My man se ‘happiness’ maak ons lewens chaos

My naam is Geloof, Hoop Liefde

My man is bipoler 2 gediagnoseer deur sy psigiater.

Ons is al 17 jaar getroud en ek is al deur vreeslik baie beraders, sielkundiges, predikante ens. Hy gaan net die eerste keer en dan nie weer nie.

Sy huisdoktor het hom behandel vir angsaanvalle, nou vir 17 jaar. Met die gevolg dat hy die heel tyd antidepressant gedrink het wat die maniese fase vererger.

Ek is regtig deur hel. Ek wil net hoor by iemand wat daaraan ly en erken het, hoe ek sekere goed moet hanteer.

Hy is altyd happy en niks pla hom nie en als draai om hom en ander mense vir wie hy net altyd te goed is, maar ek en my kinders word afgekeep wat aandag aan betref. Hy kan nie sonder ander mense nie en sal elke dag mense nooi. As hy depressief raak dan sal hy tussen ‘n dag en 3 dae in die bed le sonder om te eet.

As hy gekuier het en nie sy sin kry nie dan word hy vreeslik kwaad en word ek voor my kinders sleg gese en die goed wat hy als kwytraak maak my baie hartseer, want ek het hom nog net bygestaan en probeer die laaste 10 jaar hulp soek oral en gebruik elke keer die verskoning dat ek die probleem het en hy moet saam gaan, maar dit werk nie.

Hy is kwaad omdat die psigiater sy pille verander het en omdat hy gediagnoseer is met dit wat ek nog altyd vermoed het. Elke keer word ek beskuldig dat die fout nie by hom is nie maar by my.

Ek is nou die laaste 6 maande baie depressief en hy verstaan nie wat aangaan nie en verneder my net nog meer.

Ek weet ook dat drank ‘n groot rol speel, want dit is asof hy nie daarsonder kan nie. En as hy en vriende kuier en dit raak laat dan wil hy altyd casino toe gaan. Dit volgende dag dan le hy weer in die bed.

Ses maande terug het ek uitgevind hy lieg vir my oor waar hy was as ek bv met die kinders in ‘n ander dorp was vir sport oor die naweek. Ek is so skaam want wat vang hy nie als aan as ek nie by die huis is nie.

Ek bly op my kniee, en glo. Die Here is my enigste hulp anders sou ek nie 17 jaar gemaak het nie.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “My man se ‘happiness’ maak ons lewens chaos

  1. 4 Responses to “Hoe moet ek sekere goed hanteer?”
    Alta Cloete
    2012/03/26 at 1:24 nm Edit # Ai, hoe dankbaar is ek nou toe ek die comments hierbo lees! Want ek wou basies dieselfde vir jou sê. Ja, dit is ‘n vreeslike siekte. Maar daar is vandag baie hulp en raad beskikbaar. Dan moet die persoon egter bereid wees om dit te gebruik. Jy kan dit nie VIR hom doen nie.
    Baie sterkte!

    Reply rondomtaliedraai
    2012/03/24 at 7:43 nm Edit # Nee wat, daar kom ‘n tyd wat jy moet los maak en weggaan. Jy kan nie sy lewe vir hom leef nie. Jy is dit aan jouself en jou kinders verskuldig.
    Sterkte!

    Reply Lorien
    2012/03/24 at 2:07 vm Edit # Ek dink jou man is baie slim. MAAR ONGELUKKIG OOK BAIE GEMEEN. Hy kapitaliseer op jou goedheid en ongelukkig akkomodeer jy hom. Hy is n parasiet wat teer op jou sagte liefdevolle hart. Jy moet deur hierdie ontberinge gaan

    Reply
    Lorien
    2012/03/24 at 2:11 vm Edit # en hy suip en lieg vir jou? n Mens het altyd n keuse oor wat jy gaan toelaat in jou lewe. Baie sterkte as jy saam met hierdie manipuleerder wil bly, dis nie liefde nie, DIS ABUSE in die ergste graad!!!!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s