psigiaters vertel mens nie als nie

Die slegte ding is dat psigiaters en dokters ‘n mens nie altyd vertel van die newe-effekte van die medikasie wat jy neem nie. My dogter het na 6 jaar van medikasie neem besluit om dit te stelselmatig te staak omdat sy dit vir nageboortelike depressie geneem het en gereken het dat sy nou goed voel en nie vir altyd medikasie wil neem nie .

Sy is na 2 maande in hospitaal opgneem met totale ineenstorting. Blykbaar is die middel wat sy geneem het so sterk, en een van die middels wat die ergste ontrekkingsimptome het….Waarom is sy nie destyds gewaarsku nie ?

Hierdie middels laat ‘n mens dikwels gewig optel, moeg voel ens. ‘n Mens moet tog sekerlik behoorlik ingelig word sodat jy ‘n ingeligte besluit kan neem ?

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

4 thoughts on “psigiaters vertel mens nie als nie

  1. Jip – mens raak soms moedeloos oor die medikasie se newe-effekte.
    Ek sal graag wil weet waarop jou dogter was?
    En dan: sy moes ingelig gewees het! Elke keer as sy teruggaan vir die herhaalvoorskrif …
    Het sy die staking met die psigiater bespreek? Mens moet maar liefs nie self van die medikasie afgaan sonder om net eers te hoor wat om te verwag nie.
    Maar alle sterkte. Dit is ‘n ontstellende ervaring. Ek hoop sy is gou weer haarself. Gelukkig het sy vir jou om haar te ondersteun.
    En dan: as mens nie tevrede is met jou psigiater nie … gaan soek ‘n ander een.
    Daar is altyd soveel faktore om in ag te neem met elke medikasie – dit kan vet maak; daarsonder kan jy dalk baie depressief bly – dit kan eetlus wegneem en jou te maer maak – dit kan jou te veel of te min laat slaap – en … so … aan.
    MAAR sou sy daarsonder kon funksioneer?
    Baie mense glo dat mens met ‘n bietjie sielkundige hulp sonder ‘n antidepressant kan regkom. Mens sluk mos nie sommer pille nie.
    Maar dit hang darem ook af van hoe ernstig die depressie is.
    Daarom dink ek persoonlik mens moet altwee kombineer: die pilletjies en die sielkundige. As jy geleer het om emosioneel mooi na jouself te kyk en steeds depressief bly is die pilletjie noodsaaklik vir jou want dan het jou breinchemie ‘n hupstoot nodig.
    Werklike depressie (die soorte wat nie veroorsaak word deur ‘n hartseer gebeurtenis nie) is mos ook eintlik maar net ‘n siekte. Jou liggaam maak bloot nie genoeg serotonien ens. nie. Dus moet jy ekstra daarvan kry. As jy die pille staak het jou brein nie meer serotonien nie – en dan slaan ‘n baie erge depressie toe. Dis soos ‘n diabeet wat besluit dat sy darem nie die res van haar lewe op insulien wil wees nie. Maar die feit is dat haar liggaam nie meer genoeg insulien maak nie – en sal sy binne ure in die moeilikhied wees. Dit wat jy met jou brein besluit het niks te doen met hoe jou liggaam werk nie.
    Laat hoor hoe dit gaan.

  2. Sjoe ek hoor! Ek het dit as 21 jarige gedoen . Heeltemal manies geraak en my mammie kan nou nog nie daaroor praat sonder trane nie. Jou emosie is eg en ek’s bly jy het hier geskryf. Ek vrae net vir jou mooi om nie bitter hieroor te raak nie. Psigatrie is nie n maklike veld nie my opinie is dis omdat die mens se gees ook betrokke is en nie net die vlees soos met meeste siektes nie.In die meeste gevalle is dit maar bietjie van n “tref en traf” oefening tot die regte medisyne jou help.

    Omdat ek meer as n hand vol kere al in jou dogter se skoene gestaan het wil ek die volgende raad vir jou gee : Wees positief ook oor dokters en medisyne jou dogter het nou die versekering nodig dat alles wel sal wees.

    Amy Carmichael het die volgende gese:

    Dit is wonderlik as ons met die ontmootlike gekonfronteer word want niks is onmoontlik as n mens bestem is om dit te doen nie. Jy sal altyd wysheid en krag ontvang.

  3. Dis so waar. As ek nie my medikasie daai dag kan neem omdat ek nie gou genoeg kon medikasie kry nie of uitkom by die apteek nie dan raak ek n hele ander mens. Ek kan glad nie fokus nie. My kop is vreeslik swaar, eks baie huilerig en my oe wil toe forseer. Moet met sulke skrefies oe kyk na iemand. Eks dood en aleen binne. Voel of ek wil dood gaan binnekant.

  4. Ek gaan ook my medikasie staak.Nie uit vrye wil nie. Net omdat ek dit nie meer kan bekostig nie. My medikasie se betaling – nadat my medies hulle gedeelte betaal het kos tans meer as my huispaaiement per maand. Ek kannie meer nie. Ek is al meer as 2 jaar op mediese pensioen na die diagnose van ‘n akoestiese neuroom. Met onsuksesvolle bestraling het ek nou trigeminale neuralgie ook. Die pyn maak my gek. Die spesiliste skryf antidepressante voor en die weier pynmedikasie (morfien) wat heelwat goedkoper is. Volgens hulle word dit net voorgeskryf vir terminale pasiente. Wat van lewenskwaliteit? Is dit normaal om 75% van jou dag in ‘n pynbolltjie opgekrul te lê op jou bed of in totale donkerte van blackouts agv die pyn te wees?

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s