Is kosskool die oplossing vir stoute tiener?

Me2rose

My dogter van 14 jaar  is die jongste van 2 dogters haar ouer sussie is 18 jaar. My jongste het op laerskool goed presteer met omtrent al haar vakke bo 70. Toe kom hoërskool en sy pluk elke vak.  Sy lei aan depresssie en het ook disiplineprobleme en het geen respek vir ouer mense nie.  Ek was al 2 keer in die hoof se kantoor oor haar gedrag, huiswerk wat nie gedoen word, nie  luister vir onderwysers nie ens ens. Ek is raadop en verstaan nie hoe kan ‘n kind wat goed presteer binne ‘n jaar kan verander in iemand wat glad nie presteer of belangstel in skool nie.  Tussen haar en haar ouer sussie is daar geen goeie verhouding nie en ek is regtig moeg vir die 24 uur se geskree en bakleiery en slegsêery tussen die twee.  Ek moet erken die oudste word bederf en voorgetrek deur my skoonouers en wat sy vra kry sy en word agter die jongste se rug gedoen.  Ek het al met my skoonouers gepraat en gese as hulle nie vir al twee dieselfde kan gee nie moet nie een iets kry nie.  Dan word vir my net gese die oudste is 18 en het meer nodig as my jongste.  Wat ek nie mee saamstem nie: altwee is tienerdogters en het dieselfde behoeftes.  Ek het vir my man al meer as een keer gesê ons moet ons jongste by ‘n sielkundige kry daar is groot fout, wat net om op dowe ore te val.  Na die laaste eksamen is sy gestraf en haar selfoon weg gevat oordat sy nie akademies presteer nie.  En my man het besluit sy gaan van volgende jaar af na ‘n kosskool op ‘n ander dorp en sal net een keer per maand huis toe kom. Waaroor ek ook nie saam stem nie.  Ek weet nie meer watter kant toe of wat om te doen nie.  En dit breek my hart om ons kind so ongelukkig te sien en net verder weg te dryf. Help asb!!

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “Is kosskool die oplossing vir stoute tiener?

  1. Sjoe, m2rose! Teen die tyd is jou en jou dogter se selfbeeld so aan skerwe sat julle almal regtig swaar kry en buite beheer voel.
    ‘n Paar dinge: rebellie is normaal vir tieners. Hul frontale breinlobbe ontwikkel onder die invloed van tienerhormone tydens die tienerjare drasties, en maak dat hulle werklik weer raak soos tweejarige kinders wat tantrums gooi. Hierdie proses duur sowat agtien maande. Party tieners rebelleer baie erger as ander – wat dit baie swaarder maak vir die ouers. Vir seker is jou dogter net so ongelukkig as jy.
    Dis normaal maar swaar. Waarskynlik is niks ernstig fout nie. Dus: hou moed. Gewoonlik waai die rebellie binne ‘n jaar of drie oor.
    Intussen moet mens die skade beperk en sover moontlik jou kind help om nie deur keuses wat deur rebellie aangevuur is hulself so te beperk dat hulle later min opsies oor het.
    Oplossings? Ek kan jou een ding se: dit is nie ‘n goeie idee om ‘n kind wat so ongelukkig is die vreemde in te verban waar julle nie ‘n ogie kan hou nie en sy soveel makliker onder verkeerde invloede en maats kan kom. Jou kind het meer liefde nodig, nie minder nie.
    Die hantering van rebellie word baie sterk bepaal deur ouerskapstyl, die stel van grondreels, persoonlikheidstyle en die aanleer van tegnieke om verskille te ontlont, sodat jou kind n veilige spasie ‘kry waar sy haarself mag uitdruk maar ook leer dat dit voor- en nadele het.
    Dit is beslis baie moeiliker om sekere kinders groot te maak as ander. Kritiek en baklei gaan min help – en ek glo mos altyd daaraan om hulp in te roep as mens self vashaak. Net soos mens dokter toe gaan vir vir pyne en skete, gaan mens iemand sien met lewenskete. Vra die skool of hulle iemand kan aanbeveel; of vra jou dokterspreekkamer na wie hulle mense vir gesinsterapie verwys.
    Gaan gesels eers alleen met die persoon en kry raad oor hoe julle as ouers die situasie die beste kan bestuur. As jou dogter self lus is om te gesels sal dit wonderlik wees – vir haar ‘n uitlaatklep, ‘n mentor en ‘n veilige plek waar sy sonder vir veroordeling en kritiek of die vrees dat sy afsteek teenoor haar voorbeeldige suster, haarself kan bloot stel.
    Sterkte!

    • My hart bloei vir jou. Ek het drie tiener dogters. Al drie baie verskillend. Die stil outjies is die uitdaging sy is ook die jongste. Ek het n praatjie op RSG ( Johan van Lul) gehoor oor tieners en die ontwikkelling van hulle brein en my voorgeneem as die rebellie en stiltuipe soos n mantel om haar hang ,gaan ek dit nie raak sien nie maar op haar voorkoppie under construction!
      Wat vir myne werk is :
      alleen wees saam met pappa en mamma.
      moelasse
      roomys (sy’s gek daarna)
      kuns
      luister mooi as sy vra sy wil net alleen wees en skep vir haar hierdie absolute alleen tye wat sy net kan doen wat sy wil MAAR beperk dit tot n uur of n middag
      as sy praat maak n punt om te LUISTER net te luister moeinie poog om enige oplossings vir probleme te gee vra wat wil jy he moet mamma doen
      maak jou oudste stil as sy haar in die rede val
      Onthou dis n groot sprong van laerskool na hoerskool dit bring STRES
      Stres het n bio gemiese proses in die brein , sy het beheer verloor neem haar na iemand wat haar kan help om weer beheer te kry. Ek glo nie koskool gaan help om weer in beheer te kom nie.

    • Om n kind koshuis toe te stuur is verkeerd, Vrou! Jy wil jy nog n kind he. Staan op en help haar! Gaan sielkundige toe – jul altwee – of sien n dominee. Kry hulp. Mens gooi nie jou kind koshuis toe nie – nooiit !!!!!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s