Wat jy kan doen vir iemand wat bipoler is as hy/sy nie goed voel nie

Submitted on 2011/02/08 at 6:16 pm
Hallo Carol

Ek is die bipoler dogter en my mamma is die bekommerde een. Ek weet sy het nog nie eers die trauma van my eerste manie verwerk nie. Sy het verlede week vir my drie dogters vertel daarvan en was in trane. Ek’s lank al daar verby en het aan beweeg sonder om te besef hoe sy nog daaroor voel.

Die waarheid is jy kan haar nie help nie as sy jou nie vra om haar te help nie.

Sy moet die keuse maak om bipoler te beheer en nie toe telaat dat dit haar beheer nie. Jy mag op geen stadium toe laat dat haar siekte jou lam le nie.

Ek het elke gemoed gaan neerskryf van wat ek dan voel en doen dan. Langs aan het ek ‘n lys gemaak van wat ek moet doen en wat ander kan doen om my te help. Ek het al verwys na Julie Fast se Health Card. Miskien kan jy haar oorreed om dit saam te doen.

As ek flou lyk sal my meisies vir my vra of hulle vir my rooibos tee kan maak met heuning in. My man sal vir my vra of hy vir my water kan in tap vir ‘n lekker bad.

Probeer prakties wees . Ek het ook vanmiddag my Vispatei resep gedeel. As jy bipoler is , is kos ‘n groot struikel blok. Miskien kan jy soms help deur vir haar ‘n vispastei te maak of haar bederf met neute waaraan sy kan peusel.

Nooi haar vir ‘n piekniek of neem haar na ‘n park waar julle kan gaan stap. Dit doen my altyd baie goed en my gesin stuur hulle nie aan die aanvanglike gemor want ons spot al hulle moet my net eers buite en aan die gang kry dan geniet ons dit almal. Speletjies speel is ook terapeuties vir my.

Bederf haar soms met ‘n struikelblok. Myne is donker sjokolade. My man koop dit soms vir my en dan mag ek die hele slab alleen op eet.

Sterkte! My mamma bekommer haar te veel oor my. Miskien moet jy dalk ook ‘n tree weg gee van die boom en die hele bos raak sien. Ek is meeste van die tyd baie meer ok as wat sy dink.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s