Ek soek raad en hulp met Lupus (SLE)

Ek soek raad en inligting aangaande LUPUS. ek is siek vanaf 2008. my witseltelling is geweldig hoog. My Dr het van dag 1 gese al die simtome van lupus is daar maar dit het bly negetief toets. In 2008 was ek n hele maand in die hospitaal met n beenmurg bakterie. van toe af het die stryd begin. ek is gediagnoseer met n autoimuun siekte, my skildklier moes verwyder word omdat ek graves gekry het. 2 maande later moes my milt verwyder word. my vel het gejeuk en ek het myself stukkend gekrap. vanaf 2008 is daar elke 3 maande bloedtoetse gedoen en elke 6 maande die beenmurgbiopsie. ek is meestal in die hospitaal. ek het n wonderlike Dr wat alles monitor. op 7 Augustus 2012 moes ek weer opgeneem word want my bloedtellings was alles abnormaal hoog. Dr berei my lankal voor dat ek moontlik beenmurg kanker het. hierdie keer het Lupus possitief getoets. ek slaap sleg ondanks pille daarvoor, ek is heeltyd moeg, ondanks hande vol vitamiene, ek drink nou 11 soorte pille kronies. nou wil ek weet, my voete is rooi en brand vreeslik, my hare val uit, is daar enige raad daarvoor? of is dit maar deel van Lupus? gaan ek vir altyd moet medisyne daarvoor gebruik? ai, dis nie lekker om altyd siek te voel nie. ek bly op n plaas naby Musina, so ek bly heeltyd in die huis om uit die son te bly.
ek moet nou 2 weekliks bloedtoetse doen om te sien of die medikasie help.
hoekom weet mense so min oor Lupus?

Baie dankie
Bets

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s