my stiefdogter maak my sooo moeg

Ek sukkel om woorde te vind om hier te skryf. My emosies ry die afgelope ruk wipplank en my gedagtes werk oortyd!! Al wat ek wel weet is dat ek moeg is, baie moeg! Wens party dae ek kan aan die slaap raak en nooit weer wakker word nie.

Die rede vir al hierdie “gemors” gedagtes probeer ek daagliks analiseer, die trane sit vlak, by die werk is ek die grapkas, maar diep binne wil ek skree!

Die enigste iets wat my keer om nie weer te probeer selfmoord pleeg nie is my kind, die eerste keer was hy nog nie gebore nie, en die tweede keer het hy by my ma gewoon. Ek en sy pa is geskei, en soos hy al soveel male vir my gesê het, ek is al wat hy het.

Ek is weer getroud, met ‘n man wat ek gedink het die wonderlikste mens was, maar soos met enige tweede huwelike is daar maar bagasie, soos in sy geval ‘n dogter wat van Graad 7 by ons bly. Die eerste jaar was sonder enige probleme, maar ai, na die Desember vakansie by haar ma, het alles verander. Ek lees artikel na artikel, boek na boek, volg die reëls vir ‘n tiener en ‘n stiefma in die huis, maar dit werp geen vrugte af nie. Ek het uit my pad gegaan om dinge vir haar makliker te maak, ek dissiplineer haar glad nie, aangesien ek ‘n “bitch” genoem word, as ek net vra om skoon te maak waar gemors is.

Die ergste is seker dat sy (nou 17) my beswadder op Facebook en as ek met haar pa daar oor praat is sy heel eerste reaksie, “hoe weet jy dit, julle is nie vriende op FB nie”, wat beteken dit? Is dit reg dat sy dit doen, solank ek net nie uitvind daarvan nie??? Ek het die ander dag afgekom op ‘n blog wat sy hou, en ek gee glad nie om as die dinge wat sy oor my geskryf het die waarheid is nie, maar die leuns, ek kon nie wag om by die huis te kom en te bad nie, ek het letterlik vuil gevoel!

Sy manipuleer haar pa en ma, en weet vinnig om die trane krane oop te draai om haar sin te kry, daar is ook geen dissipline van hulle kant af nie. Die probleem wat ontstaan is, dat ek regverdig streng met my kind is, en leer hom om ander mense met respek te behandel, die gevolg is twee stelle reëls in die huis. My man is baie streng met my seun (hy is 13), en as ek oor die onregverdigheid praat dan sê hy, my seun moet eendag die man in die huis wees, hy moet leer om “sterk” te wees. Hy sal hom sommer met die vuis op die arm slaan in die verbyloop, en hom name noem (sy dogter noem my seun ‘n retard ens), ek doen dit nie met my of sy kind nie, maar praat help nie.

My kind het my al gesmeek dat ons moet trek, maar finansiëel kan ek dit nie nou doen nie. Ek voel soos ‘n hamster in ‘n hokkie, om en om, elke dag dieselfde.

Ek het al oorweeg om ons beide te vergas, maar sal God my kan vergewe???? Ek is net soooo MOEG!!!!

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

6 thoughts on “my stiefdogter maak my sooo moeg

  1. Ek is in min of meer dieselfde situasie. Almal sien die klein merrie se manipulasie net nie haar pa nie. Ek wens pappas wil net vir hul slag hul oe oopmaak en besef hul klein prinsessies is eintlik die wrede stiefdogter. Dank die Vader elke dag dat my eie kind besluit het om by haar pa te gaan bly vir haar eie selfbehoud.

  2. Hi, ek weet presies hoe jy voel – sit in dieselfde sitsuasie en my man wil niks verkeerd van sy dogter hoor nie – die fout le altyd by my. My arme seun kry ook baie swaar want hy doen niks reg nie en hy is baie streng met hom. Sy kan doen net wat sy wil. As sy nie haar sin kry gooi sy n tantrum en ignoreer hom. Ddan kruip hy weer gat en sy kan doen wat sy wil. Sy is nou in matriek – mag die Here gee sy kry dadelik werk en trek. Dan sal my lewe ook makliker wees. Ek praat nooit met haar nie en as ek wel doen is ek “daardie faktap fokken vrou van my Pa ” Sy irriteer my so. Sy beskinder my en se my sleg by almal. Sterkte daar al wat ons kan doen is BID dat Vader ons en hulle sal verander.

  3. Hallo Soo Moeg
    Ai man, hoekom is alle tieners tog nie so maklik soos jou eie kind nie? Ek hoor hoe stresvol dit in julle huis moet wees – en veral as jy regtig nice is sal jou stiefdogter uit daardie fanatiese lojaliteit wat alle kinders aan hul ma’s het jou die feeks in die feeverhaal moet maak.
    Dit klink asof sy dit regkry om haar lewe te laat werk. Jy het twee opsies om joune te laat werk:
    Jy kan maar uithou – dalk nog net so ‘n jaar of so, voordat sy gaan swot of werk?
    of
    Jy kan maniere vind om jou lewe en geluk terug te gryp (ek bedoel nie noodwendg skei nie, ek bedoel meer iets soos jou grense te trek)
    Ek vermoed altwee gaan dalk ‘n stywe uitdaging wees. Maar aangesien jy die een is wat die probleem wil te bowe kom (jou stiefdogter klink heel te vrede …) is jy die een wat ‘n berader moet gaan sien. Se vir jou man jy cope nie – moet dit nie laat klink asof jy dink jou stiefdogter moet verander nie – en vra of jy self vir 4-6 sessies na ‘n sielkundige kan gaan. Jy het dalk ook toegang tot ander hulpbronne, soos ‘n predikant of die skoolvoorligter / skoolsielkundige? Kyk by ons hulpbronnelys of daar iemand is wat kan help.
    Nog iets om oor te dink: as kritiek mens seer maak steek daar dikwels iets in. Ek bedoel nie dat haar beskuldigings waar is nie maar eerder dat dit op ‘n teerpunt druk. As mens eers verstaan watter teer saak geroer word wanneer iemand se onverdiende onware kritiek jou so seermaak is dit verbasend maklik om hulle woorde soos water van jou af te skud.
    Dan is die pa-seun of pa-stiefseun verhouding in die tienerjare baie dikwels hierdie kompetisie en top-hond storie. Dit skep ontsettende stres by die ma wat verskeurd staan tussen die twee pole – of dalk eerder magteloos in jul geval. Terwyl jy selfhelpboeke lees – daar is sulke oulikes – wat van jy kyk na Please Understand Me (II) deur David Keirsey? Dit kan jou dalk help om te verstaan hoe jou man se kop werk, sodat jy op die manier met hom gesels waarby hy aanklank vind en dan ‘beter’ sal hoor wat jy vra? Daar is ook ‘n fyn lyn tussen kindermishandeling, afknouery en steng wees. Is die gedrag nog binne die grense? As een regtig seerkry en daar vernyn in is is dit NIE OK nie.
    Selfmoord gaan net jou en jou kind van jul kosbare lewens beroof. Waarom sal jy julle altwee indoen?
    Sterkte – as mens eers na oplossings begin soek vind mens verrassende antwoorde. Ek glo jy gaan joune kry, hoor. Staan sterk vir jouself en vir jou seun. Julle is altwee dit werd.
    Wees goed vir jouself!

  4. Ek wonder net hoekom die kind nie by haar ma kan bly nie. Ek was in dieselfde situasie, totdat ek n senuwee ineenstorting gehad het. Ek het my kinders gevat en weg getrek, sonder geld, sonder niks. Daarna het ek vrede gehad.Jy MOET DIT NIE TOELAAT NIE. Jou man kan ook darem sy kant bring en die kind op haar plek sit.

  5. Hallo Zacpro – seker omdat ek die blog admin is – maar dit is elke leser se eie storie.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s