Het ek al gese ek is bang?

Eienaardige ding die lewe…
Ek is nuut in die hele Bipolere bedryf, depressie ken ek baaaie goed maar ek was verbaas oor my psigiater se diagnose vroeg in 2010. Ek het nog nooit 3 dae sonder slaap gegaan agv ‘n maniese episode nie! Hoe is dit dan moontlik? Sy het al die tipes Bipoler aan my verduidelik en so het die flou gloeilampie vir my ook aangegaan. Na 2 weke se hospitalisering was ek nog net so ‘gedaan’ soos altyd. Na omtrent 9 maande het ons my medikasie eers op die regte formule gekry en ek het begin goed voel, my kop het weer geborrel van kreatiewe idees en ek het een fantastiese knaap ontmoet. Ek kon nie glo die joernaal wat langs my bed lê het aan my behoort, dit was my deurmekaar handskrif maar daardie persoon wat daar geskryf het was stukkend.

Iewers in November het my ma vir my die Rooi Rose van Desember 2010 gewys met die artikel oor Bipoler en swangerskap. Dit was Ooievaars maand, orals was babas oppad so die praat van pienkvoete het in die huis gele. My vriend wou Maart 2011 verloof raak so babas was nie so ver in ons toekoms nie.

Intussen het my gemoed begin tuimel na benede. Ek was op en af, het gehuil en baklei. Die woede binne my was uitputtend, ek wou net haat en ek het… Ek het my psigiater gekontak en sy het my Lithium opgestoot. Die newe effekte was verskriklik, ek was naar en dronk, in die nagte het my bene so gepyn ek kon nie slaap nie. Twee weke later met geen verandering in my gemoed het sy my Lithium verminder en my Anti depressant verhoog. Nog newe effkte het gevolg – gloede, naarheid, dronkheid en geen verandering aan my gemoed.

Op vakansie het ek besluit om ‘n swangerskaptoets te koop, en ‘n pakkie Valoid – net vir ingeval. Dit was positief! Wel dit is nogsteeds. Ons het dadelik vir die hormoon toets gegaan wat gedui het ek is tussen 8-12 weke swanger. Ek is vrek bang.

Ons sien binnekort die ginekoloog wat ons sal kan help om die regte besluit te neem ten opsigte van die baba. Ek moes al my medikasie onmiddellik staak wat beteken ek is so twee meter van mu ou ‘gat’ af. Elke dag is hel.

Het ek al gesê ek is bang?

Was iemand al in dieselfde situasie?

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “Het ek al gese ek is bang?

  1. EK BID EN SMEEK GOD OM MY TE KOM HAAL, WAND NA 5 ONSUKSESVOLLE SELFMOORD POGINGS IS EK SOOO VREESLIK MOEG IS DAAR ANDER BIPOLER MENSE WAT SOOS EK VOEL

    • Hi Lizette
      Dit is seker vandag een van jou af-dae. Man, teen die tyd weet jy mos bipoler is ‘n wipplank. Hang net aan, hang net aan. Dinge draai ALTYD weer. Onthou nou van die positiewe. Wat kan jy positief nou doen? Hoe kan jy jouself troos en jouself moed inpraat?

  2. Een Reaksie to “Het ek al gese ek is bang?”
    Salome
    2011/01/14 at 12:16 nm Edit # Hallo Nuut in die Bedryf. Ja-nee, jou storie klink net soos die meisietjie s’n met wie ek vir die Des artikel gesels het.
    Ek is bly jou ma ondersteun jou. Haar ma is ook baie betrokke en dit help haar ontsettend baie.
    Jy is nou in die ding in: hou jou voete op die grond en neem net besluite na jy met jou ma en jou ginekoloog en jou Fantastiese Knaap en jou psigiater gesels het, sodat jy weet jy het die beste moontlike raad.
    Jy weet seker dat daar ‘n hulplyn is spesiaal vir mense met bipolere depressie? Hulle is elke dag daar, van 8vm tot 8 nm. Bel gerus, en maak vriende van hulle – hulle hulp is gratis en baie goed – hulle weet waarvan hulle praat – baie beter as ek – die nommer is 0800-70-80-90
    Hou moed – as jy kop hou kan jy die beste maak daarvan en kan dinge net beter uitwerk
    Sterkte verder en laat weet hoe dit gaan.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s