Ek weet nie hoe om te vertrou nie – help my asb!

Teardrop skryf

hi almal ek weet niemand hier ken my nie maar dalk het iemand vir my hulp. ek is nie iemand wat baie maklik met mens ken praat oor hoe ek voel nie en ek kan ook nie huil nie want ek glo `n klip kan nie huil nie.  so is ek getroud en weer geskei. nou is ek getrou met die beste man op aarde maar hy se ek is hard en ek wil nie met hom praat oor my verlede nie. hoe kan ek met hom praat as my ma nie eers weet wat in my verlede aangegaan het nie? al wat my ma van weet is die alledaagse goed wat gebeur het, die ooglopende goed. hoe vertel ek iemand wat ek lief het dat ek die dutte van die familie is. ek het hom lief maar kan ek hom met al my geheime vertrou? ek weet nie hoe om iemand te vertou nie help my asb.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “Ek weet nie hoe om te vertrou nie – help my asb!

  1. Halo, ek was vir 8 jaar getroud gewees. My ex man het my rond geneuk. Hy het op die ou einde my beste vriendin bo my gekies. Ek is nou vir ‘n jaar weer getroud met ‘n baie goeie, mooi man. Maar ek vertrou hom nie. Of moet ek se ek is bang hy gaan iemand anders vat. Hoe kan ek leer om hom te trou en wat kan ek doen om my huwelik te red!

    • Kopdolla:
      Wel Willana, jou gelukkige ding! Om so gou so ‘n mooi liewe man te kry! Menige ander vrou sal haar Jimmy Choos agterna gegooi het!
      Kyk, jy kan terugkyk en heeltyd jouself aan die verlede herinner. Of jy kan elke dag jouself lekker blou knyp en se ‘sjoe, ek is mal oor jou, my liewe nuwe mooie man!’
      Raai wat sou ek doen?!
      Maar ernstig: mens vergeet nie so maklik nie. Wat van jy maak elke dag vir jou ‘n koppie tee of koffie (of kry water – dis sommer gesond ook) en dan gaan sit jy en kyk na ‘n foto van jou man en jy sit en onthou iets wat jou liewe nuwe mooie man vandag gedoen het wat jou hart laat klop het. Of net mooi reg was om te doen. Of jou gehelp het. Of met jou geglimlag het. Of vir jou gesorg het. Of hard gewerk het om inkomste in te bring. Of … Of …
      Bou vir hom ‘n track record!
      Prys hom hard-op en in jou hart ook. Waardeer hom rbehoorlik.
      As jy hom oor ‘n jaar nog nie vertrou nie moet jy hom maar hierdie kant toe stuur. Hier is ‘n mooi klomp leseresse wat hom gaan waardeer, kan ek jou vertel.
      Het ons ‘n deal?
      Laat weet hoe dit gaan – en ek beter net goeie nuus hoor …

  2. Jacomien

    Ek dink die antwoord is tyd. Ek stem saam met Salome se advies. Die naweek het ek die fliek the gril with the dragon tatoo gekyk. Soms word n geheim/seer n tolbos wat rol van ma na dogter na kleindogter. Seer en donker moet gehanteer word anders hou dit ons gevange . Daar is ook n goeie boek van Francine Riviers – n Dogter se droom. Miskien
    gaan dit vir jou makliker wees om eers hierdie boek te lees .

    Anton
    Soms voel dit vir my of dit die slegste ding is wanneer ek die regte ding wil doen, byvoorbeeld wanneer ek my nie oor sekere dinge bekommer nie, dan voel ek skuldig. Of wanneer ek die waarheid op die lappe wil bring, voel ervaar ek dat die meeste mense dit afkeur en ek op my plek gesit moet word. Dan voel ek asof ek verkeerd doen en ek word skaam. Die waarheid is tog ‘n tweesnydende swaard. Niemand word gespaar nie. Ek ook nie, maar indien die waarheid my bevry van onnodige angs en woede en frustrasie en sekere ongeregtighede aan die kaak stel, kan ek nie kla nie. Die liefde bedek alles en daarom sal ek bedek wat niemand hoef te weet nie en so na myself omsien. Vertrou? Vertrou niemand nie.

    Salome
    Liewe Teardrop
    Moenie hom sommer net vertel nie. Die verlede is die verlede. Julle bou mos nou saam aan ‘n nuwe toekoms. Maar nou se ek dit ook nie ern beodel jy moet die sake daar los nie. Jy het ‘n hele klomp werk voor jou – daardie klip in jou hart is te swaar om te bly dra!
    Wat gebeur het pla jou. Ek kan hoor hoe dit jou selfbeeld geknou het, hoe min jy jouself vertrou, hoe min jy jouself geluk gun. Ek dink jy moet met iemand gaan praat. My eerste opsie sou ‘n sielkundige wees.
    Sal jy dalk vir jou man kan se iets soos:’
    *Sjoe, ja, jy is reg. Ek het dinge wat my pla.
    *Ek sukkel om dit self te verwerk.
    *Voor ek dit nie verwerk het nie kan ek dit nie deel nie. Dit gaan nie oor vertrou nie maar oor my eie deurmekaar emosies en seerkry.
    *Ek dink dit sal help as ek met ‘n sielkundige daaroor praat – iemand wat my kan help perspektief kry.
    *Sodra ek myself beter verstaan sal ek met jou kan praat.
    *Kan JY vir MY ASSEBLIEF vertrou dat ek jou lief het en die beste vir ons verhouding wil he?
    Kan JY vir MY ‘n jaar tyd gee om deur die ding te werk? (Gee jouself ‘n sperdatum sodat jy nie uitstel nie)
    En dan, Teardrop, sit jy af na ‘n goeie berader wat van huwelike en gebroke verledes verstaan. En jy gaan sit en pak daar jou storie uit. Jy kan hierdie mense vertrou want dit is hul werk. Jy kan jouself ook die voordeel van pisgoterapie gun – jy sal sien hoeveel beter en ryker jou lewe raak as jy eers jouself begin aanvaar, vergewe en liefkry – waarmee die mens jou gaan help. Die dinge kom nie noodwendig vanself nie – net soos om wiskunde te bemeester het die meeste van ons bietjie hulp nodig.
    Die belangrikste is dat jy nie net sit en wroeg oor wat verby is nie. Dit is harde werk om vir psigoterapie te gaan. Jy moet dan werklik hard werk daaraan om insig te kry, om nuwe perspektiewe en nuwe gewoontes te kweek.
    Liewe Teardrop, jy moet ‘n baie sterk vrou wees om al hierdie dinge by jouself so lank te kon gedra het. Dit is waarom ek glo jy is van die stoffasie wat die moed en innerlike krag het vir daardie gemoedswerk wat voorle!

    Lorien
    Iemand , erens het jou baie seergemaak, dalk in jou kinderjare? Jou selfbeeld is aan skerwe.Ek belowe jou NIEMAND , jy ook nie, is n “DUTTE” NIE!!!!
    Dit sou so goed wees as jy dalk met n sielkundige kan praat. Of jy kan jou seerkry neerskryf, en dan brand jy daai blaaie uit, om die seer uit te kry.
    Wees bly jy het n kans gekry om iemand lief te he. Dis wonderlik en jy moenie dat die einas van gister jou geluk van vandag steel nie. Praat met jouself en probeer dit agter jou sit, en sien uit na n wonderlike toekoms.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s