Ek is seker nie die eerste geskeide enkelma nie …

Dankie vir die geleentheid om die seer uit my hart te kry. Ek is seker nie die eerste geskeide, enkel-ma nie, en dus weet ek dat daar wel hoop en raad is daar buite.

Ek is baie vroeg in my lewe getroud. Ek moes die gevaar tekens toe al gesien het! ‘n Baie skaam, hulpelose dogtertjie wat net ge-ja en amen het op alles tot na my egskeiding. Tot vandag toe kan ek nie standpunt inneem nie, en hou ook nie daarvan om in die kollig geplaas te word nie! Seker een van my swakste punte.

Al wat ek nie sal berou nie, is die geboorte van my twee pragtige kinders, wat ek baie baie lief het! Hulle het egter die seerste gekry in die hele egskeidings proses, en dit sal ek myself nooit kan vergewe nie! ‘n Sielkundige het my eenkeer meegedeel dat as ek nie gesond word nie, my kinders ook nie gesond sal word nie. Dit maak sin en ek probeer hard om die nuwe vrou in my eks man se lewe te aanvaar ter wille van my kinders, maar my eie hart… Dit maak nie meer saak nie.

My Eks het my meegedeel, net voor ons egskeiding, dat hy ‘n “out-going” persoonlikheid soek en hy het gegroei terwyl ek agter gebly het. Ek gee toe dat ek net aanvaar het wat hy gese en gedoen het. Dit alles terwyl sy vriende & familie my ook as ‘n “Suutjiespoep” beskou het.. Ek verstaan seker hoekom hy wou uit, want ek is maar baie teruggetrokke en nie baie goeie geselskap by funksies nie. Is dit so ‘n groot sonde om teruggetrokke te wees?

Ek is op 21 jarige ouderdom getroud, fout nommer een, fout nommer twee is – ek is toe binne gemeenskap van goedere getroud. Ek het nooit die geleentheid gehad om op my eie voete te vind, of te staan nie! Ek is uit my ouerhuis met die man getroud, wat ek gedink het my op sy hande sal dra tot die dag van my dood. (my eerste liefde) Wat ‘n ontnugtering!

Ai, ek wil nou nie in alles ingaan wat met my gebeur het / nogsteeds gebeur nie, maar hier is ‘n paar;

* Geskei, met twee klein kindertjies(dus verwerping),
* Ma alleen, wat nie weet hoe of waar om van voor af te begin nie (onsekerheid),
* Het nog nooit nodig gehad om vir myself te dink nie, maar nou moet ek al die harde besluite neem en dinge doen, wat ek normaal weg nooit sou doen nie (bang),
* Ek’s man wat nie dadelik onderhoud kon betaal nie, daarna kon hy net ‘n paar rand betaal, waaroor ek baie bly is (maar dit is nie wat die skikkings akte se nie)(moeg),
* Almal wat se ek moet hom hof toe vat – maar ek is so moeg vir baklei!
* Volgens hom het hy nie nodig om my te help met ‘n blyplek nie, want daar waar ek bly moet my kinders ook bly (so het iemand hom ingelig),
* Ek moet sorg vir die skoolgelde, naskool, medies en onkostes van my kinders (gelukkig betaal hy nou onderhoud.. dit help bietjie),
* Bly by my ouers en kan nie ‘n plek van my eie bekostig nie (totale mislukking)
* Eks man wat homself laat sekwestreer het na ons egskeiding, Dit was seker die grootste skok / vrees in my lewe – is nogsteeds..
* My gelos met al ons gesamentlike huis skuld,
* Ek wat probeer het om ons gesamenlike huis te verkoop vir ‘n goeie bedrag,
* Het dit ook reggekry met die hulp van ‘n baie goeie eiendoms agent en FAMILIE wat my elke oomblik bygestaan en gehelp het,
* Skuld die bank nog een GROOT bedrag, wat ek probeer afbetaal. Het uitgewerk dat as ek 105 jaar oud is, ek seker nie meer te veel sal skuld nie… As ek 105 gaan sien..
* Mense wat my nou nog skakel rakende rekeninge wat uitstaande is, oorgegee is aan prokureurs – Al wat ek maar kan doen, is om hulle na sy kurators toe te verwys…

Ek voel so ongelooflik moeg, moeg, verneder, eensaam, niks werd en nie goed genoeg vir iemand nie. As my eks my te lig bevind het, hoe sal ek ooit weer geluk kan vind. Partykeer wonder ek of ek nie maar net moet moed opgee, en dan kan my kinders ook weer uitvind wat normaal is. Een huisgesin met twee ouers en dat hulle nie so verskeurd sal voel tussen twee huise nie… Ek wens dat my eerste probeer slag ‘n sukses was.. maar dit was nie.

Dan, aan die ander kant dink ek my kinders het my nodig, al kan ek hulle net liefde bied.. My ouers en familie wat nog elke dag by my staan, hulle sal dit nie kan verwerk nie.

Dit is nou al drie jaar nadat ons geskei is en ek kan nog nie ten volle vergewe nie. Ek is ‘n depresiewe en diep bedroefde, eensame vrou, terwyl my eks aangaan met die lewe. Ek sal seker nooit van hom “geskei” kan wees nie, aangesien ek met al ons skuld en probleme sit..

Ek weet ek kla seker met die wit brood onder die arm, maar ek is so moeg, so ongelooflik moeg! Ek wonder somtyds hoekom ek gebore was, en verstaan nou hoe Job in die Bybel moes gevoel het, in sak en as…

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

10 thoughts on “Ek is seker nie die eerste geskeide enkelma nie …

  1. My hart bitter seer weet nie eers hoe om hier deur te kom
    Nie my man slaap rond en vir 15 jaar was ek die brood winner nou wil hy skei en alles vat en ons te gronde neem ek weet nie eers waarom te begin huil elke dag van vrees war om hulp te kry weet ek nie tans is hy glo werkloos weet nie eers waar hy hom werklik bevind nie hy trek so van dorp tot dorp ai ek wens God kan my hart vat eb weggooi ek soek nie meer my harr nie

  2. Jy moet onthou dat dit normaal is vir jou selfbeeld om na ‘n
    egskeiding ‘n knou te kry. Dit voel asof alles ‘n mislukking is as
    mens se huwelik misluk. Ek dink egter jy moet ophou om jouself
    daarvoor te verwyd. Onthou dat jy oral die beste besluite geneem vir
    jou kinders en hulle dit sal onthou. My ouers is ook geskei toe ek
    klein was en ek was dankbaar dat hulle kon insien dat hulle nie meer
    mekaar gelukkig maak nie. Wat wel ‘n kind se geluk beinvloed, is die
    geluk van hul ouers.

    Daar is ook niks fout daarmee om teruggetrokke te wees nie. As jou eks
    jou nie kon waardeer vir wie jy is nie, was julle nie vir mekaar
    bedoel nie. Ek weet dit is miskien moeilik om nou te glo, maar daar is
    beslis ander mense wat jou unieke persoonlikheid wel sal waardeer.

    Ek is jammer dat jy deur so ‘n moelike tyd moet gaan en dan nog
    oorlaai word met verantwoordelikhede ook. Dit is egter nou wat jy ‘n
    kans het om vir jou kinders die sterk vrou binne jou te wys. Hanteer
    jou verantwoordelikhede elke dag treetjie vir treetjie en moenie vir
    jouself bo-menslike verwagtinge stel nie. Dit sal ook goed wees om
    ondersteuning te kry deur hierdie moeilike tyd. Kyk onder HULP op ons
    blad, daar is groepe wat sonder betaling werk, soos FAMSA.

    Baie sterkte met alles wat voorle. Ek glo dat jy die sterkte binne jou
    sal vind om alles te hanteer.

    Groete
    Maridi

    • Goeie dag Maridi

      Ek bly in Bloemfontein. Kan jy asseblief vir my FAMSA se epos stuur asseblief.

  3. Jy maak soveel goeie punte. Ek wonder of mense wat nie daardeur is nie besef dat so ‘n afsterf van ‘n liefde ‘n rouproses is? Ek dink erger as ‘n werklike dood, want hier is ‘n stuk van jouself in die proses doodgetrap. ‘n Weduwee of wewenaar se selfbeeld bly intakt

  4. Ek is nou 52 jaar oud,en is deur PRESIES DIESELFDE AS JY. aL IS JY HOE STUKKEND MOET JY ONTHOU DIE hERE MAAK ALMAL SPESIAAL, SKAAM,TERUGGETROKKE WAT OOK AL. Jy moet nooit jouself afkraak nie. Jy is uniek.Gaan na Facebook en nooi hansie Smit, hy skryf elke dag bemoedigende versies wat baie help. Jy moet ook onthou dat jou ex nie SOOS IN GLAD NIE,gelukkkig getroud gaan wees nie, n mens gooi nie jou familie net so weg nie.
    Ek wou baie dae selfmoord pleeg oor geld, eensaamheid, hartseer, woede. Dis nou al 20 jaar gelede en glo my dit SAL oorgaan. n Mens oorleef dit ek belowe jou. Jy word hard geklap deur die lewe, maar dis hoe jy anderkant uitkom wat tel. Vat dit dag vir dag moenie so erg worry oor die toekoms en al die skuld nie. Alles gaan verby. Al wat jou kindertjies nodig het is om te weet hulle behoort aan hulle mamma, sy is altyd daar vir hulle en het hulle baie baie lief. Dan sal hulle gebalanseerde mense uitdraai. Onthou net om te vertrou al is dit hoe mmoeilik. Se elke dag vir jouself ek kan want ek wil,motiveer jouself so.
    Dan klink jy ook bietjie depressief, dis n erge trauma om deur te gaan. Dalk kan jy jou dr. vra om vir jou bekostigbare anti-depressante te gee, ek belowe dit werk soos n bom. As jy ooit moedeloos voel,skryf weer.

    Hou net uit en glo, alles sal uitwerk,jy sal sien

    Baie sterkte en liefde

  5. Reply Salome
    2011/04/10 at 6:52 nm Edit # Liewe, liewe Bedroefde Vrou
    Sjoe, jy kry swaar. Weet jy, ek het die grootste, maar grootste respek vir jou, dat jy die moed het om so eerlik te wees. En vir jou eerbaarheid teenoor jou kinders en skuldenaars. Dis KOSBAAR!
    Jong, ek wonder of jy dalk baie hard is op jouself? Om verwerp te voel na so ‘n affair en egskeiding is normaal. Almal voel so. MAAR dit beteken nie jy is verwerpelik nie. Net EEN aspek van jou lewe het maar net nie uitgewerk nie.
    Soetjiespoep? Wel, wat is so wonderlik daaraan om ongemanierd of luidrugtig te wees? Of om oor te loop van selfvertroue? Dis maar net ‘n ander manier van wees, en net so geldig as om skugter, sag, eerbaar en versorgend te wees. Ek dink jy kan met absolute reg trots wees op al hierdie goeie eienskappe van jou. Hulle is jou handelsmerk – en glo my, kosbaar in ons samelewing, want te veel mense dink leiers en raasbekke en windlawaaie het waarde omdat mens hulle kan hoor. Wees TROTS, sommer BAIE trots daarop dat jy ‘n fyn vrou is. Gryp jou ingebore verfyndheid aan en koester dit! Maak al jou keuses vanaf hierdie vertrekpunt: ek is ‘n dame, vroulik en skugter. Laat die ander maar ekstroverte wees, as hulle wil. Ek hoef nie.
    Ja, dit klink vir my of julle mekaar ontgroei het. Seer, swaar. Die seerste is dalk dat jou eks eerste die skuif gemaak het. Ek weet ons het almal groot geword met die idee van eweige liefde. Maar dit was nog nooit die volle waarheid nie. Wat eerder gebeur is dat die liefde soms hou, wat wonderlik is – en soms nie hou nie, wat hartseer is. As dit breek moet ons daarmee deal. Dink daaraan soos aan ‘n kleipot: as dit breek probeer jy verniet al die stukke in jou hand bymekaar hou. As jy water ingooi gaan dit in elk geval uitloop. Die stukke sny jou boonop. Al jou pogings tap jou geheel en al, en jy kom in elk geval niks verder nie.
    Jy is nou gedwing om daardie ou, stukkende pot neer te sit – en jou eie nuwe potjie te begin krap. Jy kon nie in jou vorige verhouding groei nie. Maar kyk net hoe het jy al sedert die krisis gegroei!
    Jy het nou al so baie dinge gelys: ek dink jy is al verby die draaipunt – jy weet, daardie storie van net voor daeraad is die nag op sy donkerste?
    Kyk net hoe suksesvol het jy die huis verkoop gekry, vir ‘n goeie prys boonop. Mensig ons, wees baie trots daarop. Jy het hulp gehad maar wie het gesê mens mag nie hulp inkry nie? Jy het dit op jou manier self beding. Jy laat jou ook nie sommer deur al jou man se skuldenaars inloop nie en verwys hulle na sy kurators toe, wat absoluut reg is. En jy face jou eie skulde met dapperheid. (Toemaar, soos dinge aangaan en jy weer jou voete vind sal jy die skuld ook onder die knie kry. Hou moed)
    Natuurlik voel jy verneder, want jy aanvaar ‘n vals beskuldiging dat dit jou skuld is dat jul huwelik doodgeloop het. Wel, jy het met integriteit geleef. Dink jy jy is regtig die een wat misluk het? Nee wat, dit was maar net die natuurlike afloop van jul verhouding. Ek dink jy moet bietjie gaan sit en nuut dink oor natuurlike eindes en nuwe beginne.
    Eensaam is jy sekerlik. Wat sal help? Wat dink jy sal vir jou help? Ek dink dating is dalk nog te vroeg. Maar wat van iewers betrokke raak? Iets waarin ek nogals glo is die Meyers-Briggs profiel – maar net as tool as mens sukkel om jouself te ‘vind’ of te verstaan of nie ken nie, soos jy dalk voel. Dit gee mens nogals verrassend insig in dit wat vir jou regtig lekker is, sodat jy jou aandag daarop fokus. (Lees sommer by Wikipedia meer, en kyk gerus op die internet is baie selftoetse)
    As jou eks jou te lig bevind het … ek weet nie … vind jy hom, so met die terugkyk, nie te lig vir JOU nie? Ek weet mense wat skugter is kry nie so baie positiewe terugvoer van die gemeenskap nie. MAAR mens laat jouself mislei as jy daarop inkoop. Dis soos om te sê blou is beter as rooi: dit is maar net verskillende ingesteldhede.
    Ek moet sê wat my hier effens bekommer is dat jy blykbaar dink dat jy ‘n man nodig het om jou waarde te bevestig. Of verstaan ek verkeerd? Soos jou selfvertroue groei sal jy sien en ervaar dat JY waarde op jou eie het – nie omdat iemand anders dit vir jou gee nie.
    Wat vir my so positief van jou brief is is dat jy eintlik net-net verby die draaipunt is. Jy is op daardie punt dat jy besef jy moet maar die hand speel wat jy het. As mens eers hier is begin mens kyk watter kaarte het jy in jou hand, en wat kan jy daarmee doen.
    Ek wonder oor nog een ding: het jy dalk so bietjie hulp nodig? Ek bedoel van ‘n sielkundige of ‘n life coach? In die outyd het mense mentors, priesters, dominees en /of oumas gehad wat hulle gementor het. Vandag het ons dit nie noodwendig nie. Maar ons kan dit vir ons self beding. As jy niemand het nie kyk of daar in jul plaaslike koerant ‘n groep vir enkelouers is (die skole en kerke weet gewoonlik van sulke groepe) of soek vir jou ‘n sielkundige of life coach om jou te mentor tot jy op jou voete is. Wat het daardie sielkundige bedoel met ‘jy moet gesond word’? Het hy/sy depressie by jou geïdenitifiseer? Hoe voel jy oor ‘n antidepressant? As jy jou lewe lank (sê van jou tienerjare of van jou kinders se geboortes af) depressief is, het jy doodeenvoudig te min serotonien in jou brein, en het jy dus deprressie as siekte. AL oplossing daarvoor is aanvulling met ‘n antidepressant. Wat is dit situasie? Jy is geregtig op die beste moontlike mediese sorg- gun dit vir jouself!
    Hou moed, Bedroef, hou moed. Ek glo jy gaan jou koers kry. Jy is aan die begin van ‘n nuwe leerkurwe, en ek glo jy gaan jou voete vind. Moenie bang wees om jouself te wees nie. Moenie bang wees om hulp te vra nie. Moenie bang wees om liefde te gee nie. Sterkte.

  6. Dankie vir die deel. Dankie ook vir altwee die fantastiese, ondersteunende kommentare. Baie baie sterkte, en ek glo jy gaan jou innerlike krag, wat daar beslis is, ontdek en ontgin. En jy gaan die pragtige vrou word wat jy alreeds is!

  7. Hi daar
    Ek voel baie hartseer en jammer vir jou. Ek sit nie in dieselfde bootjie nie want sien ek is nog steeds getroud. Ek wil uit hierdie huwelik wat my afgebreek het tot niks. Ek is in 1976 getroud maar moenie dink ek is al 34 jaar getroud nie. Ek was 18 jaar ongelukkig getroud. In 1994 het hy ‘n affair gehad wat hy tot vandag ontken maar het toe gese hy het my nie meer lief nie. Ha ha wat ‘n grap! Het ook nog nie weer intiem verkeer sedert 1999 nie. Ek het nou uit ons slaapkamer getrek en wag net dat ek finansieel sterk genoeg is om te trek. Hy weier natuurlik om te skei want hy het nooit, ooit foute in ons huwelik gemaak nie. Ek was altyd die een wat hom weggestoot het wanneer hy toenadering gesoek het. Maar hy het my altyd brutaal behandel wanneer dit by intimiteit gekom het en ek was ALTYD te bang om hom te se, MAAR ALLES WAS MY SKULD! Ek is nou eers besig om gesond te word MET GOD se krag en geduld. Ek was op antidepressante en kalmeermiddels tot ek besluit het ek gaan nie my gesondheid opfoeter vir hom nie. Dank die Here vir Sy Liefde, ek sal die wedloop voltooi met die Here aan my sy. Ek wil net vir jou sterkte toewens en jy kan enige tyd met kontak maak.

    Liefde

  8. Ons gaan hier beslis nie dinge oor die geslagshanger gooi nie, soos jy dit – weer eens – baie raak stel. Seer is seer, en verdien absolute validasie en respek, watter insigte ook al later mag kom.
    Sterkte Anton, dis ‘n lang pad – en ek sien jy is op hom.

  9. Indien ons nie die gesprek oor die geslagshanger of enige ander magspelhanger gooi nie, het ons baie in gemeen. Van gewetenlose finansiële uitbuiting, verraad deur ‘n eens geliefde, emosionele aftakeling, vernedering en verwerping kan baie mense getuig.
    ‘n Mens is te bang om met jou te simpatiseer, omdat jy nie weet watter raad om aan te bied nie. Maar ek dink nie dit is raad waarna jy soek nie. As iemand tog net wil luister, want jy praat en dit is asof met ‘n muur. Mense sluit af – hulle hoor nie – wanneer jy jou seer begin uitpak.
    Ek dink jy het die regte ding gedoen deurdat jy die seer op skrif gestel het en vanuit ‘n ander hoek daarna kan kyk.Dit is vir jouself ook moeilik om na die seer te luister. Dit het moed gekos om met alles op die lappe te kom. En vir ‘n introvert het jy dit baie goed gedoen.
    Met respek en medelye gesê – nou dat jy jou eie storie kan lees – wat sou jy aan iemand soos ek sê wat dieselfde seer en teleurstellings ervaar het?

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s