My broer se selfmoord is my detour na ‘n beter mens

Dis interessant wanneer jy self aan depressie ly, jy bewus raak van die feit dat dit maar eintlik deur die familie loop.
Ek’s behandel na die dood van my broer, maar nooit besef dat dit maar eintlik my reaksie op alles is wat ek nie kan of wil hanteer nie. Dit was vir my ‘n ‘detour’ deur om die uitdagings in my lewe te loop.
Toe kom ek op ‘n werkwinkel oor SELF-LIEFDE af & ek begin die lig sien, professioneel sowel as persoonlik.
Dit was ‘n lang pad, ek moes myself konfronteer, myself in die oë kyk, diep in my hart grawe, liggaamlik & geestelik voorraad neem & skoonmaak – ‘n proses van byna 10 jaar – en dit gaan nog elke dag voort, maar heelwat makliker en ek begin in werklikheid dit geniet om NEE te sê en te besluit wat ek graag wil hê en wat my gelukkig maak.
Die wonderlikste van die hele proses was dat almal om my, ook begin verander het, na hul eie lewens gekyk het en veranderings gemaak het.
My slotsom is dat SELF-LIEFDE na twee kante toe werk, jouself en almal in jou lewe met wie jy in aanraking kom – so dit word beter by die dag.
Ons word nie groot gemaak met ‘n interne begeerte om na jouself om te sien nie, . Die lewe is ook nie daarop ingestel nie, nie die kerk, skool of by jou werk nie.
Ek moes op ‘n baie laat ouderdom self soek, vra, lees, uitvind, grawe, val en opstaan, seer, vreugde, donker, lig en die res van die lewe deurleef, vandag, môre en die res van my bestaan hier op aarde.
MAAR dit was en sal alles my lewe werd wees – so, ek hou aan, sien om na myself en is ‘n beter mens vir almal wat oor my pad kom.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “My broer se selfmoord is my detour na ‘n beter mens

  1. Ek staam met alles wat jy se, behalwe dat ek nie lief is vir myself nie, dis nogal n nuwe insig. Baie weird. Ek haat nie myself nie, ek voel net niks vir my nie. Wondder hoekom? Al wat ek weet is, ek weet mense wat selfmoord wil pleeg, my saving grace is: MORE GAAN DIT BETER. Ek sien baie keer in my twee dogters hoe dpressief hulle ook word, dan se ek vir hulle daai woorde.
    Mooi bly tot volgende keer!!!!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s