rooi karretjie … rooiligte. My aftiklys vir beheer van my bipoler … hie-ha mama …

Jacomien skryf:

Rooi motorkar en rooiligte …
Ek lees vandag die stukkie wat “nuweling” geskryf het en dit bevestig net ek moet weer bietjie skryf.
Waar kom die rooi motorkar vandaan? Wonder of julle ook die kleuterliedjie ken en onthou, dalk sing jy dit nog vir jou kleutertjie:

Ek ry in my my motorkar en langs my sit my pop en as ek by die rooilig kom dan weet ek , ek moet stop……

Nou onlangs terwyl ek by ‘n rooilig wag dat dit n groen lig word en my dogter (grapjas, nou 14) langs my “sien” sit onthou ek skielik. Ek en my dogtertjies het altyd hierdie liedjie gesing as ons wag. Soms was die wag net te lank en het die liedjie die tyd wat dit neem om by die huis te kom korter gemaak.
Later het ons ons eie weergawe daarvan gehad. My grapjas het die liedjie langer gemaak met …..

oppas se die geellig oppas wat jy doen, pampoen, stukkende skoen, jou suurlemoen.

Later het ek besef dat musiek en kos so deel is van ons. Dit kan ‘n dag maak of breek. Stop jy nie by die rooilig nie dan is jy voorwaar ‘n pampoen en kan jou dag in ‘n suurlemoen verander. Bloedsuiker is lynreg gekoppel aan dieet. Is dit nie gebalanseer nie loop jy met stukkende skoene.
Ek het besef ek wonder wat is die kleur van die ligte op my paadjie? Flikker hul dalk rooi self bloedrooi . Ek weet die keuse is myne. Gaan ek stop?
Ek het gaan sit , tyd geneem en die padreels geevalueer:
1. Dieet
a. Eet ek GI?
b. Eet ek oggend, middag en aand?
c. Wat eet ek?
d. Het ek ‘n LUS vir seker kosse en hoeveel sjokolade eet ek?
e. Drink ek genoeg? Water, Water? Rooibos tee ? Hoeveel koffie?

2. Medikasie
a.Het ek dit reg gedrink ?
b.Wat van vitamiene?
c. Slaap?
d. Is die resep van pille nog reg?

3. Werk
a. Ure ?
b. Take voltooi?
c. Doelwitte behaal?

4.Verhoudings tuis
Wat ! se my man vir my en luister ek rerig wat dogters se ?

5. Joernaal
Wat het ek geskryf? Wat verklap my emosies?

6. Musiek
Na watter musiek luister ek?

7. Lees
Wat lees ek?
Kan ek die boek neersit ?
Hoe vinnig lees ek?
Hoe dikwels?

Whow! Ek het toe nie so sleg gevaar nie!

Soms in die proses van gesond wil word en wees het ons ‘n baie swaar voet op ons petrolpedaal.
Die lekkerste was om te besef dat daar net drie rooiligte vir my is:
*Ek skryf nie en is nie regtig seker waar my emosies is nie.
*Ek werk te lang ure en skakel baie moeilik af, wat veroorsaak dat my slaap onrustig is.
*Ek het nie meer vitamiene nie.

Om padreels op te stel en te evaluur was seker die moeilikste vir my om te doen op my gesond word pad.
Die opstel van padreels het ook die ongesonde fokus wat daar was op medikasie om gesond te word gebalanseer. Medikasie is maar net een aspek. Ons moet besef ‘n gesonde dieet en leefstyl moet deel daarvan wees.

Net soos wat dit vir ons veel meer pret was toe ons SAAM gesing het is dit ook belangrik dat my dogters deel is.

Ek moes ook aanvaar dat net soos ek dalk vinniger wil ry maar die spoedgrens is 60 so gaan daar spoedgrense wees en my familie gaan hulle bepaal. My man is die spietkop en baie keer is ek vies vir die spietkop. Weet jy wat? Hy’s ‘n
goeie spietkop …

Geelligte was musiek en lees.
Lees is ‘n ontvlugting vir my en dit kan lei tot dat ek my ontrek en net lees. My manlief(spietkop) het gevra ek moet asb bietjie stadiger lees en minder koffie drink. Daar was nie musiek in my motor nie . Ek’s lief vir my musiek. Ek was besig om myself van ‘n groot plesier te ontneem.
Groenligte?
Ek het ‘n gesonde dieet. In die verlede het ek my liggaam van seker voedingstowwe ontneem en daarmee saam lekkernye. Al die voelselgroepe moet deel van jou dieet wees. Ek eet genoeg sjokolade en nie te veel nie. Ek’s tevrede met my klerekas . Nog rond en daarmee het ek vrede, my gewig is konstant.

My grapjas was deel van hierdie evaluasieproses en toe sing sy:
Ek ry in my rooi motorkar en langs my sit my pop en as ek by die rooilig kom dan weet ek ek moet stop. Stop se die rooilig . Ry se die groenlig. Oppas se dit geellig oppas wat jy doen.
HIE HA MAMA !

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “rooi karretjie … rooiligte. My aftiklys vir beheer van my bipoler … hie-ha mama …

  1. Een Reaksie to “rooi karretjie … rooiligte. My aftiklys vir beheer van my bipoler … hie-ha mama …”
    Salome
    2011/04/06 at 12:31 vm Edit # jip – goeie, goeie vergelyking. dankie

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s