My ou, sy broer, die se meisie en my gewig … wat moet EK doen?

Ek wonder wat ek kan doen. Dinge staan so:
Ek en my ou van 5 jaar het net begin uitgaan. Sy broer het een oggend by my in die bed geklim en my gevra of hy aan my kan vat. Ek het hom uitgejaag en my ou gese daarvan. Daar het niks van gekom nie.
Van daar af is sy broer vieslik met my. Ek het in die 5 jaar baie gewig opgetel, en sy broer het ‘n meisie gekry.
Die twee broers is baie na aan mekaar, en sy broer bly pers my af. Kraak my af oor my gewig, hy en sy meisie sal jou spot voor almal en dan sal niemand vir my opstaan nie.
So klein rukkie terug het hulle ‘n groot geveg gehad en ek het sy broer en die se meisie verbied by ons huis.
Nou het die broers opgemaak en nou kom hulle weer by my huis. Niemand hou van sy broer of sy meisie nie. E
k het met my ou probeer praat dat hulle moet wegbly maar dan baklei ons so erg hy wil my los. En ek wil hom nie verloor nie. Asb enige raad!!

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

4 thoughts on “My ou, sy broer, die se meisie en my gewig … wat moet EK doen?

  1. Beste Zelda

    Jou ou wou seker ‘n bietjie wegkom van al die drama in die huis deur
    ‘n aandjie uit te slaap. ‘n Bietjie spasie tussen julle is miskien nie
    ‘n slegte idee nie. Onthou ook, sy broer bly sy broer en hy kan hom
    nie net los nie. Het jy al mooi vir hom verduidelik hoe jy voel as
    hulle jou afbreek? Is daar ‘n kans dat hy met sy broer kan praat om
    homself te gedra? Dit is moontlik dat hy nie besef hoe erg dit vir jou
    is nie. Vra hom hoe hy in so ‘n situasie sou voel.

    Indien hy weier om dit te verstaan het jy nie ‘n ander keuse as om dit
    te los nie. Dan moet jy net onthou dat daar na al die pyn geluk om die
    draai wag, dikwels waar mens dit die minste verwag. Om op te breek is
    nie maklik nie, mens moet maar net deur druk tot jy op ‘n dag besef jy
    is oor hom.
    Groete
    Maridi

  2. Dit is moeilik om sommer net dood te stop lief wees vir iemand. Maar weet jy wat? Begin net eers daaroor dink. Begin jou ‘n ander lewe sien. Begin dink wat jy kan doen met jou tyd en emosionele energie sonder iemand wat jou so dreineer. Begin dink hoe jy jou lewe regitg wil he. Wat is dit wat vir jou belangrik is? Hoe wil jyhe moet mense, en veral jou man eendag, jou hanteer? En jou kinders – watter soort huis wil jy vir hulle he? Watter dinge wil jy regtig graag doen – al hetjy niemand om dit mee saam te doen nie? Watter van hulle kan jy wel op jou eie of saam met jou familie of ‘n vriendin of ‘n kollega doen? BEgin bou aan ‘n nuwe lewe … en kry stadigaan afstand kry van hierdie man. Ek glo in daardie se-ding van ‘liewer gelukkig alleen as ongelukkig saam’ .

  3. Beste Anoniem,

    Dit klink sowaar na ‘n ongemaklike situasie waarin jy jouself bevind. Ek word sommer ontsteld soos ek jou brief lees. Geen mens het die reg om iemand anders af te kraak of te verneder nie. Om jou hieroor verder op te werk is egter nie die raad wat jy benodig nie. Jy kan nie langer hierdie nonsens opeet nie. Onthou egter dat die man wat jou spot jou ou se broer is en hy nie net sy broer kan afskryf nie. Hy kan wel agter jou staan. As hy nie bereid is om dit te doen nie, is hy nie die moeite werd om self agter te staan nie. Dan moet jy dit eerder nou verbreek as later wanneer julle moontlik getroud is of kinders het. Ek weet vyf jaar is ‘n tyd waarin mens al redelik gemaklik is met iemand en dit sal moeilik wees om dit net te laat gaan. Behou egter perspektief en onthou dat jy nie van jou ou afhanklik is vir geluk nie. As hy al so gemaklik met jou wil word, is dit hoogtyd dat iemand die gemaklike stoeltjie onder hom uit trek. Jy is nie daar vir hom om op te sit nie.

    Groete
    Maridi

    • Dankie maridi vir jou raad! Ek het soveel skade wat emosioneel aangerig is. As ek my kry dan praat ek oor hoe ek sy broer verpes. En ek voel regtig ek mors my asem om hom weg te jaag, want dit help nie. Vanaand is egter weer ‘n nuwe tamalekie…my ou en sy broer (weereens) is kimberley toe. Half 2 van die werk af gekom en totsiens gese en gery. Ek het uitdruklik vir hom gese hy moenie oorslaap nie. (Reeds omdat ek hom nie meer kan vertrou nie) teen half ses was hy nogsteeds daar. Let we’ll. Kimberley is 2 ure van ons af. En nadat hy my gelaat weet het hys nogsteeds in kby het ek niks weer van hom gehoor nie. Nie my ma of enige van my vriende kan hom kontak nie, want hy tel nie op ni, ook nie sy broer nie en hy lees nie sy boodskappe nie. Ek is so gebreek. Ek is oneindig lief vir hom maar ek weet ek sal nooit sie stryd wen teen sy broer nie, so ek voel ek moet maar die strydbyl neersit en aangaan met my lewe. Ek wil hom nie los nie, maar ek het nie veel opsies nie. More oggend-of middag-as hy hier aankom dan is ek so bly hys veilig ek kan hom nie skel nie. En deesdae “snap” ek verskriklik vinnig. As ek myself kry skel ek hom uit.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s