kan ontluik in volwassense wat liefde verstaan is net so belangrik. Kan jy dit doen in jul gesinsopset soos dit nou is? Dan is egskeiding beslis beter en baie meer positief.
    Ek dink jy weet waar jy staan. Mens het soms tyd nodig om aan ‘n nuwe situasie gewoond te raak; en soms het jy ‘n stoot in die regte rigting nodig. Dalk moet jy nog een keer met die berader gaan gesels met die spesifieke doel om jou keuse vir jouself duidelik uit te sorteer en jou besluite te maak.
    Sterkte, en kom vertel gerus verder

  5. Sjoe Littlemewah3ver, jy vra moeilike maar baie geldige vrae. Jy hoef nie te skei as jy nie wil nie maar dit klink nie of julle op ‘n lekker plek is nie – en al lankal nie meer ‘n gelukkige huwelik het nie.
    Maak dit sin om maar so aan te gaan? Wat doen dit aan jouself? Wat doen dit aan jou dogtertjies? As jy aangaan op dieselfde manier gaan jy vasgevang bly in dieselfde situasie.
    Jy het, soos dit vir my lyk, twee opsies: jy skei of JY gaan vir berading.
    Al wil jou man nie vir berading gaan nie kan jy nog altyd gaan.
    Jy kan in elk geval nie iemand dwing om te gaan nie of dwing om te verander nie. Al wat mens kan doen is om jouself te help – soos om jou reaksies te verstaan. Daardie uit die bloute kwaad raak en stoom afblaas laat my dink dat jy self sukkel met onderdrukte woede.en seer kry.
    Gaan gesels met iemand, toe?
    Vra jou man om te betaal, aangesien hy nie wil gaan nie.
    En gaan met ‘n oop gemoed. Dit gaan nie daaroor om te kyk wie se ‘skuld’ dit is nie. Jy wil gaan om jouself beter te verstaan en die vaardighede aan te leer om beheer te neem van jou eie geluk. Groei is nie maklik nie maar dit is altyd die moeite werd.
    Sterkte!

    • Weer ek.

      Ek en my man het toe vir ons eerste sessie gegaan. Daarna het hy vir my gese hy het alleen na ons berader toe gegaan vir “one on one” sessies. Twee dae later stuur ek n epos aan ons berader om te vra hoe die sessies met hom gaan, hy het gese hy gaan alleen vir berading en wanneer ons weer saam vir ‘n sessie kan kom? Sy antwoord was as volg: nadat julle laas saam by my was, was hy nog nie weer by my nie.
      Ek dog ek slaan agteroor. Ek het hom dadelik gekonfronteer en hy het gese, hy wou my nie laat worrie met goeie rede?
      Wat dit veronderstel is om te beteken weet ek nou nog nie. Inelkgeval toe vra ek vir hom wie sien jy?
      Al wat hy kon kwytraak is die volgende : n baie oulike dame wat jou binnekort sal kontak en dat ons baie ernstig moet gesels die volgende keer as ons mekaar sien.
      Ek kry die boodskap het ek terug geantwoord en dat ek voorbereid sal kom.
      Ek het gevra dat hy sommer oor Facebook vir my se waaaroor hy wil praat maar hy wou nie. Laat dit toe nou maar daar.
      Die volgende wat hy toe vra is dat hy die laptop soek vir die komende 3dae.
      Ek het dit duidelik gemaak dat dit nie gaan gebeur nie want ek gebruik die laptop by die werk en dat hy maar die ding oor die naweek moet vat. Ek vra toe sommer maar net hoekom hy hom soek?
      Sonder om te huiwer het hy terug beantwoord dat hy die rekenaar soek om al my “history data” af te laai en dat ek mos niks het om weg te steek nie so hoekom pla dit my?

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s