is EK talentvol of is ek net goed as ek op ‘n bipolere high is?

Hoe lank nog?
Ek’s nou die laaste 3 jaar amptelik gediagnoseer met bipolere depressie, maar vandat ek kan onthou was die lewe nog altyd net vir my verskriklik moeilik.
My medikasie word permanent aangepas, want ek raak net eenvoudig nie beter nie.
Ek het die laaste jaar al drie keer probeer selfmoord pleeg en ek weet die volgende keer is dit die laaste. Mense kan nie verstaan hoe dit voel om eenvoudig nie jou kop onder die kombers te kan of wil uitlig nie. Jou werk bly tegemoetkomend tot op ‘n punt en dan met jou volgende opname is dit net een te veel.
Na die diagnose het my hele lewe soos ‘n klug gevoel! Watter deel van my lewe en optredes was ek, en watter deel was die siekte. Almal probeer die siekte vergelyk met diabetes, maar diabetes beinvloed nie jou optredes of gemoed nie.
Party dae is so ongelooflik goed en dan dink jy great die pille werk uiteindelik, maar die volgende dag val jy weer en dit voel of jy nie kan aangaan nie. Dit voel of jy besig is om te val in die diepste gat ooit en jy weet nie wanneer jy die bodem gaan tref nie. Ek besef dat pille kan help, maar hoe lank tot die volgende verandering, hoe lank tot die volgende gat, hoe lank tot die volgende sielkundige nie meer kans sien nie, hoe lank totdat die volgende persoon vir jou se ruk jouself reg.
Ek weet drank en drugs is nie die antwoord nie, maar ten minste vir daai oomblik kan jy beter voel en weer kans sien om asem te haal.
Vir nou hou ek tog aan baklei, want God is in beheer.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

2 thoughts on “is EK talentvol of is ek net goed as ek op ‘n bipolere high is?

  1. Sjoe jong, dis ‘n baie, baie, baie moeilike situasie. G’n wonder jy voel moeg!.
    Ek weet dat dit lank kan neem om te kom by ‘n medikasie-resep wat reg vir jou werk – jy weet dit seker ook.
    Op hierdie stadium is uithou en vertrou sekerlik al wat jy kan doen, tot jy by die regte pil uitkom en genoeg tyd gegee het dat dit begin werk.
    Ek dink jy weet wat ek gaan se? Dis oor drank en drugs. Hulle werk teen die medikasie. Hulle GAAN jou in ‘n gat ingooi … daai gat waarvan jy nie hou nie.
    Ek hoop dat jy weer terug is na jou dokter? Na so ses weke behoort die medikasie te werk, as dit die regte soort vir jou is.
    As jy regtig sukkel om aan te pas en in daardie tyd gryp na drank en iets anders kan jy dalk vra om in ‘n hospitaal of kliniek ingeboek te word sodat jy net oor die aanpassingstyd kom?
    Jy weet mos dat ‘n geraamde 30% van mense wat aan drank of dwelms verslaaf is eintlik hulself probeer ‘behandel’ want, net soos jy daar se en vind, laat dit jou vir darem ‘n rukkie beter voel? Moenie skaam wees dat jy dit ook probeer het nie – en dalk selfs so bietjie verslaaf geraak het nie. Jou liggaam was op ‘n manier eintlik slim geneog om te identifiseer dat hy (sy?) medisyne nodig het. Omdat jou liggaam eerste met drank kontak gemaak het is dit toe as ‘medisyne’ geidentifseer.
    Wat jou liggaam nou moet ontdek is dat daar beter medisyne as drank en dwelms is … en dis goedkoper ook.
    Jou werkgewer het jou nog nie afgedank nie – dalk juis omdat jy op jou ‘op’ kosbare insette gee wat hulle ook waardeer.
    Sterkte – gesels met LifeLine se mense en gaan weer terug dokter toe? as dit help is jy baie welkom om weer hier te kom blog – jou blogpos is joume waar jy kan kom byvoeg net wanneer jy wil.

    Ek hou duim vas dat jy beter raak en minder ‘af’ dae het.

  2. Hierdie vrou is ‘n ware inspirasie vir my. Ek voel af vandag want ek het verkoue. Verkoue maak my senuweeagtig ! Ek lees vandag die volgende gesegde van Amy Charmichael: Dit is wondelik as ons met die onmoontlike gekonfronteer word want niks is onmoontlik as ‘n mens bestem is om dit te doen nie. Jy sal altyd wysheid en krag ontvang . Waar die Here lei ge Hy altyd krag.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s