vandag het ek vir die eerste keer in drie dae gestort

Vandag het ek vir die eerste keer in drie dae gestort en skoon klere aangetrek. Elke oggend word ek wakker met paniek wat my binneste in mekaar trek. Ek voel wanhopig oor die toekoms en niks werd. ‘n Mislukking. Byna drie jaar gelede het ek my werk verloor. Veertien maande gelede is my seuntjie seksueel gemollesteer. Ek leef in ‘n waas van stres en elke oomblik is hel. Ek kan dit byna nie meer verdra nie. In die Bybel lees ek dat Jesus Christus die werklikheid is. Alles is vir God moontlik. Hy is my helper. Iemand wat in God glo sal nie teleurgestel word nie. Alles wat ‘n gelowige vra, sal vir hom gegee word. Hy sal jou nie in die steek laat of vergeet of verlaat nie. Telke male staan ek by my slaapkamer venster en herhaal hierdie dinge oor en oor. Soms laat dit my beter voel. Veral as ek baie vroeg in die more wakker word, tee maak en sigaret rook. Oor ‘n paar dae word ek 57 en ek sien geen toekoms vir myself nie. Wat gaan van my word? My geld is byna op en ek kry nie werk nie. Ek is op ‘n plek waar net die Here my kan help. Ek bid elke dag dat Hy vir my ‘n werk moet gee – my barmhartig en genadig moet wees. Elke dag wag ek dat die foon moet lui en ek die goeie nuus kry dat ek ‘n werk, waarvoor ek aansoek gedoen het, gekry het. Dit gaan noual amper drie jaar so aan. Dikwels kry ek selmoord gedagtes. Ek dink aan maniere om selfmoord te pleeg. Maar ek is bang ek gaan nie dood nie.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “vandag het ek vir die eerste keer in drie dae gestort

  1. 10 Responses to “vandag het ek vir die eerste keer in drie dae gestort”
    willem
    2011/03/07 at 7:51 nm Edit # Hi skryfster van die artikel……dis ongelukkig wensdenkery dat geloof dit sal reg maak en Hy ons sal help. Dit is ongelukkig ietsie wat mense van ons kultuurgroepie en geloofgroepie probeer glo……….dit werk ongelukkig nie so nie – Hy wil party van ons nie he nie en terwyl ons reeds in hel lewe, kan ons net sowel die ander dimensie in beweeg. Die lewe gaan nie beter of lekkerder word nie. Die probleemis dat dit baie baie guts vat om mens self dood te maak, anders het ek lankal. Maar ek sal nog

    Reply
    Salome
    2011/03/08 at 10:46 vm Edit # Ja Willem, ek stem saam met jou oor geloof – dis wensdenkery dat jy net moet glo en jou depressie sal verdwyn wat ons ou kultuurgroepie tog te graag aanhang. Mense wat dit as raad uitdeel ken nie self depressie of gemoedsiektes nie.
    Maar dan glo ek nou ook weer anders as jy: dis nie God wat die chaos in ons lewens verooraak nie. Dis (1) ons eie liggame/gene en (2) ons eie koppe/keuses en (3)die lewe self/dinge waaroor ons nie beheer het nie. Onthou jy Forrest Gump? Shit happens? Dit was die ‘boodskap’ van die 70s. Die lewe gebeur. Slegte dinge gebeur. Ons het sekere potensiale in ons gene. Dis feite – nie van God gegee om ons ‘lesse’ te leer nie. Maar ek glo ook onwrikbaar in God se krag / grace … dat ons almal die goeie ook in ons het EN by daardie goeie kan uitkom.
    Maar wat is alles in daardie hel waarin jy reeds leef? Wat of wie maak jou lewe so hel? Jy kan vir my privaat epos, of hier skryf. Salome

    Reply Salome
    2011/03/08 at 7:49 nm Edit # Ek glo ook nie geloof is ‘n kitsoplossing vir alles nie. Daar is probleme wat baie meer kompleks is as om in een of twee mooi sinne op te los. Dinge is nie so eenvoudig nie

    Reply willem
    2011/02/14 at 3:30 nm Edit # Ek voel ook soos jy. Ek her reeds besluit ek gaan die gemors van ‘n mens wat ek i vrek maak, ek kort nog net die guts. Ek gaan op my eks se verjaardag oor so twee weke na haar toe ry en myself vrek skiet voor haar. Ek weet sy sal in ekstase wees.

    Reply
    Salome
    2011/02/16 at 8:53 vm Edit # Hallo W
    Ek kan hoor jy is baie diep ontsteld – en met sterk redes ook. En ek weet daar is hulp – ook vir mense wat net soos jy nou voel, maak nie saak waardeur hulle al alles gegaan het en gedoen het – mense met wie dit nou baie baie beter gaan, na hulle met die regte mense gesels het, die beste inligting gekry het, self uitgesorteer het wat vir hulle werk, perspektief gekry het en weer op koers gekom het. Daar is so baie soorte hulp – en vir almal.
    Sal jy groot asseblief jou telefoonnommer na my epos op salomed@ctp-mail.co.za? Ek sal dan sorg dat iemand van SADAG (‘n man, soos jy, en Afrikaanssprekend) jou bel. Hierdie mense is almal deur dieselfde dinge, en verstaan waarvan jy praat. (Laat weet ook as daar ‘n beter tyd van die dag is waarop hulle jou moet bel – SADAG se ure is van 8.00-20.00)
    Maar asseblief W, laat hoor van jou? Sodat iemand net met jou self kan praat?
    Salome

    Thanks,

    Reply
    willem
    2011/02/17 at 2:12 nm Edit # Haai Salome

    Baie dankie, maar daar is regtig niks meer wat sal werk nie, het regtig al baie mense gesien en selfs medikasie en als probeer – maar dit het net al hoe meer uit proporsie gespin en my lewe het net al hoe meer van ‘n gemors geword, ek is HEELTEMAL totaal kranksinnig en niks maak ditreg nie, maar baie dankie in elk geval. PS – die wêreld het 6 biljoen mense…..een minder gaan nie ‘n verskil maak nie, ek doen in elk geval nisk goed vir niemand nie.
    Salome
    2011/03/04 at 9:47 vm Edit # Hallo Willem Ons het ‘n berader + two on the side wat beskikbaar is vir almal met vrae of kwellings of iets op die hart … sielkundiges gratis tot jou diens. Tyd Vrydag 12.00-1.30 Plek http://www.rooirose.co.za
    Sien ons jou daar?
    Salome
    Jacomien
    2011/02/08 at 5:53 nm Edit # Wel gedaan dat jy OPGESTAAN het vandag. Ek weet hoe moeilik dit is.

    Dit werk vir my om met iemand te praat. Daar kom ‘n ander perspektief navore as mens jou stem hoor en hoor wat jy se. Ek is baie geneig om ‘n “gesprek” te laat maal en maal in my gedagtes en verloor dan perspektief.

    Reply Salome
    2011/02/08 at 12:30 nm Edit # Wel, twee goeie goed: vandag is een van die dae dat goed was vir jouself: jy het begin met ‘n stort en jy het een stap geneem om die probleem vierkantig in die oog te kyk, eerder as om te hoop dit gaan opgelos word deur werkgewers of die Here.
    Nie dat ek God wil onderskat nie. Maar dis meestal ‘n kwessie van samewerking: 50% God + 50% jy, of soms 90% van die een en 10% van die ander …
    Maar terug by jou: ek is bekommerd oor jou gemoed. Jy kry baie swaar, baie swaarder as wat die meeste ander mense kry.
    1. Dink jy jou gemoed keer dat jy werk kry op hierdie stadium? Sien jy kans vir ‘n antidepressant om jou deur te dra tot jy weer op jou voete is? Ek hoop jy kan met jou dokter gaan gesels? Maar anders kan jy die SADAG lyne skakel by 0800 567 567 – dis gratis, en die mense daar verstaan waaroor dit gaan omdat hulle self daardeur was. Kyk ook by ons hulpbladsy – daar is dalk mense wat goed by jou situasie pas?
    2. As dit kom by praktiese sake: Dr Phil se een slagspreuk waaraan ek nogals waarde heg is ‘if you do the same you get the same’ dus: wat kan jy op ‘n ander manier aanpak as om net aansoek te doen vir nog ‘n werk of net meer te bid of net meer affirmasies te maak? Jy het seker al vir jouself ‘n lys gemaak van wat jy dalk nog kan doen, as jy klinies kyk na die situasie? Kan jy dalk iets anders doen of gee, al is dit jou tyd wat jy gratis inploeg?
    3. Maar gaan jy maklik oplossings uitwerk as jy so laag voel soos nou? Kan jy dalk begin beter voel deur jou situasie anders te formuleer? Bv ‘My geld is byna op’ verander na ‘My geld is nog nie op nie; en ek het my gesondheid’. Kan jy ‘n lys maak van die dinge wat jou pla en dan langsaan elkeen kyk watter bate of pluspunt dit kan opponeer?
    4. Dan wonder ek wie is almal in jou lewe? Mans onttrek as hulle swaarkry – dis hoe mans is en dis ook OK. Maar mens is soms baie aangenaam verras oor die ondersteuning wat jy kry as jy iemand vertel hoe swaar jy kry. Net een iemand, as uitpraat nie jou gewone styl is nie.
    5. Nog ietsie wat vir my werk: kyk of jy op die internet jou Myers-Briggs profiel kan bepaal. Dit help mens nogals om te bepaal wat jou beter oor jouself laat voel.
    Sterkte, jong. Jy is nie op ‘n maklike plek nie maar ek glo jou lewe het sin en kan sinvol wees en is vir die mense na aan jou waardevol.

    Reply
    Heidi
    2011/02/10 at 11:13 vm Edit # My hart gaan so verskriklik uit na jou toe. Ek weet ook hoe dit voel. Het einde 2007 my werk verloor – as gevolg van Bipolêr wees (het ek eers na die tyd uitgevind). Ek kon nie meer fokus op wat ek gedoen het nie en die een ding het tot die ander gelei en die uiteinde was vir my baie sleg.

    Ek kry tot vandag toe nog bitter baie swaar alhoewel dit al heelwat beter gaan. Kan nie daai “ding” in my binneste verwerk nie. Nie goed genoeg nie – nooit reg nie ens. ens. Dis baie erg. Mens is so onseker oor jouself, wat jy doen, wie jy is. Die kleinste dingetjie wat gebeur wonder jy oor – kon jy nie beter nie? Kon jy dit nie vermy het nie?

    Wat ek egter vir jou kan sê is dat jy nie moet opgee nie. Iewers is daar iets wat vir jou sal uitwerk. Ons tyd is nie die Here se tyd nie en hy is nooit laat nie. Ons is soms (altyd) geneig om ons “pakkie” uit die Here se hande te gryp en self te probeer mooimaak. Ek dink soms so daaraan: ek is in ‘n kamer met spierwit mure – geen vensters nie. Die plafon is laag – so laat dat wanneer ek staan net my hande deur ‘n gat daarin kan deurgaan. Dan – my kleine handjies deur die plafon gesteek en die Here se groot sterk hande aan die anderkant van die plafon. Ek ontmoet Hom daar en hy hou my vas – sal nooit los nie – al voel dit soms so.

    In retrospek oor die feit dat ek my werk verloor het, het ek besef die Here het ingegryp. Ek kon nie die keuse maak nie – Hy het dit vir my gemaak. Ek kon nie besluit tot hier toe en nie verder nie. Hy het besluit dat om my te “red” van myself moes ek nie verder daardie werk doen nie. Ek weet nie wat van my as mens sou geword het as ek nog moes aanhou waar ek was nie.

    Soos ek gesê het was dit ontsaglik moeilik om te aanvaar en om daardeur te kom maar ek is 100 % beter af nou as wat ek sou wees as ek aangehou werk het. Vandag het ek weer ‘n werk maar dis rustiger, ek het meer tyd vir my kinders en goed wat vir my belangrik is.

    Weet nie of jy hou van lees nie – maar daar is ongelooflike boeke beskikbaar waaruit jy basies voel “haai hul skryf dan hier oor my”. As jy sal wees wat ek bedoel. Dit help ook baie. 2 waaraan ek so vinnig kan dink is: “Misluk Suksesvol” en “The Power of Positive Thinking” (Vincent Peale). Ek ken nie die skrywers so baie goed uit my kop uit nie maar ek is seker enige goeie boekwinkel sal jou kan help om dit te kry.

    En medikasie is ongelukkig onontbeerlik. Ek het baie lank daarteen gestry en wou dit nie gebruik nie maar het vandag tot die besef gekom dat ek nie ‘n keuse het nie. Ja, daar is slegte newe effekte maar as jy die twee kante teen mekaar opweeg sal jy vind dis beter om die newe effekte te verdra as om so vreeslik te voel. Miljoene mense drink elke dag die een of ander pil vir iets – bloeddruk, cholesterol, diabetes ens – wat is fout daarmee dat ons wat psigies swaarkry nie ook medikasie kan neem nie.

    Ek moet ook bysê dat ek agtergekom het dat jy nie skielik in ‘n “ander mens” verander die oomblik as jy die medikasie neem nie. Dit maak nie die wêreld ‘n beter plek nie – dit help jou bloot om dit wat oor jou pad kom beter te hanteer. Jy en die medikasie “ontmoet” mekaar halfpad.

    Hierdie Blog is die beste ding ooit. Dit laat mens voel jy is nie alleen nie. Jy lees ander se stories en voel dit voel asof dit jou eie is. Lees dit elke dag en gebruik die raad wat jy kry – ek is seker jy sal beter as ooit anderkant uitkom. STERKTE!!!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s