Ek wens net iemand kan sien hoe swaar oorgewig tieners ook kry

hallo,my naam is sanri en eks 17jaar oud. Ek weet nie so mooi of ek regtig hier mag skryf nie,want julle is almal baie ouer as ek,maar ek het nerens anders om te draai nie. Ekt toevalig op hierdie webtuiste gekom deur inligting vir ‘n skool taak te soek. Die berig wat ek gelees het, het dadelik my aandag gehad, want die eerste twee paragrawe se woorde se ek elke dag vir myself en eks nou eers 17. Dit maak my bang, want ek weet wat depressie aan mens kan doen. ek hoop nie julle gee om dat ek my storie vir julle vertel nie. Ek weet eks baie jonger as julle,maar ek dink dis tyd dat die “slim mense” bietjie ook na tieners se opinies oor gewig en depressie luister,want ek dink dis waar dit alles begin. ek sal nou nie se dat ek soo vet is dat ek nie eers in die bad in en uit kan klim nie,maar ek weet eks oorgewig. Dit het elke dag van my lewe i effek op my. Dis net asof ek VERSLAAF is aan KOS. kan mens ooit aan kos verslaaf wees? ek weet tog wat dit aan my doen en dat dit net vir i rukkie jou laat beter voel,maar tog kan ek nie daai selfbeheersing vind nie.

elke oggend voorskool dan dink ek eers aan hoe styf my broek sit en hoe seer hy my maak aan die kante van my heupe. Eks so bly as dit winter is,want dan hoef ek nie meer vir mense verskonings te maak oor hoekom ek i langbroek aan het inplaas van i rompie nie. Ek verwyt myself elke dag,en my geloof lei ook daaronder. Ek kan nie eers meer bid sodat Hy myhelp om selfbeheersing te kry nie want ek het al hoop verloor. eks ongemalkik as ek sit,en ek kan nie eers meer tel hoeveel keer ek in Mr. Price gehuil het omdat hulle NOOIT i nr 38 in hulle rakke het nie. jA ek het i lekker lyfvorm,want ek kan met allerande tricks my oortollige vet wegsteek. Maar, niemand sien my wanner ek net my onderklere in my kamer aan het nie. Ek haat myself. Die manier hoe ek lyk,die manier hoe ek dink,die manier hoe ek as mens werord het, dit het alles begin toe ek oorgewig begin word het.

Ek kan nie eers onthou wanner laas ek in i kort broek kon rond loop sonder dat my selluliet wys nie. Ja ek lyk dalk mooi vir ander,maar ek wil bietjie mooi vir myself ook lyk!! ek glo dat mens maar partykeer selfsugtig mag wees,veral wanner dit by jou persoonlike geluk kom. ek wil ook saam my vriende by hulle huis gaan swem en trots voel oor myself!

En glo my,ek oefen,ek oefen myself dood! partykeer het ek sommer 3ure i dag geoefen. ekt spinning,kickboxing en bietji gewigte gedoen. Maar het my niks gehelp nie. Ekt nie eers sentimeters verloor nie. Ja my metabolisme is nie op standaard nie, maar het dit enige iets te doen met my wat mysefl ooreet?? ek weet nie meer of ek net so baie eet omdat ek depresief is nie,en of ek baie depresief is omdat ek baie eet nie!!

ek het al by my ma gaan hoor vir hulp,en al meer as eenkeer i emosionele uitbarsting gehad omdat sy my nie help nie. sy gee vir my klomp raad wat ek al lankal waat. soos eet minder,maar my vraag is, HOE EET EK MINDER? hoe kry ek daai selfbeheersing! eks net bang dat ek eendag dit gaan verloor,en dan iets doms doen,soos selfmoord. of dat ek eendag wanneer ek 40 is en kinders het,dit op hulle gaan uithaal en i slegte ma wees. ek wil nie nou al depressie pille begin drink soos my een vriendin wat nou eers in gr11 is nie. ek wil nie ophou leef omdat ek vet en depresief is nie.

ek wens net iemand kan sien hoe swaar oorgewig tieners ook kry. Want ek dink oorgewig en depreseiwe tieners, maak oorgewig en depresiewe ouers en grootmense. as mens eers daai “evil cicle” kan breek,gaan daar minder tieners wees wat aan depressie ly,minder selfmoorde en minder ouers wat depresief gaan wees. asseblief laat weet my wat julle dink van wat ek gese het,en as julle van iemand weet met wie ek kan praat,want ek het hulp nodig,en ek wil hulp he

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

6 thoughts on “Ek wens net iemand kan sien hoe swaar oorgewig tieners ook kry

  1. hi sanri.. ek weet presies hoe jy voel en is vanaand weer so erg depresief!! eks self 17 en kan relate.. as jy ooit iemand nodig het om met iemand te gesels of so hier my bbm pin 7c521ae4..of wup 0762262611…

  2. Halo ek is Chandelize ek is 13 jaar oud die brief wat jy geskryf het is ongelooflik. Ek is self oorgewig en probeer dit ook weg steek en is al vir 6 maande n diabeet nadat hulle my in 2013 gediagnoeseer het as een. Jy hoef glad nie skuldig te voel nie.
    Partykeer voel dit net of ek wil dood gaan want almal kla oor wat ek dra en hoekom ek nie soos ander wil wees en ook been wys nie. My ouers verstaan dit ook nie. Hulle wil my nie eers help nie, en ek het my pa 5 maande terug gesien.
    So ek gaan deur n rowe tyd.
    Liefde en groet Chandelize

    • Lekker om van jou te hoor Chandelize. Soms het mens se ouers te ernstige issues om aan die kinders aandag te gee – wat baie jammer is en vir jou sekerlik baie sou beteken het op hierdie stadium.
      Dit klink of jy ‘n goeie kop op jou skouers het en verstaan dat jy ‘n individu is – jy HOEF nie soos ander te wees nie. Dit is mos lekker om jouself te wees. Dit is besonder volwasse van jou om dit so jonk al te verstaan. Mooi so! Jy is besig om te ontwikkel in ‘n selfstandige jong vrou met selfrespek en innerlike waarde/waardigheid.
      Fokus daarop om lief te wees vir jouself, en vir jou lyf. Versorg jouself so mooi as wat jy kan. Geniet die mooi dinge van jou lyf – soek hulle uit en waardeer elkeen.
      As jy mooi voel IS jy mooi!

    • Ek is claudius 15 en is ok mollig . Jou storie is wonderlik. Ek het ook soos jy gevoel maar toe het ek gedink dat die Here my gemaak het en dat ek nie skaam moet wees nie. Watsapp my asb XXX XXX XXXX

      OPM van Kopdolla en Salome
      Claudius het sy selnommer hier geplaas. Ons is ekstra versigtig vir web prowlers en het dus die selnommer verwyder. Maar Claudius, jy en Sanri, en al die nader skrywers, is welkom om verder hier te gesels.
      As julle werklik met mekaar wil kontak maak moet julle altwee aan ons epos op ons rooi rose eposadresse, soos op http://www.rooirose.co.za. met jul selnommers. Ons sal dit dan privaat aan julle verskaf.
      Groete!

  3. Sanri, baie dankie dat jy jou gevoelens met ons deel. Ek dink jy het
    baie wysheid vir jou ouderdom. Dit lyk ook vir my of jy ‘n baie sterk
    persoonlikheid het, wat nie kan wag tot jy die selfvertroue het om dit
    uit te leef nie.

    Ek is jammer dat jou gewig in jou pad staan om jou jongmenslewe ten
    volle te geniet. Jy moet egter onthou dat jy nie alleen is daarin nie.
    Meeste mense is nie tevrede met hul gewig nie (maer of vet), en as dit
    nie gewig is nie, is daar ‘n slegte vel, hakkel, groot neus, bloos of
    sweetprobleme. Dit is veral normaal vir meisies in graad 11 (oorgewig
    of nie) om bewus van hul gewig te wees. Tienerwees is ‘n tyd waarin ‘n
    meisie nog sukkel om haarself te vind. Dit is moontlik dat al hierdie
    druk jou meer laat eet.

    Miskien is dit ‘n goeie idee om op ander aktiviteite te fokus waarin
    jy belang stel, soos musiek, drama of kunsklasse. Dit is ook baie goed
    dat jy oefening doen. Ek is trots op jou dat jy steeds die beste maak
    van ‘n aspek waaroor jy so selfbewus voel. Daar wys jy sommer nog ‘n
    baie goeie eienskap.

    Gewig het ook dikwels ‘n manier om homself oor die jare uit te
    sorteer. Indien dit nie die geval is nie, leer ken en aanvaar mense
    dikwels hulself deur die jare. Ek glo vas dat God elke individu skep
    met talente en swak punte wat hy of sy kan hanteer. Sterkte met jou
    pad vorentoe en moenie te hard op jouself wees nie.

    Groete
    Maridi

  4. 12 Responses to “Ek wens net iemand kan sien hoe swaar oorgewig tieners ook kry”
    wilna
    2012/03/23 at 11:34 vm Edit # eks is 30 jaar oud en was nog nooit maer nie. ek dink ek kan se ek weet hoe jy voel sanri. Ek het geen maats gehad nie en dit het die gevolg gehad dat ek ook in depressie beland het. ek was maar 10jr oud. die mense het vir my begin lag. en toe het ek iets dom gedoen: ek het op dwelm gegaan. ja, ek was in rehab maar het alles verloor wat ek gehad het. my ouer wantrou my nog steeds. maar ek vrae jou mooi moet asb nie dieselfde fout maak as wat ek gedoen het nie. laat die mense maar lag. weet net god is lief vir jou soos wat jy is. en moet asb nie `n obsessie kry oor jou gewig nie. dit kan jou seerder maak as die dood. mense weet nie wat hulle doen aan mense wat oorgewig is nie en dit maak seer. ek glo jy is `n mooi kind al lyk dit nie vir jou in die spieel so nie maar in jou hart is jy pragtig
    hoop jy sien nou die groter prentjie
    groetness
    ekke

    Reply Elma
    2011/11/22 at 8:21 nm Edit # Sanri, baie keer begin die gewigstorie met ‘n ouer wat nie die regte kos koop en voorsit nie. So baie is te wyte aan ons as ouers. Ons dwing mos ons kind om al die kos in die bord op te eet.
    Toe ek jou ouderdom was het ek ook gedink dat ek vet is. Maar as ek nou na daardie tyd terugkyk was ek glad nie vet nie. Ek wens nou ek was so maer soos toe.
    Sanri ek wil net vir jou sê dat om gewig te verloor alles in ‘n mens se kop begin. Jy moet regtig vir jou ma vra om vir jou te help. Vra vir haar om net gesonde eetgoed te koop – dit sal ook goed vir jou hele gesin wees.
    As jy eet skep vir jou klein porsies in ‘n kleiner bordjie.
    En laat ek maar iets in jou oor fluister – ‘n nr 38 is nie so groot nie. En selfs maer meisies het selluliet.
    Onthou om ‘n mooi van binne meisie te wees is definitief baie meer aantreklik as om ‘n maer meisie te wees.
    Sterkte en laat weet weer vir ons hoe dit met jou gaan.
    O ja en ons volwassenes is ook maar lekker stupid maar ons sal dit natuurlik nie erken nie.

    Reply Cornel Smith
    2011/11/22 at 1:47 nm Edit # Ai my hart gaan so uit na jou toe. Ek wens ek kon daar vir jou wees om jou by te staan. Ek kom uit ‘n gesin van 13 kinders: 6 seuns en 7 meisies. Ek was baie gelukkig om een van die meisies te wees wat klein gebou is, maar van my susters het net soos jy ‘n stryd met hul gewig gehad. Ek het altyd gehuil as ek moes sien waardeur hulle gaan. Raad kan ek jou nie gee nie maar onthou my grootste wens is dat ons almal een size kan wees.

    Reply lucille
    2011/08/23 at 10:39 vm Edit # ai sanri en om te dink n skoolkind is die wreedste ding wat n mens in die lewe kry ek weet hoe jy voel was my self daardeur tot ek gedink het ek het n kitsoplossing gekry elke keer as ek eet gaan gooi op dit het naderhand so erg geraak dat ek 2 weke na my 18 de verjaarsdag in die hospitaal beland het die dokter het my ma daai aand gese mev bid want medies kan ek niks meer doen nie het 35 kg geweeg lang pad het na herstel vir my voorgele toe het n diet kundige vir my die raad gegee en ek hoop regtig dit help voordat jy drastiese stappe neem begin jou oggend met n sny roosterbrood en sommer 2 gekookte eiers met lekker dik aromat op pak vir jou n snytjie roosterbrood of 2 vir daai knaende hongerpyn en eet n kwart daarvan vir middagete vrugte pas elke dag aan waarvoor jy lus het dit maak nie saak al is dit in hoe suiker inname vrugte vra jy vir ma n lekker gekookte bord kos skep jou normale hoev in maar dit is waar die trick inkom eet net die helfte die ander helfte los jy vir voor slaaptyd jy gaan nie dadelik resultate sien nie maar as jy aanhou gaan jy binne in maand resultate sien en amper vergeet ek die lekkerste gedeelte sondae wat jy n ruskans eet waarvoor jy lus is maar matigheid voor oe want onthou altyd jou liggaam gaan terugveg as hy voel jy laat hom honger lei so gevolglik as jy daai kwart sny roosterbrood vir hom gee i.pv.om kos in te gee gaan hy naderhand jou nuwe wette gehoorsaam en besef hy lei nie honger nie daar is net n nuwe wet ingestel en sodra jy cravings begin kry of kak,sad,depressief of net gatvol eet n kwart sny roosterbrood moenie dit oordoen nie want glo my ek het my dogtertjie verloor en wens elke dag ek kon net nog n laaste drukkie vir haar gee en se ek is lief vir haar so asb moenie aan selfmoord dink nie daar gaan n groter gat in jou ma se lewe agter bly as al die vetjies saam op jou skaal ek weet nie of ek mag nie maar ek hoop enige een wat sukkel met oorgewig en voel hulle het niemand wat verstaan nie maak nie saak nie oud of jonk skryf vir my hier verder op hierdie pos

    Reply Marinda
    2011/08/19 at 9:42 vm Edit # Hi Sanri,
    Ai, ek wens ek kon met jou gaan koffie drink. Ek was ook 17. Ek was ook dik. En dun en weer dik en weer dun. Ek ly ook aan depressie. Ek weet hoe dit voel om vertroosting in kos te soek. Om daardie gat in mens te probeer toe eet en dan na die tyd net te voel hoe die gat groter en jou lyf nog groter word. Maar liewe liewe meisiekind, daar is hoop. Ek is van matriek af op antidepressante en dis okei. Hoekom is dit ‘n skande? As ek ‘n diabeet was sou niemand twee keer daaroor gedink het nie. Maar nou het ek nie genoeg serotonien nie en nou wil mense wat nie verstaan nie, ‘n mens kruisig?!? Kry die chemie in jou kop reg en jy kan aan die chemie in jou lyf begin werk. WEES EGTER GEWAARSKU: BAIE antidepressante laat mens gewig optel. Dis verskriklik erg. Been there, done that, couldn’t find a t-shirt that fitted. Ek is bereid om met jou kontak te hou as jy wil. Sterkte. Baie stywe druk!!

    Reply
    Salome
    2011/08/19 at 10:54 vm Edit # Iemand wat baie slm is se ek moet vir julle vertel van VORM, FUNKSIONALITEIT en ESSENSIE. Grend woorde.
    Prakties beteken dit dat ons almal op een of ander manier waardevol wil voel. Ons voel goed as ons waardevol is – gelukkig, capable, in beheer, reg vir die lewe, ons ons beste doen, as ons gee, glimlag en mense ons respekteer, met ons vriende wil wees, van ons hou .. dit laat ons regtig gelukkig voel.
    Die maklikste manier om waarde te kry is uit jou VORM. Hiervoor hoef jy heeltemal niks te doen nie. Dit gaan bloot oor hoe jy lyk en met watter talente te gebore is. Jy is ‘n atleet of jy is mooi of sexy of slim of maak oulike grappies of wat ook al. Almal – en dus jyself – weet jy is waardevol.

    As ons nie waarde in ons vorm vind nie kan ons dit in ons funksionaliteit vind. Dis nou die meisie met die mooi persoonlikheid … daardie een. Maar dit werk nogal, veral as mens eers klaar geswot is en begin werk. Jou baas (en dink hier baie wyd – dit kan jou kinders, jou ma, jou vriende, jou bure of jou eggenoot en so aan wees) is nie so geinteresseerd in hoe jy lyk nie. Goed versorg is reg vir hom/haar. Hulle soek jou produksie: wat kan jy insit, wat kan jy bydrae. Gou leer jy jou waarde le in die funksies en rolle wat jy kan speel. Dit werk ook – jy voel ook goed oor jouself want jy is waardevol vir ander mense.

    Mens kan egter – behoort selfs – waarde te vind in jou essensie. Die probleem hier is dat jou essensie onmeetbaar is. Jy is nie modelmooi en almal kan dit op fotos sien nie; jy produseer nie werk wat jou ‘n groot inkomste of sportbekers of beurse vir akademiese prestasie of ‘n kar of ander tekens van sukses besorg nie.
    Jy is net jy – jou siel, persoonlikheid, karakter. Onsigbaar, al is dit jou kern.
    As niemand aan jou bevestig dat jou essensie waarde het nie weet jy dit self waarskynlik ook nie. Of jy vergeet. Of dit word voortdurend so ondermyn weens jou gebrek aan vorm en funksiuonaliteit, waaraan jy jouself voortdurend herinner.
    Dit is baie moeilk om die groot dinge van essensie te onthou, soos dat jy as mens kosbaar is net omdat jy ‘n mens is. Dit is makliker om met klein dingetjies te begin, sodat al die stukkies saam vir jou geleidelik ‘n groter, sterker pretnjie van jou essensie opbou.
    Dis hier waar bv die Meyers-Briggs profiel handig inkom. Dit help jou ‘n sin kry van die soort essensie wat jy is.
    Mens bou ook essensie deur jou ervarings positief te bewoord. Bv: ek is pligsgetrou want ek oefen elke dag ‘n uur en ek doen my werk/huiswerk getrou; ek is saggeaard want ek baklei nie met almal nie; ek is uniek want ek dink anders as ander mense; ek kan goed beplan / het goeie oordeel / het baie ervaring / verstaan hoe ander tieners voel wat swaarkry / is ‘n goeie luisrteraar want ek doen dit of dat …
    Doen jou meyers-brigg profiel op die net en kyk watter essensie jy daaruit kan put. Werk aan jou essensie, en jou funksuionaliteit en vorm sal in plek val …

    Reply jagternw1976
    2011/08/19 at 7:52 vm Edit # Hallo Sanri. Nou waar sal ek begin ? Heel eerste gaan ek nie met jou saamstem of simpatiseer nie. Dis wat almal doen en wat verkeerd is. No1: Al is jy hoe moedeloos, gatvol, skuldig, vol self verwyt…. die Here het JOU lief oor JY sy kind is, dik of dun. So moenie ophou bid of skuldig voel nie.
    No2: Eet. Maar eet gesond en gereeld. Jy moet jou metabolisme aan die gang kry. Jou liggaam is ‘n fabriek wat HEELTYD moet werk. Eet 5 keer op ‘n dag, maar hou dit gesond. Oor oefening gaan ek niks se nie, as jy wel elke dag net 1 uur oefen EN gereeld gesond eet gaan jy resultate sien. Volgens my is meeste probleme in ons kop. En pille is nie die uitweg nie. Vars denke ou girl. Wees positief. Die woord depressie is soos gif. Vergeet dit.
    EN dan moet jy onthou dat ‘n brandmaer meisie ook nie baie aandag trek nie. ‘n Man soek darm bietjie iets om aan vas te hou. STERKTE !

    Reply Kopbeen
    2011/08/18 at 5:28 nm Edit # Word eers weer lief vir jouself.

    Reply Lorien
    2011/08/18 at 12:52 vm Edit # My liefie jy is nie alleen nie en jy kan enige tyd hier praat. My dogter was verslaaf aan kos en het 100kg geweeg, sy is vol rekmerke en haat haarself. Jy moet uitvind of jou hart nie seer is oor iets nie, dan gaan jy na die website ek dink jy google overeaters of so iets, dan leees jy en sluit aan, want daar is miljoene soos jy,dis n kopsaak. Baie liefde

    Reply
    anoniem
    2011/10/26 at 11:11 vm Edit # haai daar!Ek stem saam met tannie Lorien oordat jy moet dieper kyk as net die gewig daar is daar n emosionele kwessie wat dit veroorsaak.Ek glo persoonlik dat ons as mens nie sou gepla gewees met ons gewig as ons nie gedink het ander mense was nie!Eks bly jyt gese jy wil dit doen vir jouself eks nou eers 20 en het nou nog dieselfde probleem as jy my hele lewe het toe ek 17 was in mekaar gestort agv my minderwaardigheidskompleks teenoor enige iemand maerder as ek.Ek kan regtig simpatiseer deur wat jy gaan ouers of selfs ouer mense sien nie die daaglikse stres wat ons jong mense deur gaan nie die standaarde wat vir ons gestel word deur ons ouers,ander en die ergste ons self ekt so baie om vir jou tese maar om jou meer tehelp omdat ek onlangse ervaring daarmee op gedoen het,maar alhoewel ek glo dat daar n dieper probleem is as net kos verslawing wil ek jou raad gee om beter oor jouself tevoel en om die gewig te verloor omdat ek glo as dit uit die pad is sal jy met al jou krag die dieper saak kan ‘tackle’ eerste plek ek smeek jou moenie n dieet volg nie kry n gesonder lewens wyse en onthou ons almal verskil so als is nie vir almal goed nie een dieet gaan nie vir almal dieselle resultate gee nie jou eerste ding is wat jy moet doen is om n kos dagboek tekry en dan skryf jy neer wat als eet moet asb nie dan slegter voel oor jou eet gewoontes nie herriner jouself dis jou eerste stap in die regte rigting dan vind jy uit watse bloedgroep jy is en as jy wil kan ek dan vir jou n bloedgroep dieet email en ons kan saamhier deur werk.As jy dit dan wil volg dan probeer jy elke week net een van jou kossoorte in jou dagboek vervang met een van die dieet sin dan kan jy stelselmatig(moenie jouself ooreis nie anders gaan jy tou opgooi as jy lus is vir iets eet dit jy kan dit later af oefen)die bloedgroep lewenswyse volg dis al bewys om deppresie siektes en nog baie meer tevoorkom!Moet ook nie teveel oefen nie die bloedgroep dieet het n lekker program wat presies vir jou als verduidelik.Laastens ek weet dit klink corny maar maak vir jouself n lysie met al jou goeie eienskappe,beloon jouself deur haarkapper toe tegaan vir jou mooi skoene tekoop of ietsie maak aktiewe afsprake met vriende soos gaan swem ry perd,klim berg,ry perd,ry fiets woon klasse by maak dit vir jouself pret en n stokperdjie om te oefen nie n MOET nie oor die geloof ding Die Here sal jou help deur enige iets vra en jy ontvang vra vir krag vra vir lyding en vra vir n beter verhouding ek kan nie vir jou se hoe nie ons almal het n individulele verhouding met God ,maar begin net deur met Hom oor enige iets randomly te praat ek hoop regtig jy kry n beter selfbeeld en doen iets aan jou probleme en los dit nie net om ‘n sneeubal effek teword nie en as mense jou sleg se onthou die abc metode as hulle a se en jy se nie b nie kan hulle nie die alfabet klaar maak nie!sterkte skattie knock them dead!

    Reply theresa
    2011/08/17 at 8:36 nm Edit # Ek voel nes jy:( eks 27 en was n atleet. Dit was vir my n skok toe ek vir myself gese het, wens ek kon nou ophou hardloop en elke dag in die atlitiek club oefen dat ek kan begin eet!? Dit het my bang gemaak dat ek so gedink het. As ek op n dieet gaan al is dit nie n crash dieet nie voel ek ek mis uit op die lewe, eks somer n ander mens en niks is vir my meer so exciting nie want chokkies en comfort food soos warm pasta of n frosen joghurt of iets. Voel ek mis uit. Eks vris kort meisie ma sit ook in n 36 tot 38 size. Dis asof ek nie me die lus het om deur daai mentally ding te gaan om te dieet nie. Ek stres my alie af as dit somer raak want dan is dit te warm om te cover-up. En nee ek voel glad nie aantreklik of accepted nie. Ma ook ma my skuld ma soos jy se dis nie so maklik om vet te verloor vir n life time nie. As ek happi sad gestress of watokal, dan wil eke iets eet. Dis n comfort ding wat ek nie kan kry deur iets anders nie. Eke weet presies waardeur jy gan. Ek voel ek wil weghardloop van mooi maer meisies. Dis nie lekker nie. Jis ek voel so of ek nie hoort by hulle nie. Ek is n oulike kreatiewe mens ma ongelukkig het die wereld so verander dat beauty nie me skin deep is nie. Ek het n werk applikasie gesien waar dit se’looks count for this position’ weet dit gan oor gewig ma is seker n mooi gesiggie gaan hand aan hand. Ek ken n oorgewig gevoel wa mens hulpeloos en moedeloos voel. Hierdie innerlike stryd constantly. Weet jou oukie bv hou nie van vetties nie ma sele tyd is dit wat jou biekie happi maak want comfort is mos wat mens soek. Wil ma net se eke voel nes jy.

    Reply Catherine
    2011/08/17 at 8:30 nm Edit # Ai om te dink ek sit vanaand met iets soort gelyks. My dogtertjie 8 kan net nie genoeg van kos kry nie. Dis haar comfort sy kom so mooi reg en dan val sy weer in n put en die Kg rol aan maar wat die ergste is. Ek as ma doen dieselfde so hoe kan ek vir haar preek. Ek het deur dieselfde gegaan as kind en gaan nogsteeds daardeur as grootmens. Ek bid vir jou en my kind

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s