Ek het my triggers vir bipoler leer ken: suiker en gin-en-tonic

Nee jong, bipoler is bipoler. Skisofrenie is iets anders. Ek verstaan dit so; ‘n Rifrug hond kan nooit verander in ‘n poedel nie. Alhoewel hulle albei honde is. Wat wel kan gebeur is dat die rifrug die gedrag eie aan ‘n poedel kan begin aanneem uit vrye wil. Dis ‘n feit dat daar baie ooreenkomste is tussen bipoler en skisofrenie is maar bipoler is uniek net soos ‘n rifrug of ‘n poedel. Dis hier waar ons vertroue in ons dokter en sielkundiges inkom. Hulle is die kundiges en maak die diagnose. Hulle weet watter medikasie die beste is. Ja daar is gewoonlik ‘n keuse van medikasie en medikasie kan newe effekte he wat nie aanvaarbaar is nie. Ja hulle kan ‘n fout maak as die pasient nie eerlik is met hulle nie.

Ek weet bipoler het plekke wat baie, baie duister en vreesaanjaend is maar daar is die sonlig kant ook. Ons “bipoleres” het gewoonlik ‘n sterk regter brein wat kreatief, musikaal en vol woorde is. Ek het geleer om hierdie gawes te gebruik om sonlig te beleef. Soms het die aktiveering van my regter brein so hulpstootjie nodig deur dit te wil aktiveer. Ek kies om na ‘n radiostasie soos Rippel , Jacaranda te luister wat vrolike musiek maak. Ek teken en verf prentjies. Ek skryf in my journal. Ek skryf my storie. Jy kan dit vir ons hier op Luister ook skryf.

Ek weet van bang vir jouself wees. Veral as jy onthou van daai keer wat jy deur die hosiptaal gehardloop het met ‘n bra en kort rompie & geen pantie. Of die keer wat jy besluit het om al die stukkende borde in die huis stukkend te gooi of in woede ‘n deur stukkend toegeklap het. Ek het geleer dis my keuse wat ek onthou.

Triggers? O nee jong, ons kan bepaal wat is die triggers. Ek was eerlik met myself hieroor en het ‘n lys gemaak. Een van myne was die onskuldige net-een-gin-en-tonic wat ek saam met my man sou drink as ons braai hier by die huis, net ek en hy. Dit help ook sommer vir die muskiete, het ek myself vertel. Dis ‘n baie groot trigger om my van sonskyn na ‘n uiters diep donker mynskag te neem. Gaan sit stil wees eerlik met jouself. Begin by een. Glo my gou gou weet jy van meer. Lekkergoed is ook ‘n nee nee. ek het ‘n suikersoettand maar wanneer daai suiker nie meer in die bloed is nie … jong, dans daar perre.

Ek het ook geleer dat uitgaan goed is. Moenie bang wees vir mense se opinies nie. Ek glo vas daar buite is mense meer goed as sleg. Pasop vir die stemmetjie in jou kop. Poog om nie te baie te wonder oor wat mense dink nie. Hou by roetine.

Ek het ook geleer dat al wil ek nie, versorg ek myself. Ek gaan bad lekker en smeer my lyf room trek my mooi aan en smeer ‘n kleurseltjie op my lippe. Ek glimlag vir mense en kyk hul in die oe. Gou gou voel ek better.

Ja, ander dae is dit regtig net onmoontlik. Dis ook ok. Maar as dit dae aan een word moet jy professionele hulp kry.

Wat van jou medikasie? Neem jy dit soos voorgeskryf en op die regte tye? Vandat ek ‘n boekie het waarin ek dit af tick skiep ek nie. En sluk ek dit op dieselfde tyd.

“n Laaste punt 2 Kor 12 : 9 se … for my power is made perfect in weakness!

Ek is ‘n baie sterker en meer gebalanseerde mens as baie mense daar buite vandat ek gekies het om die draak binne in my te slag. Hou moed asb , jy kan dit doen jy moet net wil.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s