My bipoler raak nou weer erger … wat moet ek doen?

Goeie dag, ek is ‘n nuweling tot julle blog en hierdie is die eerstekeer
ooit wat ek praat oor my bi-polere versteuring. ek het gister ‘n artikel
gelees in die die rapport tydskrif en so op hierdie blog afgekom. ek is
10jaar terug met bipolere versteuring gediagnoseer en is ook op chroniese
medikasie. (reeds verskeies) die afgelope ruk gaan dit vreeslik rof en
gister se artikel in die koerant het my laat besef dat daar is mense wat my
kan help met raad en ondersteuning. ek is nie mooi seker hoe om hierdie
gesprek te hanteer nie. ek weet net dalk kan iemand my help met ‘n bietjie
raad. dit voel die afgelope ruk of die medikasie wat ek tans gebruik nie die
simptome en manies onder beheer bring nie. die episodes van hipermanie en
depressie is ook vreeslik intens deesdae. ek sien ‘n berader/sielkundige op
‘n gereelde basis wat meer soos ‘n geestelike mentor is. dit help my om
dinge in perspektief te kan sien. maar dit voel nogsteeds of dinge baie
vinnig buite beheer raak.
ek is 5jaar terug getroud en my huwelik lei ook baie erg daaronder. ek wil regtig hard
werk om hierdie ding vir eens en altyd onder beheer te kry, en dan somtyds
gaan dit vir rukke aan een goed, maar dit is absoluut destruktief wanneer my
vlakke en gemoed nie onder beheer is nie. self destruktief en ook op my
huwelik. ek is tans op wellbutrin die afgelope 3jaar. het daarmee begin
omdat alle ander pille ook gewigstoename tot gevolg gehad het. dit het
aanvanklik daarvoor gehelp maar is nie meer seker of dit doen nie. is wel
ook verlede jaar met ‘n insulien weerstandigheid gediagnoseer waarvoor ek
ook op hierdie stadium medikasie drink. dit egter lyk ook of dit ‘n groot
effek op die gewigsbeheer het. het al verskeie soorte pille probeer vir die
bipoler. kan nie eers meer onthou wat alles nie. weet nie of dit net my
medikasie is en of dit dalk ‘n sameloop van vele dinge is nie. hierdie is ‘n
vreeslike intieme gesprek waarmee ek maar bang is om myself bloot te stel.
maar op hierdie stadium sal ek
alles probeer!! as daar dalk iemand is wat kan raadgee. asb. groete

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “My bipoler raak nou weer erger … wat moet ek doen?

  1. Goeie dag, ek wil graag weet wat is die tekens van bipoler. My drie dogters is gemolesterr deur hul oupa en ek het dit eers uitgevind toe dit te laat was,wat nie n verskoning is nie. die dogter wat ek gedink het dit vrygespring het is vandag die een wat die ergste ly daar onder. Sy is by n sielkundige daar in Las Vegas en omdat ek en my x man nie vir hulp gaan aanklop het nie en uit onkunde die oupa nie gaan aankla het nie word ek beskuldig daarvan dat ek Bipoler is en nie dit verstaan nie. Help asb !!!!!!! Die verwyte wat ek nou op haar ouderdom van 35jr kry is vir my baie erg en weet nie hoe om dit te hanteer nie. Ek aanvaar volle verantwoording vir wat gebeur het, my pa is n jaar gelede oorlede op die ouderdom van 92jr en ek het hom gehaat tot die dag van sy dood maar terselfder tyd moes ek hom vergewe sodat hy sy oe kon toe maak tot sy ewige rus. Daar is so baie wat ek wil se en die selfverwyt is erg.

    HELP MY ASB !!!!!!!.

  2. 4 Responses to “My bipoler raak nou weer erger … wat moet ek doen?”
    Teruggehou
    2011/04/18 at 9:03 vm Edit # Ek is ook nuut op die webtuiste. My ma het my die koerant gegee om te lees van Michelle Ludwick. Op die oomblik voel ek of ek in Kimberley se gat is. Hoekom se ek so want ek ken nie ‘n dieper gat nie anders sou ek dit genoem het. Soos ek hier sit brand my oe van terug gehoude trane, want as ek by die werk moet huil is almal op my case, my baas (was ‘n vrou is) is nie juis tegemoetkomend met wipplank emosies nie al ry sy so wipplank dat geen mens kan by hou nie. Ek weet ook dat ek ander se gemoed op my trek as die persoon wat naby my is kwaad is raak ek kwaad as hul depressief is raak ek nog meer depressief. Ek is al vir ‘n maand op nuwe medikasie en ek weet dit werk nie sien darem my sielkundige Dinsdag want hulle moet diagnoseer of my dogter ook bipoler is want al die tekens is daar. Dan is my huwelik van 2 jaar (2de huwelik) baie naby aan die rotse want met my op en af van emosies dryf die bootjie al nader. Wil regtig he dit moet ‘n sukses wees want ek is lief vir my man, maar hy sukkel om te verstaan dat ek nie die siekte onder beheer kan hou nie. Jy weet mos wat jou makeer so maak dit reg. Nogal moeilik. Ek weet ek praat oral alles en niks punte kom by mekaar nie want my kop is so deurmekaar. Soos wat ek nou sit weet ek nie eers meer wat het ek in die eerste gedeelte van die brief geskryf nie.

    Reply
    Salome
    2011/04/18 at 11:11 vm Edit # Liewe Trane
    Sjoe, op hierdie oomblik is jy ene ontblote senuweepunte. Dit voel my asof daar baire druk op jou is om ‘beter’ en ‘reg’ en ‘gesond’ en ‘vrolik’ en ‘sonder trane’ te wees. Al hierdie druk is soos drukpot – en hoe harder mens probeer om nie jou emosies te uit nie hoe erger raak dit – en hoe meer voel jy na huil. Ek hoor jou druk en hartseer en spanning.
    Ek’s bly jy gaan more na ‘n sielkundige. Dit is darem iemand wat sal kan help om jou emosies net so bietjie te verlig. En dat jy hier skryf – jy kan elke dag kom skryf – doen dit sommer as ‘n reply op jou pos.
    Jy se met reg jou medikasie werk nie. Waarop is jy? En wie monitor jou reaksie op die medikasie? ‘n Sielkundige behoort dit nie te doen nie. Jy behoort hiervoorby ‘n psigiater te wees? Is dit vir jou moontlik om een te besoek? Of is dit juis een wat jou nuwe medikasie voorgeskryf het? Bel vandag nog – jy mag, jou psigaiter sal dit eitnlik waardeer want hy kan jou net help as hy weet dit maak jou vreeslik tranerig en erger depressief. Dit is BAIE belangrik dat hy dit weet: mense reageer verskillend op antidepressante en so aan, wat beteken dat hierdie een wat jy nou gebruik dalk glad nie by jou pas nie en jou verder in die gat instoot. Dus moet jou medikasie dringend aangepas word. Jou psigiater moet weet hoe jy voel, sodat hy beter verstaan wat vir jou werk, en vir jou ‘n ander klas medikasie laat probeer.
    Daar is ‘n Bipoler Hulplyn (0800-60-70-80). Bel hulle gerus – hulle sal jou kan help.
    Ek dink jy het ook ‘n bietjie moedskep nodig. Dit help meestal as mens jouself net vir ‘n tydjie uit die situasie kry. Gaan stap oor middagete – en dan kyk jy spesifiek rondom jou, na alles wat jy sien. Fokus regtig daarop. Kry jouself uit jou kop uit – sodat daardie gedagtes net so bietjie minder kolk op jou baas, die trane, jou kind en jou man. As jy nie kan uitgaan nie vat ‘n tydskrif en blaai na ‘n prentjie en fokus op alles wat jy daarin kan sien – kyk hoeveel skakerings van dieselfde kleur jy kan sien – sommer simpel dingetjies – net om jou gedagtes tot stilstand te bring.
    Dit klink of julle ten minste met jou dogter al op pad is?
    Oor jou man: sjoe, dis swaar as jou maat nie nou jou steunpilaar kan wees nie. Hy verstaan sekerlik nie – daarom dat hy dink jy kan jouself maar net regruk. Kan jy vir hom dieselfde artikel wys? Ek weet mens praat soms moeilik, veral as mens al so onseker is en verdere onbegrip verwag. Dalk kan jy dit artikel op sy kussing neersit, of by die pos laat le, waar hy dit kan raaksien? Dalk met ‘n notatjie by, en dan vra jy dat jy ‘n paar maande nodig het om dit uit te sorteer? Of jou ma vra om met hom op ‘n mooi manier te praat? Of die sielkundige of psigiater? Hulle weet gewoonlik hoe om oorredend te wees.
    Ek kan vir jou die hele artikel stuur, as jy dit dalk vir jou man wil epos?
    Miskien moet jy jou man se houding as ‘tough love’ sien- liefde wat se: genoeg is genoeg, hieruit moet ons kom. Hy moetnet sy ondersteuning byvoeg.
    Ek is bly jou ma verstaan. As jy nou onseker is en moeilik besluite neem maak seker dat jy dit met haar bespreek (dis nou mits jy glo sy het goeie basiese ‘common sense’?) Anders moet jy jou sielkundige se oordeel probeer gebruik. Ideaal gesproke sal jou man ook inkoop en verstaan hoe belangrik hy in jou gesondheid is. (Jy sou tog vir hom gesond gekook het s hy hoe cholesterol gehad het?)
    En dan, lees gerus daardie epos oor rooi lig stop – dit is goeie, nee uitstekende, advies van iemand wat self daar was waar jy nou is – met ‘n man wat ent nie meer kon uithou nie. Dit is regtig belangrik dat jy veral nou mooi na jouself kyk – oefen (dit laat mens beter slaap) genoeg slaap (dit laat jou brein rus), gesond eet (dit hou bloedsuiker en dan ook jou breinfuksionereing reg).
    Sterkte! Ek dink jy is nou op ‘n laagtepunt. EN ek het BAIE MOED vir jou want ek kan hoor dat jy besef dat jy iets sal moet doen. Die erkenning van die laagtepunt is die begin van die draaipunt – hou moed. Dit is ‘n kwessie van tyd – dit kan tyd neem om die regte nuwe medikasie te kry. En dit kan tyd neem voor jou man regtig verstaan en bereid is om jou te help.

    Reply Jacomien
    2011/04/06 at 9:32 nm Edit # Hallo Nuweling

    So bly jy het die stap geneem om te skryf. Bipoler is ‘n baie alleen en geisoeerde plek. Wens ek kon vir jou se daar kits oplossings en ‘n gelyk paadjie wat vir jou wag maar ek kan nie. Hier waar ek nou sit in my kantoortjie wil ek nie deel wees van die familie nie. Tans is ek bietjie hiper se my vriendin en dogtertjies. Eks aan gespreek oor hoe ek vanoggend vir my dogtertjie vertel het dat haar haartjies nie goedlyk nie. Ek was nie verkeerd of lelik nie maar die manier was verkeerd. Dis ‘n ou klein dingetjie maar ‘n groot omkrap vir my. My man kan nie sien hoekom ek so stres nie die probleem is vir hom eenvoudig ek stres oor die verkeerde dinge en dis rerig stupid om nog te top oor die hareding. Verder het ek nog nie my pille vir die aand gedrink nie so weet jy wat eks in die moeilikheid want dit neem so 2 ure voor ek vaak is. Ek moet roer sodat ek dit kan drink . Hoekom skryf ek hierdie vir jou ? Om vir jou te probeer wys jys meer normaal as wat jy dink. My manlief se altyd daar is meer gesonde bipoler as gewone gesonde persone wat eintlik siek is. Ek dink egter jy moet dalk meer aandag gee aan jou eetgewoontes. Bloedsuiker gooi my van manie na die donkerste diepste put. kos wat vir my werk is lemoensap , pynappelsap ,appels , advokado,grondboontjies, neute(roues sonder sout) en liquories . Nie die met die gekleure stukkies nie regte drop so lang dun swart geriffelde slangtjie. Dis my troos kos . Dis my comfort foods want ons outjie het daardies nodig.Dis duur maar as ek in aanmerking neem wat dit vir my gemoed doen dans dit goedkoop en goedkoper as meds. Dan wil ek ook weet of eet jy lekker kos of dieet kos eet . Ek het geleer daar is nogal ‘n verskil. Dis belangrik dat ek lekker eet anders stop ek my self net vol. Maklik ‘n hele bak youhurt of 4 snye wit brood. Dit veroorsaak ook baie konflik tussen my en manlief. As jy hieper is werk aartappels en wortels en beet. Ons eet gewoonlik dan as familie ‘n viskoekie(pilchards) wat gebind word met aartappel of oats , beetslaai uit ‘n bottel wat op slaai blare gepak word met bietjie pere of feta gesny in stukkies (dit vang die sop)en so bietjie groenpepper of “chives” en wortelslaai wat versoet is met regte lemoen/pynappelsap. Liquifruit is die beste.
    Ek dink ook jou fokus is dalk te veel op jou medikasie dit het my sieker gemaak toe ek nie die pilleding onder beheer kon kry nie ek het gekies om my fokus so bietjie te skuif na leefstyl en kos. Ek het kos maak ‘n event gemaak. Jy moet dit doen so doen dit dan dat dit lekker is. Die resepte wat in die tydskrifte is werk lekker kyk gerus na die KOO respete. Blikkies kos is nie noodwendig ongesond nie. Dis waar die beetslaai resep vandaan kom. Daars so lekker drie boontjie een ook kan hom net nie uit my kop onthou Ek het ook vir lank mono terapie slegs een middel probeer maar dit het nie gewerk nie. Ek het gevind dat die dosis nogal belangrik is. Te veel seraquel maar my bedruk en bedonnerd en die dag kom net nie aan die gang nie. Daarom drink ek dit 2 ure voor my slaap tyd maar die dosis is baie laag. Ek drink ook wellbrutrin in die oggend. Litium het nie vir my gewerk nie. ‘n Moed is ‘n grafiek waar jy elke dag aftik dat jy al jou pille gedrink het en ook waar jou gemoed is. Roetine en dissipline is die wagwoorde. Dit het my en my dokter gehelp om by die regte dosisse te kom. Wees eerlik met jou dokter hoe die medisyne jou laat voel. Ek drink nie die voorgeskrewe dosise deur die farmaseuties firmas nie maak jou dokter jou bondgenood en as die verhouding nie werk nie soek n ander een.Wil jou iets vra: oefen jy? Want daardie een kan ek nog nie doen nie ek sal bly wees as iemand my kan raad gee oor oefen. My manlief het kom roep ; Dis nou genoeg! jy moet nou afsit. Laat weet van jou asb. Liefde

    Reply Salome
    2011/04/05 at 11:32 nm Edit # Hallo Nuweling – en baie welkom.
    Ek is bly jy het die artikel in Rapport gelees. En baie trots op jou dat jy sowaar die moed het om te begin praat.
    Die ding is dat as mens nie praat nie kan ander mense nie weet hoe jy voel nie en wat jy nodig het nie en kan jy nie uitvind hoe om jou bipoler beter te verstaan nie.
    Jy is op die regte pad – en ja, daar is altyd een of ander soort hulp.

    Dit klink vir my of jy op’n paar fronte kan werk om jou bipoler beter te maak:

    1. Weet jou man daarvan? Verstaan hy?
    Kan julle maklik daaroor praat? Het hy die artikel gelees – en wat het hy gese?
    As jy nee moet antwoord (glad nie vreemd nie – min huweliksmaats is toegerus om sommer vanself te verstaan ) moet julle aan die praat kom. Voor julle huwelik te erg verbrokkel dat hy nie meer kans sien nie.
    Onthou, dis vir hom ook swaar en verwarrend as jy soms vreemd optree. Hy sukkel om te verstaan en verwyt homself dalk daaroor.
    Die meeste maats is meer lief vir mekaar as hulle eers verstaan wat aan die gebeur is. Maar mens is bang vir verwerping, ne. Maar sonder praat gaan julle vir seker op ‘n ramp afstuur – en dan het jy in elk geval nie meer jou man nie. Dus kan jy nie veel verloor nie – en baie wen, mits jy maar liewer iewers begin.

    Ja, dit vat moed en toewyding om daar te kom. Wat van julle skakel by ‘n ondersteunersgroep in? Dis ‘n baie ‘sagte’ benadering. Daar kan jou man ander mense sien met wie dit goed gaan en hoor hoe hulle die probleme hanteer – ‘n mentor-opset vir hom. Daar is ‘n hele paar – skakel SADAG om jou naastes te kry. Of dalk kan julle een begin.

    2. Ek dink jy is reg as jy se dat jou medikasie nie meer so goed werk nie.
    Medikasie vir bipoler is baie kompleks – en veral as diabetes bykom en jou bloedsuikervlakke ook jou brein be-invloed. Kan jy weer na jou psigiater gaan? Is jy op ‘n stabiliseerder soos litium of seroquel ook, buiten die Welbutrin?

    3. Hoe goed is jou bloedsuiker beheer?
    Eet jy reg? En slaap jy genoeg? Wyn uitgesny? Kry jy oefening? Leefstyl is ‘n groot ding vir die beheer van bipolere depressie

    Lees gerus die pos ‘rooi karretjie’ Dit vertel hoe een van die mense op die lys haar bipoler onder beheer hou – en onthou jy mag maar antwoord en vra by ander mense se pos – die idee is dat almal ondervinding deel en mekaar help met wenke wat vir hulle werk.

    Sterkte … jy het reeds insig in bipolere sindroom – ‘n groot, groot plus, wat jou baie gaan help om hierdie ding uit te sorteer. Laat weet hoe jy vorder – en as jy wenke het wat vir jou werk kom vertel.
    S

    • Hi vandag is ook my eerste keer op die blog, ek weet hoe dit voel as jy jou pille drink en die simtome is sleg, op n stadium moes ek n besluit neem die neg simtome of wil ek gesond word en voel, dit het my n bietjie meer as n maand geneem om n besluit te maak. Ek het die medikasie gaan op soek op die internet. die voor en nadeele gaan neer skryf, en gebid dat die besluit wat ek sou maak die regte een sou wees.

      Tans is ek op 5 pille n aand, en ja dit klink baie, maar elkeen het sy spesifieke doel. Wat ek wel geleer het,is om dadelik in my bed te klim sodra ek dit gedrink het anders doen ek dinge wat ek glad nie die volgende dag kan onthou nie,en dit kan my soms in die verleentheid stel. En ja elke aand waneer ek my pille drink voel ek so magteloos en dink by my self as dit nie vir hierdie 5 pilletjies is nie is daar net 2 ander keuses en dit wil ek nie he nie. Die een is selfmoord (wat ek al 4 keer probeer het ) die tweede is n kliniek en uit ondervinding het ek geleer dit is nie die plek vir my nie. So as ek nie wil terug gaan malhuis toe soos ek dit noem nie, is daar net een keuse drink my pille.

      Soms is jy by die verkeerde sigiater, en soms gee hulle jou verkeerde medikasie. Luister na jou hart as jy voel jou huidige dokter en jy klic net nie, of jou medikasie sit jou op n trip en jy weer nie wat om jou aangaan nie is jy by die verkeerde dokter en op die verkeerde medesyne.

      Medesyne is veronderstel om jou beter te laat voel nie slegter nie, en jy en jou dokter moet n oop en eerlike verhouding kan he.

      Ek hoop regtig dat jy soos ek by die regte Engel soos ek my sigiater noem uit kom.

      Sterkte Lizette

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s