Ek’s bipoler. Ek kry net stilswye van my maat

Goeie dag
Ek is 40+, is geskei en is in ‘n saamblyverhouding vir die beste deel van 7jaar. Ek is ongeveer 6 en ‘n half jaar gelede met “major depressie” gediagnoseer. Ek het medikasie en berading ontvang. Ek het ‘n selfmoordpoging gehad wat ongelukkig nie suksesvol was nie. Ek het steeds op my meds gebly.

My kinders bly by hulle pa, ek het geen kontak met my dogter nie, sy weier om met my te praat. My seun sal met my oor die foon praat, maar ook net-net. Ek was in ‘n goeie beroep vir 18jaar, ek was(is) in ‘n verhouding met ‘n man wat my (amper) aanbid, eintlik was ek op my manier “gelukkig” veral met die nuwe liefde in my lewe.

Die selfmoordpoging het gekom na ‘n maniese episode waarvan ek niks geweet het nie en niks kon slaap vir dae nie. Medikasie na medikasie is voorgeskryf, slefs opgeneem vir slaapterapie. Al hierdie meds is mos tot my beskikking. My kinders wil my nie hê nie, my werk kan aangaan sonder my en my lewensmaat kan altyd iemand anders kry – so het ek gedink en besluit om al hierdie pille(amper 100) te drink. Nodeloos om te sê, ek het wakker geword met my eks langs die bed. “What the f$%# did you try and do?” My lewensmaat kom ook en sê” ons het dan gesê ons gaan saam oud word, wat het jy nou gedoen?”
ek is in ‘n psigiatriese kliniek opgeneem en dit is hier waar ek gediagnoseer is met “major depressie”. Ek het steeds ongelukkig gevoel omdat my poging ongeslaagd was.

My lewe het aangegaan en ek het probeer om die man in my lewe gelukkig te maak, op alle gebiede. Moet sê, die medikasie het ongelukkig ‘n effek om my libido en as gevolg daarvan het die intieme sy van ons verhouding getaan. Soveel so dat hy gesê het dat hy uit die verhouding wil kom en nie sonder seks kan leef nie. Hy is ‘n baie goeie, stabiele, Godvresende mens en ek het besliut dat dit beter is om hom sy vryheid te gee.

Hy het egter daarop aangedring dat ek weer opgeneem word, aangesien ek opgehou het om my medikasie te neem – om die seksuele kant te probeer red.
Met opname is ek gediagnoseer as bipolêr 2. Ek het ook ‘n persoonlikheid wat nooit “gevorm” het nie en het “life coaching” nodig om dit te verbeter.
Ek drink my pille en doen alles wat voorgestel is, behalwe oefen. Ek het die afgelope 3 maande 8kg verloor en was reeds ondergewig.

Ons bly steeds saam, hy raak nie die onderwerp aan nie en as ek dit doen kry ek stilswye. Ek kan ook nie regtig finansieel op my eie bly nie.
Wat stel julle voor doen ek, hoe tree ek op???

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “Ek’s bipoler. Ek kry net stilswye van my maat

  1. 3 Responses to “Bipoler en my maat wil nie praat nie. Wat stel julle voor doen ek?”
    Salome
    2011/11/18 at 10:37 vm Edit # Ons maats is mans. Mans kan vir ure om ‘n braavleisvuur staan. Hulle doen die volgende, gewoonlik met iets te drinke in die hand:
    * hulle braai die vleis
    * praat oor politiek, die land en werk
    * vertel n grap of twee (Soms is die grappe stout en soms onder die belt. Vir my is daar ‘n versil. ‘n Stout grappie het sy plek.)

    Ons (vroue) sit in n kringtjie en gesels oor die volgende:
    * Kinders,skole en opvoeding
    * Familie ( skoonma’s ,skoonsusters……..)
    * Klere en die mode
    * Geboortes siektes en die dood

    Wat het ek hier uit wys geword?
    Mans praat nie rerig nie oor persoonlike goed en die seer of ongemak in hulle lewe nie. Persepsie is hulle doen. Ek dink die grootste rede is hulle het nie ‘n oplossing nie.

    Hulle is egter goeie luisteraars en ek het geleer om te se: “EK het nodig om te praat. Sal jy asb LUISTER na MY EMOSIE en hoe EK VOEL en vir my se of dit die waarheid of ‘n leuen is, of net se ‘ek weet rerig nie’ .

    Ja, en dikwils is dit ‘n leuen wat jou gevange hou. En dis baie moeilik om die ‘ek weet nie’ as antwoord te aanvaar. Jy moet braaf wees want sien die waarheid maak seer maar dis so BEVRYEND.

    ‘n Joernaal werk ook. Skryf die emosie en lees dit ‘n dag of drie later. Jy sal verbaas wees hoeveel leuens, onwaarhede, onverdiende selfkritiek en hardheid teen oor jouself sal jy eien. Krap dit dood en werk met die werklikheid. Dra dit oor na ‘n skoon bladsy. Dis bevryend en die spreekwoord se nie verniet: ‘sy het n skoon blaaitjie om geblaai.’

    Stilswye : Hy het baie seer namens jou en het nie ‘n oplossing nie. Los hom dat hy bietjie broei. Moenie dit vererger om ook stilstuipe te kry nie. Dit werk vir ons om juis hier aan mekaar te VAT. NET vat . Ons vergeet van hierdie baie stimulerende sintuig. My kleinding moes van sintuie leer vir die eksamen. Waar sit die mees senstitiewe punte? Op jou vingerpunte en onder die vel. Krap sy rug, as hy daarvan hou. Vat sy hand ‘n slag vas. Gee hom ‘n drukkie van agter af as hy staan en skeer en bere jou kop bietjie tussen daai blaaie. Konsentreer om die vat te geniet en sluit bietjie die lippies.

    Ek kan hierdie vir jou skryf omdat ek gevra het ons moet praat . Gelukkig het ek die Mugg n Bean gekies. Hy het geluister, gevra hoekom ek so gespanne is, nie veel gese en my laat verstaan ek het sy werkstyd gemors. Sjoe, was ek jammer vir myself!
    Ek het gaan dink. Ek het besluit om langs hom op die bank te gaan sit en TV kyk. Sy hand styf vas gevat. Ek het ‘n KYK gekry en toe ‘n baie stadige glimlag wat tot by sy oe gekom het. Hy het my net vas gehou toe ons gaan slaap het my rug gevryf en in my oor gefluister hy wil baie graag he ek moet vir ‘n slaggie lekker slaap, ek het dit nodig. Hy het meer van my doen as my praat verstaan maar ek het sy luister nodig gehad.

    Klink maklik? O nee, dis die resultaat van 12 jaar se harde werk/baklei .

    Liefde

    Jou vriendin

    Reply
    Lorna Potgieter
    2011/11/18 at 12:29 nm Edit # Baie dankie vir die kommentaar.
    Ek het myself seker nie duidelik verduidelik nie, hy het nie stilstuipe nie, wil net nie oor ons toekoms praat nie, ons gesels lekker oor alledaagse dinge. Ons het ook fisiese kontak ( drukkies, hande vashou, ens.)

    Miskien moet ek regtig ‘n joernaal begin hou en kyk hoe kritiseer ek myself (onnodig).

    My groot probleem is my kinders wat my probeer vermy(en regkry)
    Ek was ook baie verkeerd in die tyd toe hulle by my in die huis was saam met hul pa, ek glo egter die probleem daar is dat hulle deur hom gemanipuleer word. Hy is ‘n goeie pa, maar hy is ook bekend daarvoor om wrokke te koester, hy vertel leuens asof die natuur is om dit te doen. Hulle sien dit as voorbeeld en handel daarvolgens. My dogter kom volgende jaar in Pretoria studeer, ek is ook woonagtig in Pretoria, sy kan by ons kom bly, verniet, maar sy verkies om in ‘n koshuis of kamer te bly, sy wil my net nie sien nie. Julle moet asb. bid dat sy na my toe sal uitreik en ons sodoende ons bande weer kan optel en bou aan dit wat verbrokkel het. Hopelik kan ek ook deurdring tot my seun, want hy is baie onder sy suster se invloed. Ek verlang so na my kinders, dit maak fisies seer!

    Ons gesels weer op ‘n later stadium.

    Reply
    Salome
    2011/11/18 at 8:37 nm Edit # Goeie plan – doen daardie joernaal!

    Ek moet se my kinders wou ook niks weet van tuis bly toe hulle gaan swot het nie – die studentelewe roep. Ouers word eers ‘cool’ as hulle klaar geswot het. Dis ook gesond so – hulle moet nou aan hulleself bewys dat hulle op hul eie voete kan staan.

    Ek dink dit is genoeg dat hulle weet hulle is welkom om te kom inval – soos wat jy mos laat blyk het.

    Ek hoop saam met jou!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s