Antidepressante is nie my kruk nie – dis my life line

Charlene
Die artikel in die April uitgawe van Rooi Rose maak nie genoeg melding
daarvan dat depressie en veral bipolariteit onder andere ook a.g.v van ‘n
chemiese wanbalans in die brein veroorsaak kan word, en dat baie mense
dikwels LEWENSLANK medikasie behoort te gebruik nie.

Ek ly aan Bipolêre depressie tipe I. Ek voel Bipolariteit I en II is ‘n baie ernstige siekte
waar selfmoordsyfers baie hoog is indien medikasie ooit gestaak sou na bv.
ses maande omdat dit dalk bloot as ‘n tydelike ‘kruk’ gesien sou word.

Dit behoort eerder as ‘n loopring of rolstoel beskou te word aangesien lyers van
sekere vorme van depressie nooit sonder medikasie optimaal in hul omgewing
en die samelewing sal kan funksioneer nie.
Charlene K

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

4 thoughts on “Antidepressante is nie my kruk nie – dis my life line

  1. hi Anita, ek is ook bipoler en het deur die jare ook swaar gehad want my medikasie het my ook siek gemaak. ek is gediagnoseer toe my baba 8 maande oud was en hy is nou al 19. Wat ek eintlik probeer se is dat ek deur die jare die hele tyd die verkeerde meds gehad het en so 9 jaar gelede is ek na ‘n psigiater verwys en van daar af kry ek die regte behandeling. Verander van dokter/psigiater en kyk wat gebeur. ons as bipolere lyers moet aanvaar dat ons nie sonder medikasie kan gaan nie. Ek is jamr dat jou man sy rug op jou gedraai het. almal
    verstaan nie tot hule self in daardie gat val nie. sterkte en onthou dat ons as b-lyers verstaan hoe jy voel.

    • Iets wat ek aan suksesvolle bipoleres so bewonder is hul superealisme en dapperheid. Bravery is not the absence of fear but marching forward in spite of it.

  2. Ek ly ook aan bipolere depressie maar het al alle antidepressante probeer en dit maak my net sieker. Ek gebruik tans Alzam en ‘n slaappil maar dit onderdruk net my gevoelens. My man het my afgeskryf en wil niks met my te doen hê nie en ek wil nie my kinders met my probleme belas nie. Is daar dalk enige kruie medisyne wat ek kan gebruik. Moet asseblief nie vir my sê ek moet uitkom en vriende maak en gesels of myself probeer besig hou met opbouende stokperdjies nie want ek IS NIE LUS NIE. Dit is klaar hel om net elke oggend uit die bed uit op te staan. Ek bid my kniee deur.
    Help asb (as julle kan)

    • Ai Anita, dit is mos nou maar ‘n stryd wat jy self moet stry. Al raad wat ek het is dat jy aansluit by ‘n ondersteunersgroep. SADAG sal jou na groepe kan verwys – kyk by ons hulpnommers. Hier gaan jy mense leer ken wat jou stryd ken en jou die beste gaan ondersteun. Mens vind jou balans met mens se siekte wanneer mens die feite aanvaar en daarmee begin deal – maklik om te se, neem lank om die kuns onder die knie te kry. Hou moed, jy sal daar uitkom, mits jy probeer. Baie ander het en kry dit reg. Maar ja, niemand se dit is maklik nie. Ten misnt eklink jy of jy intelligent genoeg is om jouself op koers te kry. Sterkte!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s