Andrew Thomson se selfmoord, Lindie Stander se probeerslag maak my bang

Juffrou
Ek is n 27-jarige onderwyseres en is tans besig met verdere studies. Andrew Thompson van Molly en Wors-faam se dood het my laat wakker skrik.
Vir jare sukkel ek al met depressie en probeer myself “dokter”.
Ek doen alles in my vermoe om die lewe vir myself beter te maak en probeer so positief as moontlik lewe. Ek is ook baie gelowig en glo dat God my hand elke dag vashou en dat hy my letterlik deur elke dag dra!
Vir diegene wat ni weet ni, n depressielyer sukkel om deur elke dag te kom. Jy is chronies moeg en sukkel om take af te handel. Jy moet jouself letterlik elke sekonde van die dag motiveer, al is dit om iets eenvoudig te doen soos om toilet toe te gaan. Al wat ek eintlik wil doen is om heeldag te slaap of om erens te le en dink. Tye wanneer ek ni slaap, dink of erens le ni, is ek of besig om te eet of besig om my volgende maaltyd te beplan.
Hierdie siekte is besig om my as mens te vernietig. Dit is besig om my selfbeeld aan te val en om my alleen te laat. Ek dink ook dit is een van die redes hoekom ek nog enkel is. Ek ontmoet goeie mans, maar sien eenvoudig net nie kans om aan n verhouding ook te werk nie.
Ek wil nie weer pille drink of na ‘n sielkundige toe gaan vir behandeling nie. Ek wil so graag “gesond” word met die hulp van my Hemelse Vader en deur middel van ondersteuning van mede-lyers. Miskien moet ons n gebedsgroep begin, wat dink julle???

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

11 thoughts on “Andrew Thomson se selfmoord, Lindie Stander se probeerslag maak my bang

  1. Annie
    Jesus gebruik dokters, medikasie EN die mediese wetenskap.Dis hoekom Hy dit aldrie vir ons gegee het…

  2. Lorien,
    Ek ondersteun jou 1000%.
    My middelman het deur als wat die skrywer beskryf het gegaan en ons het gou op die towerwoord “Aropax” afgekom.
    Dis 8 jaar later, man van 24 en is so happy as wat kan kom.
    VOORWAARDE! – “Dad, my pilletjies is klaar, vergeet om te koop waars jou emergency voorraad”
    Hy mis dit soos ons ander tande borsel mis!
    Dit werk!
    Biscuits

  3. Lorien, ek ondersteun jou 1000%.
    My middelman het deur als wat die skrywer beskryf het gegaan en ons het gou op die towerwoord “Aropax” afgekom.
    Dis 8 jaar later, man van 24 en is so happy as wat kan kom.
    VOORWAARDE! – “Dad, my pilletjies is klaar, vergeet om te koop waars jou emergency voorraad”
    Hy mis dit soos ons ander tande borsel mis!
    Dit werk!

  4. Biscuits
    Juffrou, dis nie ‘n skande om by ‘n dokter aan te klop nie.
    Soos ek op Lories se post gesê het, medikasie werk wondere!
    Wat ek nie gesê het nie is dat ek deel is van ‘n familie van depressie, Pa, twee seuns en tot ‘n mindere mate maar ekke ok!
    Kry die pilletjie en dan gaan die wêreld vir jou oop. Jy sal selfs sien dat jou geloof sake sommer ‘n hupstoot kry!
    My middelman se meisie is erger op hom om die pilletjie te sluk elke dag want sy het eerstehandse kennis met sy “down” wees.
    Soos sy sê ek lief hom erg en as ek kan help dan help ek!
    Sterkte en liefde vir jou!

  5. Ellie, ek moet se baie predikante – seker die meeste – is goed ingelig en sal nie sulke stupid goed kwyt raak nie!
    En ek is BAIE impressed dat jy die apteker gaan verkla het – hy mag in elk geval nie menings oor medikasies uitspreek nie.

  6. Net daar moes jy iit daardie kerk gestap het – so ‘n oningeligte predikant kan nie vertrou word om met jou siel te werk nie!

  7. Wil julle gou iets vertel wat met my gebeur het(‘n paar jaar terug).My medies wou ‘n paar jaar terug nie my pille betaal.Ek vertel dit toe vir ‘n buurvrou wat saam by ‘n gebedsgroep is.Volgende bring sy vir my ‘n traktaatjie om te se ek moet my pille los en op die Here vertrou.’n Ander keer nooi sy my saam kerk toe want daar tree toe ‘n pastorale sieelkundige op.(NG Kerk) Die man vaar toe uit teen sielkundiges en psigiaters en se hulle wil alles met pille regmaak en dis ‘n ding wat van Amerika af oorgewaai het.Boonop se hy toe depressie,bipolere depressie en skisofrenie is a.g.v. ‘n swak geloof en sonde.Kan julle dit glo?’n Ander keer toe se ‘n apteker vir my ek het nie regtig pille nodig nie,dis alles in my kop.Ek het hom by my dokter verkla.Kan julle glo dat daar in hierdie dag en eeu nog sulke goed gebeur.Dis mos belaglik!Of wat se julle?

  8. Ek hoor wat jy sê! Lees gerus by http://www.altacloete.wordpress.com oor my paadjie met depressie. Vir my het die grootste verandering gekom toe ek besef het ek moet SELF verantwoordelikheid neem vir my toestand en hoe ek dit hanteer en nie net op ander mense (en selfs op God) wag om iets VIR my te doen nie. Daarvandaan gaan dit beter. Ek het van ‘n depressielyer na ‘n depressievegter verander. Nee, dis nie maklik nie. Ja, ek val nog terug. Maar ek weet nou daar is spesifieke goed wat ek kan doen om minstens nie so diep te val wanneer ek wel in die gat beland nie. En vinniger weer daar uit te kom.
    Net om misverstande te vermy: Ek sê beslis nie ‘n mens se geloof kan nie help nie. Ek ontmoedig mense ook nie om medikasie te gebruik nie. Ek het net gevind my eie wil en werk bykomend tot bogenoemde het ‘n groot verandering gebring.

  9. Weet jy ek sukkel tans met die selfde ding en voel presies soos jy!! Ek was verskriklik teen pille en het geglo dat ek dit nie nodig het nie!! Maar ‘n mens moet gaan kyk wat is die oorsprong van depressie, is dit geestelik, emosioneel of het jy jouself fisies uitgebrand!!! Die pille gee mens net perspektief sodat jy wEer nuwe hoop kan kry!! Jy is nie ‘n pateet as jy pille drink nie!! Maar die vyand lieg vir ons!!! Dis beter om so gou moontlik die beste behandeling te kry en met God aan jou kant kan jy volkome genees!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s