Maak die antidepressant jou ook ‘n robot?

Ek wil vandag iets anders aanraak. Eintlik twee aspekte. Was weer die laaste ruk erg depressief gewees. Dis asof die medikasie wat ek geneem het skielik “nie meer gewerk nie”. Ek was so opgewonde – uiteindelik het ek iets gevind wat vir my werk maar helaas toe nie. Ek het net begin voor my uitstaar en alles werktuiglik soos ‘n robot begin doen. My doodgeslaap, was altyd moeg. Wil hoor of iemand dit ook al so ervaar het? En wat nou? Terug psigiater toe glo ek, maar hoe lank gaan die volgende medikasie werk? Ek is moedeloos.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

12 thoughts on “Maak die antidepressant jou ook ‘n robot?

  1. Theresa, nee jong, vir wat wil jy so sukkel? Nee, vrou daarvoor is jy en die Lewe self te kosbaar. Sit en jou kosbare lewe omsit? Jy het twee opsies: jou antidepressant werk nie en jy moet ‘n ander een kry; e en jy moet self iets doen. Die ding is dat die pilletjies ook net sover help. Aan uitsien kan jy mos self iets doen? Ek praat nou nie van sit en seeninge tel nie (dit ook, ja, maar nie as dit jou net meer skuldig laat voel nie). Beloof jouself elke dag een iets lekker. Ons het oulike idees op one facebook bladsy – gratis goedjies – https://www.facebook.com/rooirose Skryf in vir kompetisies – skep vir jouself hoop. Dit maak nie saak of jy wen nie – al wat tel is dat jy kan wen. en soms sal. Pinterest is gratis – maak vir jou ‘n reisjoernaal van plekke waarheen jy wil gaan of dinge wat jy wil doen.
    Babatreetjies … en jy kom anderkant uit, soos omtrent elke ander depressielyer

  2. My seuntjie van n jaar en 5maande het een van my lorien pille in die hande gekry kan daar iets met hom gebeur

  3. My broer is in ‘n wreede transitto roof doodgemaak, 4 maande later beland ek in die hospitaal en veg vir my lewe, ek is ‘n week uit die hospitaal toe my man ‘n motorongeluk maak en 15 dae later sterf! Al hierdie goed het in 5 maande gebeur. Ek het dit toe nie geweet nie, maar my hele denkwyse oor die lewe sou verander in die tyd daarna. Ek het vir 3 en ‘n halwe jaar geen slaappil, anti-depressant of kalmeermiddel gebruik nie. In die Winter van 2013 het ek ‘n totale ineenstorting in myself gehad, my dokter het ‘n anti-depressant aanbeveel en ek het dit toe maar begin drink, omdat ek so verward was. Dank die Hemelse Vader vir hierdie wonderkuur. Dis nou 8 maande later, en ek voel totaal in beheer van my lewe.

  4. Theresa, nee jong, as jy net staar pas jy en jou antidepressant nie bymekaar nie. Kyk na Anton se kommentaar: daar is iets van selfdoen in jou genesing van depressie – jy moet ook besluit om jou lewe lekker te maak, aktief vra wat kan jy vandag doen en al daardie soort dinge. Maar dit is ewe waar dat party antidepressante (veral die outydse trisikliese antidepressante) mens soos ‘n stok maak wat NIE KAN dink nie, en jou so moeg maak dat jy net g’n energie het om iets vir jouself te doen nie. Amper asof jy slaap met oop oe. Dit is nie veronderstel om so te wees nie. Gaan terug na jou psigiater, en as hy/sy nie die situasie verbeter nie kry ‘n tweede mening. Daar is baie klasse antidepressante – kyk by die bladsy oor artikels is ‘n opsomming.
    Anton jy stel dit so goed.
    Vir my bring ‘n antidepressant jou net tot op die punt dat jy KAN dink en doen wat nodig is. Jy moet nog altyd self deur die prosesse gaan en daardie kopwerk doen of jou probleme uitsorteer of jou siekte behandel, of wat ook al nodig is. Dis nie ‘n hulpmiddel wat g’n aksie van jou kant af verg nie.

    • Hi

      Ek wil graag uitvind of anti depressante jou verslawend kan maak aan dit vir die res van jou lewe en of dit enige newe effekte het? My dokter het vir my serdep voorgeskryf so paar weke na my miskraam en ek besluit nog of ek dit wil drink of nie.

  5. Die dag toe my dokter my oortuig het depressie is regtig ‘n siekte en nie net my eie onvermoë om met die lewe te cope nie, was jare lank vir my ‘n (twyfelagtige!) hoogtepunt. Ek vermoed dis nie net ek wat diep in my hart dikwels gewonder het of dit nie maar eintlik ‘n persoonlikheidsfout, gebrek aan selfbeheersing, pure ondankbaarheid of die gebrek aan geloof van ‘n patetiese Christen is nie. Die diagnose van depressie as ‘n regte, egte siekte stel ‘n mens vry van (die meeste!) van hierdie simpel opvattings – dit gee jou die reg om siek te wees én daarmee saam die reg om pille te gebruik sodat jy kan beter word. Wat ‘n broodnodige stap is.
    Maar aan die ander kant is dit juis ook waar die moeilikheid inkom. As ‘n mens ‘n siekte het, LY jy daaraan. Dis met daardie woordjie ly wat ek die probleem het. As ‘n mens aan ‘n siekte ly, is daar onmiddellik ‘n dimensie van passiwiteit en hulpeloosheid teenwoordig. Jy is siek, jy kan medikasie gebruik – en dan kan jy (hopelik!) gesond word. Al wat jy hoef te doen, is sluk die pille en hoop vir die beste.
    Jy dink dis die hele storie – jy besef nie daar is ‘n klomp ander dinge wat jy ook self kan DOEN nie. (LET WEL: Ek sê NIE persone met depressie moet nie medikasie gebruik nie!!!) Vir my was medikasie alleen nie genoeg nie. Die kern van my probleem was dat ek die beheer aan die mediese wetenskap oorgegee het en nie besef het daar is baie wat ekself ook kan doen nie.
    Ek het jare lank die pille gesluk (en dit gehaat!) en vir die beste gehoop. (En natuurlik my stryd so ver as moontlik vir ander mense weggesteek – maar dis weer ‘n ander storie.) Hoewel ek op die oppervlak gesien, altyd bly funksioneer het, wou dit nooit permanent goed gaan nie. Vir my het dinge eers begin verander toe ek self begin beheer neem het en dinge begin vind het wat my kan help oorleef. (Die baie kilo’s wat ek deur die jare afgestap het, was een van dié dinge.) Vir jare het ek dit onbewustelik gedoen deur maar net te probeer cope so goed ek kan. Elke keer wanneer ek maar weer dokter toe gegaan het, was dit al ‘n klein stappie vorentoe in die proses om SELF verantwoordelikheid te neem en nie vir iemand anders te wag om my beter te maak nie. Maar ek het dit as negatief gesien, omdat dit elke keer ‘n teken was ek het verloor teen die siekte en moet maar weer die pille begin sluk.
    Dinge het vir my begin verander toe ek bewustelik die kopskuif gemaak het van LYER na VEGTER en doelbewus begin soek het na dinge wat ek SELF kan doen om myself te help. (Die term depressievegter kom uit Jeanne Els se boek Ligdans). Dis waar die draaipunt vir my gekom het.
    Opsommend: Vir my was medikasie absoluut noodsaaklik. Maar nie genoeg nie. Toe ek aktief begin veg het teen hierdie ding in myself, het dinge vir my begin verander.
    # Lees gerus byhttp://www.marilecloete.wordpress.com my posts oor depressie, asook die eerste twee aflewerings van Dagboek van ‘n Depressievegter.

  6. My ondervinding van anti-depressante is dat dit net ‘n tydelike hulpmiddel is. Dit het nie my onderliggende emosionele versteuring genees nie, maar net tydelik verlig. Lank gelede het ‘n baie geleerde berader aan my verduidelik dat, wat ook al met ‘n mens gebeur, jy net jou gevoelservaring daarvan moet beheer. Beslis makliker gese as gedaan, daarom het ek soms anti-depressante nodig. ‘n Ander berader het my beduie hoe om gevoelens te beheer deurdat ek my denkwyse verander. Watter metode werk, sal seker van mens tot mens en van tyd tot tyd verskil. Maar dis duidelik dat emosionele selfbeheersing die deurslag gee. Aanvanklik kom dit soos ‘n tipe van outomatisme voor, omdat dit die emosionele wipplak ryery uitskakel.

  7. Hi Heidi
    Watter antidepressant het jy gebruik? Ek was ook onlangs op een wat my geweldig moeg gemaak het. Die een vennoot by die GP het gese hy het ‘n vrou laat opneem in die hospitaal weens moegheid en allerhande toetse laat doen. Hy het ook die betrokke antidepressant laat staak en na ‘n paar dae kon die vrou nie verstaan hoekom sy soveel beter voel nie! Wys jou net die goed het soveel newe effekte dit maak my net meer depressief.
    Laat weet hoe dit met jou gaan.
    Groete

  8. Ek is al ‘n paar keer deur daardie op-en-af. Nuwe medikasie, alles voel beter en jy dink nou het jy die tower-oplossing gekry net om ‘n maand of wat later met ander probleme/newe-effekte te sit. Daardie robot gevoel is niks lekker nie. Die enigste oplossing is om van medikasie te verander en te hoop dit gaan beter. Sterkte – jy is nie alleen nie.

  9. Elmarie,hoe lank is jy al op dieselfde medikasie? Miskien moet jou dosis net aangepas word. Moet NOOIT moed verloor nie. Jy sal weer beter voel.

  10. Hallo Elmarie
    Ek wet oki of myne rerig help nie. Ek slaap ook baie. Wil niks rerig anders doen nie. Daars nie uitsien vir iets nie. Eks ok baie moeg asof ek myself moet sleep om iets te gan doen. Eks soms so depresief dat ek so dood voel ek kani eers praat nie ek staar net voor my.

    • Ek is al n jaar op Serdep 50mg. Ek voel nie beter en wil nie afhanklik wees van dit. Maar die
      grootste probleem ek het geen beheer oor my eet patroon dit maak my vet ek het 10kg opgetel. Sal ek siek word indien ek dit net staak. Nou is ek eers in daardie gat want nou is ek nog vet ook. Dankie vir al die raad.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s