Raad vir Lupus – ek is styf – moet ek met die kortisoon stop?

Goeie dag, my naam is Erica.
Ek is in 2004 gediagnoseer met Lupus, en gebruik kortisoon tablette van daar af. Ek het nie n mediese fonds en was by die Lupus kliniek in Baragwana hospitaal waar hul gese het ek het nie Lupus. Ek raak baie styf as ek nie my kortisoon drink nie, so ek net aangehou met dit en hul woord betwyfel. Maar ek was in 2010 en 2011 blind agv katarakte in my oe, hul het een geopereer en kon nie die ander een doen oor my swak bors, so ek loop nog steeds blind in een oog. Intussen het my een duim ook ingegee, en n privaat dok het gese dit is agv die kortisoon. Maar my grootste probleem tans is dat ek so 2 jaar my stem verloor het, en sukkel ook erg met sluk. Ek was al by 6 privaat dokters, waarvan 2 oor/neus en keel spesialiste was, en 2 prov hospitale, nie een kon my nog se wat is fout nie. Die 1 hospitaal het n kamera afgesit, en gese hulle sien niks fout met my stembande nie. So ek vra enige een se baie dringende advies asb, ek soek so graag my stem terug en om te kan eet en drink. Ek het na al die jare wat ek met Lupus sit net stywe spiere en vel uitslag, niks probleme met enige organe behalwe ek het van ek kind was altyd chroniese bronchitis gekry. Ek gebruik 20mg kortisoon per dag, en wil dit nou geluidelik los. Kan iemand my help asb? Groete Erica

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

2 thoughts on “Raad vir Lupus – ek is styf – moet ek met die kortisoon stop?

  1. Die slegste ding wat jy kan doen is om op langtermyn medikasie (kortisoon veral) te wees, terwyl jou diagnose onseker is. Ek stel voor jy sien ‘n internis, al is dit duur – hulle weet by verre die meeste van hierdie soort siektes.

  2. Hi Erica, ek dink dit gaan die beste vir jou werk as jy Tnaia van der Merwe kontak. Sy het self lupus en het ‘n odnersteuningsgroep aan die gang, waar jy hopelik verwyinsgs gaan kry na die regte dokters en ander soorte terapeute.
    Sterkte!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s