Ek probeer antidepressante oor ek ongelukkig getroud is

Depressief en moeg vir die lewe. Ek het al ‘n hele paar antidepressante probeer, maar ai tog, die newe effekte! Naarheid en MOEGHEID in groot, dik, vet LETTERS. Kry almal maar hierdie newe effekte? Na ‘n week dan kan ek dit nie meer uithou nie en stop dit. Jippie, ek voel amper weer soos ‘n mens!

Hoekom probeer ek om gebruik te maak van antidepressante?

Ek leef saam met my man waarvoor ek GEEN LIEFDE, GEEN RESPEK, GEEN KOMMUNIKASIE het nie. Hoekam skei ek nie? Finansieel op hierdie oomblik kan ek nie, maar het my voorgeneem om al my skulde te delg in die volgende jaar en dan te skei. Al vertroosting wat ek het is dat meneer swaar gaan kry!

Maar later sal ek my hele storie vertel.

Laat weet of ander vrouens dieselfde gevoelens oor hulle mans het.

Baie dankie dat ek my hart kan uitpraat want ek het dit so nodig.

Groete

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

5 thoughts on “Ek probeer antidepressante oor ek ongelukkig getroud is

  1. Hello dames. Moenie skrik nie, maar ek’s ‘n man, en ook op antidepressante, en al op die pille vir so 2 jaar. Ek gebruik Lexamil (20mg). Groot rede was dat ek my seksualiteit moes oorkom, ek is gay en het dit vir 37 jaar lank geheim gehou. Ek was nie in hetro-verhouding nie, want ek het geweet ek kan dit nie aan ‘n vrou doen nie – dit is net nie reg nie. Toe bereik ek breekpunt en op 38-jarige ouderdom uitgekom. Ek is van ‘n streng eng Afrikaanse-familie – regte boere familie, my pa was hoeka in die polisie. Snaaksgenoeg, noudat ek uit is, en in ‘n verhouding is met ‘n wonderlike wonderlike man (snaaks genoeg ook ‘n polisieman!) is ek stadig maar seker besig om ontslae te raak van die pille….en ek sien weer kans vir die lewe en wil baie graag trou en ons wil graag kinders aanneem.

  2. Dankie vir jul artikel, en die kans om te deel met ander persone wat dieselfde deurgaan as ek.

    Ek woon in Walvisbaai Namibia. Het vir die afgelope 2 en half jaar depressie. Sonder medikasie sal ek nie dit kan doen nie. Vandag is ‘n beter dag as gister maar dit voel partykeer of daar meer “slegte” dae is as goeies.

    Baie sterkte aan almal wat enige vorm van depressie het.

  3. Ja, ek wonder ook waarom party mense so moeilik aanpas op antidepressante terwyl dit vir ander soos manna in die woestyn is. Watter soorte het jy al gebruik? Ons blog is nie kommersieel nie en sulke info kan nuttig wees, sonder om aanstoot te gee. Laat weet gerus – ons kan by ‘n psigiater terugvoer kry

  4. Ek sukkel ook om die regte antidepressant te kry. 2 Verskillendes het my baie aggresief gemaak en een wat heel goed gewerk het, het my weer baie gewig laat optel. Ek is nou weer op ‘n nuwe antiderpessant, vir so 3 maande nou al, die een laat my beter voel maar nie soos ek graag sou wou voel nie. En natuurlik stres ek nou meer omdat ek oorgewig is. Ek weet net ek kan nie sonder die medikasie nie.

    Dit is regtig jammer dat jou man jou nie ondersteun nie, want as die familie nie help en ondersteun nie is dit baie moeiliker om deur elke dag te gaan.

    Ek hoop regtig jy vind die regte antidepressant wat vir jou werk en dat dinge vir jou reg uitwerk.

    Sterkte!!

  5. Sjoe, ek hoor jou. ‘n Moeilike situasie waaraan mens nie op die oomblik veel kan doen nie is uitmergelend, al is ‘n mens ‘n sterk vrou, soos jy vir my klink.
    Ek weet mens probeer werk aan jou verhouding maar op ‘n punt begin mens praat van ‘n gebroke verhouding … juis omdat dit gebreek het en nie meer heel gemaak kan word nie.
    Ek is be-indruk dat jy ‘n plan in jou agterkop het, en glo jy gaan die tyd gebruik om te besluit wat jy werklik uit die lewe wil he, waar jy nou is, en hoe jy realisties daarby kan uitkom. En as jy lus is om verder te kom gesels is jy altyd hier welkom.
    Ek hoop jy kom weer uit by daardie lus-vir-die-lewe plek.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s