As ek aan die baas dink trek skokgolwe deur my

Anton
Ek beleef die afgelope ruk ‘n gevoel van verlies aan veiligheid en ek voel gedurig in die verleentheid soos ‘n indringer. Ek het aan die begin van die jaar op ‘n nuwe plek begin werk en my drome het gou in nagmerries verander. Eers skryf ek my kar af teen ‘n dooie bees in die pad, toe begin die baas by die nuwe werk op my senuwees werk en nou is die maatskappy in finansiele moeilikheid. Terwyl ek een oggend nog sluimerend le en dink aan die dag wat voorle, dink ek aan die werk en die baas. Ek kon voel hoe ‘n skielike en onverwagte skokgolf deur my liggaam trek. En van daardie oomblik af is ek angstig en verlee oor hierdie onwillekeurige reaksie. My motivering is daarmee heen, my reaksies traag en ek sukkel om aan die gang te kom of te konsentreer. Ek wil nie meer soos ‘n verskrikte ding voel nie. Ek is moeg daarvoor om so te voel. Nou probeer ek maar “om te dink voor ek voel.” Maar dis nie maklik om ‘n nuwe program te laat werk voordat jy ge-reboot het nie. Hoekom kan ‘n mens nie van die emosionele bagasie ontslae raak wanneer dit oorbodig word nie? En dis nie die wereld wat moet verander nie – dis my gedagtes wat moet verander. Miskien is persepsie tog werklikheid?

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “As ek aan die baas dink trek skokgolwe deur my

  1. Ek ken daardie gevoel, daardie angs as ek aan my baas dink, en vandag nadat ek al 7 jaar nie meer werk nie, kry ek nog steeds aaklige drome oor my werk en base wat ek gehad het. Alles het goed gegaan totdat ek in XXX bank se stal geland het. Jy was net nooit ooit goed genoeg nie. Elke oggend onder die stort het het ek met die Here gepraat en gese ek kan nie meer nie, my bene het nie meer oemf gehad nie, ek moes elke dag werk tussen mense wat hulle beentjies stompies hardloop om tog net raak gesien te word, ag as die baas my tog net wil raak sien sodat ek darem ook eendag bevorder kan word en ook in daardie mislike stoel kan sit. Want regtig, ek sweer almal wat in daardie stoel geland het, het in drake verander, sulke mislikke houdinkies en eendag toe gaan daar ander deure oop. En al verlang ek baie na my mense, is die Here vandag vir ons baie goed en wil ek net se, as jou lewenslus op raak bid dat die Here vir jou ‘n ander deur oopmaak, se vir Hom hoe jy voel en Hy sal vir jou sorre.

    • Great! Kopdolla klap altyd en elke keer hande vir mense wat ‘n plan maak as ‘n situasie nie vir hulle werk nie. Kyk nou net vir jou! Lekker man, lekker!

  2. Beste Anton,

    Ek is bly jy hou perspektief en besef dat dinge maar oor jou persepsie
    gaan. Steeds is dit moeilik om kop bo water te hou wanneer finansiele
    onsekerheid ter sprake is en jou baas dan nog jou werksomgewing ook
    onaangenaam maak. Dit is normaal om onder sulke omstandighede
    motivering vir jou werk te verloor, en onseker oor jouself en jou
    omgewing te voel. Mens wil nie altyd hierdie onsekere gevoelens met
    jou familie en vriende deel nie. Dit sal dus goed wees as jy vir
    terapie kan gaan om jou te ondersteun. Daar is kontakbesonderhede van
    verniet groepe soos FAMSA onder die HULP afdeling van die blog. Onthou
    dat dit nie jou vermoeens is wat dinge moeilik maak nie, maar eksterne
    faktore. Ek weet dinge sal in plek val as jy aanhou veg. Sterkte
    Anton.

    Groete
    Maridi

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s