Ek was swanger … en het oor als gehuil … selfs oor advertensies wat vir my mooi is … as enkelouer kan ek nie sonder my antidepressante

In 2005 het ek swanger geraak met my meisiekind wat lank beplan was. Ongelukkig is sy met “clubfoot”-syndroom gebore en ons is deur diep waters met gips aan ‘n 4 weke oue beentjie, dan die skoentjies met die staalstut tussen-in. Alhoewel ons die beste moontlike sorg vir haar kon bekostig, het dit tog sy tol geeis en ek in ‘n swaar depressie geval.

Gelukkig het die ginekoloog dit dadelik opgetel – ek het gehuil as ek na advertensies kyk wat vir my mooi was, het gehuil as my meisietjie huil en sy het boonop koliek-simptome ook begin toon – ons het dit “moord-uur” genoem want elke middag van 4-uur tot net na 5 het sy gehuil sonder ophou en dit is sielsdodend aangesien jy so magteloos is.

Ek is eers op ‘n ligte anti-depressant geplaas en dit het eers na ‘n paar dae werking getoon. Twee jaar later was ek nog steeds daarop en baie gelukkig – tot die noodlot weereens toeslaan.

Haar pa het tussentyd direkteurskap verwerf en terselftertyd die rondlopende-ek-weet-nie-waar-my-lewe-oppad-is nie 39 mylpaal bereik. Eweskielik was my perfekte lewe heeltemal omgekeer met minwete waar hy rondwaal saans – hy het later en later huiswaarts gekeer. Die drank en partytjies saam met ander soortgelyke mans het belaglik geraak en ons het baie begin argumenteer.

Tot die dag wat ek uitvind dat sy (23-jaar sy mindere) verkoopsdametjie en hy al maande mekaar sien. Sy was boonop ‘n vriendin aanhuis. My ma het my besoek om my deur die trauma te help. Ek het geweier om op te staan vir werk en het net geslaap. Moeks het my ginekoloog geskakel en gese hier moet plan gesien word en so spoedig moontlik. Ek is op ‘n heelwat sterker anti-depressant gesit en dit het ongelooflik gehelp om my deur die tye te raak.

Ek het probeer afgaan van dit, maar dan raak ek ongelooflik geirreteerd en ongeduldig met my kinders en noodgedwonge moet maar weer terug daarop. Dit is nou al drie jaar en ‘n goeie vriendin het geadviseer dat ek my probleme “sugarcoat” met die pilletjies en nie met my situasie deel nie.

Ek weet nie meer of dit so is of nie – ek weet net, dit help my en ek kan “cope” met wat ook al na my kant gegooi word – dit was ‘n baie moeilike paadtjie tot dusver…

As enkelouer van ‘n 14-jarige seun en 5-jarige dogtertjie sien ek nie kans om daarsonder te gaan nie.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

2 thoughts on “Ek was swanger … en het oor als gehuil … selfs oor advertensies wat vir my mooi is … as enkelouer kan ek nie sonder my antidepressante

  1. My hart gaan uit na jou. Ek was daar. Ek het nie die ontroue eggenoot probleem gehad nie maar my depressie was baie erg na my kinders se geboorte. Ek wil vir jou 3 goed se:
    1. Se vir die vriendin sy weet nie waarvan sy praat nie (dis nou die sugarcoat vriendin)
    2. Gaan sien asb ‘n psigiater. Ek weet dit klink skrikwekkend, ek het ook baie lank vasgeskop daarteen. Maar weet jy wat, hulle verstaan die medisyne kant net soveel beter as ‘n ginekoloog. My gyni was vir my baie baie goed maar hulle kan nie vir jou doen wat ‘n psigiater kan nie
    3. Moet nie jouself verkwalik dat jy medikasie gebruik nie, maak vrede daarmee, dit is nie ‘n skande nie, jy het ‘n siekte wat behandel moet word.
    Baie baie sterkte, as ek kon het ek nou vir ou ‘n groot druk gegee

  2. Ek word soo kwaad as ek lees van mense soos jou vriendin se reaksie. Sy is n regte DIKKIP. Depressie word veroorsaak deur n tekort aan serotonien wat afgeskei word deur die senuweepunte in jou brein. Dis n siekte soos enige ander,sonder dit sou ek al lang bome toe gewees het. Depressie is een van die mees behandelbare siektes. sy is seker nog nooit deur enige trauma nie. Drink jy jou medikasie meisie en mag dit goed gaan met jou. Ek is al 22 jaar op Aropax en sal dit die res van my lewe drink. Sterkte vir jou. O ja! My man het ook daai sindroom gehad, toe draai die wiel vir hom,arme ding is dood van bloedkanker. Alles wat mooi is vir jou.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s