Ek het my kind se juffrou gaan sien. Praat, mense, dit help

My dogtertjie is in Gr. 2. Sy het hierdie jaar baie swaar deur gegaan. Laas jaar het sy aan netbal deel geneem en iewe skielik wil sy nie meer netbal speel nie, sy is baie huilerig as sy van die skool af kom, sy sukkel met haar werk, by die skool, en juffrou wil my sien.

Ek het toe die juffrou gaan sien, sy het my gewys dat my kind al haar werk by die skool verkeerd doen, en sy se vir my dat my kind die lees vermoe van ‘n 6 jarige het, en dat ek asseblief nie haar huiswerk vir haar moet doen nie. Ek het toe vir haar gese, dat ek glad nie my kind se huiswerk vir haar doen nie, sy doen dit self, en ek kyk net so dan en wan wat sy doen en of sy reg kom. By die huis lees sy flot en sy lees 50 woorde plus in ‘n minuut, waar sy by die skool net 24 woorde ‘n minuut lees.

So het ek toe met my kind gesels en elke middag vir haar gevra hoe dit by die skool was, en wat sy alles gedoen het. Tot op ‘n dag toe vertel sy my van die twee dogtertjies wat haar afknou (verbaal). Hulle se vir haar sy het lelike oe en lelike hare en sy stink. Dit is genoeg om enige kind se selfbeeld af te kraak, en my meisiekind is beeldskoon, met haar blas vel blonde hare en blou oe, sy is ook baie gewild onder haar maatjies en ook ander maatjies in die ander klasse. Ek het toe weer die juffrou gaan sien, en my dogtertjie saam gevat dat sy sien ek neem aksie, en haar vertel daarvan, en ek dink dit is die rede hoekom my kind so reageer, en nie meer wil skool toe gaan nie, en nie meer wil netbal speel nie, want hulle altwee speel ook netbal. Ek het toe vir haar hulp gevra, dat sy asseblief met die twee dogters moet praat, of ek gaan dit doen en dit gaan dalk net lelik raak. Ek het haar toe kans gegee, en nog steeds elke dag vir my kind gevra hoe dit by die skool gaan. Sy het toe vir my vertel dat die twee dogters haar onverskoning gevra het, en vir haar gese het sy is baie mooi en sy het mooi oe. Hulle was nog nie weer lelik met haar nie, en my kind vaar goed. Haar punte lyk aansienlik beter, sy doen haar werk reg in die klas, sy kry tot nou wiskunde somme reg wat sy voorheen mee gesukkel het.

Baie dankie vir die Juffrou vir haar hulp, ek waardeer dit, en ek is bly my kind het gesien dat mamma dadelik aksie geneem het, en dat dinge beter geword het, en dat sy my enige iets kan vertel, en ek sal luister en probeer help die eina beter maak. Ek dink dat die meeste depresie onder kinders ook veroorsaak word deur ander kinders wat hulle boelie. Kinders kan baie wreed en afknouerig wees teen oor mekaar. Praat met jou kind, maak nie saak hoe moeg jy is, vra uit oor wat by die skool aangaan, en luister aandagtig oor wat hulle te se het, dit kan dalk jou kind, of ‘n ander kind se lewe red. Leer hulle om te komminikeer met ander en met jou. Baie ouers raak kwaad as hul kinders kom skinder by hulle, en jak hul kinders sommer af en se hulle moet ophou skinder dit is nie mooi nie. Ja dit is dalk nie mooi nie, maar ek leer haar om by my te kom skinder, ek gee nie om nie, sy moet kom skinder, ek wil alles weet wat sy sien en hoor en wat sy of iemand anders doen of se.

Hou aan kommunikeer mense, dit help nogals baie, en los baie probleme op

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

Gesels hier