My antidepressant maak my VET!!!

Dan wonder ek oor gewig en antidepressante. Is dit net ek, of sukkel almal wat dit drink om gewig te verloor? Sedert ek dit begin drink het (so ongeveer 2004) is ek 30 kg swaarder. Dis absoluut VERSKRIKLIK. Al eet ek reg, al eet ek niks, al oefen ek – maak nie saak wat nie – die rolletjies bly sit. En dit voel of dit net erger en erger raak. Dit help dan ook nie juis vir mens se “toestand” nie. Jou selfbeeld is baie laag – altans myne.

Miskien is daar iemand wat die “geheim” ontdek het???xxx

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “My antidepressant maak my VET!!!

  1. Heidi, Ek stem saam met jou oor die gewig. Ek het 30kg opgetel in ‘n jaar en half op medikasie vir depressie. Het ook reg geeet, geoefen, maar elke week wys die skaal meer. Dit is nou amper 3 jaar later, ek is nog steeds op antidepressante,maar nou ‘n ander pil vir 4 maande en die pil voel of dit werk en ek het gelukkig nog nie meer gewig opgetel nie. Hoe meer ek opgetel het hoe meer depressief het ek gevoel. Dis net ‘n bose kringloop. Ek probeer nou weer om gewig af te kry met pille wat die dr voorgeskryf het en ek het my eet porsies kleiner gemaak en het al 5kg verloor. Hoop maar dit hou so aan.Ek dink om gewig te verloor terwyl jy aan depressie ly is seker een van die moeilikste dinge om te doen.
    Sterkte en voorspoed vir jou. Hoop dit gaan beter met jou vorentoe.

  2. Ek was ook woedend vir die psigater. My dogter (19) het ek weet nie hoeveel kilo’s opgetel nie. Ek was ‘n week uitstedig en toe ek terugkom kon ek sien hoe sy in daardie week opgetel het. Sy het ook rondom 30 kilos in so 4 maande opgetel. Sy is vreeslik eterig en se aanemkaar sy is honger en lus vir kos.
    Toe ek die psigaiter vra toe se hy jou keuses is ‘vanity’ of ‘sanity’. ‘n Man wat niks verstaan van hoeveel ‘n jong vrou uitgeskuif word as sy oorgewig is nie. Dis waar dat die antidepressant (Leximol) matig goed vir haar gemoed is maar nie teen daardie prys nie. Hy het ons nie eers vooraf gewaarsku of haar gewig probeer monitor nie.
    Ons is toe na ‘n ander psigiater (dit was nie die enigste rede nie maar wel die finale strooi). Die het my dogter op Welbutrin geplaas EN vertel dat gewigstoename ‘n probleem is met sekere antidepressante. Sy is nie nou so eterig nie. Maar daardie gewig gaan nie gou verdwyn nie.

  3. Ek het gewig opgetel op Lexamil, maar het op daardie stadium GEEN oefening gekry nie.

    Tot ek ‘n hond gekry het, en MOES gaan stap met haar – toe verloor ek weer kilo’s. Dit hang seker maar van mens se metabolisme af? Ek gaan elkgeval binnekort in die ouderdomsgroep in waar mens meer optel as wat jy afval. Nog iets om depressed oor te raak!!!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s