Slaappille – ek gaan dit los. Dis dit wat my lewe so omkrap

SKRIK WAKKER – jul voorblad Julie 2012. . Woord vir woord, stadig en deeglik
het ek die artikel gelees, afskrif gemaak, weer gelees en toe ook op
Internet gaan kyk. Ergste van alles was dat ek toe SO duidelik en tog ook
NIE kan begin kolletjies aanmekaar verbind!
Ek begin deur n uitdruk te vra van my voorskrif medikasie ( met spesifiek
aterax en zolpidem/immovane/ivedal) langer as twee jaar. . . dan gaan kyk ek
na my “interaksies” gedurende daardie tydperk- meer spesifiek van n jaar
terug! Dit is skrikwekkend/ angswekkend! Ek het Beslis n beskerm engel
gehad. . Vaagweg kan ek sekere dinge terugroep, maar daar is SO baie wat nie
vir my sin maak nie!
(1) My vriende vertel kort-kort vir my WATSE twak het ek nou weer op FB
gesit? Dan bars ek in Trane uit want EK sal mos nie sulke goed doen nie?
(2) My vriendin vra my hoe het my karongeluk gebeur en hoe het ek so vinnig
almal gebel? EK gebel? Ek weet niks daarvan nie, ek WEET ook nie HOE net die
ongeluk gebeur nie!? EK het agter in die ou vas gery op n stukkie pad Wat
stilstaande verkeer het . . . !
(3) My Seun se vriend vertel my Tannie moet nie sulke dinge oorvertel nie .
. Ek het geen idee waarvan hy praat nie!?
(4) Ek stop eendag in n ander dorp voor n winkel. . . weet nie Hoe ek daar
gekom het en Wat ek wou doen nie?!
(5) My man oortuig my hy het sekere goed vir my gegee en ek is seker ek het
dit nie . . .paar dae later kry ek dit en vertel ewe hard ek wonder wie het
dit daar gesit?
(6) Ek merk eendag op dat my man n koevert met glitter in sy werk sak het. .
. Te bang om te vra gaan kyk ek later na my “scrapbooking” en merk die
spesifieke letters is weg. . .
(7) Ek sien eendag n kaartjie in my man se sak . . gaan lees dit. . EK het
dit geskryf?! Maar dit is so deurmekaar en handskrif is nie van die beste
nie! (ek weet nog steeds nie Wat wou ek skryf nie)?
(8) Ek lees artikel in die koerant Wat my laat soek na my “gedigte boek” en
kry waarna ek soek! Maar die volgende and merk ek op dat ek fotos van die
gedig geneem het. . . EK WEET NIE DAT EK DIT GEDOEN HET NIE!
(9) Ek kom agter geld is iewers dubbel gegee of net weg. . . maar ek het
geen idee waar, wanneer en/of hoekom nie?!
(10) Ek sien gedigte wat ek geskryf het, maar nie kan onthou waar, wanneer
of hoekom nie!
(11) Ek sien dat daar ewe skielik nuwe potrette in die gang hang en dat die
“wall-unit” se inhoud geskuif is- my Seun vertel my, ma was weer aan die
vroetel gisteraand. . .
(12) Dan sien ek die SLAAPPILLE is minder as Wat ek getel het, Maar merk ook
op ek drink nie meer n halwe nie, ook nie een nie, Maar een en n halwe en as
ek gestress voel sommer 2!
(13) Dan klim ek in die kar ry en weet later nie waarheen ek op pad was nie!
(14) Die ergste? Daar word vemoed ek het geld gesteel en dit het n groot
ommekeer gebring!

Nou besef ek ek was besig om myself te vernietig! Ek het dinge gedoen Wat EK
nog steeds nie kan onthou nie, maar bowenal het ek almal om my laat dink dit
is seker hul verbeelding en vir NIEMAND vertel van die hoeveelheid
SLAAPPILLE Wat ek sluk en Wat dit aan my doen nie!

Ek het nie eers die dokter(s) vertel hoeveel SLAAPPILLE ek gebruik nie- dit
is so maklik om n voorskrif te kry en halwe waarheid te vertel!

Ek het nou n hofsaak Wat op my wag en nog steeds weet ek nie HOE ek dit
alles moet laat eindig nie? Dit is werklik asof niemand die erns van die
situasie begryp nie? Ek het nou n afspraak gemaak by n sielkundige en sal
kyk of dit daar sal deurdring? Maar NIEMAND verwag van iemand soos EK op
hierdie vlak van kennis van medikasie en situasies om sover in n GAT te wees
nie!
Waar kry ek n dokter Wat sy nek sal uitsteek en getuig dat ek Beslis sekere
dinge gedoen het SONDER dat ek bewus was daarvan?!
As dit nie vir jul artikel was nie, sou ek nog steeds in n put van
moedeloosheid rondgeploeter het! Julle het my oe laat oopgaan en ek moet nou
net hierdie bult uitkom en ontslae raak van hierdie afhanklikheid
(reddingsboei)!
Sen jul nie kans om n indiepte artikel te doen en n dokter te kry Wat sal
kan bevestig dat ek inderdaad SO diep weggesak het nie?
Dit sal Beslis meer mense Wat in dieselfde put is ook kan help en Beslis n
eerste van sy soort in die “military law”!

As jul my brief plaas, weens regsaspekte Wat nog moet plaasvind versoek ek
dat slegs my NAAM SARKIE gebruik moet word.
Daar is nog SO Baie Wat moet plaasvind voor ek myself as gerehabiliteer kan
beskou, tans probeer ek om daai gewilde SLAAPPILLE minder te Maak, Maar met
my BERG voor my is dit moeilik- en dis so maklik om herhaalvoorskrifte te
kry . . .

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

10 thoughts on “Slaappille – ek gaan dit los. Dis dit wat my lewe so omkrap

  1. My vriendin se dogter is verslaaf hier is haar storie:

    Haar dogter is die afgelope 4 jaar op Zolpidem en normison slaappille. Sy koop ook codeine hoesstroop uitermatig baie. Sy het daarvan baie gewig aangesit.
    Sy drink 5 Zolpidem’s 10uur in die aand dan word sy 2uur wakker en drink nog 5 of 6. Normison ook weet net nie hoeveel nie. Haar ma het al meer as 8 verskillende dokters voorskrifte wat sy by dokters gekry opgespoor. Almal het haal haar voorskrif x6 herhalings voorgeskryf. Haar ma het die dokters almal laat weet om nie weer slaappille voor te skryf nie. Haar voorskrifte is by 8 apteke ook. Dis vir my skokkend!
    Sy werk nie. Altyd maagprobleme of hoofpyn ens. ens. Sy volgens my sal dit nooit op haar eie kan los nie. Sy weier om sielkundige of enige hulp te aanvaar.

    Ek het voorgestel dat sy ‘n hofbevel moet kry om haar opgeneem te kry in ‘n rehab. Daar is goeie psigiater en sielkundiges.
    Sy weier vrywillige hulp.
    Haar kind gaan sterf van al die pille. Dis al 4 jaar. Sy het al ook 30 op ‘n slag gesluk. Onthou ook niks.

    Sou jy ook se hofbevel vir ‘n rehab opname?
    Sy is raad op.
    Sy was in Denmar
    Daar lieg sy ook. Hulle gee vir haar slaapille en lekker kos.

    Raad asb. Verkieslik van verslaafdes en mense van verslaafdes.
    Soms wonder ek of sy nie diep binne in haar smag na hulp nie! Sy is dan siek. Sy snag na hulp dink ek. As sy net wil herken en ingee. Hoekom wil sy nie gehelp word nie?

  2. Daar is ‘n apteek in Sunnyside as die geld reg is gee hulle soveel van die pille as wat jy geld het – Zolpidiem is Skedule 5 medikasie en moet met ‘n voorskrif verkry word – maar hulle gee soveel jy kan bekostig sonder ‘n voorskrif vra my ek weet……

    • Dis skokkend. Gee my hulle naam. Ek sal sorg dat hulle gestop word.

  3. ek kry ook voorskrifte by verskillende dokters brazepam en ek drink sestig pille in drie dae maar verder in die maand drink ek niks gebruik ek net cat eenkeer n dag dan voel ek so goed is ek ook so

    • Kopdolla:
      Anoniem, nee, Nee, NEE.
      Jy is in die moeilikheid – tot oor jou ore. Kan jy nie sien jy is verslaaf nie? Kan jy nie dink wat jou einde gaan wees nie?
      Gebruik jou kop en werk uit wat voorle a jy so aanhou:
      * verslawing – jy is klaar daar – help nie om te stry nie
      * ‘n gesukkel om tog net nog cat of slaappille te kry
      * geen werk want verslaafdes hou gewoonlik nie lank hul werk nie
      * g’n inkomste, g’n geld, g’n blyplek, g’n kos … dis nou afgesien van g’n dwelms nie
      * familie help net sover en dan is hulle ook moeg vir jou dwelms
      * en dan moet jy begin steel, roof of moor om te kan oorleef
      * dit eindig met tronkstraf, n straatlewe (sien jy jouself by die robots staan en bedel en snags onder koerante slaap?) en ‘n vroee dood.
      Ek kan sien aan hoe jy skryf dat jy heeltemal intelligent genoeg is om presies te weet waarmee jy besig is.
      Gaan na ‘n ander dokter – een met beginsels – en kry jou probleem opgelos.
      En doen dit vandag nog.
      Moet nou nie eers tyd mors met ontken dat jy ‘n probleem het nie, of begin onderhandel oor dat dit net een keer per dag is dat jy cat gebruik nie, of jouself vertel dat dit te moeilik gaan wees nie.
      Dit is alles strooi.
      Jou gees / gemoed / siel is sterker as dit. Staan op en veg vir JOUSELF.
      Dit is nie net maklik nie maar dit gaan baie erger wees om net aan te gaan.
      Sterkte.
      PS
      Kom, kom. Bel nou ‘n eerlike dokter – die meeste is.

      • Hello – ek was twee jaar in ‘n verhouding met ‘n man wat Zolpidiem gebruik het tot 90 pille per dag en dan drink hy 4 tot 5 liter bier saam met dit wat die disaster was dit nie. Hy is ook nou op straat en mag God hom reg….

  4. Ek gebruik zolpiden slegs soos voorgeskryf. Maar wanneer ek die volgende oggend wakker word, het ek op bidorbuy aankope gedoen, gesurf op die net en ge’bookmark’ – plekke wat ek niks van onthou nie.
    Jou brief het ek gelees en besluit, vanaand se zolpidem gaan ek nie neem nie. Ek gaan nooit weer my mond daaraan sit nie. Een of ander tyd moet ek tog aan die slaap raak en Z is nie meer my bedmaatjie nie!

    • Kopdolla:
      Sowaar? Mens lees daarvan maar jy is die eerste een met wie ek te doen het wat vertel dat hulle onder die z-slaappille ‘slaapwandel’en ‘doen’. Jy is wys, baie wys, om die pille te los. Jy gaan dalk ‘n week of twee baie sleg slaap. Byt vas en druk deur! Kry ‘n lekker boek – die nuwe rooi rose 🙂 – sodat jy nie rondrol en jouself frustreer nie. Sterkte! Dit gaan lekker wees om baas van jou kop te wees!

      • Vandag sal dit meer as ‘n maand wees wat ek die zolpidem gelos het. Daardie eerste week het ek lekker gesuffer met hoofpyn en slaaploosheid. Maar ek voel fantasties en meer in beheer. My gemoed het ook sommer gelig en die dokter kan nie glo ek is dieselfde mens nie. Ek dank die Here dat ek hierdie stuk gelees het, want dit het my oe oopgemaak. Ek het dan selfs daaraan gedink om selfmoord te pleeg omdat ek so buite beheer gevoel het. Dit is winter, maar die son skyn elke dag in my gemoed!!!!!!!!!

  5. Sarkie. ….. hoe sien ek nou my ma! Dis vir my ‘n bekommernis dat sulke gevaarlike pille so maklik voorgeskryf word. Ek besef mene het dit nodig, maar dit maak my bekommerd. Soos jy sê, dis so maklik om ‘n herhaalvoorskrif te kry…
    Baie baie sterkte

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s