Hoe ek weet ek is bipoler

Sjoe dit neem tyd om te bepaal. Die grootste faktor is die frekwensie.
Ek en my man was gister lank in ons motor op pad . Toe jou blog deur kom het ons tyd alleen gehad om daar oor te praat en te besin wat ek vir jou moet skryf wat vir jou gaan help. Hy het gese FREKWENSIE . Ek en manlief loop die bipoler pad nou vanaf 1994. Frekwensie uit my ongevinding kan net bepaal word met hulp.
Ek hou van Salome se vraag: Is jy al die tyd by dieselfde dokter/sielkundige/psigiater wat jou goed ken? Hulle is die kundiges en sal saam met jou kan bepaal wat die aard en graad van jou gemoed skommeling is.
My enigste vraag aan jou is neem jy jou medikasie gereel en soos voorgeskryf?
Die grootste HULPMIDDEL vir my is ‘n gemoedsgrafiek. Elke oggend / aand besluit jy waar jy is. Facingus is ‘n great website met ‘n wellness tracker gratis aanlyn. https://www.facingus.org/tour/tracker
Laastens wat is manie Engelse woordeboek :insane,lunatic,crazy ,foolish , silly Afrikaans ; kranksinnig , gek en mal.
Kortom jy’t nie in beheer nie. Oor niks. Nie denke, nie handeling en nie die woorde wat by jou mond uit kom nie. Irritasie loop by jou ore uit. Jy’t baie sterk en agressief.
‘n Voorbeeld:
met opname by Denmar het die dame gevra ek moet die vorm teken. Later was sy desperaat en het met een woord gepoog om tot my deur te dring. Sy het die pen geneem op die lyn gedruk en baie hard gese “handtekening”. Ek het my hand neer gesit op die vorm en my hand daaroor getrek. Dis ‘n handtekening reg?
Liefde groete.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “Hoe ek weet ek is bipoler

  1. Ons seun is. 26. Sedert hy skool verlaat het, hou hy ‘n werk niks meer as 3-6mnde nie. Hy raak gou moeg vir sy werk en skop dan op. Dit het nou weer gebeur en boonop het hy ‘n meisie en ‘n kind by haar wat nou by ons kom afpak het. Ek en my man is gedaan en kan nie meer nie. Dit is elke keer die ander se skuld en nooit syne nie, niks werk ooit uit vir hom nie. Ek is nou so desperaat en sy broer wat in Quatar bly te vra om hom te help met werk sodat hy uit ons lewe kan gaan, so moeg en desperaat is ek! Sy broer is nou besig on hom te help en daar te kry, en ek besef omdraai is daar nou nie want hy het klaar geld bestee om sy broer daar te kry, maar wat as hy ‘n wanbalans in sy brein het en hy raak moeg daar anderkant want help kan ons nie meer nie. Dan is hy gestrand waar hy is. Ons het hom vertel van sy verpligtinge oor sy kind en hy verstaan. Hy het as kind ons altyd die skuld gegee as hy opskop of as iets skeefloop, al is hy skuldig. Ons kan nie meer nie en sielkundig hulp kan ons nie bekostig nie. Ek wil nie sy broer die probleme gee nie, maar dit kan nie meer so aangaan nie.

  2. 5 Responses to “hoe weet ek ek is bipoler?”
    hennie van aswegen
    2011/12/31 at 12:53 nm Edit # Baie mense is onkundig oor bipolere gemoedsversteuring. Ek is gediagnoseer met dit en hoor daagliks dit is net ‘n manier om simpatie te kry. Dit is iets wat ek niemand toewens nie.

    Reply Swart..
    2011/08/17 at 3:29 nm Edit # Ek is bipoler. Maar die 2de een.
    Ek het altyd gedink dat ek dit mos nie kan he nie omdat mense wat daardie siekte het gaan mal en skop slaan en skreeu!!! Totdat ek uitgevind het van bipoler2. Jy het nou nie daardie mal uitbarstings nie soos genoem “maniac” maar jy het “hipomaniac”. Dit meen jy raak happy en opgewonde en sien kans vir enige iets jy voel of jy bo-op die wereld sit en als kan beheer. Jy praat so baie en almal wil rondom jou wees want vandag is weer “n goeie dag” jy sukkel om te slaap en om stil te sit! Jy voel jy moet NOU iets doen!! ag en binne ure, nee selfs minute klim jy in jou bed, trek die gordyn toe sluit jou kamer der trek slaapklere aan en slaap. Jy vermy enige iemand om jou en is ongeskik met die wat wel om jou wil wees!!
    hier is my simptome indien dit jou enigsins sal kan help:

    *Ek het ‘n geweldige angsversteuring.
    *Ek sal alleen sit en net ewe skielik voel hoe ek kwaad raak. vir geen rede nie, niemand is naby my nie maar ek wil my foon stukkend gooi en op mense skree!!
    *Ek kan glad nie konsentreer nie
    *Meeste dae slaap ek 13ure en wanneer ek wakker is le ek net in my bed maar dit moet donker wees.
    *dan kom daar aande wat ek nie kan slaap nie ek rol so rond en ek iriteer MYSELF so erg dat ek wil skree en uithak!!
    *Ek eet ongelooflik baie op i dag en dan eet ek tussen 3-14 NIKS nie. dit varieer.
    *Ek is heeltemal uitgeput en alles lyk soos ‘n berg voor my ek wil nie meer aangaan nie.
    *Dan natuurlik die selfmoord gedagtes. Maar dis nie soos toe ek gewone depressie gehad het toe ek net daaraan gedink het maar oor’n lang tydperk. Maar die gedagtes is baie baie meer intens. een oomblik voel ek ek MOET NOU doodgaan!! En dan lag ek weer. Ek is so desperaat dat ek myself sal dood steek met i mes in my hart. (dis mal!!!) Daarom moet ek dit mooi beheer ek se net aan myself ek wil nie eintlik nou doodgaan nie.
    *ek bly vir dae weg van skool(eks matriek)
    *En my punte het binne 8 maande met meer as 20% gedaal omdat ek ‘n onderskeidings kanidaat is.
    *ek sal in die middel van ‘n slapelose nag ‘n groot taak aanpak maar dit nooit klaar maak nie.(Dis wanneer ek i groot selfbeeld boost kry)
    *Ek is met tye baie hartseer en hulpeloos en dan WIL ek huil!! Al is daar geen rede nie!

    En ek drink pille. So jy kan dink hoe erg is dit eintlik wanneer ek nie my medikasie neem nie!! Ek se jou ek haat die ding!!! Baie sterkte ek hoop dit het bietjie gehelp**

    Reply Heidi
    2011/01/13 at 11:48 vm Edit # Ek dink dit voel soms of bipolêr so iets soos skisofrenie is en eks bang dat dit kan ontwikkel…. ???? (Kan dit?) Dis dalk net “ligter” – in die sin van jy weet van die ander kant alhoewel jy dit nie kan beheer nie. Ek ervaar bipolêr letterlik as “al 4 seisoene in 1 dag”. En wat sleg is jy weet nooit wanneer die volgende ding gaan gebeur en wat dit gaan laat gebeur wat gaan “trigger” dat daar weer ‘n uitbarsting of iets is nie. Dis in werklikheid VERSKRIKLIK!!! Dis asof jy bang is vir jouself – jy wil nie uitgaan nie, nie met mense praat nie want hoe gaan jy optree? Ons bly maar die moedige stryd stry met die hoop dat elke volgende dag ‘n beter 1 sal wees as die vorige.xx

    Reply Zelda
    2011/01/08 at 1:26 nm Edit # Is bi-poler dieselfde as psigopaties en twee gesplete persoonlikheid?
    Gee bietjie vir my meer oor die laaste 2, want dis verwarrend as mens die simptome vergelyk.

    Reply Jacomien
    2011/01/08 at 1:17 nm Edit # Hallo

    Sjoe dit neem tyd om te bepaal. Die grootste faktor is die frekwensie. Ek en my man was gister lank in ons motor op pad . Toe jou blog deur kom het ons tyd alleen gehad om daar oor te praat en te besin wat ek vir jou moet skryf wat vir jou gaan help. Hy het gese FREKWENSIE . Ek en manlief loop die bipoler pad nou vanaf 1994. Frekwensie uit my ongevinding kan net bepaal word met hulp.

    Ek hou van Salome se vraag :Is jy al die tyd by dieselfde dokter/sielkundige/psigiater wat jou goed ken? Hulle is die kundiges en sal saam met jou kan bepaal wat die aard en graad van jou gemoed skommeling is. My enigste vraag aan jou is neem jy jou medikasie gereel en soos voorgeskry?

    Die grootste HULPMIDDEL vir my is ‘n gemoedsgrafiek. Elke oggend / aand besluit jy waar jy is. Facingus is ‘n great website met ‘n wellness traker gratis aanlyn.
    https://www.facingus.org/tour/tracker

    Laastens wat is manie
    Engelse woordeboek :insane,lunatic,crazy ,foolish , silly
    Afrikaans ; kranksinnig , gek en mal.

    Kortom jy’t nie in beheer nie. Oor niks. Nie denke, nie handeling en nie die woorde wat by jou mond uit kom nie.
    Irrestasie loop by jou ore uit .Jy’t baie sterk en agressief.

    ‘n Voorbeeld : met opname by Denmar het die dame gevra ek moet die vorm teken. Later was sy desperaat en het met een woord gepoog om tot my deur te dring. Sy het die pen geneem op die lyn gedruk en baie hard gese handtekening. Ek het my hand neer gesit op die vorm en my hand na getrek. Dis ‘n handtekening reg?

    Liefde groete.

    Reply

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s