Ek het van ‘n nr 46 jeans na ‘n 32 gegaan … met perdry en my eie paar reels

Truds:
“Die dag toe ek ‘n nr 44-jeans aanpas en dit kom nie oor my heupe nie het ek vir myself gesê: ‘Trudie, jy móét ‘n plan maak. Jou maag druk jou. Jy voete pyn. Jy is verby ‘n nr 44: jy is ‘n 46. Ek was toe ’ Ek is huis toe en het my perdryklere aangetrek, voor die spieël gaan staan en myself gevra: ‘Trudie, lyk jy sexy? Is dit hoe jy wil lyk?’ Ek het bitterlik gehuil oor my lyf wat uit my ryklere bars. Op daardie oomblik het ek besef hierdie lyf sal moet oefen. Dit is ál manier.
“Ek het stadig begin . Met daardie soort lyf kan jy min doen. Ek het eers saam met ‘n vriendin perd gery, dertig minute per slag, en dan saam met ‘n ander pel op die vliegveld gaan stap. Elke tweede aand het ons probeer vinniger stap. Later kon ek ‘n uur lank perdry.
“Ek het altyd met perde gewerk – afgerig, oefening gegee en rylesse vir kinders met gestremdhede aangebied. Waar ek vantevore net gestaan en afrig het ek nou oefening deel van my werk gemaak. My werk is nou my oefening en my stokperdjie. Dit werk vir my, want alles daaraan is vir my lekker.
“Ek doen ander dinge ook anders. Vantevore het ek my gevoelens met kos uitgeleef. As ek toe troos gesoek het het ek geëet. Toe ek swanger was het ek vir die hele eerste span geëet. Die afgelope drie jaar kry ek troos op die rug van Fisant, my merrie. Ek voel goed as ek perdry en as ek goed voel oor myself kan ek die issues rondom my hanteer.
“Ek het met mense begin praat daaroor as dit nie goed gaan nie. As ek dae kry wat ek nie mooi voel nie, bel ek my vriend Gordon, wat luister en sê: ‘Truds, ek weet jy kan’. Of ek gaan kuier by vriendinne soos Ria, Yolande en Landi, wat sê ‘Trudie, nou het jy tee nodig. Sonder die suikertjie’.
“Die gewig het stadig oor drie jaar verdwyn. Gelukkig lyk dit nie asof die vetjies na my terug verlang nie want ek verlang hulle glad nie. Ek diet nie regtig nie. Ek doen net die beste vir myself. Ek eet ‘n goeie ontbyt. Ek eet nie meer take-aways nie. Ek sit nie ure voor die TV nie – ek gaan ry liewer perd. En ek meng nie stysel en drank nie. As ek die een eet los ek die ander een. Ek eet nie saans na vyf nie. Alles wat ek vandag in my mond gesit het moet vandag nog verbrand. Dit is my vyf reëls. Maar oefening is nommer een.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “Ek het van ‘n nr 46 jeans na ‘n 32 gegaan … met perdry en my eie paar reels

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s