As ek vooraf geweet het

Sjoe – jou storie kon net sowel myne gewees het, al verskil is dat my “nageboorte depressie” nog nooit opgehou het nie.
Voor my kinders het ek al met depressie geworstel maar dit het baie, baie erger geword na my kinders se geboortes. Die min slaap, min eie tyd en min tot geen privaatheid was net vir my een te veel.
Ek lees die naweek in die Desember Rooirose van die vrou wat nou swanger is en die stryd met medikasie en als en ek dink “Dit is maar net die begin!” Weet sy dat dit nog moeiliker is as die baba eers gebore is? Weet sy dat sy nooit weer net haar self gaan he om oor te worry nie. Verstaan sy dat sy op afdae op haar kind gaan skree ne daarna soos die slegste mens op aarde gaan voel? Weet sy dat sy haar self gaan verwyt omdat sy nie altyd die krag en moed het om op te staan en vir haar kind ‘n speelmaat te wees nie? Wel, ek het nie.
Ek is baie baie lief vir my kinders, maar as ek voor die tyd geweet het wat voorle sou ek dalk weer gedink het voor ek vir sulke pragtige, spesiale kinders ‘n ma met depressie “gegee” het. Al wat my elke dag aan die gang hou is die wete dat God in beheer is en ek glo dat my kinders sonder letsels ander kant sal uit kom want Hy hou hulle vas.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “As ek vooraf geweet het

  1. Sulke oulike kinders .. jy MOET baie meer reg doen as wat jy verkeerd doen!
    Jong, jy laai te veel op jou skouers. Ek dink regtig so. Dis een van enige denkende ma se verwyte: is ek ‘n ‘goeie’ ma? Met elke dingetjie wat verkeerd gaan verwyt alle ma’s hulself en wonder ‘as ek nou net meer sus of net meer so gemaak het sou alles reg gewees het’. Dis hoe ons ma’s is: depressief of nie.
    Maar ek wonder tog … ek weet om op God te vertrou word as die ultimate oplossing deur ons as gelowiges beskou. Maar jy weet God het ook die talente gegee aan ons om medisynes te ontwikkel en om tegnieke en vaardighede uit te werk om ons lewens beter te maak. God is in beheer van die antidepressante ook, en in beheer van gespreksterapie by ‘n sielkundige.
    Jy gebruik tog disprins vir jou hoofpyn – waarom nie ‘n antidepressant gebruik nie? Dit IS ‘n neurochemiese wanbalans. Jy sal nie dat iets so klein soos ‘n hoofpyn jou kinders benadeel nie – eerder die disprin drink. Maar dan moet jy mos veel eerder plan maak met ‘n siekte wat jou lewe en jou kinders se lewens so ernstig en ingrypend raak soos depressie?
    Gespreksterapie leer mens vaardighede wat al klaar kan help – maar ek moet se selfs as leek dink ek dat as jy van jou twintigs af al sukkel is gemoedstoestand eerder ingebore. Gaan gesels met jou dokter of kry by hom of by jou predikant die naam van ‘n sielkundige en kyk wat julle kan uitwerk

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s