Ek’s bang ek raak skisofreen. Kan dit gebeur?

Ek dink dit voel soms of bipolêr so iets soos skisofrenie is en ek’s bang dat dit kan ontwikkel…. ???? (Kan dit?) Dis dalk net “ligter” – in die sin van jy weet van die ander kant alhoewel jy dit nie kan beheer nie. Ek ervaar bipolêr letterlik as “al 4 seisoene in 1 dag”. En wat sleg is jy weet nooit wanneer die volgende ding gaan gebeur en wat dit gaan laat gebeur wat gaan “trigger” dat daar weer ‘n uitbarsting of iets is nie. Dis in werklikheid VERSKRIKLIK!!! Dis asof jy bang is vir jouself – jy wil nie uitgaan nie, nie met mense praat nie want hoe gaan jy optree? Ons bly maar die moedige stryd stry met die hoop dat elke volgende dag ‘n beter 1 sal wees as die vorige.xx

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “Ek’s bang ek raak skisofreen. Kan dit gebeur?

  1. Nee jong bipoler is bipoler. Skisofrenie is iets anders. Ek verstaan dit so; ‘n Rifrug hond kan nooit verander in ‘n poedel nie. Alhoewel hulle albei honde is. Wat wel kan gebeur is dat die rifrug die gedrag eie aan ‘n poedel kan begin aanneem uit vrye wil. Dis ‘n feit dat daar baie ooreenkomste is tussen bipoler en skisofrenie is maar bipoler is uniek net soos ‘n rifrug of ‘n poedel. Dis hier waar ons vertroue in ons dokter en sielkundiges inkom. Hulle is die kundiges en maak die diagnose. Hulle weet watter medikasie die beste is. Ja daar is gewoonlik ‘n keuse van medikasie en medikasie kan newe effekte he wat nie aanvaarbaar is nie. Ja hulle kan ‘n fout maak as die pasient nie eerlik is met hulle nie.

    Ek weet bipoler het plekke wat baie , baie duister en vreesaanjaend is maar daar die sonlig kant ook. Ons “bipolerers” het gewoonlik ‘n sterk regter brein wat kreatief, musikaal en vol woorde is. Ek het geleer om hierdie gawes te gebruik om sonlig te beleef. Soms het die aktiveering van my regter brein so hulpstootjie nodig deur dit te wil aktiveer. Ek kies om na ‘n radio stasie soos Rippel , Jacaranda te luister wat vrolike musiek maak. Ek teken en verf prentjies. Ek skryf in my journal. Ek skryf my storie. Jy kan dit vir ons hier op Luister ook skryf.

    Ek weet van bang vir jouself. Veral as die onthou van , daai keer wat jy deur die hosiptaal gehardloop het met ‘n ‘n bra en kort rompie geen pantie, jou oorval. Of die keer wat jy besluit het om al die stukkende borde in die huis stukkend te gooi of in woede ‘n deur stukkend toe geklap het. Ek het geleer dis my keuse wat ek onthou.

    Triggers? O nee jong ons kan bepaal wat is die triggers. Ek was eerlik met myself hieroor en het ‘n lys gemaak. Een van myne was die onskuldige net een gin en tonic wat ek saam met my man sou drink as ons braai hier by die huis net ek en hy. Dit help ook sommer vir die musiekte het ek myself vertel. Dis ‘n baie groot trigger om my van sonskyn na uiterse diep donker mynskag te neem.Gaan sit stil wees eerlik met jouself begin by een. Glo my gou gou weet jy van meer. Lekkergoed is ook ‘n nee nee. ek het ‘n suikersoettand maar wanneer daai suiker nie meer in die bloed is nie jong dans daar perre.

    Ek het ook geleer dat uitgaan goed is. Moenie bang wees vir mense se opinies nie ek glo vas daar buite is mense meer goed as sleg. Pasop vir die stemmetjie in jou kop en poog om nie te baie te wonder oor wat mense dink nie.Hou by roetine.

    Ek het ook geleer al wil ek nie , versorg ek myself. Ek gaan bad lekker en smeer my lyf room trek my mooi aan en smeer ‘n kleurseltjie op my lippe. Ek glimlag vir mense en kyk hul in die oe. Gou gou voel ek better.

    Ja ander dae is dit regtig net onmoontlik dis ook ok as dit dae aan een word moet jy professionele hulp kry.

    Wat van jou medikasie neem jy dit soos voorgeskryf en op die regte tye? Vandat ek ‘n boekie het waarin ek dit af tick skiep en nie en sluk ek dit op dieselfde tyd.

    “n Laaste punt 2 Kor 12 : 9 se … for my power is made perfect in weakness!

    Ek is ‘n baie sterker en meer gebalanseerde mens as baie mense daar buite vandat ek gekies het om die draak binne in my te slag. Hou moed asb , jy kan dit doen jy moet net wil.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s