My man kies ander mans. Ek wil met mammas in dieselfde situasie gesels

My naam is Elzaan. Ek is nou 9 en ‘n half jaar geskei. My man het my met 2 kinders gelos en sy lewe saam met mans verkies. Toe ek 5 jaar geskei was, het ek ‘n grote breinoperasie gehad. Dit was fantasties hoe mense vir my bymekaar gekom het. Ek het blind geword in die een oog en geen mediese fonds gehad nie. Drie van my kliente het bymekaar gekom en al die geld vir my operasie in gesamel. Ek is ‘n haarkapster en baie trots daarop. Dr Louis Wessels het die operasie gedoen en sy gedeelte aan my gratis gebied, vir iemand wat my glad nie geken het nie. Dit was 2007, die 2de Oktober.
Vandag is my kinders 12 en 13 jaar oud en is dit als wat ek in die lewe het. Hulle trek baie swaar onder hulle pa se gewoontes en sit ek met 2 tydbomme by die huis. Mens wil net die beste vir jou kinders he.
Wens ons mammas wat met die probleem sit (want ek weet ek is nie al een nie) kan meer met mekaar kommunikeer. Ek wil graag mense motiveer en ek wil my lewe groter maak.
Is daar iemand wat vir my kan leiding gee? Is daar iemand wat saam met my wil gesels?

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

2 thoughts on “My man kies ander mans. Ek wil met mammas in dieselfde situasie gesels

  1. Dankie Rene vir jou mooi boodskap, dis waar wat jy se. Hulle pa is ook baie lief vir hulle. Ek wil een of andertyd sit en ek wil van A tot Z my hele lewe plaas, maar hulle pa se gewoontes is nie agter geslote deure nie, inteendeel het my seun die naweek iets gesien wat hy nie moes nie. Dan sal my x man ‘n telefoon optel, my slegter se as wat mens kan indink om homself beter te laat vertoon. Hulle staar hulle blind aan die skade wat hulle aan die kinders doen en is ek nou besig met maatskaplike mense om my te help om die situasie beter te maak. Ek het gedink om met sy ma oor die dinge te gesels, en dit het net erger geword. Ek moet my kinders laat verstaan dat dit wat hulle gesien het. Ek is verby die dae wat niemand weet wat in my lewe aangaan nie en hier te gesels omdat hier glo ek dat ek mense soos jy gaan ontmoet en die beste raad sal kan ontvang en soms ook die beste raad sal kan gee.
    Nooit het ek gedink daai dag toe ek in die kerk gestaan het en beloftes gemaak het dat tot die dood ons sal skei, ‘n mens se lewe so nagmerrie kan wees nie.

  2. Ek is al sewe jaar geskei van ‘n man wat ook ander mans verkies het. Hy bly al ses en ‘n half jaar saam met ‘n ander man. My twee dogters is 11 en 14 jaar. Hulle gaan elke vrydag-aand by hom kuier tot saterdag oggend. Ek weet dit is baie moeilik om sy lewensgewoonte te aanvaar, wat nog van goed praat, maar ek moes ‘n keuse maak hoe om die situasie te haanteer ter wille van die kinders. Ek het aan hulle verduidelik dat dit nie saam maak watter keuses hy in sy lewe maak nie, hy is en bly hulle pappa en hy is lief vir hulle. Hy is ‘n baie goeie pa in die opsig dat hy vir hulle omgee en lief is. Ek vra hulle gereeld af of hulle eerder hulle eie pappa wil hê of ‘n pappa wat nooit by die huis is, dalk elke aand dronk by die huis kom en aan hulle en hulle ma slaan. Daar is nog steeds so baie om voor dankbaar te wees!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s