Gratis Kursus oor Depressie na jou Baba

Ons fokus vanjaar so sterk op Bipolere Depressie dat die ander soorte bietjie in die skadu staan. Maar dit maak hulle nie minder werklik nie.

Soos babadepressie – nie die baby blues wat tipies op die derde dag kop uitsteek nie. Veel erger … dis ‘n depressiwiteit wat keer dat jy met jou baba bind, jou so apaties maak dat jy nie kans sien om jou kosbare bondeltjie te versorg nie … met skuldgevoelens, moegheid, verwardheid, ongelooflike teneergedruktheid, angs en huilerigheid daarby.

Ek dink die skuldgevoelens is die ergste. As jy dan so geseend is om jou baba te he waarom is jy dan so pateties en nie in staat om jou baba te versorg … wat nog te se van geniet?

‘n Paar dekades gelede was ons beswaarlik bewus daarvan dat baie vroue weens die ingrypende hormoonskommelings van swangerskap en bevalling met rede ‘n werklike depressie ontwikkel. Ons het gedink hulle ‘pas maar net moeilik aan’.

Wel, vandag lyk sake veel, veel anders. Jou dokter en ginekoloog verstaan waarvan jy praat – vertel hulle as jy sukkel.

As jy kan maak kontak met die Post Natal Depression Support Assosciation – hulle bied op 29 Julie ‘n kursus hieroor aan in Sandton – eintlik eerder vir informele beraders en groepleiers. Jou kontakpersoon is Debbie Levin debbielevin@54.co.za

Maak ‘n plan. Die lewe is te kosbaar om depressie te laat voort sleep!

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s