Hoe ek 42 kilos verloor het

Ons het in September gesels met drie vroue wat elkeen ‘n massiewe hoeveelheid gewig verloor het en hulself letterlik gehalveer het.
Hier is Marindie se storie.
En kyk uit vir die dieet info wat ons gereeld hier gaan plaas.
EN KOM VERTEL JOU STORIE! Dit is inspireer ons almal!

Rooi Rose
Eers teen die einde haal Marindie ‘n foto van haar en haar seun met sy matriekafskeid uit. Op die foto glimlag ‘n vormlose volmaan gesiggie in die tipiese vettie-uniform.
Jy weet mos hoe dit lyk: swart (lyk maerder) lang (hang die sitvlak altyd toe) sjiffon (sagter voue wat rolletjies toeval) top met lang (toe bo-arms) moue oor ‘n vormlose (masker vet knieë en dik bobene) swart (lyk maerder) broek.
Sjoe … die nuwe Marindie regoor my het ‘n hartvormige gesig, hoë wangbene en die mooiste amandelvormige oë en pas gemaklik in ‘n noupassende, knielengte denimrompie en rooi truitjie.
Te verstane want dit is 42 kilogram later.

Sjoe, kyk hoe lyk jy nou! Fabulous, om die minste te se! Hoe het hierdie normale lyf gebeur?

“Vier jaar gelede het twee vriendinne kom smeek dat ek Slender Wonder saamdoen. Ek was skepties. Iemand betaal om my maer te kry en te weeg? Nooit weer nie.
Ek het al die soorte diëte probeer. En selfs my teikengewig bereik en als weer opgetel. Nie vir my nie, dankie!
Maar toe het my vriendinne my nodig: een is bang vir inspuitings en die ander een het prediabetes en moet dringend kilo’s afskud. So is ek daarin ingepraat. Wat ‘n pad shet dit geword!

Maar nie maklik nie, hoor. Die gesprekkies daar het my gou ‘n paar goedjies laat insien:
* Ek sal eers moet opoffer tot ek by ‘n normale gewig kom.
* En om daar te bly sal ek nooit na nóú kan terugkeer nie na hoe ek toe ge-eet het nie. Ek sal ‘n nuwe leefstyl moet inslaan.
* En dit gaan baie lank neem: twee jaar vir die gewig en nog vyf jaar om my nuwe leefstyl vas te lê.

Maar ek kry ook die beste moontlike kans op sukses: vriendinne se ondersteuning, leiding van kundiges wat in gewigverlies spesialiseer en die Slender Wonder-inspuitings en dieet. Ek het ’n kans ook gehad dat dit sou kon werk.
Maar ek sou moes werk en vasbyt en vas staan en insit en uithou en aanhou.

EN EK HET!
Vir twee jaar was ek soos ‘n donkie met oogklappe.
Ek het byna honderd persent by die program gehou en myself nooit vrye eetdae gegun nie. Gelukkig voel mens goed op Slender Wonder.

Ek was nooit honger of moeg nie. Die moeilikheid was lus en vasbyt.
Veral aan die begin was steun ontsettend nodig. Ons vriendinne was elke minuut van elke dag vir mekaar beskikbaar. Ons het selfs ‘n BBM-groepie begin. As een in ‘n lusnood was of wou opgee het die ander haar moed ingepraat en aan maniere help dink om die beste opsies te kies.
Ons het weekliks bymekaar gekom en gesels oor die uitdagings wat voorlê. ‘n Restaurant-ete en wat mens kan bestel. Hoe om kilojoule-vrye murgpampoensop te maak. Wat om te doen op ‘n troue of werksfunksie.Later het ek sterker geword. Hoe meer ek verloor het hoe meer het ek geglo ek kan en hoe makliker was dit om vol te hou. Nou kom ek op my eie reg, hoewel ek steeds by Cariena-hulle gaan weeg.

Ek het so baie geleer.
Soos om dankbaar te wees vir elke 100g.
Soos dat dieet enige dag, enige tyd, na elke kroek kan begin … nie net op ‘n Maandag nie. Jy kan altyd vars begin.
Ek het ook begin om kilojoule-waardes op etikette te lees vir die beste opsie.
Ek het veral geleer ‘n vet mens se kop werk anders as ‘n maer mens s’n.
‘n Vet mens kan altyd eet. Enige tyd. Enige iets. Om enige rede. Net omdat dit daar is. Omdat jy hartseer is, of moeg is of bly is of saamkuier. ‘n Maer mens reageer op die emosie of gebeurtenis. Kos is nie die fokus nie. Dit is die groot skuif wat ek moes maak.

Is dit regtig die moeite werd? Jy was altyd gelukkig getroud, en mooi en het oulike kinders. Het vet-wees jou regtig geknou? En wat doen skraal-wees regtig vir jou?

Hmm ja, maar vetwees kom met ‘n prys. Die grootste een vir my was dat dit my op die rand van my lewe laat sit het. Ál my keuses was gebaseer op net een vraag: ‘Wat sal die mense sê?’ Wat sal die mense sê as ‘n vet mens soos ek voor in die branders met my kinders speel? Wat sal die mense van my sê as ek gim? Dit is regtig allesoorheersend in jou kop.

Ek sou my kinders aanmoedig: ‘waag julle, toe’ ‘gaan bungee jump lekker’, jetski, paraglide, paraseil, doen of dat, toe! Ek wou dolgraag maar wat sal die mense se as ‘n vetmens soos ek dit daar waag / probeer / kom indruk?
Dus was ek self ‘n toeskouer.
Skraalwees het dit vir my verander; ek sal nou waag. Verlede jaar het ek by Plet in die boomtoppe gaan swaai. Volgende jaar gaan ek by ‘n natuurstapklub aansluit.

Maar dit vet bly by my spook. Al is ek al twee jaar skraal sien ek nog steeds die vet-skaduwee. In my kop is ek nog nie regtig klein nie. As ek klere uitkies neem ek te groot nommers. Jy kan nie glo hoe angstig ek is as ek gaan klere uitsoek nie. Ek kyk na ‘n 12 en slaan in sweet uit dat dit nie vir my gaan pas nie.

Ek sukkel om ‘n nuwe klerestyl te kry. Ek bly bang vir rompe en rokkies: gaan ek vet lyk, soos altyd vantevore? Wat gaan die mense se as hulle my bene sien?
Ek is nog nie by selfaanvaarding nie. Vir my lê daar nog werk voor.
Maar ek HET 42 kilo’s suksesvol afgeskud. Ek HET. Dit maakt my sterker in myself. Dit is ‘n groot bevryding om te weet jy kán.
Ek weet nou hoe sterk ek is. En ek dink ek is oor daardie bult vir altyd en daaro mweet ek ek kan oor die volgende een ook kom.
Dit is en was en sal altyd vir my die meoeite werd bly om anders te leef.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s