Is depressie en sinloosheid dieselfde?

Ek dink die blad is ‘n fantastiese idee. Ek dra die afgelope paar jaar ‘n seer met my. Dis nie naastenby so erg soos ander se probleme nie, maar dit ontneem my van lewensvreugde. Ek het eintlik baie om voor dankbaar te wees ek weet, maar beleef tog hierdie ongelooflike leemte wat ek met niemand kan deel nie, want ek glo niemand kan ‘n ander se situasie verstaan, tensy hy homself daarin bevind nie. En ek ken niemand met dieselfde omstandighede nie. Daarom is ek bly oor hierdie blad, miskien is daar iemand daarbuite wat in dieselfde situasie is.

Jy sien ek is 4 jaar terug geskei. Skei was nie iets wat in my woordeskat bestaan het nie. Vir my is daar altyd ‘n uitweg, mens kan iets maak werk as jy die probleem hard aanspreek. Ek is oorval met selfhelpboeke en motiveringsboeke. Die ding is net al hierdie boeke het ‘n groot fokuspunt en dit fokus baie op kinders.
Baie geskeides se hul wens net daar was nie kinders betrokke nie, maar ek se weer dit dwing jou ten minste om in die oggend op te staan, want jy weet hulle het jou nodig.

Ek was 8 jaar getroud. Voor ons troue het ons kinders bespreek en hy het net altyd in soort van ‘n grap genoem hy wil nie kinders he nie. Omdat ons albei baie beroepsgerig was, was dit nie ‘n groot kwessie vir ons op daardie stadium nie. Vir my was kinders vanafselfsprekend. Nooit het hy pertinent gese, luister ek is ernstig, ek wil nooit kinders he nie.

Lang storie kort. Ek het in ‘n situasie beland waarin ek my nooit sou voorstel nie. Ek wat altyd gese het ek wil 4 kinders he. Ek is nou 36, die tyd tik verby. Dis nie maklik weer in ‘n verhouding te kom nie. Daar is mos die stigma aan geskeide mense. Ek weet ek was self aan die anderkant. Ek is nog baie jonk van gees, het my eie besigheid en het baie onafhanklik geword. My probleem? Dit voel of daar vir my geen rede is om nog te lewe nie. Ek is bitter alleen, want mense van my ouderdom het almal gesinne en ek pas nie lekker in nie. Voel nie ek kan gesinne oornooi nie, kinders en mans kuier nie sommer saam met hul vrou by ‘n ander enkellopende vrou nie. Dis die realiteit, want wie moet die man nou mee gesels. Ek kan ook nie saampraat oor kinders en nog wat nie, want ek het nie.

Ek moet myself forseer om op te staan in die oggend. Ek weet dit klink vreemd, maar ek dink nie ek is depressief nie. Ek’s net bitter bitter alleen. Niks om voor op te staan nie. Nie man, kinders of vriende nie. My werksure is baie lank. Saterdae en Sondae ook, daarom is my vriendekring ook nie watwonders nie. Ek pas nie by die jonger klomp ongetroudes in nie, nog minder by gesinne waar familiteit ook maar kosbaar is in vandag se gejaagde wereld. Ek voel hartseer want ek was nie die moeite werd vir my man nie en boonop loop my uurglas leeg om kinders te he. Hy het sommer maklik en nie lank na ons uitmekaar is nie, aangegaan met sy lewe en ‘n ander vrou het in minder as 6 maande by hom ingetrek. Ek weet ek is nog nie so oud nie, maar mens ontmoet nie iemand en kry kinders in 2 jaar se tyd nie. Ek het in elk geval ook nie persoonlikheid waar maklik met mans vriende maak nie en glo nie aan seks buite die huwelik nie. Dit maak dit natuurlik nog moeiliker op die ouderdom waar ek nou is en in ons samelewing van vandag nie. Ek mis fisiese kontak, net ‘n drukkie soms of om te voel dat ‘n man my ook onvoorwaardelik kan liefhe. Ek bid al hoe meer of ek nie maar net kan gaan nie …..

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “Is depressie en sinloosheid dieselfde?

  1. Hallo jong. Ek is bly jy het geskryf – dalk help dit tog jou om self beter perspektief te kry.
    Ek hoor wat jy se. En dis waar: mense in hul dertigs se lewens draai om kinders. As jy nie het nie is jy die butiestaander.
    Ek het ook met daardie gevoel van sinloosheid gesukkel toe ek so net oor die dertig was – en ek het toe reeds kinders gehad. Blykbaar is dit ‘n baie normale fase van die lewe, en talle mense gaan daardeur iewers tussen 30 en 50. Daar was al boeke hieroor, soos die Quarter Life Crisis. ‘Veronica decides to die’ van Paolo Cuello gaan ook hieroor.
    Victor Frankl se boeke het my toe gehelp – dalk vir jou ook?
    Iets waarin ek ook leer glo het is dat ‘geluk volg; dit kan nie nagestreef word nie’
    As ek jy was het ek vir my ‘n mentor gaan soek – dalk ‘n sielkundige, dalk ‘n berader, dalk ‘n ouer persoon, dalk ‘n life coach (nie job coach nie). Ek stem saam jy is waarskynlik nie depressief nie maar jy voel dalk so bietjie verdwaald in jou eie storie – asof die storielyn uitgeloop het. Iemand met meer wysheid kan jou net die nodige hupstootjie gee om jou te help om weer jou lewe in jou hande te neem.
    Sien, mens kan nie wag op ander mense (‘n lewensmaat, kinders, vriende) om jou gelukkig te maak nie. Tog is juis die mense die bronne van geluk en sin.

    Is daar dalk ook iets van verveling in hierdie fase van jou lewe? Moet jy dalk so bietjie avontuur byvoeg? Of dalk op een of ander manier minderbevoorregtes help? ‘n Nuwe vaardigheid onder die knie kry?
    Vir my het dit ook gehelp om my Meyers-Briggs profiel te laat bepaal (jy kan jouself op die internet toets). Ek kon toe aflei wat vir my tipe persoonlikheid belanrik is en toe daarvolgens uitwerk hoe ek gaan kry wat my bevredig.
    Sterkte – jy het ‘n interessante probleem! Gryp dit aan.
    Ek kan hoor jy is ‘n oulike mens en ek glo absoluut jy gaan oor ‘n jaar of twee op ‘n baie verrassende plek in jou lewe wees.
    Laat weet gerus hoe jy vorder – of vashaak. Dan gesels ons verder.
    Gee om vir jouself!

  2. Dis maar ‘n moeilike storie. Deesdae het almal van ons soveel “baggage” dat mens moeilik weer ‘n pas-maatjie kry. Al wat ek kan sê is sterkte. Hoop beskaam nie.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s