Nuut en so deurmekaar

Ek is ook nuut op die webtuiste. My ma het my die koerant gegee om te lees van Michelle Ludwick. Op die oomblik voel ek of ek in Kimberley se gat is. Hoekom se ek so? Want ek ken nie ‘n dieper gat nie anders sou ek dit genoem het. Soos ek hier sit brand my oe van terug gehoude trane, want as ek by die werk moet huil is almal op my case, my baas (was ‘n vrou is) is nie juis tegemoetkomend met wipplank emosies nie al ry sy so wipplank dat geen mens kan by hou nie. Ek weet ook dat ek ander se gemoed op my trek as die persoon wat naby my is kwaad is raak ek kwaad as hul depressief is raak ek nog meer depressief. Ek is al vir ‘n maand op nuwe medikasie en ek weet dit werk nie. Sien darem my sielkundige Dinsdag want hulle moet diagnoseer of my dogter ook bipoler is want al die tekens is daar. Dan is my huwelik van 2 jaar (2de huwelik) baie naby aan die rotse want met my op en af van emosies dryf die bootjie al nader. Wil regtig he dit moet ‘n sukses wees want ek is lief vir my man, maar hy sukkel om te verstaan dat ek nie die siekte onder beheer kan hou nie. Jy weet mos wat jou makeer so maak dit reg. Nogal moeilik. Ek weet ek praat oral alles en niks punte kom by mekaar nie want my kop is so deurmekaar. Soos wat ek nou sit weet ek nie eers meer wat het ek in die eerste gedeelte van die brief geskryf nie.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “Nuut en so deurmekaar

  1. 3 Responses to “Nuut en so deurmekaar”
    jacomien
    2011/04/21 at 6:04 nm Edit # Liewe Trane

    Ek wil iets byvoeg. Trane is daar om ons te help om ons emosie te hanteer. Soms moet jy vir jouself n plekkie en n geleentheid skep om net te huil tot jou oe dik is. n Goeie plek is in ‘n lang warmbad.Soms probeer ons so hard om nie die trane te laat loop nie en dan verval ons in n ,hier n bietjie , daar n bietjie gehuil. My manlief se soms :”hei huil nou net asb dat jy kan better voel en ook better lyk.” Aanvanklik het ek kwaad geword en my gewip maar hy was reg.Ek neem ook soms ‘n dvd uit of gaan fliek en tjank lekker.

    Laaste woord. My opinie is dat bipoler dees dae n mode diagnose is. Was jou dogter al manies of hipermanies ? Maak seker hiervan dis n plek van waansin en gekheid op sy ergste. Ek het op die bad se rand gedans en geskreeu eks die beste ballarina wat daar is. Op n ander geleentheid het ek n goeie vriendin pimple en pers met n sonneblom geslaan dat die blaartjies so geel op die mat gele het. Woede uitbarstings , gooi van goed en histriese gehuil is nie manie nie. Moenie die bipolere bordjie om jou kind hang as dit nie nodig is nie. Maak seker jou kind het nie dalk net intensiewe terapie nodig nie. Dikwels is medisyne n makliker en goedkoper opsie as terapie maar uit ondervinding weet ek dat terapie baie nodig is. Arbeidsterapie word nie altyd genoem nie maar ek het in Denmar geleer wat die waarde daarvan is.

    Maak seker jy drink jou medisyne gMoed hou waar n wil is, is n weg.

    Reply Lorien
    2011/04/19 at 9:48 vm Edit # Probeer net uithou totdat jy by die regte medikasie uitkom. Dis n terrible terrible plek om te wees, daai swart gat. Ek ken van. Moenie moed opgee nie,jy SAL regkom. Ek dink jou man moeet saamgaan na jou Dr,my man was net so, tot daar waar die Dr vir hom verduidelik het dis n chemiese wanbalans. n Siekte net soos enige ander. Baie sterkte!!!!! Die son sal weer skyn vir jou

    Reply Salome
    2011/04/18 at 11:32 vm Edit # Liewe Trane
    Sjoe, op hierdie oomblik is jy ene ontblote senuweepunte. Dit voel my asof daar baire druk op jou is om ‘beter’ en ‘reg’ en ‘gesond’ en ‘vrolik’ en ‘sonder trane’ te wees. Al hierdie druk is soos drukpot – en hoe harder mens probeer om nie jou emosies te uit nie hoe erger raak dit – en hoe meer voel jy na huil. Ek hoor jou druk en hartseer en spanning.
    Ek’s bly jy gaan more na ‘n sielkundige. Dit is darem iemand wat sal kan help om jou emosies net so bietjie te verlig. En dat jy hier skryf – jy kan elke dag kom skryf – doen dit sommer as ‘n reply op jou pos.
    Jy se met reg jou medikasie werk nie. Waarop is jy? En wie monitor jou reaksie op die medikasie? ‘n Sielkundige behoort dit nie te doen nie. Jy behoort hiervoorby ‘n psigiater te wees? Is dit vir jou moontlik om een te besoek? Of is dit juis een wat jou nuwe medikasie voorgeskryf het? Bel vandag nog – jy mag, jou psigaiter sal dit eitnlik waardeer want hy kan jou net help as hy weet dit maak jou vreeslik tranerig en erger depressief. Dit is BAIE belangrik dat hy dit weet: mense reageer verskillend op antidepressante en so aan, wat beteken dat hierdie een wat jy nou gebruik dalk glad nie by jou pas nie en jou verder in die gat instoot. Dus moet jou medikasie dringend aangepas word. Jou psigiater moet weet hoe jy voel, sodat hy beter verstaan wat vir jou werk, en vir jou ‘n ander klas medikasie laat probeer.
    Daar is ‘n Bipoler Hulplyn (0800-60-70-80). Bel hulle gerus – hulle sal jou kan help.
    Ek dink jy het ook ‘n bietjie moedskep nodig. Dit help meestal as mens jouself net vir ‘n tydjie uit die situasie kry. Gaan stap oor middagete – en dan kyk jy spesifiek rondom jou, na alles wat jy sien. Fokus regtig daarop. Kry jouself uit jou kop uit – sodat daardie gedagtes net so bietjie minder kolk op jou baas, die trane, jou kind en jou man. As jy nie kan uitgaan nie vat ‘n tydskrif en blaai na ‘n prentjie en fokus op alles wat jy daarin kan sien – kyk hoeveel skakerings van dieselfde kleur jy kan sien – sommer simpel dingetjies – net om jou gedagtes tot stilstand te bring.
    Dit klink of julle ten minste met jou dogter al op pad is?
    Oor jou man: sjoe, dis swaar as jou maat nie nou jou steunpilaar kan wees nie. Hy verstaan sekerlik nie – daarom dat hy dink jy kan jouself maar net regruk. Kan jy vir hom dieselfde artikel wys? Ek weet mens praat soms moeilik, veral as mens al so onseker is en verdere onbegrip verwag. Dalk kan jy dit artikel op sy kussing neersit, of by die pos laat le, waar hy dit kan raaksien? Dalk met ‘n notatjie by, en dan vra jy dat jy ‘n paar maande nodig het om dit uit te sorteer? Of jou ma vra om met hom op ‘n mooi manier te praat? Of die sielkundige of psigiater? Hulle weet gewoonlik hoe om oorredend te wees.
    Ek kan vir jou die hele artikel stuur, as jy dit dalk vir jou man wil epos?
    Miskien moet jy jou man se houding as ‘tough love’ sien- liefde wat se: genoeg is genoeg, hieruit moet ons kom. Hy moetnet sy ondersteuning byvoeg.
    Ek is bly jou ma verstaan. As jy nou onseker is en moeilik besluite neem maak seker dat jy dit met haar bespreek (dis nou mits jy glo sy het goeie basiese ‘common sense’?) Anders moet jy jou sielkundige se oordeel probeer gebruik. Ideaal gesproke sal jou man ook inkoop en verstaan hoe belangrik hy in jou gesondheid is. (Jy sou tog vir hom gesond gekook het s hy hoe cholesterol gehad het?)
    En dan, lees gerus daardie epos oor rooi lig stop – dit is goeie, nee uitstekende, advies van iemand wat self daar was waar jy nou is – met ‘n man wat ent nie meer kon uithou nie. Dit is regtig belangrik dat jy veral nou mooi na jouself kyk – oefen (dit laat mens beter slaap) genoeg slaap (dit laat jou brein rus), gesond eet (dit hou bloedsuiker en dan ook jou breinfuksionereing reg).
    Sterkte! Ek dink jy is nou op ‘n laagtepunt. EN ek het BAIE MOED vir jou want ek kan hoor dat jy besef dat jy iets sal moet doen. Die erkenning van die laagtepunt is die begin van die draaipunt – hou moed. Dit is ‘n kwessie van tyd – dit kan tyd neem om die regte nuwe medikasie te kry. En dit kan tyd neem voor jou man regtig verstaan en bereid is om jou te help.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s