Ek is so uitgehonger vir my man se aandag

Ek is seker my situasie is nie so ergnstig soos baie ander mense sin nie, maar dit voel of ek so alleen is, en ek haat dit.
Toe ek Desember maand se Rooi Rose koop, het die informasie oor die blog uitgespring na my toe, die is die eerste keer wat ek my gevoelens op skrif sit, en ek hoop dit help, want ek weet nie meer watse kant toe nie.

Om my storie te kan verstaan, moet ek terug gaan na die begin van my kinderjare. My ouers is geskei toe ek 5 jaar oud was, ons (ek het 3 broers) het by my oupa en ouma gaan bly saam met my ma. Vandat ek kan
onthou, is ek gemolesteer deur my ma se 3 broers en my oupa.

Ek het een keer vir my ma vertel en haar antwoord aan my was dat sy nie kan bekostig om met 4 kinders op straat te sit nie. Ek is deur hel en terug oor ‘n tydperk van 11 jaar, maar ek het skool klaar gemaak en het vandag ‘n baie suksesvolle loopbaan. Ek is gelukkig getroud met 2 pragtige kinders.

Wel, tot onlangs, was ek gelukkig getroud. Dit voel of my huwelik op die rotse is en ek weet nie hoe om dit te keer nie, my man raak al hoe verder van my af weg elke dag. Ek wens ek kon sê dat hy ‘n slegte mens is, maar hy is nie, hy was nog altyd baie sag en liefdevol. Hy is ‘n fantastiese pa, maar vir die laaste jaar het hy al hoe harder begin word en al hoe minder vir my aandag, liefde en geselskap begin gee. Ons was by ‘n huweliksberader en dit het goed gegaan vir ‘n rukkie, nou wil hy nie meer gaan nie, hy sê alles is reg en die huweliks berader kan niks meer vir hom vertel wat hy nie reeds weet nie.

Ek raak so hartseer as ek hom by die werk sien (ons werk saam), en hy gesels so vriendelik met almal om ons, maar vir my het hy niks te sê nie, ek is so uitgehonger vir sy liefde en aandag, om net ‘n rukkie met hom te sit en te gesels, maar as ek probeer dan het hy niks te sê nie. Ek kom uit ‘n geskeide huisgesin en my grootste frees is dat ek dit aan my 2 kinders moet doen, maar ek weet nie hoe lank ek nog so kan aangaan nie, ek begin al hoe meer soos ‘n slegte mens te voel wat nie sy liefde verdien nie, want ek moes iets verkeerd gedoen het, ek weet net nie wat nie.

My dogtertjie (9) is so saggeaard, ek kan my nie indink om haar hart te breek nie, sy is so versigtig om haar liefde vir ons te deel, sy sal nooit een voor die ander voor trek nie. My seuntjie (5) is ‘n dwergie, en ek voel hy het reeds so baie op sy bord dat dit onregverdig van my sal wees om hom in ‘n gesplete huisgesin groot te laat word. Ek sal my man nooit weier om sy kinders te sien nie, want ek het gesien wat dit aan my en my 3 boeties gedoen het, my ma het geweier dat ons ons pa sien.

Ek wil nie my kinders seer maak nie, maar ek kan ook nie verder soos ‘n slegte vrou voel nie. Ek wil nie eers meer moeite doen om mooi aantetrek nie, ek voel soos niks. Ek maak huis skoon, maak kos, doen wasgoed, help die kinders met hulle skoolwerk, ek reel alles as dit by die kinders kom, maar tog praat my man nie met my nie, met die kinders is hy vriendelik en opgewek, maar met my is daar net stilte. Dit voel of ek van my kop afgaan, ek moes my hele lewe lank stilbly oor alles, ek het gesels nodig in my lewe, ek kan nie my gevoelens so opbou nie, my gedagtes maak my mal!

As gevolg van my verlede, is ek sosiaal gestremd, so ek het nie eers ‘n goeie vriendin met wie ek kan gesels nie. Ek sukkel om mense en hul motiewe te vertrou.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

6 thoughts on “Ek is so uitgehonger vir my man se aandag

  1. Middag ek lees wat jul hier skryf ek wonder soms is dit als die moeite werd. ek in my tweede huwelik ,n wonderlik man nou al gooi hy ook als rond .ek wil graag net weet hoekom mans maak of jy hul slaaf is,en jy kan kwaad word baklei hul weet na dag of twee gee jy weer in en ons verval wee in roetienne. my plobleem en ek sien nie uitweg nie : laat ek eers se, uit my eerste huwelik het ek 2 kinder my dogter getrou my seun n jaar terug motorongeluk oorlede.ek is sy derde vrou hy het tweeling seuns van 12.ons verhouding gaan goed tot dat die seuns by ons kom kuier.hy verstoot my ek kry geen aandag en liefde ek moet loop en skoon maak agter hulle en as ek met hul raas dan se hy ek pik en is jaloers op die seuns ons baklei so dat ek voel ek wil ook nie meer lewe nie.maar as dit kom by sondag middag hul terug gaan ,en hul wee weg is is ek wee goed genoeg en vrae wats nou weer fout.Ek het hom al baie gese moet nie se jys life vir my nie bewys dit want ek voel ek vrou wil net respikteur word en ons soek net aandag en liefde kan nie glo of dink dat hul dit nie kan snap nie .

    by voeg op boonste brief ; askies ek voel klein bietjie beter gedink net ek sit met die gemeenskap probleem, dit gaan nie wat jy soek nie dit gaan oor wat hy soek.

    EK DEEL WANT WIL GRAAG WEET ,hoe dring ek tot hom deur

    dankie(kitty) 14/11/2014

  2. Hi, ek is 23 jaar oud, is uit ‘n baie slegte huwelik met ‘n seuntjie wat toe 7maande oud was, die pa wil nie my kind afskryf nie, maar ook niks met hom te doen he nie. Ek het intussen deurmekaar geraak met 1 van my skool fligs en dit het so goed gegaan vir die 1ste 4maande, toe raak ek swanger, en op 11 weke toe se hy vir my om te gaan vir ‘n aborsie, ek het toe gegaan en hy het geen gevoel gewys of niks gese daaroor nie. Ons is nou ‘n jaar en amper 4 maande saam en nou is ek weer swanger en hy is baie opgewonde oor die kleintjie, maar hy verkies drank bo-oor ons. Hy drink elke dag van sy lewe en as ek hom konfronteer daaroor, dan se hy daar is niks daarmee fout nie. Hy is elke dag vrot gedrink, wil heeltyd drank he. Ek mag nie aan hom vat, hom soen of naby hom kom nie, ek mag nie eers gemeenskap he wanneer ek wil nie, wanneer dit hom pas en wanneer hy dinge gedoen wil he dan moet ek maar net reg staan. ASB help. Ek is moedeloos, raad op en weet nie meer watse kant toe of wat om te doen nie. Ek huil myself elke aand aan die slaap, ek huil by die werk, ek is heeltyd gestres en bewe.

  3. Hallo Weet Nie
    Jy skryf so ‘n mooi epos, en ek glo jy gaan hierdeur ook kom. Twee dinge:
    Jy het al op jou eie stoom so ver gekom – ek admireer jou regtig. Dit is nie grappies om oor al daardie trouma te kom nie. Jy kan jouself op die skouer klop dat jy vir jou kinders ‘n ander lewe kon skep as wat jy gehad het. As daar ‘n egskeiding voorle beteken dit nie noodwendig dat hulle dan in ‘n situasie sal wees dat hulle gemolesteer sal word nie. Jou man klink nie na die soort wat dit sal toelaat nie – en jy sal nie, wnat jy het ‘n loopbaan en inkomste sodat jy nie in dieselfde situasie as jou ma hoef te beland nie.
    Maar ek kan baie goed verstaan dat jy hieroor baie angstig voel.
    Wat ek eintlik wou se is dat iemand met sulke kosbare eienskappe en soveel innerlike krag is en sal ‘n wonderlike, opregte, gewaardeerde vriendin kan maak. Mense wat sosiaal ervare is het maar net die tegnieke aangeleer; mense wat skaam is het maar net een of ander persepsie wat hulle laat glo daar is iets fout met hulle … soms is dit vals persepsies, maar baie dikwels is daar gronde daarvoor en onregte wat gepleeg is … wat jy op soveel maniere oorkom het … dalk het jy nog net die laaste hupstootjie nodig?

    Die tweede ding: mens kan nie ander mense verander nie, net mens self. Julle was al vir huweliksberading en dit het tot stilstand gekom. Los dit eers – mense koop net in as hulle gereed is daarvoor. En jou man is nie nou daar nie.
    Maar wat ek by jou hoor is dat JY gereed is vir verandering. Waarom nie self gaan vir lewensafrigting of persoonlike ontwikkeling of doodgewone geselsterapie nie?
    Jong, dit is ‘n belegging soos min. Dit klink of jy dit kan bekostig, en ek hoop jy woon iewers waar daar ‘n goeie, ervare terapeut beskikbaar is.
    Doen dit vir jouself, toe?

  4. Dankie vir jou antwoord, jy het my ‘n hele nuwe persepsie gegee om aan te dink, ek werk so hard vir my man en my kinders, dat ek nie eers daaraan gedink het om iemand vir myself te gaan sien nie.
    As iemand ‘n jaar terug vir my gesê het dat ek nou so ongelukkig sou gewees het, sou ek vir hulle gelag het, my lewe was goed, of so het ek gedink.
    Hierdie was ‘n baie rowwe week vir my. So my man het gister aand besluit dat hy my wil skei, ek het hom 6 keer deur die loop van die aand gevra of hy seker is en elke keer het hy gesê hy is doos seker. Ons het toe soos 2 volwasenes die huis opgedeel, die toesig oor die kinders bespreek en besluit dat ons as goeie vriende uitmekaar wil gaan en dit so pynlik as moontlik vir die kinders maak. My man het vir die 1ste keer in ‘n lang tyd weer lewe gekry en met my gesels, dit het my hart gebreek om te sien hoe opgewonde hy is oor skei en weer sy eie ding te doen. Toe offer ek om hom te help met sy begroting, want ek is tog die finasiele guru tussen ons. Toe ek klaar met sy begroting is, toe is dit baie duidelik dat hy nie sonder my inkomste kan oorleef nie, op sy eie salaris met sy uitgawes en helfte van die kinders se versorging, het hy nie eers geld oor om kos te koop nie. En net so besluit my man dat hy verkeerd was en dat hy tog so baie lief is vir my en graag wil hê die huwelik moet werk. Hy sê dit het niks met die begroting uit te waai nie. Ek weet nie of ek gelukkig of hartseer of kwaad moet wees nie. Ek is so lief vir hom, maar ek wil nie hê dat hy met my getroud moet bly omdat hy dit nie anders kan bekostig nie.

    Wat doen ek nou? Ek voel in twee geskeur, ek wil nie skei nie, maar ek wil nie met iemand getroud wees net vir geld en standvastigheid nie. Hoe moet ek hom nou glo as hy sê hy is lief vir my nadat hy soveel keer vir my gesê het hy is seker hy wil skei. Hoekom het hy nie self eers na sy begroting gekyk voor hy my hart in tien duisend stukkies gebreek het nie.
    Al wat ek nou kan doen is bid vir die Vader om my krag en geduld te gee, ek glo dat die Here se Wil sal geskied en dat alles met ‘n rede gebeur. So my huwelik los ek nou is Sy hande.
    Ek gaan vandag met verlof, en ek hoop dat die vakansie ons gesin goed gaan doen.

  5. Sjoe – ek kan my nie ‘n lewe sonder vriendinne voorstel nie. Baie sterkte, ek hoop regtig dat dinge doeg vir jou sal uitwerk en bo alles dat jy iewers ‘n goeie vriendin sal kry. Probeer om vir iemand ‘n vriendin te wees en miskien kan dit ‘n dieper vriendskap word (dit gebeur ook nie oornag nie hoor)
    Groetnis!

  6. Ek dink ek weet waar deur jy gaan. By my is dit net anders om ek wil hom skei ek probeer maar kan nie meer so aan gaan nie dit voel vir my of ek besig is om mal te word. Ons sal hierdie jaar Augustus 24 jaar getroud wees en ons het niks vir mekaar te se nie ons weet nie hoe om met mekaar te praat nie en die slag wat ons wel met mekaar praat loop dit op ‘n helse rusie uit.
    Hy doen geen take in en om die huis nie ek moet hom altyd 10 keer iets vra en dan sal hy vir my se gaan maak eers my klere reg voor ek dit doen en as hy dit doen is dit met ‘n gevloek en skree, wanneer hy in die aand by die huis kom na werk gaan sit hy voor die televisie gooi al sy goed wat in sy sakke is net daar uit alles wat hy eet en drink pak hy al om hom dit lyk te aardig as ek dit nie optel nie sal dit daar bly tot volgende jaar, daar staan hy eers 11 uur op as hy kom slaap dan slaap ek al lankal.
    Partykeer wonder ek hoe het ons 2 ooit bymekaar uitgekom ons is 2 heeltemal verskillende mense met verskillende waardes hy gee glad nie om, om morsig te leef nie en hy leer ons seun net so bv. hulle altwee sal iets in die moterhuis soek(die moterhuis loopdeur my kombuis) dan word die hele plek omgekrap en net so glos voordat ek werk toe kan gaan moet ek eers alles voor en agter my moter weg vat. Wanneer ek met hom daaroor praat se hy net vir my as jy nie daarvan hou nie gaan bly by jou ma

    My 2 dogters is ongetroud en bly nog by ons in die huis my seun is in st8 ons 2 kom glad nie goed oor die weg nie ons loop mekaar die heledag en slegse, sy sussies kom ook nie met hom klaar nie. Hy en my man verafgod mekaar hulle staan bankvas agter mekaar my man sal maak of hy dit nie hoor as hy so lelik met my of sy 2 sussies praat. My seun toon geen respek vir my of sy sussies nie en my man gee hom altyd sy sin en dan is dit weer ‘n bakleiery tussen ons. My man is glad nie ‘n slegte mens nie dit is nie wat ek probeer se nie inteen deel hy het ‘n baie sagte hart en sorg goed vir ons

    Ek is glad nie ‘n engel nie ek weet ek het ook baie foute ek dink partykeer die fout le by my en dat dit ek is wat besig is om mal te word. Dit voel vir my of ek alleen die kinders se opvoeding moet gee ek is die kwaai een in die huis dit voel of ek alleen als moet dra en ek is sommer net moeg en moedeloos daarvoor.

    Het jy vir my raad ?!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s