Help my reg kom … praat met my

Ek is 33 & ek loop al vir 28 jaar met verwyte, verwerping, haat, woede & hartseer teenoor mans & myself in my hart rond & dit is besig om my lewe te verwoes. Ek het hulle al vergewe & myself vir wat aan my gedoen is as kind maar ek kan net nie aan gaan met my lewe nie, dit is asof ek nog nie heeltemal genees is nie, die Here stuur mense oor my pad wat my wil help & dan hak my kop heeltemal uit & ek verloor hulle, dis asof die duiwel wil keer dat ek genees word, want die Here het gese dat Hy my vir groot dinge gaan gebruik want ek het ‘n baie groot getuienis hier waar ek nou sit & die duiwel weet dat die dag as ek 100% genees is, dan gaan hy sy alie sien want dan gaan ek ander kan help wat deur dieselfde as ek is. Die Here het ‘n paar jaar terug vir my gese om ‘n boek oor my lewe te skryf, ek het net nie die inspirasie & hulp om dit te doen nie & dis net te seer om aan als te dink. Ek weet dat dit my genesing gaan wees, maar die duiwel keer
dat ek sover kom, ek het al gewonder of ek nie my storie aan iemand kan vertel & dat daai persoon my kan help om dit verder te vat nie & om by die pad van genesing dan te kom.

Asb is daar iemand wat my kan help ek kan nie meer so aan gaan nie, ek het al so baie probeer om ‘n einde aan als te maak op my manier want ek is besig om van my kop af te raak, ek wil net graag ‘n gelukkige & normale lewe he, ek het net teveel dinge al verloor in my lewe & mense wat lief is vir my & omgee wat ek weg gestoot het want ek wil niemand naby my toelaat nie, ek vertrou nie mense nie almal se ek is ‘n toe boek, ek praat met niemand nie ek is bang!!!!

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

2 thoughts on “Help my reg kom … praat met my

  1. Ek is 14 jaar oud en ek het in heidelberg gebly my lewe daar was baie lekker toe trek ons ermelo toe en dis ook nie te sleg nie maar ek mis my beste vriend kyle. Hy was daai vriend wat lewe die lekkerte gegee het nu weet ek nie wat ek moet doen nie want niks is die selfde sonder my beste friend nie asseblief help my ek weet nie wat om te doen nie

  2. 6 Responses to “HELP my”
    Weet nie meer nie
    2010/12/12 at 7:39 nm Edit # Hi, Aletta

    Jy vertel nie hoekom jy mans haat nie, maar ek kan my indink. Ek was vir 11 jaar deur my ma se 3 broers en my oupa gemolesteer. Ek het myself bulemia gegee om net uit te kom en in ‘n hospitaal te wees. Dit het gestop die dag toe ek matriek klaar maak en uit die huis uit trek.

    Niks kan dit wat gebeur ooit regmaak nie, maar om nie daar aan te dink nie, beteken dat jy dit vir die res van jou lewe in elke verhouding gaan inbring. Ek het nie vriende nie, want ek kan niemand vertrou nie, my huwelik is op die roste. Dit wat hulle aan my gedoen het, affekteer soveel mense vir wie ek lief is. En ek het besluit dit is tyd om my lewe terug te vat, ek weet dit is moeilik, maar praat is al wat help. Jy is nog hier, want soos jy se, die Here het ‘n groot doel met jou, jy het so ver gekom, vat die mag weg van die mans wat jy haat en wys hulle, jy kan ‘n sukses van jouself en jou lewe maak, ons kan hulle nie soveel mag oor ons lewens gee nie!

    Ek hoop dat jy weer sal skryf…

    Reply Zaan
    2010/12/03 at 10:03 vm Edit # Scary, ek kan woord vir woord jou storie kopieer en vir my volgende blog insit (Ek is selfs ook 33). Ek is absoluut presies waar jy is, behalwe dat ek so soort van klaar my boek geskryf het. Moenie jou boek begin skryf met die oog op publikasie nie, begin dit skryf vir jouself en al sit jy heeldag voor die rekenaar en snik – dis okay. Dit help. Ek gaan vandag in ‘n 40 dae vas in, om rigting op my lewe te kry en te breek met al die dinge wat huidiglik my nog dieper in die gat in trek. Ek glo God het my hiertoe gelei en ek weet Hy is in beheer. Ek moet en gaan nou my alles vir God terug gee, sodat Hy dit eers weer kan reg maak en wanneer Hy dit vir my terug gee, gaan ek dit oppas en tot Sy eer gebruik.

    Reply Salome
    2010/12/02 at 7:16 nm Edit # Liewe Aletta
    Mens, jy kan so goed met skryf jouself uitdruk. Ek kan nie jou ‘n boek beloof nie maar ek weet dat praat baie baie nodig is. Net om te kan erken – op papier, in woorde, teenoor iemand – dat jy depressief voel is ‘n groot stap vorentoe.
    Daarom is ek baie bly dat jy hier gepos het en jou storie vertel het. Ek is inderdaad baie trots op jou dat jy jou vrees oorkom het. Dis ‘n baie geldige vrees – want daar is goed vir mens op die spel, soos wat ander mense gaan dink, wat jou werkgewer se houding gaan wees, om net twee te noem.

    Maar toe jy skryf, hier waar dit anoniem is, het niks gebeur met jou nie? Niks het slegter geword nie, het dit? Dalk hoef jy nie so bang te wees om te praat nie? As jy met mense praat wat verstaan? Soos ons? Of dalk ‘n sielkundige? Ek hoop jy gaan weer skryf, tot jy op die punt kom dat jy gemaklik praat.

    Een van ons ander lesers het voorgestel dat mens kan dagboek hou – en ek wil jou uitnooi om so gereeld as wat jy lus is op hierdie blogpos te kom dagboek maak van hoe jy voel, wat jy alles gedoen het en watter dinge jou pla en watter dinge vir jou lekker was en/of gewerk het.

    Beskou dit as JOU EIE BLOGPOS.
    (Hoe? gaan na die kommentaarblokkie hieronder en skryf … net so maklik as om jou eerste pos te geplaas het)

    Jy’s baie, baie welkom. Maar geen druk van my kant af nie – jy besluit self, jou pas.

    En dan: het jy al LifeLine probeer? Hulle is regtig nogal oulik om dadelik jou te help en hulle is gratis EN regdeur die jaar, dag en nag beskikbaar – en jy kan bel soveel keer as wat jy wil bel

    0861-322-322

    As jy nog nie kans sien vir bel nie, skryf solank …
    liefde
    Salome

    Reply
    Aletta
    2010/12/03 at 10:41 vm Edit # Dit is so lekker om te weet daar is iemand daar buite wat luister, dit is nie lekker om saam jou eie familie te bly & hulle sien nie wat aan die gang is of probeer jou help nie, hulle is net te besig met hulle eie dinge.

    Ek sit nou al vir 5maande sonder werk, weens my probleem, ek het ook my kar verloor, nie terug gevat deur die bank nie, nee deur ‘n man wat my weereens wil misbruik om homself te bevredig om my dan te help om my kar reg te maak, maar omdat ek nee gese het, nou soek hy R8000 van my vir die staan van my kar by sy werkswinkel in Nelspruit & niemand is bereid om my te help nie, nie eens my eie familie nie, hulle wil nie betrokke raak nie, ek het die saak vir die ombudsman gegee, maar ek kry geen terug voer van hulle nie, ek voel so hulpeloos, ek kan nie werk as ek nie vervoer het nie & die man wat ‘n vrou & kinders het(ongelukkig glo sy vrou als wat hy se, want hulle is geskei, maar slaap saam in die selfde bed, verduidelik dit vir my asb)hy gee nie ‘n hel om wat met ander mense gebeur nie, hy gee nie om of ek nie kan werk nie, hy is die een wat my hospitaal toe gevat het 5 maande terug toe ek my werk verloor het & ‘n baie goeie vriendin agv my toestand waarin ek is verloor het & my medikasie gebruik het om weereens selfmoord te probeer pleeg. Hy het my bygestaan deur als & net omdat ek nie saam hom wil slaap nie, nou doen hy dit & my hande is afgekap.

    Ek weet nie of ek aan depressie ly nie, ek is nog nooit rerig vir enigiets behandel nie, my ouers het my net nadat als uitgekom het toe ek 14 was na verskillende sielkundiges toe gevat, ek is net elke keer op ritilin gesit & na ‘n volgende sielkundige of psigiater toe gestuur wat my ook nie kon help nie want ek wou met niemand praat nie, ek het toe al niemand vertrou nie.

    Ek gaan nou maar vertel wat gebeur het, dalk sal jy dan verstaan & sal my kan se wat is fout met my, hoekom is ek moeg, hoekom probeer ek kort kort ‘n einde aan my lewe maak, ek is op die oomblik in ‘n gat, ‘n baie diep gat & dit voel asof ek nooit weer daar gaan uit kom nie, mense wil ook nie naby my kom nie want ek het net ‘n manier om almal weg te stoot, ek wil nie mense te naby my toelaat nie & as daar iemand is, dan doen ek als in my vermoe om daai persoon uit my lewe te kry, veral ‘n man.

    Ek weet dit is verkeerd, ek was vir 2 jaar in ‘n verhouding met ‘n vrou vir wie ek rerig lief was & ek het baie veilig by haar gevoel, sy het nooit iets gedoen om my seer te maak nie, sy het net vir my baie liefde gegee wat ek so nodig het in my lewe, dit was die gelukkigste tyd van my lewe, maar tog het ek skuldig gevoel want volgens God se Woord is dit mos verkeerd, maar aan die ander kant het dit so reg gevoel & ek was rerig gelukkig. Ek het die verhouding gestop, want my Ma sou my afskryf as ek aan gaan daarmee. Ek het probeer om verhoudings met mans te he, maar dit werk nie, ek hou nie daarvan dat ‘n man aan my vat nie & ek wil ook nie aan ‘n man vat nie, ek is sommer geirriteerd as ‘n man naby my kom, tog het ek gebid dat die Here vir my ‘n man gee want ek wil ook net ware liefde & geluk in my lewe he, maar dis nie ‘n man wat ek wil he nie. Ek weet my Ma gaan my afskryf & dit pla my rerig nie want ek is gatvol om dinge te doen om ander mense te please & aan die einde van die dag is ek ongelukkig. Ek & my Ma het ok nie rerig ‘n close verhouding soos ek & my Pa gehad het nie, hy was my beste vriend, die enigste man wat ek vertrou het & nou is hy weg. Ek wil weg hardloop, ek wil weg hardloop na ‘n vrou toe waar ek veilig sal wees & liefde sal kry, maar dit is verkeerd, hoekom, hoekom?

    Mans het my lewe verwoes toe ek 6 jaar oud was, & dit was my eie Oupa, na my Oupa was dit weer ‘n ou man wat ‘n rewolwer teen my kop gedruk het & naak fotos van my geneem het, ek was 12. Ek kon nooit daaroor praat nie, want my Oupa het vir my gese as ek iets gaan se gaan hy nie meer lief wees vir my nie & ek was baie lief vir my Oupa & Ouma, my Ouma was baie siek & ek was bang sy gaan dood as sy weet wat my Oupa doen. Ek kon ook nie vir my Ma se nie want dit was haar Pa & sy sou net se ek lieg, my Pa was op daai stadium meer in kroee as by sy eie huis. My Oupa het altyd vir my sakke vol sweets & klere gekoop, eintlik het hy vir my gekoop wat ek wou he, maar ek moes altyd iets terug gee & hy het vir my gese dit is ‘n manier om dankie te se & liefde te wys vir iemand, dit was ‘n leun, maar wat weet ‘n 6jarige kind van sulke dinge & dit is in my kop ingeprint.

    Die ander ou man het my met die dood gedreig as ek iets se, so ek was bang hy maak my dood as ek iets se. Ek het vir jare stil gebly, ek het vir niemand iets gese nie, niemand het ook ooit agter gekom dat iets fout is nie, al het ek abnormale dinge gedoen op skool & by die huis.

    Ek was 14 toe het ek vir die eerste keer vir my niggie vertel vir wie ek met my lewe vertrou het, sy het belowe sy sal niks se nie, maar ongelukkig het sy haar belofte gebreek, ek het net nie vertel van die ou man met die rewolwer nie, my Ma weet dit tot vandag toe nog nie.

    Dit was ook nie die einde nie, ek is in std 7 deur ‘n onderwyser op skool gemolesteer & weereens het niemand my geglo nie, ek moes die skool verlaat & die storie was in die koerant maar die vark het nog al die tyd skool gehou, die hoof het hom geglo & nie my nie.

    Dit is net kortliks, ek kan aan gaan & aan gaan vir ure of selfs dae van als wat ek as kind & volwassene deur gegaan het, & weet jy ek voel nog soos ‘n kind, ek voel nog elke dag soos daai 6 jarige dogtertjie, ek is bang om groot te word & ek moet als alleen deur gaan, ek wens ek het ‘n vriendin gehad wat saam my deur hierdie dinge kan gaan, maar ek het niemand nie & dis my eie skuld want ek stoot almal weg.

    Ek is so moedeloos ek is vas gevang in my eie gedagte wereld & is besig om planne te maak om uit hierdie situasie uit te kom & die sit by die huis dag in & dag uit doen my nie goed nie. Ek probeer tyd met God spandeer om antwoorde te kry, maar niks dit is tevergeefs.

    Salome, jy het gese ek moet Lifeline bel, ongelukkig het ek geen inkomste nie, ek kan nie eers airtime op my foon sit nie, dit is frustrerend want ek kan niks doen nie, net met my eie gedagtes sit.

    Ek leen ‘n laptop by ‘n vriend net om te kan kyk waar ek hulp kan kry.

    Reply
    Salome
    2011/01/11 at 1:36 vm Edit # Aletta, ek sien nou eers jou hele, baie komplekse pos – my opregte verskoning vir die stadige reaksie. Jy het tonne trouma om te verwerk. Alleen gaan jy dit nie regkry nie. Weet jy dat Lifeline gratis is? Probeer weer, toe?
    Nog ‘n plek waar jy om hulp kan aanklop is jou munisipale kliniek. Ek weet nie of jy bipoler of depressief is of in post-troumatiese stres is nie maar jy is op medikasie en jy praat van die probleem wat jy het maar jy verduidelik nie wat nie? As dit dwelmafhanklikheid is KAN ander mense nie jou lewe regmaak nie. Jy sal self moet kom op die punt dat jy jou lewe in orde kry. As dit eerder depressie of soortgelyk is is jou medikasie en terapie beslis nie voldoende nie of gebruik jy nie jou medikasie absoluut getrou nie. Kyk ook by ons Hulplys – daar is verskeie instansies wat vroue help. Ek moet die lys uitbrei – kom asb weer terug om te kyk wie die beste by jou pas.
    Mense het steeds verskillende menings oor gay wees. Jy is dalk regtig gay – of dalk weens al die trouma voel jy veiliger by vroue. Sterkte, sterkte en nogmaals sterkte.
    Jacomien
    2010/12/03 at 3:46 nm Edit # Liewe Aletta.
    kom ons gesels eers oor vergewe. “n Dierbare slim klein vroutjie het vir my die volgende beeld geskets. Dis ‘n seer wat sweer met ‘n roof op. Om die sweersel te laat uitkom moet die roof afgetrek word. Dan bloei die wond. Soms baie want dis ‘n diep en groot wond . Soms is die wond so diep en oop dat dit vir ‘n langruk verbind moet word voor dit oop gelaat kan word om te genees. Om mans te vergewe is om die roof af te pluk sodat die sweersel kan uitkom. Dan bloei die wond. Jy was al klaar baie braaf deur die rowwe af te pluk. Moenie te hard op jouself wees ,en miskien is ek nou een van die kerkmens, maar tyd sal genees. Hou vas aan jou belofte! Susanna Wesley het die volgende gese : Jesus is die enigste Geneesheer van siele;sy bloed is die enigste salf wat ‘n gewonde gewete(onthou) kan genees. Ek deel met jou wat ek in die Boodskap gelees het in Johannes 15:1 -15 …..Ek het julle net so lief as wat die Vader my lief het. WIKKEL julle elke oomblik van die dag in hierdie liefde van My toe!

    Reply

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s