Klein dorpie, almal skinder

Nie-ek-nie

As daar iemand is wat my kan raad gee, asb. doen!

Die laaste 6/7 maande is my gedagtes baie negatief. Ek is permanent bang, huilerig en buierig. Ek wens ek kan net my kop toe trek en slaap. Altyd moeg.

Ek wil nie met mense praat oor my probleme nie. Dit voel asof ek hulle gaan ongelukkig maak en hulle sal ook nie verstaan nie.

Ek sukkel om te slaap.

Onlangs na n Plaas toe getrek (ek is sooo bang).

Ek weet nie hoe om my emosies meer te beheer nie.

Was Desember Dokter toe wat ligte kalmeer middel voorgeskryf het. Gevra dat ek moet terug kom as dit nie werk nie.

Wel … dit werk nie en ek wil nie terug gaan nie. Klein dorpie, almal ken mekaar. Hoe kan ek beter word? Ek voel ook skuldig oor besluite wat ek geneem het en wat ander mense geraak het.

Enige raad/tegnieke/boeke wat ek kan kan probeer/toepas?

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

13 thoughts on “Klein dorpie, almal skinder

  1. Dit klink asof jy swaar aanpas – en die aanpassingsfase jou nou ook tyd gee om al jou ou verwyte op te diep. Ek dink jou hele situasie is baie verstaanbaar.
    Maar wat om te doen? Ek hou van Anton se idee dat jy jouself leegskryf (of verf, of tuinmaak of wat ook al jou beste dink-aktiwiteit is (buiten kos, sigarette en alkohol – dit ‘numb’, doen skade en help jou nie dink nie).
    Kyk asb op ons hulpbladsye of daar boeke is waarvan jy hou. Ek het onlangs TED.com ontdek en is al geprikkel tot dieper insigte.
    En, soos altyd, glo ek in ons hulplyne. Bel hulle gerus. Dit is mos anonieme mense wat self verstaan omdat die meeste van hulle al deur soortgelyke periodes is.
    Ek moes ook op ‘n stadium op ‘n klein dorpie aanpas – en my persoonlike mening is dat mens moeiliker daar aanpas as in die stad – regtig. Maar dit hang sekerlik ook af van persoonlikheid? Ek wou maar net se ek verstaan dat dit nie vir almal maklik op die platteland is nie.
    Nog iets wat help is om te lag. Simpel, lawwe sitkoms, TV-flieks, diere se manewales … is daar dalk klein katjies of hondjies op die plaas? Hulle omtower mos emosies na die positiewe kant.
    Waar kan jy inskakel? Iewers moet jy vir jou ‘n netwerkie begin. Partykeer moet mens maar dapper wees en uitreik – jou hand opsteek en se waar kan ek help, wat ek kan ek gee. Ek weet dit is waar as mens self so broos voel.
    Klein dorpies het nie altyd sielkundiges nie maar daar is dikwels ‘n maatskaplike werkster, dominee of iemand wat vertroulike gesprekke respekteer.
    Sterkte! Ek vra ook ander lesers om te reageer – mens weet nooit of jy dalk onder ons lesers en op ons FB bladsy ‘n paar sielsgenote raakloop nie! Gaan kyk op ons FB bladsy – ek sien daar ook reaksie.
    Jy kan ook gerus Vrydagoggende inskakel op ons Chatroom (gaan na http://www.rooirose.co.za op ‘n Vrydag) Gesels saam – daar is ‘n hele paar mense wat mekaar daar leer ken het.

  2. Ek weet presies hoe jy voel. Ek het verlede jaar ook ‘n punt bereik waar ek nie meer lus was vir enige iets nie: nie vir eet nie, nie vir werk nie, nie vir opstaan soggens nie. Ek wou ook net onder die bed inkruip en daar bly tot in lengte van dae. Dit het ook my slaappatroon begin aantas en ek was die hele tyd tranerig en huilerig. Nadat ek uiteinlik vir my ma daarvan vertel het, het sy my ook aangemoedig om dokter toe te gaan. Die dokter het vir my antidepressante voorgeskryf, maar toe vind ek na ‘n week uit ek is allergies vir die pille! Het sit my toe op ‘n ander antidepressant, en ek kan nie vir jou beskryf hoe handomkeer my lewe verander het nie! Ek het laas gehuil toe ek by die dokter was, my konsentrasievlakke is weer beter en ek geniet weer die “normale” dinge in die lewe. Ek het ‘n paar dinge uit hierdie ervaring geleer:
    1) Soms het ons net nie die vermoë om self uit die donker gat te kom waarin ons is nie. Ons het hulp nodig! As gelowige persoon was dit aanvanklik vir my erg om te dink dat ek ‘n pil nodig het om lewensvreugde te hê. Maar ek moes erken dat ek nie meer self kon regkom nie.
    2) Ek het besef dat niemand regtig sal verstaan hoe jy voel voordat hulle nie self in so ‘n situasie was nie. My ma wou bv. dadelik weet hoekom ek so voel. My antwoord aan haar was: “As ek geweet het hoekom ek so voel, sou ek dalk iets kon doen om dit te verander.” Maar hê ook begrip hiervoor en besef dat mense sê wat hulle sê uit liefde vir jou, al weet hulle nie altyd hoe jy voel nie. Moet daarom nie voel jy gaan net ander mense negatief maak nie. Praat met die mense wat jou liefhet. Vra hulle hulp as jy nie die moed het om alleen die las te dra nie.
    3) As jy nie iets anders DOEN nie, sal jy nie ander resultate kry nie. Dit help nie jy gaan dag na dag voort en hoop maar dinge gaan verander nie. As dit nie gister het nie, sal dit ook nie môre verander nie. Al voel jy ook hoe sleg of nie lus nie, gaan terug na die dokter en as hy jou nie kan/wil help nie, gaan sien ‘n ander dokter. Op die ou end is jy self verantwoordelik vir jou eie lewe. Jy noem ook iets van dinge waaroor jy skuldig voel. Dit is dalk ‘n goeie idee om met ‘n berader of sielkundige oor hierdie dinge te praat. Moenie bang wees nie, sielkundiges mag nie uitpraat nie. Ek het ervaar dat dit nogal makliker is om met iemand te praat wat jy glad nie ken nie, en hulle mag ook nie uitpraat nie, want hulle is gebind deur ‘n etiese kode!
    4) Jy is nie alleen nie. Groot was my verbasing om nadat ek die pille begin gebruik het uit te vind dat 4 ander (mag ek byvoeg intelligente en suksesvolle) mense wat ek ken ook op antidepressante is. Jy is dus nie “weird” omdat jy so voel nie. Daar is elke dag mense om jou wat deur dieselfde pyn as jy gaan, maar omdat ons geneig is om ons deur depressie af te sonder dink ons later ons ly alleen. Daarom moet ons ook meer hieroor praat dat mense ingelig raak en dat depressie sy “skande” kan verloor. Daarom is ek so bly vir ‘n blog soos hierdie. Ons moet die stilte rondom depressie breek sodat diegene daarbuite wat in stilte ly kan weet hulle is nie alleen nie!

    Dit is maar wat ek graag met jou wou deel. Al ignoreer jy alles wat ek gesê het, weet net: Jy is nie alleen nie!

    Baie sterkte en ek hoop dat heling sal vind.

  3. Hi Gerda,
    Nee ek sal geen komentaar ooit ignoreer nie, dit is net te belangrik vir my! Ek sien Vrydag weer my dokter. Watter anti depressante het jy gebruik? Ek is so bly dat daar hoop is!! Dankie.xx

  4. Hallo jong!
    Vir die oomblik…..weet net ek dink aan jou! Sal later vannaand bietjie met jou “gesels” as ek meer tyd het! Onthou net, jy is die mees spesiale “jy” wat daar is, en jy moet (veral NOU!) na jouself kyk…..moenie ‘n “people pleazer” probeer wees nie!!…..Ja-ja, ek WEET dis moeilik!!!

  5. Wil graag vir haar voorstel dat sy by die healthshop die volgende Aminosure kry: LTyrosene, DLPA en GABA. Van al die stress vervaardig sy nie genoeg hiervan nie en moet dit vervang. Sy moet die hoogste dosisse neem vir sowat 2 weke, en daarna verminder soos nodig. Dit verrig wondere vir iemand wat huilerig en angstig is. Veral die GABA help baie vir angstigheid, en DLPA vir huilerigheid. Sterkte.

  6. Beslis Elzette, dis net ‘n moeilike situasie. Ek het reeds my verloofde vertel hoe verskriklik bang ek snags is…Hy is van plan om so gou moontlik dit veiliger te maak op die plaas (sal nog n maand of 2 neem). Ek wonder net hoe gemaak? Hy wil graag bly en boer, maar ek is bang om te slaap? Hoe hanteer mens dit?

  7. Ek dink ky bekommer jou te veel oor wat ander van jo sal dink of sê. Praat met iemand en gou ook. Kry wat jou pla uit jou uit. Sè vir iemand dat jy bang is vir die plaas. Sê dit net. Gaan terug dokter toe en sê die pille werk nie. Dokters is nie veronderstel om pasiente met ander te bespreek nie. Praat…kry wat jou pla uit…wat ander mense dink is nie belangrik nie – JY is belangrik.

  8. Jy ly beslis aan depressie, kalmeerpille gaan nie alleen help nie. Gaan sien jou GP. Intussen kan jy St Johns Wart of 5HTP by apteek of gesondheidswinkel probeer. Ek ly al jare aan depressie, jy het al die simptone.Sterkte.

  9. Ai, dis moeilik! Ek weet nie of jy gediagnoseer is met depressie nie, maar ek het depressie en dit klink baie na die simptome wat ek het as ek nie medikasie neem nie. Ek WEET ( praat uit ondervinding ) dis moeilik om jouself te vergewe, maar jy moet dit net eenvoudig doen, anders gaan jy nooit ligter voel nie. Dis vrek moeilik, maar gee jouself tyd, maar werk daaraan om jouself te vergewe. Iemand het eendag vir my gesê : ” Vergewe jouself, want God het al lankal! ” Dit is so waar, ons is te hard op onsself. Dit maak nie saak hoe erg dit is wat jy gedoen het nie, dis verby en jy kan nou niks daaraan doen nie. As jy opregte berou het, het jy geen rede meer om jouself hieroor te kasty nie.

    Baie sterkte met jou pad vorentoe en ek hoop dinge is sommer gou weer voor die wind!

  10. Ek wil graag ‘n geheim met jou deel, ons almal voel een of ander tyd soos jy nou voel, moeg, bang, depressief. Die verskil is net ek is nie in ‘n situasie waar ek kan toelaat dat emosies die beter van my kry, of die slegter nie. Ek moet opstaan in die oggend en vir my 5 jarige dogtertjie broodjies maak vir skool, ek moet elke dag werk anders is daar nie ‘n dak oor ons kop of kos in ons borde nie. Ons werk soms met “siek mense”. Vertrou my, om te kan loop, sien en normaal funksioneer sonder enige hulp middels, ons het baie om voor en oor bly te wees. Lig jou kop op, kyk in die spieel en wees dankbaar vir die vrou wat jy is want jy is pragtig. Vat dit een dag op ‘n slag en begin sien weer die mooi in die lewe een ding op ‘n slag raak, ‘n blommetjie, voeltjie enige iets wat vir jou mooi is.

  11. Nie so baie oor wat mense sal se nie. Meer om snags aan die slaap te raak..Ek is bang om wreed vermoor te word of ietsie. Dis snaaks dat my gedagtes permanent oor “dood” draai..(wat as ek vermoor word, wat as my ouers doodgaan) ens ens..maar ek GLO dat dit net MOET beter word!

  12. Is jy bang vir wat die mense gaan sê of is jy bang om op die plaas te bly?

  13. Moed hou, Mensie! Daar is lig aan die einde van die tonnel!
    Partykeer vat dit lank om die regte medikasie te kry.Dit beteken egter nie dat daar niks is wat werk nie.Dis ‘n kwessie van trail and error.Gaan kyk in jul bib se sielkunde afdeling vir boeke oor emosionele intelligensie en persoonlike groei.’n Boek wat vir my baie beteken het is Waarom lewe ek deur Viktor Frankl.Ook The Road less travelleed deur M.Scott Peck.Persoonlik lees ek ook graag boeke met ‘n Christelike inslag.Dit bou my op,maar ek weet ons voel nie almal dieselfde daaroor nie.Hou ook tydskrifte dop vir sielkunde artikels.Hoe meer jy lees hoe beter,want dan kry jy insig en baklei nie teen ‘n onbekende monster nie.Wat van kognitiewe gedragsterapie by ‘n sielkundige?Ek dink aan jou en bid vir jou

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s