Ek verstaan hoe dit is om jou werk weens bipoler te verloor

Heidi in reaksie op ‘Elk het vandag vir die eerste keer in drie dae gestort:

My hart gaan so verskriklik uit na jou toe. Ek weet ook hoe dit voel. Het einde 2007 my werk verloor – as gevolg van Bipolêr wees (het ek eers na die tyd uitgevind). Ek kon nie meer fokus op wat ek gedoen het nie en die een ding het tot die ander gelei en die uiteinde was vir my baie sleg.

Ek kry tot vandag toe nog bitter baie swaar alhoewel dit al heelwat beter gaan. Kan nie daai “ding” in my binneste verwerk nie. Nie goed genoeg nie – nooit reg nie ens. ens. Dis baie erg. Mens is so onseker oor jouself, wat jy doen, wie jy is. Die kleinste dingetjie wat gebeur wonder jy oor – kon jy nie beter nie? Kon jy dit nie vermy het nie?

Wat ek egter vir jou kan sê is dat jy nie moet opgee nie. Iewers is daar iets wat vir jou sal uitwerk. Ons tyd is nie die Here se tyd nie en hy is nooit laat nie. Ons is soms (altyd) geneig om ons “pakkie” uit die Here se hande te gryp en self te probeer mooimaak. Ek dink soms so daaraan: ek is in ‘n kamer met spierwit mure – geen vensters nie. Die plafon is laag – so laat dat wanneer ek staan net my hande deur ‘n gat daarin kan deurgaan. Dan – my kleine handjies deur die plafon gesteek en die Here se groot sterk hande aan die anderkant van die plafon. Ek ontmoet Hom daar en hy hou my vas – sal nooit los nie – al voel dit soms so.

In retrospek oor die feit dat ek my werk verloor het, het ek besef die Here het ingegryp. Ek kon nie die keuse maak nie – Hy het dit vir my gemaak. Ek kon nie besluit tot hier toe en nie verder nie. Hy het besluit dat om my te “red” van myself moes ek nie verder daardie werk doen nie. Ek weet nie wat van my as mens sou geword het as ek nog moes aanhou waar ek was nie.

Soos ek gesê het was dit ontsaglik moeilik om te aanvaar en om daardeur te kom maar ek is 100 % beter af nou as wat ek sou wees as ek aangehou werk het. Vandag het ek weer ‘n werk maar dis rustiger, ek het meer tyd vir my kinders en goed wat vir my belangrik is.

Weet nie of jy hou van lees nie – maar daar is ongelooflike boeke beskikbaar waaruit jy basies voel “haai hul skryf dan hier oor my”. As jy sal wees wat ek bedoel. Dit help ook baie. 2 waaraan ek so vinnig kan dink is: “Misluk Suksesvol” en “The Power of Positive Thinking” (Vincent Peale). Ek ken nie die skrywers so baie goed uit my kop uit nie maar ek is seker enige goeie boekwinkel sal jou kan help om dit te kry.

En medikasie is ongelukkig onontbeerlik. Ek het baie lank daarteen gestry en wou dit nie gebruik nie maar het vandag tot die besef gekom dat ek nie ‘n keuse het nie. Ja, daar is slegte newe effekte maar as jy die twee kante teen mekaar opweeg sal jy vind dis beter om die newe effekte te verdra as om so vreeslik te voel. Miljoene mense drink elke dag die een of ander pil vir iets – bloeddruk, cholesterol, diabetes ens – wat is fout daarmee dat ons wat psigies swaarkry nie ook medikasie kan neem nie.

Ek moet ook bysê dat ek agtergekom het dat jy nie skielik in ‘n “ander mens” verander die oomblik as jy die medikasie neem nie. Dit maak nie die wêreld ‘n beter plek nie – dit help jou bloot om dit wat oor jou pad kom beter te hanteer. Jy en die medikasie “ontmoet” mekaar halfpad.

Hierdie Blog is die beste ding ooit. Dit laat mens voel jy is nie alleen nie. Jy lees ander se stories en voel dit voel asof dit jou eie is. Lees dit elke dag en gebruik die raad wat jy kry – ek is seker jy sal beter as ooit anderkant uitkom. STERKTE!!!

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

5 thoughts on “Ek verstaan hoe dit is om jou werk weens bipoler te verloor

  1. x ook bipoler. Ht geen ondersteuning vn familie, hulle se x mal. In di proses om my werk te verloor. Ht ook nu my boyfriend vn jjaar verloor. Ht kinnes. X voel elke dag of x wil selfmoord pleeg. Kani besluite neem. X dink almal sal beter af wees as x sterwe

  2. Hi, baie dankie vir jou boodskap ek verstaan presies wat jy vir my se, en ek weet dat ek soveel positiewe dinge het wat in my guns tel, maar selfs met al my ondersteuning wat ek tot my beskikking het. Is dit vreeslik moeilik om elke dag op te staan en deur die dag te kom.

    Groete Lizette

  3. 2 Responses to “Ek verstaan hoe dit is om jou werk weens bipoler te verloor”
    zacpro
    2011/02/11 at 1:37 nm Edit # Pragtig gestel, soo bemoedigend. Die blog beteken wondere vir my

    Reply Anton
    2011/02/10 at 6:08 nm Edit # Ek meen dat AANVAARDING dalk die kern van die oplossing is. Om te aanvaar dat omstandighede is wat dit is; dat daar ‘n verandering plaasgevind het; ‘n krisis het ontstaan; en te midde van die krisis moet ek myself sien as oorwinnaar en nie ‘n verloorder nie.

    Dit bring mee dat ek nie oorweldig voel nie, alhoewel ‘n langdurige krisis skadelik kan wees en ek nou hulp nodig het synde berading en/of medikasie.

    Ter verduideliking: ek lei aan kroniese angs wat soms akkuut raak en depressie tot gevolg het. Ek het van kleins af gehakkel, ‘n minderwaardigheidskompleks opgedoen en soos jy weet met die stigma verbonde aan wat bestempel word as geestesongesteldheid te doen gekry.

    Aanvaarding is dus byna soos om te erken dat ek verloor het. En wanneer ek so voel, voel ek nutteloos, bedroef, teleursgeteld.

    Tog besef ek daar is fout.

    Wereldse wyshede, as dit sou werk, het my nie veel gehelp nie. My soeke na oplossings het meer in ‘n religieuse rigting ontwikkel. Helaas, het dit nie wonderwerke opgelewer nie. Ek glo egter dat met tyd kom raad.

    Daarom het ek reeds begin om ‘n afspraak met ‘n berader te maak.

    Dankie en sterkte vir jou ook.

    • Hi ek het bipoler en ek het ook my werk verloor, eintlik twee keer weens bipoler dit het my nie dadelik gepla nie, ek weet net die oomblik toe die rialieteit my tref soos iemand wat my met n vuis in my maag slaan, het hierdie vreeslike skaamte oor my gekom, ek wou weg kruip vir die wereld en veral vir my man en kinders. ek is baie kwaad omdat ek nie normaal kan wees soos ander mense nie.
      ek ry n wipplank weet nooit waneer ek op of af is nie, soms is hierdie gevoel so ondraaglik. Ek voel nutteloos, soms aleen met my gedagtes alhoewel ek die wonderlikste man ooit het, wat by by staan deur dik en dun, my nog nooit verstoot het nie. Is ek soms sooooo aleen.

      Ek smag daarna om n werk te kan he en soos n normaale mens te kan funksioneer maar die waarheid is so drae mense hoor jyt bipoler tel dit teen jou. Al wat ek wil wees is NORMAAL dis al is dit so baie gevra????

      • Hi Lizette
        Welkom, en ek sien jy het op ‘n paar plekke kommentaar gelewer. Party positef en party wat vertel van jou frustrasie en swaar. Feite waaroor niemand met jou kan of wil stry nie. Jy het ‘n pakkie om te dra …
        Maar wat my tref is dat jy die konsep van die positiewe OOK goed uitdruk: jy het ‘n paar dinge in jou guns. Soos jou man. Soos jou psigiater. Soos dat jy medikasie het en kan bekostig.
        Ek wonder as jy kyk wat in jou guns tel – sal dit jou sterker maak in jouself? En jou meer in beheer van bipoler laat voel eerder as soos’n slagoffer daarvan? En op die manier bemagtig laat voel? Dinge is mos soos ons dink dit is.
        As jy lus is, deel hulle in twee lysies: Lys A van die pluspunte wat jy het om jou te ondersteun en Lys B van die dinge wat jy wel kan doen.
        As jy wil kan jy dit hier pos. Dit kan ander mense help om van jou te leer oor hoe om bipoler vierkantig in die oe te kyk en te bestuur so veel as wat jy kan.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s