Depressie en oorgewig is vir my soos een ding

Depressief, vet, lelik en goed vir niks, dis EK. Ek haat myself met ‘n passie. Ek probeer so min as moontlik in die spieel kyk, want wat ek daar sien, walg my.

Ai, vandag wil ek net alles oorboord gooi en slaap om nooit weer wakker te word nie. Ek weet dit klink selfsugtig, maar hoe lank kan jy net aangaan sonder om heeltemal moed te verloor. Ek sukkel om nog te glo dat alles ten goede meewerk vir die wat Hom lief het. Ek glo nie meer Hy is nog lief vir my nie. Ek is net baie moeg vir DEPRESSIE en OORGEWIG!!!! Ek weet ander mense het baie erger probleme as ek en ek moet dankbaar wees vir wat ek het. Die Bybel se die Here sal my nie bo my kragte versoek nie, maar ek dink die Here het my maar verwerp net soos my ouers ook het, want ek is nie goed genoeg nie.

Ek skryf vandag op die blog want daar is niemand anders met wie ek kan praat nie. Ek wil nie negatief wees by ander mense nie, want ek probeer juis weg bly van mense wat negatief is daarom kan ek nie my probleme hul s’n maak nie, almal het genoeg van hul eie probleme. Dankie dat ek my gevoelens hier kan neerskryf sonder om geoordeel te word. Ek moes net vandag uitkry hoe ek voel. As ek myself kon reg ruk, glo my dan het ek dit gedoen.

As dit nie vir my man en kinders was nie, sou ek lankal ‘n einde aan alles gemaak het. Ek probeer elke dag my bes om hulle nie te laat agterkom hoe ek regtig sukkel en voel met my depressie nie, want sien, ek drink mos my medikasie en volgens hulle moet alles dan reg wees. Net my man weet hoe erg ek regtig party dae voel en hy doen alles wat hy kan vir my. Ek is verskriklik lief vir my man en kinders, daarom wens ek net ek kon een oggend opstaan en my derpressie saam met die oorgewig is weg, sodat ek vir hul kan wees wie ek graag wil wees. My depressie is die oorsaak van my oorgewig. Daarom is dit vir my soos een “ding”.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

11 thoughts on “Depressie en oorgewig is vir my soos een ding

  1. baie dankie, ek waardeer die hulp baie. Ekt soveel beter gevoel nadat ek geskryf het.

  2. Baie dankie vir jou mooi brief my vriendin ly aan bipoler en jy het my baie gehelp om haar te verstaan. Dit is nie altyd maklik nie so moenie ophou skryf nie daar is altyd iemand anders wat jou brief gaan lees wat jy ook gaan help sterkte God loop die pad saam met jou

  3. Liewe Sanria
    Jy MAG skryf – geen ouderdomsbeperking hier nie – ek is baie bly jy het jou ervaring van jouself op papier gesit. As dit kom by hulp … dit is moeiliker en makliker as wat mens dink. ‘n Klomp uitstekende faktore is sterk in jou guns. Jou ma leer jou al die regte goedjies – wat jy met gerustheid kan eet en waarvan jy liefs minder eet. Jy oefen, wat die beste ding op aarde vir jou is. Jy is nou nie ‘n 32 nie maar darem ook nie uit jou nate nie.
    Maar ek hoor hoe jy sukkel. Wat om te doen? Ek stem saam met jou dat die gewone raad oor hoe om te eet nie die oplossing is nie – jy het meer hulp nodig, al is dit net om beter perspektief te kry en om te leer om nie jou selfbeeld te koppel aan jou voorkoms nie. Kan jy my laat weet waar jy woon? Dan kyk ons watter hulpbronne is die naaste aan jou.
    As ander bloggers lus is om te antwoord, laat hoor van julle. Gewig en emosies is ‘n baie komplekse saak, en ek dink nie ons het enigsins al by die wortel daarvan uitgekom nie.
    Baie groete!

  4. hallo,my naam is sanri en eks 17jaar oud. Ek weet nie so mooi of ek regtig hier mag skryf nie,want julle is almal baie ouer as ek,maar ek het nerens anders om te draai nie. Ekt toevalig op hierdie webtuiste gekom deur inligting vir i skool taak te soek. Die berig wat ek gelees het ,het dadelik my aandag gehad, want die eerste twee paragrawe se woorde se ek elke dag vir myself en eks nou eers 17. Dit maak my bang,want ek weet wat depressie aan mens kan doen. ek hoop nie julle gee om dat ek my storie vir julle vertel nie. Ek weet eks baie jonger as julle,maar ek dink dis tyd dat die “slim mense” bietjie ook na tieners se opinies oor gewig en depressie luister,want ek dink dis waar dit alles begin. ek sal nou nie se dat ek soo vet is dat ek nie eers in die bad in en uit kan klim nie,maar ek weet eks oorgewig. Dit het elke dag van my lewe i effek op my. Dis net asof ek VERSLAAF is aan KOS. kan mens ooit aan kos verslaaf wees? ek weet tog wat dit aan my doen en dat dit net vir i rukkie jou laat beter voel,maar tog kan ek nie daai selfbeheersing vind nie.

    elke oggend voorskool dan dink ek eers aan hoe styf my broek sit en hoe seer hy my maak aan die kante van my heupe. Eks so bly as dit winter is,want dan hoef ek nie meer vir mense verskonings te maak oor hoekom ek i langbroek aan het inplaas van i rompie nie. Ek verwyt myself elke dag,en my geloof lei ook daaronder. Ek kan nie eers meer bid sodat Hy myhelp om selfbeheersing te kry nie want ek het al hoop verloor. eks ongemalkik as ek sit,en ek kan nie eers meer tel hoeveel keer ek in Mr. Price gehuil het omdat hulle NOOIT i nr 38 in hulle rakke het nie. jA ek het i lekker lyfvorm,want ek kan met allerande tricks my oortollige vet wegsteek. Maar, niemand sien my wanner ek net my onderklere in my kamer aan het nie. Ek haat myself. Die manier hoe ek lyk,die manier hoe ek dink,die manier hoe ek as mens werord het, dit het alles begin toe ek oorgewig begin word het.

    Ek kan nie eers onthou wanner laas ek in i kort broek kon rond loop sonder dat my selluliet wys nie. Ja ek lyk dalk mooi vir ander,maar ek wil bietjie mooi vir myself ook lyk!! ek glo dat mens maar partykeer selfsugtig mag wees,veral wanner dit by jou persoonlike geluk kom. ek wil ook saam my vriende by hulle huis gaan swem en trots voel oor myself!

    En glo my,ek oefen,ek oefen myself dood! partykeer het ek sommer 3ure i dag geoefen. ekt spinning,kickboxing en bietji gewigte gedoen. Maar het my niks gehelp nie. Ekt nie eers sentimeters verloor nie. Ja my metabolisme is nie op standaard nie, maar het dit enige iets te doen met my wat mysefl ooreet?? ek weet nie meer of ek net so baie eet omdat ek depresief is nie,en of ek baie depresief is omdat ek baie eet nie!!

    ek het al by my ma gaan hoor vir hulp,en al meer as eenkeer i emosionele uitbarsting gehad omdat sy my nie help nie. sy gee vir my klomp raad wat ek al lankal waat. soos eet minder,maar my vraag is, HOE EET EK MINDER? hoe kry ek daai selfbeheersing! eks net bang dat ek eendag dit gaan verloor,en dan iets doms doen,soos selfmoord. of dat ek eendag wanneer ek 40 is en kinders het,dit op hulle gaan uithaal en i slegte ma wees. ek wil nie nou al depressie pille begin drink soos my een vriendin wat nou eers in gr11 is nie. ek wil nie ophou leef omdat ek vet en depresief is nie.

    ek wens net iemand kan sien hoe swaar oorgewig tieners ook kry. Want ek dink oorgewig en depreseiwe tieners, maak oorgewig en depresiewe ouers en grootmense. as mens eers daai “evil cicle” kan breek,gaan daar minder tieners wees wat aan depressie ly,minder selfmoorde en minder ouers wat depresief gaan wees. asseblief laat weet my wat julle dink van wat ek gese het,en as julle van iemand weet met wie ek kan praat,want ek het hulp nodig,en ek wil hulp he

  5. Ek stem, Sashalee, ek stem. Maar ek het al geleer dat my selfbeeld nie net aan my lyf gekoppel is nie. Dit is ‘n moeilike kopskuif MAAR dit help BAIE! Ek kon dit nie op my eie regkry nie – het baie gelees – boeke soos Love My Body, Love Myself deur Marjanne Senekal, en Please Understand Me van David Keirsy … en baie daaroor gepraat.
    Ek moet jou ook vertel dat ons vorige moderedaktrise altyd gese het ‘mooi is nie die fisieke eienskappe nie, dit is hoe jy dink jy lyk’
    Om een of ander rede bly die woorde my by. Sy stileer talle bekendes en het my oor en oor verseker dat die helfte van hulle , as jy na die neus, oe, mond en so aan kyk vrek-lelik is. Mooi is ‘n ‘sense’ oor jouself.
    Maar jy kan gerus meer gaan uitvra oor jou medikasie – party maak nie so vet nie. Gaan na ‘n vroulike psigiater – ek dink baie van die mans verstaan nie hoe erg gewigskwessies vir ons is nie

  6. dis vir my i kringloop. my anti deppressante maak my vet. en wanneer ek gewig optel raak ek meer depressief! ek kan nie van een van die 2 af wegkom nie. Dis nou maar so. Ek sal dit nooit kan aanvaar om vet te wees nie ek gaan eerder dood. dis seker omdat ek ‘n model lyf gehad het voor ek met my pille begin het. en my voorkoms is een van die belangrikste dinge!! ek wil na myself kyk. ek sal nooit net laatgaan nie want ELKE liewe persoon wat oorgewig is of hulle dit nou wys of nie….HOU NIE DAARVAN NIE!!!!!!! hulle doen net niks daaromtrent nie. ek meen kan jy vir jouself in die spieel staar met ‘n 120kg lyf met selluliet en se…eks mooi? ek kani so vir myself jok nie en elke persoon wil mooi voel. ek weet God het ons net so lief. maar op die ou end moet JY ook gelukkig wees!! En ek is nie gelukkig met 6rolls op my maag nie!!!

  7. Ek dink daar is nog heeltemal te min gese oor gewig en depressie. Depressie lei tot oorgewig; oorgewig lei tot depressie; antidepressante kan oorgewig veroorsaak.
    As jy sukkel met oorgewig en depressie skryf asseblief jou storie hier. Ons moet dit baie sterker onder dokters se aandag bring dat gewig ‘n BAIE belangrik rol speel in die oorwinning oor depressie!!!

  8. Die proses om by vet en gelukkig uit te kom?

    O beslis en dis was vir my baie erger as “kraam”. Weet nie of jul nog vir Worsie se ma van Vetkoek Paleis onthou nie ? Sy het altyd gese Worsie se geboorte was : “Pyn Ken jy Pyn ” . Dit begin by die begin waar niks is. Dan die baba treetjies , dan stap en dan hardloop.

    Die begin was regtig vir my pynlik , ek was stukkend van binne en het geen hoop gehad nie. Trek jy die broek van verlede week aan en dit span gaan staan alles stil en net die feit dat jy vet is weergalm deur jou kop. VET VET VET VET. Ek kan dit vergelyk soos wanneer iemand in jou buurt op verlof is en die alarm loei,loei en loei.

    My ginekoloog het my oorreed om bloedsuiker vlakke te bestuur en my verwys na n dieetkundige. Ek was eerlik met haar . Ek het gese watter kosse ek nie van hou nie en wat my “comfort food is”. Dis waar ons begin het.

    Daardie eerste paar dae ,is ek van mening, mens het ontrekking simptome net soos n junkie op drugs. Hoofpyn , maagpyn en hande wat bewe was van my simptome.

    Ek moes leer watter drink. Ons as mamma’s vergeet(niemand se vir ons nie) om ons kindertjies water te leer drink en my ma het my nie geleer nie. Water was en is , veral op n afdag , vir my SLEG.

    GI werk vir my en my gesin. Ons ervaar dat dit werklik “eet vir volgehoude energie is”.

    Ek lees in n ou Idees die naweek van n kosdag boek. Sjoe ! dis n moeilike een maar as jy dit wel kan doen gaan dit vir jou wys waar jou probleem is. Die naaste wat ek daaraan sal kom is dat ek weekliks op n Donderdag die volgende week se spyskaart opstel. Dit help dat daar nie te veel versoekings is die volgende week nie en dis ook roetine. Ek glo roetine is n wagwoord vir depressie.

    Laastens moet jou nie kastye met of oor kos nie. Kos moet lekker wees. So dikwels val die lekker weg as ons begin dieet en dit hoef nie so te wees nie. Ek het ook geleer om my liggaam nie te ontneem van seker kosse en voedingstowwe nie. Ek drink nog steeds een lepel suiker in my koffie of tee. Matigheid is die wagwoord.

  9. Jy is reg, Eelt. Mens is nie outomaties depressief omdat jy et is nie, of vet omdat jy depressief is nie. Maar vet en emosies is saam baie kompleks, en ek dink ons begin nou maar eers verstaan hoe insulienvlakke (dikwels ‘n deel van vetwees) by party mense ‘n emosionele effek het. Hul gemoed is depressief gemaak weens hul bloedsuikervlakke – hulle kan nie maar net anders dink en dan beter voel oor hul vet nie.
    Maar party mense KAN anders dink. Dalk kan baie. Dalk kan die meeste leer anders dink. En dit is hier waar jou punt baie goed inpas.
    Dit is ook waar dat antidepressante mense kan vet maak. En ook dat nie almal so gemaklik is met hul lywe nie – mens kan baie maer en bitter ongelukkig wees.
    Dit is seker ‘n proses is om by vet en gelukkig uit te kom?
    Ek wens ek verstaan meer hiervan!

  10. Met Bipoler het ek geleer jou gewig ry skoppelmaai net soos jou gemoedstoestand. As jou pille werk dan sit jy gewig aan as dit nie werk nie hardloop jy op ‘n “high” rond en die kilogramme verdwyn. Hoekom moet mens vet word sodat jy ‘n “normale” lewe kan he. Dan is jou dokter vinnig om te se dat oefening help vir depressie en so sal jy van die ekstra vet ontslae raak, maar medikasie veroorsaak dat die gewig klou en jy kan oefen tot jy blou raak sit sal dit sit.
    Ek sal nooit kan vrede maak met die ekstra gewig nie, maar ek kyk ook so min as moontlik in ‘n spieel want hoe jy lyk het definitief ‘n uitwerking oor hoe jy voel. Ek was ‘n ruk terug so depressief dat ek ook moeg was vir die lewe. Darem gaan dit weer beter want my medikasie is aangepas, maar elke keer hoop ek dit is nou reg en sover sukkel ek al 3 jaar om my medikasie vlakke reg te kry. Tog se ek hoop want met hoop kom daar geloof en HY sal ons nie hoop gee as dit nie sal regkom nie.

  11. Ek het al gesien hoe ‘n antidepressant die ‘eetlusknoppie’ in iemand se kop aanskakel sodat die persoon doodeenvoudig die heeltyd hongerig is en nie kan help om te eet nie. Hoekom dink pisgiaters dis onbelangrik as medikasie so ‘n uitwerking op jou het?!!! Ek is woedend as ek dinge hoor soos ‘It’s vanity or sanity’ !!!!
    Mens is ongemaklik as jy vet is. Dit gaan nie net oor ydelheid en mooi klere en tydskrifte en modelle nie! Jy kan nie jou voete bykom om jou toonnaels te versorg nie. Klere en bras en broekies sit ongemaklik. Jy pas nie in flieksitplekke in nie. Jy sukkel met sooibrand en maagpyn en sweet en moegheid.
    En dan dink mense jy moet maar net ‘vrede maak’ en jouself aanvaar. Dis nie waaroor dit gaan nie!!! Dit gaan oor ongemak. Dit is soos om vir iemand te se maak maar net vrede met daardie paar skoene wat ‘n nommer te klein is. Jy vra nie nie Manola Blahniks nie – net ‘n paar skoene wat gemaklik loop.
    As die mense gekla het omdat hulle nie Mej SA is nie was dit vir my aanvaarbaar om te se hulle moet maar vrede maak. Maar ons kla nie daaroor nie!!! Ons kla omdat die medikasie ons so vet maak dat ons ongemaklik na lyf raak.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s