My seun by skool vir dissiplinere verhoor

HELP ASB!!! Vandag is my seun by die skool gewees vir ‘n kode 2 dissiplinere verhoor. Hy was Vrydag met alkohol in sy liggaam gevind.
Om met sy pa te praat maak my net ongelukkig want hy lieg so en draai altyd alles om te maak of dit my skuld is. My seun 16 drink nou al 3 jaar volgens sy pa. Maar ek weet hy kon nie gedrink het by die plaas nie want daar is nie drankwinkels naby nie en as hy by skool gehaal word is hy nooit alleen gewees nie.
Die jaar toe hy nou by sy pa is (want hy moet graad 10 oordoen het) dit als begin.
Hy is depressed, wil selfmoord pleeg want die lewe is nie meer die moeite werd nie. Dan vertel hy almal hy is verloof op die ouderdom van 16 aan ‘n 15 jarige meisie en haar ouers is gelukkig met dit.
Hoe kan dit so wees, is dit alles depressie soek hy net aandag?
Asb help met ‘n kliniek waar ek hom heen kan vat maar in die omgewing van Alberton, al moet ek hom inboek sodat hy kan hulp kry. E
k glo hy moet wegbreek van die vriende en veral daai meisie wat hom so omkrap.
Hoe lank het hy al depressie? Hoe vind mens uit watter depressie het hy?
Rook hy ook want ons week hy drink?
Asb asb help !!!! My seun is nog so jonk en so baie om voorentoe mee te gaan al besef hy dit nie nou al nie.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “My seun by skool vir dissiplinere verhoor

  1. Sjoe, dis erg, ek weet nie wat ek sou doen as ek in so situasie was nie, dankie Vader my kinders is groot en uit die huis en ek het nooit dieprobleem gehad nie.
    As sy pa dan ook ‘n slegte invloed is waarom probeer jy nie jou seun terugkry by jou nie? Jy mag dalk beter beheer en meer invloed op hom hê.
    Ek weet nie om watter rede jou seun by sy pa is nie – net om sy skooljaar oor te doen? Finansieël mag dit dalk vir jou beter uitwerk met jou seun by sy pa maar op die einde van die dag is jou seun se gesondheid en welstand tog belangriker, nie waar nie?
    En gaan gesels met die skool, vind uit wie sy vriende is met wie hy meng, kry hom by ‘n kindersielkundige om maak gebruik van die nommers wat hierbo gegee is. Kry jou seun terug by jou!

  2. Ek het n tiener dogter en verstaan die uitdagings rondom tiener groot maak. Ek kan nie 100 % identifiseer met jou nie omdat ek getroud is maar konflik is daar gereeld tussen my en manlief. Ons skreeu vir mekaar!! Ek glo hom ook soms nie.Ek het as tiener skelm geeet ! dis net so erg soos drank. My dogter was verlede jaar een van die voorbokke met n massabank. Marikana was groot nuus en ek het besef wat die invloed van media op ons kinders het. Daar was ook BBM sy deel n kamer met n jonger sussie en sussa het kom kla sy word wakker van die BBM’s wat deur kom in die nag en geantwoord word. Ons het besluit om haar SwartBessie weg te neem en n ander foon van haar keuse vir haar te gee. “Social” media veroorsaak dat ons tieners mekaar ken wanneer hulle mekaar die eerstekeer in die oe kyk. Omdat hulle so dikwels met mekaar kontak het met BBM en Whatsup . Ons het eers geloer na mekaar in die klas , twee weke later het hy jou dalk bederf met n briefie en miskien n maand daarna het hy begin om jou tas huistoe te dra. Jou seun se verhouding het dalk die punt bereik dat hy SO lief geword het vir sy “meisie ” en haar wil koester. Ek koester wanneer ek gekoester wil word. Eintlik het ek respek vir hom omdat hy commitment praat oor sy meisie. Ek sou egter ook ongelukkig gewees het daaroor. Die kuns gaan wees om sy triggers te bepaal : wat laat hom drink ? Ek het geeet want ek was baie eensaam. Ons as ouers drink bier en wyn om ons te help ontspan en gesellig te wees . Ek was al op menigte braai’s en kuiers waar die tieners die “oorbly/laaste bietjie” wyn of sterkdrank gaps. Dit word n kruk . Ek stem saam met die voorstel om by n onnie uit te kom wat n pad met hom kan loop. Die onnie wat LO (lewens orienteering ) as vak aanbied kan jou dalk help. Laastens musiek! Dit is vir my as Bipolere n kruk. My dogters luister Taylor Swift en booi o booi hulle huil lekker , gooi n tantrum ons skreeu vir mekaar en dan weet ek wat in hulle harte aan gaan. Tyler skryf onder andere in die “Prologu” van Speak Know – real life is a funny thing you know . In real life,saying the right thing at the right moment is beyond crucial……. Words can break someone into a million pieces , but they cal also put them back together. I hope you use yours for good, because the only words you’ll regret more than the ones left unsaid are the ones you use to intentionally hurt someone! Mag jul die regte woorde vind en gebruik !

  3. Hallo jong, jy is sekerlik bitter bekommerd en baie ontsteld. Mens se kinders is mos na aan jou hart. Aan die een kant gaan tieners maar deur ‘n stout fase. Aan die ander kant beteken die dissiplinere verhoor dat die skool aan jou seun ‘n boodskap wil deurgee.
    Ek stel voor dat jy die skool dádelik kontak. Vra die skoolsekretaresse (as jy nie weet nie) wie sy kan aanbeveel as die beste onderwyser om mee te gesels oor jou bekommernis.
    Hy/Sy behoort vir jou perspektief te kan gee oor hoe ernstig die oortreding is – is dit dalk maar ‘n eenmalige stoutigheid? of is jou kind op die punt om geskors te word?
    Maar ek dink jy moet ook sorg dat jou kind by ‘n sielkundige uitkom, aangesien daar duidelik iets meet skort as stoutigheid. Net om te help uitsorteer wat werklik hom pla, en wat nodig is om te doen.
    Die skool behoort jou na iemand te kan verwys. Anders moet jy jul dokter bel en vra wie kan help. Hierdie person sal die beste een wees om jou te verwys na ‘n kliniek in jul oemgewing, as dit nodig is.
    Jy kan gerus ook SADAG se nommers skakel. Hulle doen uitstekende werk en sal beslis jou kan verwys. Skakel hulle
    SADAG Mental Health Line: (8vm-8nm) 011 262 6396
    Dr Reddy’s Help Line (0800 21 22 23)
    En gee gerus vir jou seun hul Selfmoordkrisnr: 0800 567 567 en SMS 31393
    Besoek ook hul webwerf – daar is ‘n hele afdeling oor tienerdepressie en selfmoord.
    Sterkte, en hou moed!l

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s