My kind is 12 en depressief

Michelle:

Baie dankie vir hierdie artikel oor depressie by kinders

Ek is al rasend van bekommernis oor my kind. Sy is in gr. 5 en word 12 jaar oud op 2 Maart 2012. Sy is elke dag van haar lewe ongelukkig en ek weet nie meer watter kant toe nie. Ek hardloop teen al wat ‘n muur is vas! Sy is ‘n slimkind maar sukkel op skool. Elke toets waar sy haar beste gee, doen sy sleg en dit gooi haar nog dieper in ongelukkigheid in. Ek kan nie eens onthou wanneer laas ek my kind sien lag het nie. Ek probeer elke dag haar boost maar niks werk nie, sy bly donker.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “My kind is 12 en depressief

  1. 3 Responses to “My kind is 12 en depressief”
    Lorien
    2012/02/27 at 1:24 nm Edit # NEEM JOU KIND dadelik VIR BEHANDELING, sy moet n anti-deprressant kry. Asb my boetie het selfmoord gepleeg en die hele familie is verwoes. Baie baie sterkte en liefde. As jy kan se in watter stad of dorp is, kan mense iemand aanbeveel. onthou jy is nie alleen in hierdie stryd nie.!

    Reply Salome
    2012/02/27 at 11:38 vm Edit # Elsje
    Michelle, ek is saam met jou baie bekommerd. My kind se storie lees net soos joune.
    Al wat ek kan se is maak dadelik ‘n plan. Kom by ‘n psgiater uit. EN KOM BY ‘N GEOEIE EEN UIT. Gaan na jul huisdokter en vra hom wie hy persoonlik sou gebruik het vir sy eie kind.
    Ek het my kind na een geneem wat in kinderpsigiatrie spesialiseer. Dit was ‘n ramp. Die persoon was verveeld met sy werk, het ‘n paar oppervlakkige vragies gevra en ons is daar uit met ‘n voorskrif wat min gehelp het. Ons is terug, soos aanbeveel, na ses weke. Toe gehoor ons moet net bietjie langer aanhou. Na ses maande wou my kind nie meer die medikasie drink nie. Na 18 maande is ons na ‘n volgende psigiater – met dieselfde verveelde houding – en ander pille. Die keer het my kind geweldig baie gewig opgetel. Ons is terug na drie maande en gese dit is ‘n probleem. Sy reaksie? Vanity or sanity. Toe is my kind (toe op ho-erskool) weer nie lus vir die pille nie en so is nog vyf jaar verby van baie baie diep donkertes, ongeluk en depressie. Uiteindelik het ek haar weer sover gekry om in te stem om weer te probeer. Genadiglik het ons die keer by ‘n goeie psigiater uitgekom. As ek terug dink aan die onderhoud wat sy met my kind gevoer het, teenoor die vorige twee psigiaters, kan ek verstaan hoekom sy suksesvol werk met mense met depressie. Sy is deeglik. My kind is nou al drie jaar by haar. Nou gaan dit goed.
    Dus: die goeie nuus is dat dit kan weer goed gaan
    Die slegte nuus is dat jy baie hard gaan moet soek na ‘n goeie psigiater. Moenie jou tyd mors met een wat sy onderhoud met jou kind binne 30 minute afhandel nie!
    Die medikasie begin na 3 weke inskop. Na ses weke MOET dit werk. As dit nie werk nie kan jy daardie psigiater nog een kans gee. As hy nie julle gehlep kry nie skuif oor na ‘n volgende psigiater. En moenie jou vaskyk in die term kinderpsigiater nie – dalk fokus hulle eerder op ADHD en so aan, as op depressie.
    Onthou alle antidepressante maak nie mens vet nie maar party doen. Moenie toelaat dat jou kind met die las van oorgewig ook nog belaai word nie.
    Sterkte.

    Reply
    Salome
    2012/02/27 at 11:40 vm Edit # Hi Michelle
    AS jou kind geboelie word (ek wil nie voorspooksels maak nie maar depressie verhoog jou kind se risiko hierop aansienlik) dan los jy ook nie maar net die probleem nie. Jy praat met die skoolhoof, die klasonderwyseres EN die ma van die kind wat jou kind boelie. Jy dring ook daarop aan dat daardie kind jou dogter by julle huis om verskoning kom vra. AS sy spyt lyk aanvaar jy dit; as sy nie spyt lyk nie dan raas jy by jou huis voor daardie kind se ma met daardie kind sodat sy behoorlik respek vir jou en jou dogter het. Glo my sy sal dalk nog so een of twee keer iets se maar sy sal ophou. En as sy nie ophou nie dan gaan spreek jy daardie kind by die skool voor haar maats. Sorg dat jy haar verneder, anders gaan sy jou kind bly verneder.

    Hierdie raad is so teen wat die skole vir die ouers voorse – maar my mening is dat die skole als doen om onaangenaamheid te vermy. Terwyl hulle nie die probleem hoef op te los nie is dit vir hulle makliker – al kos dit jou jou kind haar siel.
    Iemand wie se kind dit amper nie oorleef het nie want ek het goedgelowig die skool vertrou om my kind se beste belange op die hart te dra.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s