My man is skaam oor my depressie. Ek mag nie uitpraat nie

Ek moet dalk net nog ‘n stukkie van my storie vertel: Ek het defnitief genetiese depressie. Ek gebruik anti-depressante al van 1996 af en het dit selfs gebruik tydens my swangerskappe. Met die eerste swangerskap het ek probeer om die eerste 3mnde dit nie te gebruik nie maar dit was erg. My kinders verskil 13 maande en ek dink dit het gemaak dat die depressie vererger het. Na die 2de een se geboorte in 2005 het ek ‘n kliniese sielkundige gesien vir 2 jaar, en ek is ook van toe af by ‘n psigiater wat my medikasie hanteer.
So my mediesie ondersteuningstruktuur is heel goed in plek. My man is egter nie baie gemaklik met die sosiale stigma van depressie nie, so bittermin mense weet van my siekte. So ek het nie ‘n sosiale ondersteuningstruktuur nie. Dit gaan darem nou al baie beter en soos wat die kinders groter word raak dit makliker.
Ek dink altyd dat dit ‘n groot verskil sal maak as my man die siekte beter verstaan en my meer kan help maar hy is ongelukkig van mening dat dit my siekte is en dat ek dit moet handteer :-(
Ek het dit eenkeer reg gekry dat hy saam met my na ‘n sielkundige toe gaan (seker omtrent 8 jaar gelede) maar dit was ‘n totale fiasko (baie swak pastorale sielkundige maar dit is ‘n storie vir ‘n ander dag) en daarna het hy geweier om weer te gaan. Ek hoop dat ek eendag weer die geleentheid sal kry om hom by iemand te kry wat die “liggie” sal laat aangaan vir hom.
Miskien kan Rooi rose ‘n artikel doen oor wat ‘n depressie leier se eggenoot te doen staan (skimp skimp :-) )

Baie dankie vir hierdie inisiatief van hierdie blog – ek het al klaar weer ‘n paar goed geleer en planne gekry

Groete

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s