My verhewe kranksinnigheid

Ek was op ‘n baie eensameplek toe ek ‘n artikel gelees het wat my sielkundige vir my gegee het om my te help besluit of ek moet aangaan met my beroep of nie. Die opskrif was VERHEWE KRANKSINNIGHEID. Deel daarvan was ‘n lys van beroemde’s.

Albert Einstein het gese: Ek lewe in ‘n eensameplek wat pynlik is nou terwyl ek jonk is maar verruklik is soos die jare aanstap en ek ouer word.

Ek het onmiddelik hiermee geidentifiseer. Ek het begin skryf in my joernaal hiervan. Hoekom het dit met my gepraat?

As matriekmeisie het ek my jaar om gehuil maar een onderskeiding gekry nadat ek ‘n 40 punt vraag misgekyk het.(moes volpunte gekry het vir die res)

My eerste jaar was vuur en vlam. Whow my vriendinne kon nie verstaan waarom ek nooit moeg is nie en nog presteer ook. Hulle het nie geweet ek slaap vakansies om. In my derde jaar by Tukkies het ek na die eerste semester 43 % gemiddeld gehad en nog steeds my graad in 3 jaar gekry en my prof was vir my kwaad omdat ek nie honneurs wou doen. Ek het elke naweek huis toe gegaan en geswot, geslaap en geeet. My pret was weg en ek het geleer om ‘n bottels vol wyn te drink en later net so bietjie tipsie geword. Ek was nooit dronk nie – dis net genade. Baie het vermoed ek het ‘n ernstige vriend waarvan ek nie vertel nie. Hulle was reg: Eensaamheid was sy naam.

As jong rekenmeester het ek presteer. Ek het hierdie ongelooflike dryf gehad en gou, gou die korporatiewe leer geklim en baie geld verdien. My handsakke en skoene het gepas en was net die beste. My onderklere was die duurste op die mark. My kas het oorgeloop. Koop het eensaamheid verdryf.

Dit het my ‘n manie gekos waar 7 susters en twee dokter my moes vasdruk om ‘n binneaarse inspuiting te gee vir ‘n totale wansinnigheid . Die hospitaal was klein en op ‘n plattelandse dorpie nie ver van die stad waar my ouers gewoon het. Die hele dorp het geweet en die “besorgde” susters het gebid. Dit was pynlik.

Hier kom Einstein en se dit het gelei tot ‘n lekkerte soos die jare aanstap. Ek het besluit om my beroep waarvoor ek baie lief is te behou maar besef ek kan net 25 ure ‘n week werk as ek wil werk soos ek wil. Vol vuur en vlam.

Ek skryf van my verhewe kranksinnigheid om jou te bemoedig en te se : GO GIRL GO!

Ek wil soos Einstein kan se:
I live in that solitude which is painful in youth, but delicious in the years of maturity

Ek en my dokter en sielkundige het lang gesprekke gehad oor of die rekeningkunde die regte beroep is vir my en my bipolere lyf. Die besluit wat ek geneem het was go for it! Een van die redes was dat ek ‘n artikel gelees het waarin daar verwys is na bekendes wat definitief ook bipoler was ‘n ruimtevaarder , ‘n staatshoof en ‘n wiskundige. As rekenmeester kan ek nie vertel eks bipoler nie vir skrywer , sangers en akteurs is dit so bietjie makliker daar word dikwels verwys na die vurige kunstenaars temprament.

Hier is wat die ruimtevaarder , staatshoofde en wiskundige gese het.

There’s a need for accepting responsibility – for a person’s life and making choice’s that are not just ones for immediate short -term comfort. You need to make an investment , and the investment is in health and education – Buzz Aldrin

The ultimate measure of a man is not where he stands in moments of comfort and covnience , but where he stands at times of challenge and controversy. Martin Luther King Jnr.

I live in that solitude which is painful in youth , but delicious in the years of maturity. Albert Einstein
The best way to destroy an enemy is to make him a friend. Abraham Lincoln.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “My verhewe kranksinnigheid

  1. Ek lewer nie kommentaar nie omdat ek nie weet wat om te sê nie. Dankie vir hierdie blog. Ek lees dit baie graag en het al vir vriendinne ook daarvan vertel.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s