JY PRAAT – so maak jy om ons jou storie hier te vertel

Praat hier jou hart uit oor als – lekker en sleg. Jou gewig. Depressie. Bipoler. Skiso. Psigose. Angsaanvalle. PTSD. Enige ander iets wat pla.
Gaan na die storie hieronder en klik op REPLY om joune te vertel. Ons sal dit so gou as wat ons kan pos..
As jy wil kommentaar lewer doen dit net soos gewoonlik direk by die spesifieke pos.

69 thoughts on “JY PRAAT – so maak jy om ons jou storie hier te vertel

  1. Hi, ek is getroud. Ons het ‘n seuntjie van 16mde oud. BAAAIE bedrwig. Ek en hy is bedags saam by die huis. Ek probeer regtig ‘n goeie ma vir my kind wees. Probeer hom dissiplineer ‘soos in die ou-tyd’. Ek het ook al die stoutstoel probeer. My kind manipuleer my verskriklik. Hy luister glad nie na my. Ek praat tenminste 5x voordat hy lyk of hy my hoor. As ons alleen is gaan dit wel bietjie beter. Ek is ‘n roetine mens, en maak my kind ook so groot. 12h en 20h is dit bedtoe gaan tyd.

    Maar ek moet sê, ek en my man verskil oor die tug gedeelte. Ek mag hom glad nie saans voeter as ek regtig voel dis nodig. Hy “piets” hom wel. Maw ons verskil!!! Hy voel as ek die kind voeter – gaan hy ‘n kompleks ontwikkel.

    My kind het ook nou begin stamp en stoot aan sy maatjies. Ek skaam my dood vir my kind. Ons almal wil ‘n voorbeeldige kind grootmaak en ek kry dit nie reg.

    Help asb.

    • Wats is dit met die maand Augustus? Dis my selfmoord maand. my verjaarsdag maand , my pappa gaan dood maand en my wegkruip maand.

      Augustus is n maraton maand vir my. Dis hoe dit is se my dokter. Daar is baie opninie en menings. Ek weet net ek het iets nodig om hierdie maand deur te kom! Ek wil nie . Ek depressief. Ek wil nie ek wil nie en eks nie lus nie eks nie lus nie …. net vir n blik vol kondensmelk wat ek alleen uit suip.

      Die ding is dis nie die suip nie , dis die skelmsuip en blik wegsteek en hoop ek word nie “uitgevang ” nie. Die verslane gees van ek het dit weer gedoen demmit!!

      Hoekom laat hierdie maand my so val en struikel?

      Ek het ook nog altyd hierdie hoekom ding in my. In Augustus kry ek nie reg om hoekom op sy plek te sit nie. So kom ek sit hom aan die werk besluit ek.

      Ek gaan inspirasie vind hierdie Augustus.

      Geturde Ederle het ook in Augutus die eerste vrou geword wat van Frankryk na Engeland geswem het in die Engelse kanaal. n Hele 14 uur en 34 min. Die eerste persoon wat haar “gegroet” het aan die ander kan was n engelse “immigration officer” wat haar gevra het vir haar paspoort. Sy was half doof as gevolg van masels wat sy as kind opgedoen het. Geturde het swem af gerig vir dowe kinders en is op die rype ouderdom van 98 jaar oorlede.

      soos ek hier sit en tik besef ek die ding is WIL. Waar n wil is , is n weg! Geturde wou die kanaal oorwin en sy het. Vinniger as wat die manne voor haar dit gedoen het ook, Hulle het n volle 16 uur geswem.

      Hierdie Augutus WIL ek. Ek wil n kondensmelk blik uitsuip. Ek gaan more een koop op my lessenaar sit en sip , sip aan hom. Miskien maak ek nog die gaatjie groter en gooi so bietjie in my koffietjie. n Boere trosie.

    • Naand ek het u baie groot proebleem met eet ! Ek sukkel met my gewig en weet nie wat ek kan doen om minder te kan eet sodra ek op ‘n dieet gaan eet ek net al hoe meer en bly net doodhonger asseblief enige raad sal help

    • Weet jy, ek voel vir jou, want ek sien myself in jou woorde.
      ek gaan eerlik wees, ek het dieselfde deurgegaan wat jy deurgaan. maar een ding wat ek geleer het uit 6 jaar se aanhoudende kommer, is ”let go”…
      as jy sien jou kind is onmoontlik, dreig hom met sy pa.
      dis tog hoe dit veronderstel is om te wees.
      die man in die huis is die ”koning”, hy maak die reels, terwyl die vrou die ‘hart’ van die huis is, moet sy haar man ondersteun.
      punt klaar.
      daars nie van draaie en swaaie nie. die bybel se tog vir ons “tug” jou kind.
      en mamma, al is dit hoe moeilik, doen dit.
      ek se nie slaan hom dood nie, maar n pak hier en daar is immers nodig.
      kyk bietjie na die verhouding tussen jou en pappa. kyk bietjie hoe sou kleinding dit sien,
      manupileer hy dalk vir pappa as mamma by is?
      of speel jul af teen mekaar? en moenie jouself flous nie, dit het met my gebeur, en vandat ek dit agter gekom het, is my kind n droom kind. ek het net pleinweg my voet neergesit.
      ek se nie ons is perfekte huishouding nie, ons is als behalwe.
      maar ekt geleer om nie die kleinspan eerste te stel nie, pappa en mamma kom eerste. jul behoeftes en mekaar, dit gee kleintjies n rustige omgewing om in te lewe, want dan word hul nie in die grootmens lewe geforseer nie. maar as kinderjies op hul plek, versorg en klein…

    • Die ure tel ek af met sigarette
      Op ‘n goeie dag kry ek een per koppie tee
      Op ander tye is dit twee

      Die rusteloosheid volg my soos my skaduwee
      Waar dit nou val lyk dit my ek het verlange
      Na die kuiltjies in jou wange

      Die ligte kaats ‘n reenboog op die strate in die reen
      In die vriendelose stad en al die gesigte is nat
      Soos wanneer ons saam bad

      En toe ontdek ek jou verraad toe jy jou goed vat en loop
      Sonder om om te kyk is jy weg asof iets jou jaag
      Ek voel die liefde skielik vervaag

      My hart aan ‘n dun riem
      Selfs my kind het jy weg en my lewe is leeg
      Maar ‘n vaderhart loop nooit leeg nie

      Ons sit soos vreemdelings teenoor mekaar in die hof
      In jou stem is donderweer wanneer jy my beskuldig van oneer middellik
      Opsetlik opsigtelik onverbiddelik

      Ek kan die klagtes teen my nie beheer nie
      Jy vat als
      Want jou intensie was vals

    • hello kan enige iemand my raad gee , ek was vir 3 jaar op die inspyting en 3 maande op die pil , toe los ek die pil nou al vir 2 maand , ek was die eerste keer op my tyd goed en wel , nou die maand het ek begin en dit hou nou al aan vir 10 dae aan een , ek en my man proebeer vir u 2de kind , wil net hoor of dit als normaal is

  2. Ek is op die 3 maande inspuiting ons beplan om u 2de kind te he ek wil reg maak om swanger te kan raak as die tyd reg is wat kan ek doen ??? Ek hoor meeste vrouens sukkel om weer swanger te raak na hulle op die 3 maande inspuiting was ?? Asseblief gee raad

    • Naand ek het dringind hulp nodig. My dogtertjie is 3 jaar oud en sy is baie moedswillig , en soms baie moeilik !

      Ek is besig om haar reg te kry vir GR.0 , maar sy het haar eie idees oor die lewe. Sy wil dinge haar eie way doen.
      Ek straf haar gewoonlik deur haar speeltyd weg te vat ens, en soms gee ek haar n raps op die boud. Maar dan gooi sy ‘n tantrum ! Asseblief help my – gee my raad – wat kan ek doen om dit te voorkom ?

      • Goeie naand ek is 16 jaar oud en ek het n probleem. My ouers skei en ek moet kies waar ek graag wil bly, maar ek weet nie waar om te bly nie. Ek is albei se slaaf en soms kry ek eers laat klaar met huiswerk of glad nie. Ons het 2 mense (familielede) wat by ons bly en hulle gaan ook aan met my, as ek min eet se hul ek gaan anorexia kry of iemand het my verbied om te eet, maar wanneer ek bietjie meer eet se hul ek gaan vet word. Die 1 ouer ondersteun my die meeste, want die kan afkry by die werk, maar het eers gese hy wil niks met my of sport te doen he nie en het later jammer gese. Die ander 1 kan eintlik min van die werk af kry, maar soms vloek en skel sy my en se die aakligte dinge vir my. Wanneer ek vra of ek dit verdien om sulke goed genoem te word, word daar vir my gese ja. Ek word beskuldig van dinge wat ek nie doen nie (bv. dat ek dwelms gebruik).Ek was gereeld die wasgoed, skottelgoed, springclean die huis, ens. HELP ASB!!!

      • al wat jy kan doen is om aan te hou wys dat jys die ouer en jyt beheer oor haar, nie sy oor jou nie.
        tug haar, vir haar eie bes wil, en moet glad, onder geen omstandighede skuldig voel nie.
        ja dis jou vlees en bloed. maar dis juis hoekom jy haar van reg en verkeerd leer.

        ekt my voet neergesit teenoor my baie veeleisende, moetswillige 6 jarige, maar dinge gaan al baie beter…
        sterkte

  3. Pingback: Sal ‘n tweede kind my eerste kind se maats-probleem oplos? | rooi rose luister na jou

  4. Weet ek verstaan partykeer nie hoe die dinge in die lewe werk nie. Hoe werk mediesefondse. Hulle betaal goed wat nie nodig is nie en dit wat nodig is – maak maar die som. Hulle hou hulle lywe dokters terwyl die hoofdoel is om die fonds te administrateur. Alles moet omtrent uit jou spaarplan betaal word veral dinge wat baie duur is, goed soos implantate, fisio, en psigiese goedjies. Wanneer laas was die direkteure van die mediesefondse by `n dokter? En die dokters aan hulle diens, woon hulle ooit internasionale kongresse by? En wat my ook baie ongelukkig maak is, waarom is helfte van die dokters of wag 80% dokters is deesdae uitgekontrakteur. As die mediesefondse wil oulik wees en nou wil baas speel oor geld wat ek elke maand betaal, waarom stig hulle nie `n raad wat mense eers deeglik ondersoek en vasstel of die dokter (wat so graag wil sny) `n geldige rede het of is daar `n ander alternatief, dit sal ons die lede en pasiënte darem baie help as sulke saak eers ondersoek kan word voordat dit gedoen word. Deesdae se dokters skryf te gou meds voor vergeet wat dit aan die lewer en niere kan doen en res van die liggaam. Ek lees nou weer `n artikel oor antibiotika – regtig dokter. Waarom kan dieselfde geld en tyd nie spandeer word om siektes te soek in genesing nie. Jammer vir die volgende aanhaling maar kan net lag, Jacob en Julius = Dr’s van SA en Hospitale = regering (hie-hie) dis hoe ek dit deesdae sien. Ons is mense en kan foute maak net jammer die fout sit nie tande terug nie nê. Kan ook nie help om te smile nie, as jy jou kar in vat garage toe kry jy darem 3 maande waarborg, wat kry jy by `n dokter? Dan wonder ek ook oor `n ander ding en dis geen geheim nie, ons noem ons self Christene (woord beteken behoort aan Christus) en soms is dit ja maar swak hoe party hulle gedra, dit laat my wonder as Jesus hier op aarde nou moes wees. Daarom verkies ek om nie te sê ek is `n Christen nie eerder `n Jesus believer, want ons Walk nie altyd die talk nie. Dan sê die mense jy moet na daai dokter toe gaan hy is `n groot Christen – bog man daar is nie iets soos groot en klein Christene nie. By the way almal hou van geld soms wil hulle nie Heros wees nie, hulle worry net oor die zeros in die bank. Dan kan ek ook nie help om weereens na die Indiers te kyk nie, hulle is so getrou aan hul god, hulle maak ten minste 1x `n week tyd vir `n uur lank nie net Sondae oggende nie, wat doen ons 10 min `n dag is te veel. Miskien moet ons daar begin, wanneer ken ons die Here wanneer dit sleg gaan en as dit goed gaan? Die Indiers sal vooruit boer, want het jy al by `n indiers winkel ingestap en hy prys sy goed R50, en jy sê vir hom jong ek het nie R50 nie maar wel R40, dan se hy vir jou dis reg jy kan dit koop vir R40, maar ons blankes is o no my precious!! Ten minste weet ons wie vanaand gaan eet. Mense wat mense so te na kom, en ek praat sommer so oor die algemeen, waar is liefde en omgee, want soms dink ek dit loop hand aan hand met trots en respek daarom kan ons maar vergeet om dit te kry, want dit ontbreek by ons almal en ja dit gaan nie nou oor pienk, swart, wit of bruin nie. Ek moet dit ook deel ek sukkel al vir 4 jaar om antwoorde rondom my gesondheid te kry, was al opgeneem vir toetse en operasies en en en, en daar was net een dokter op hierdie journey van my wat my regtig gehelp het. Dit was `n swart neuroloog wat my meer antwoorde en hulp gegee het as die sogenaamde chirurg wat vir 8 min R450 gevra het, en ek het nog steeds geweet wat ek voor die tyd geweet het – NIKS. Wonder soms het al die goeie dokters en mense geimmigreer en die mamparas het agter gebly. Wat leer die mense deesdae om universiteite as hulle eenvoudig net hulle skouerstjies optrek. En o ja moet jy deesdae as jy privaat pasient is ook jou eie kussing en komberse saam vat hospitaal toe en o ja moenie vergeet nie jou eie suster? Waarom spandeer ons so baie tyd en geld aan onnodige goed maar dit wat ons moet doen ons nie. Ek is geleer vir elke probleem moet daar tog `n oplosing wees, jy soek dalk net meer maar ja. Net so ietsie oor die algemeen wat ek op die hart gehad het.

    • Ek is ‘n guskoei. Volgens my HAT beteken dit: “a)Wat nie dragtig is of melk gee nie – gesê van ‘n vroulike dier.b) Skertsend van mense, veral ‘n vrou gesê – ongetroud; ook, nie swanger nie.” Volgens my ondervinding sluit dit in: manloos, kinderloos, werkloos,karloos, woonstelloos. En 42..

      Baie jare gelede, sewentien om presies te wees, drink ek ‘n fatsoenlike koppie tee saam met ‘n ouer vriendin. Sy is vies. Ons gesamentlike pel het ongenooid opgedaag by ‘n braai wat hy deur die riemtelegram gehoor het by hulle is. Nogal met ‘n brullende nuwe afslaankap motor en ‘n nuwe girlfriend. Haar tieties het gehop as sy gelag het. Dit was eintlik ‘n familie gedoente, sien. Want sedert vriendin ‘n mamma geword het is Saterdagaand braais uitsluitlik net vir die vriende wie ook kinders het, aangesien die gesprekke onvermydelik oor ouerskap sal gaan en hy (en tieties) het nie kinders en “sal nie verstaan nie”. Die wind is so uit jou seile gehaal, jy verstik maar aan jou cupcake en leer die eerste les van jy is nie deel van ‘n klub wat jy nie eens bewus van was bestaan, nie. Wat ek toe ook nooit lid van geword het nie.

      “Kan ek tannie se ID kry asseblief”, vra die mannetjie met die hoenderborsie en Jesus hare waar ek ‘n dvd in my nuwe dorp vir die eerste keer uitneem. “Haai tannie ek sou nooit gedink het jy is in 1972 gebore nie. Jy lyk glad nie oud nie”. Op watter ouderdom word mens die eer ontneem om gejy en gejou en op jou naam genoem te word? Want as ek nie oud lyk nie, hoekom noem hy my in die eerste plek tannie? Hoe is ‘n 41jarige vrou dan veronderstel om te lyk uit die halfmas ogies van ‘n 22jarige? Ek het wel sewe maande later daarop aangedring om “asseblief tannie” en “dankie tannie” by hom te hoor. Maar dit was ‘n ander situasie en bedoel vir die hoofstuk “Wat ‘n guskoei doen om haar tyd te verwyl”.

      Al hoe jy nog wegkom met kans vir ‘n tweede kykie in jou rigting terwyl jy in die straat afloop, is as jy ‘n sonbril so groot soos die middel Kardashian derrière op het. Met ‘n handsak stylvol oor jou voorarm gehak en ‘n houding wat lees jy besit ten minste vier eiendomme in die hoofstraat. Al voel jy nog om te slof met 12 jaar terug se Converse aan jou voete en jou hande met die afgedopte cutex in jou cargo pants se uitgerekte sakke. (Dis egter essensieel dat jou lover wel ). Jou nuwe styl is dan nou ook die houding waarmee jy ‘n werksonderhoud sal aanpak. Indien daar so geleentheid vir 41jariges en ouer sou bestaan het. “Great team spirit”, “positive outlook” en “vibrant” is jy beslis nie meer volgens die geen terugvoer na die uitstuur van jou cv aan voornemende werkgewers nie. ‘n Leë inbox en stil telefoon weeg nou net so swaar op jou hart soos daardie eerste liefdesteleurstelling wat jou laat voel het jy is nie goed genoeg nie. “You are over qualified” vervang “dit is nie jy nie dit is ek” in hierdie stadium van jou lewe.

      Baie dinge word mens ontneem as jy ‘n guskoei is. Soos om deel te wees van die afslag wat mens kry as jy ‘n family feast in enige kitskosplek koop. Per defenisie betaal jy meer as dubbel vir jou skamele two piece. En wurg daarom maar Cokeloos aan die tjips. So ook is al die spesiale aanbiedings by die groente winkel net van toepassing as jy 3 sakkies hiervan of 4 punnets daarvan koop. En dan kry jy nog ‘n gratis spanspek ook. So gaan waardevolle voedingswaardes vir ‘n guskoei verlore, want jy sien nie kans om jouself elke keer in ‘n kankersaal te verbeel na ‘n besoek aan die toilet as beet die week op special was nie. Nie eens word ons gespaar om herinner te word aan ons status as die mees basiese vroue produkte geadverteer word nie. Bloedjonk, beeldskoon, hand aan hand, glimlag die paartjie vir mekaar as hulle langs die strand af draf in spierwit, stywe shorts, haar tampon knus, gemaklik en absorbeerend uit die oog. Oor en oor word jy herinner, dolla, jy het nie die cut gemaak nie.
      Maar die swaarste bly ongetwyfeld dat jy blykbaar nog nie gelewe het nie. “As jy nou eers trou en kinders het sal jy weet wat ware liefde is”, of “Pyn is slegs ‘n moeder se kruis”. Gewoonlik op sosiale netwerke en deur ouer dames wat ander, maar eintlik hulself, moet aanhou oortuig van hul sukses (my die rol as vrou is vervul, ek het dit gemaak). Eintlik is dit erger as dieselfde bevoorregtes gemoedelik sug en jou meedeel hoe gelukkig is jy om vry en sonder bande deur die lewe te gaan, maar dan skelm nog ‘n snappie van die sestien sitplek krismistafel vol geliefdes wat cheeeeers op nog ‘n jaar van samesyn onder jou neus druk.

      Duidelik het ek issues. Kwessies wat swaar druk op die hart van ‘n middeljarige vrou tel net as jy weet van kinders baar en iemand gekry het wat actually met jou wou trou. Anders het jy issues. Ek neem nou maar my issues en klim met my koue voete in die bed en luister hoe die baba en sy sussie hier langsaan die leerbank en koffietafel opdinges. Dis seker net my verbeelding dat ek mamma hoor skree “hou nou f%@*#@n op!”, want dis mos lekker.

    • Goeie more my naam is Jessica , ek en my man woon al 7 jaar saam ons het u dogtertjie van 4 jaar oud ons bly ver uit die dorp op u plaas en ver van die famielie af my dogtertjie het 4 nuwe maats gemaak op die plaas waar ons woon sy het goed aan gegaan toe begin die maats haar spot en tart oor sy die enigste kind is en hulle het broers en sisters en van af hulle haar uit getart het huil sy aan houdint sy voel aleen sy soek maats ek en my man het gepraat ons beplan u 2 de kind maar ek is op die 3 maande inspyting en wonder hoe lank dit sal neem voor ek swanger sal raak !! Sal dit help om u 2 de kind te he oor sy huil en klae sys aleen ? Ek en my man voel baie sleg teen oor haar !! Asseblief gee my raat ek weet nie wat om te doen

      • my dogtertjie het vir lank vir haar maatjies en al die juffrouens by die skool vertel ek het n babatjie in my maag (oor dieselfde storie). sy was alleenkind en alleen en ons het nie regtig nog n kind beplan nie. Wel totdat ek gesien het hoe seer sy het, en op daardie stadium was sy reeds 6jr oud. Boeta is gebore toe sy graad 1 toe gaan en hulle verskil 7 jaar! vandag is hul die grootste maatjies! toe ek uitvind ek is swanger, het ek haar die aand geroep en die sonar fototjie gewys en vertel dat sy nou regtig n groot sussie van ‘n boetie of sussie gaan word… toe se sy: ” mama kan ek asb net daai fototjie saamneem skool toe, want niemand glo mos vir my nie!” :) sterkte.

  5. Ek het hulp nodig asb. Jammer ook as ek op die verkeerde plek post,ek ken nog nie die ding soo goed nie.
    Ek is vreeslik depro en voel oud en moeg iets wat nie pas by n amper twintig jarige nie.
    As kind het ek nie baie aandag by my pa gekry nie en van twaalf jaar af het als net verkeerd gegaan. My pa het ek begin sien vir wie hy rerig is. Hy het begin woede uit barstings kry en nie net op my ma endie diere begin skreeu nie maar op my. Hy het elke dag begin se dat ek n pyn is useless vertraag stupid sleg en als wat sleg is. Als wat ek doen was verkeerd in sy oe. Hyt my laat glo als wat ek se is lieg stories en dat ek nooit oit ietd in my lewe sal reg doen nie. Hy het my ma sleg gese waneer sy op gekom het. Ek mag nooit gehiiul het nie. Moet doen wat hy se ek moet doen. En soms het dit fisies geraak. Selfmoord was my oplosing toe ek vyftien geword het maar my ma het elke keer in gekom. Ek het ook op vyftien my eks kerel ontmoet en vir hom gese wat aan gaan en hyt my bygestaan. Dit het n bietji beter gegaan omdat ek beskernd gevoel het by hom. Maar my pa het nie geweet van hom nie omdat my pa nooit hom sou goed keer nie want sy pa is wit maar sy moeder n indiese vrou en my pa glo nie dat volke mag meng nie. Maar toe begin ek aandring op skool. My pa het geweier. Blykbaar is ek te onosel vir skool. Dus het ek nog nooit skool gehad nie. Ek was heavey depro en wou op gee. Ek het familie gevra vir hulp maar hulle glo nie van inmeng nie en die andrr glo dit motiveer n kind om sleg gese te word en verneeder te word. Ek het op my agtiende verjaardig probeer ontsnap om werk te kry by n plek weg van die huis af. My kerel sou toe oorsee gaan studeer waar sy pa n CEO is van n plek. En hy sou met kersfees af kom om vir my pa te se hy vat my saam aan gesien ek mondig is
    Op agtien mos. Sy pa sou my help met skool ens. Ek het my stief suster wat van my pa se voorige huwelik vertel van my kerel wat n Gods gift vir my is. Sy en haar dogter het nie dit goed gekeer nie
    Hulle het my vrees vir my pa teen my gebruik en op baie slingse wyse gemaak dat ek en my kerel op breuk. Ek het toe werk gekry. Maar aan gesien dit n klein dorpie is het ek tussen mense beland wat my nets my pa verkleineer en sleg se
    Dinge hrt by die huis ook moeilik grraak want my pa kon ni aan vaar dat ek op my eis wil wees nie. Hyt erger geraak. Om als te kroon het my ma se swaer vatterig geraak aan my en toe ek my mond oop maak was amprr almal teem my daar oor en my pa het gese dit was my eie skuld. My baas konni meer my emosies hanteer nie en gereel dat ek uit trek en tydlik by n sondag skool onderwyser bly en n kamer by hom huur tot ek my eie woonstel kon kry. Ek het uit getrek en my pa ws woedend. Die sondag skool onderwyser het my op my eerste aand tuis net iets gegee om te drink
    Daar moes iets in die koeldrank gewees het want toe ek wakker word was hy besig om my te verkrag en ek was magteloos. Hyt my in n bad water gedruk en die komberse in die wasmasjien. Ek was magteloos. Hyt my die volgende ogend terug huis toe gestuur. Ek was glo net n wit olifant in sy pad
    Hyt sy syorie gespin en almal teen my gdraai. Die wat ek vir help gevra het my nie geloo nie. Ek het weer van die huis probeer ontsnap want my pa sou nie verstaan dat ek verkrag is nie. Hy sal my net sleg se. Ek het by mense gebly en hul was goed vir my maar toe kom hul stief seun in die prentjie. Hy gee voor om my by te staan wat hy vir n paar maande gedoen het en toe my as sy slaaf begin behandel het na sy ongeluk. Ek was bang om weg te gaan want wasrheen kan ek gaan??? Niemand vstaan my nie en almal se ek het nie hulp nodig nie. Die seun het veroorsaak dat ek deur een van sy pimps in die gesig gesny. Eks terug by die huis. My pa behandel my soortvan beter maar die uit barstings teen oor my ma maak my seer. Ek het al probeer n brief skryf aan hom hy glo ni in briewe nie.as ek met hom daar oor praat se hy ek lieg

    Ek id depro ek weet nie meer wie of wat ek is nie.wats my doel hoekom bestaan ek??pyne oo my bors frustrasie trane en buie wat my laat voel ek is mal. Ek het my pa vergewe en ek mis my eks vreeslik. Maar my siel voel moeg enek voel diep ongelukig. Ek weet ek het hulp nodig maar almal se ek verbeel my. Help asb ek weet nie waarom ek lewe nie

    • Kopdolla:
      Engeltjie, shame man!!! Hoe aaklig kan mense tog nie wees nie! Ek is baie jammer dat jy so iets meto deurmaak. Ek kan net hoop jy kom hierdeur ‘n steker vrou en een wat vir haar self gaan leer dink, sodat sy nie weer maklik misbruik word nie

      KYk, jy is reg dat jy hulp nodig het. Hoe kan iemand anders besluit jy het hulp nodig of nie? JY is die een wat hieroor moet besluit. Ek is baie trots op jou dat jy al soveel keer jou probleem probeer oplos het. Probeer weer – jy sal regkom.
      Hier is twee goed wat jy kan doen:
      Kry hulp by ‘n amptelike bron
      Dit klink of jy ten minste tydelik veilig bly en nie by jou ouers verkrag sal word nie. Gee jou pa erkenning hiervoor. Regtig, in woorde. Gaan se vandag nog dankie. Se jy is dankbaar vir blyplek; verduidelik dat jy ongelukkig voel maar daaraan wil werk en bly is jy is veilig en jou kant sal bring om in die huis te help. Dit sal vir hom baie beteken.
      Maar ek dink jy het emosionele verwerking nodig. Dit sal baie help as jy met iemand jou probleme kan deur gesels en perspektief kry en uitsorteer wat jy nodig het om te doen.
      Sorg ASSEBLIEF dat jy met iemand in ‘n amptelike posisie praat – dit is al moeiliker om sulke hulp te kry, ongelukkig. Maar moenie na ‘ooms’ of mans daarvoor gaan nie. Bly weg van mense wat uit hul huise praktiseer of jou in hul huis inneem. Jy wil nie nog ‘n slag in die strik van sondagskoolonderwysers en so aan beland nie. Dit klink my jy word maklik misbruik. Hou vir eers verby mans, tot jy uitgesorteer is en sterk op jou eie voete is.
      Ideaal gesproke gaan jy met ‘n maatskaplike werkster gesels. Ek stel voor jy bel ‘n kerk in jou omgewing met ‘n kerkkantoor en vra of hulle kontaknommers het vir amptelike staatsdiens maatskaplike wekers. Hierdie mense is professioneel en behoort jou nie te misbruik nie.
      Jy kan hierdie organisasie probeer: People Opposing Women Abuse (vrouegeweld) 011 642 4345
      Of kyk op ons lys van groepe of daar een is wat by jou behoefte pas: http://rooiroseluisternajou.wordpress.com/hulpnommers/ondersteuningsgroepe/

      Lees en leer jouself help
      Gaan na jul dorpsbiblioteek en vra die bibliotekaresse watter boeke hulle het oor trouma. Jy kan in die biblioteek sit en lees. Mens kan baie leer oor hoe om moeilike situasies te hanteer.

      Nog iets
      Bly weg van drank, dwelms, klubs, kuierplekke en wilde partytjies. Ek klink outyds maar jy is te broos en te hard op soek na beskerming, wat beteken dat jy nie nou verkeerde aandag gaan kan uitken en vermy nie. Is daar dalk ‘n kerjeuggroep in jou omgewing waar jy in n veilige groep kan sosialiseer? Kyk of jy daar kan inpas. Dit gaan baie meer positief wees.
      Sterkte

    • Engel’q ek sit nou nie in die selle saak as jy nie ma my pa en ma bly nie by mekaar nie maar is ook nie geskei nie nie- my ma bly by ‘n ander oom en eks manet 16 maar my pa skree gereeld op my oor my ma en ek voel ek kan net weg raak nooit terug kom huis toe nie, hy het ook al vir my gese ek gaan soos my ma uit dRaai en ‘n hoer en slet en goed wees maar ek vat dit net nie kop toe nie want in die dorpie waar ek bly is daar mense wat volle vertoue op my het en ek doen on menslik goed in my sport en almal in die dorpie ondersteun my altyd in alles en daarom konsentreer ek voluit op wat my toekoms vir my inhou want ek werk hArd om my pa te wys ek sal ‘n sukses van my lewe maak _maak nie saak wat in my pad kom nie ek sal oor dit kom ek ek is tot alles instaat deur hom wat my die krag gee om sukses te behaal in my lewe daarom se ek nou vir jou dat jy ook sukses kan behaal gloo net in jou self en weet dat almal rondom jou jou altyd sal ondersteun!! x0x

  6. Insanity: doing the same thing over and over again and expecting different results.
    Albert Einstein

    Verlede week was vir my n “insane” week. In die fliek Mr Jones se Mr Jones ” Richard Geere” wanneer hy op die nok van die dak staan en die vliegtuig laag oor hom vlieg maar hy nie van die dak af val nie, “ek wou so graag gevlieg het!” Dikwels is selfmoord so realiteit en neem jy self die stap om op die nok van die dak te klim en verseker weet die vliegtuie wat so laag vlieg jou saam neem of jy gaan af val. EN dan val jy nie af nie.

    My psigiater noem dit n blou brein fase. Dis soos om n rekkie om die punt van jou vinger te draai en die punt word blouer en blouer.Bloed en suurstof word afgesny tot dat die rekkie skiet gee.

    Daars n gewilde liedjie BOMFIRE HEART wat se ” poeple like us don’t needs that much just the spark in my bomfire heart !”

    Ons moet die besluit neem om te verander. Anders te voel. Dis die spark wat ons laat dieper asem inhaal en uitblaas en die bloed vloei , die rekkie gee skiet.

    Die keuse om te gaan stort en hare was. Die water wat oor my blou brein vloei is soos 10 sparks .

    Eistein moes ook hierdie ervaring gehad het. Tog was hy n ongelooflike man.Ek glo hy moes dikwels die keuse gemaak het sodat daar n “SPARK” was wat na brilljantheid gelei het.

    • Hi daar. Ek het op jou website af gekom vandag. Weet nie of jy my kan raad gee nie. My ex het my so 2 mande terug gelos. Ek vat dit regtig hard want diep binne glo ek nog sy is die een. Dit is my skuld dat dit gebeur het. Die is nou al die 4de keer wat ons opbreak. Die rede omdat ek heeltyd op chat sites gegaan het en met ander meisies gesels. Ek was vekeerd om dit te doen en ekt nou finaal my les geleer. Ek wil regtig dinge uit werk met haar maar weet nie of sy my ooit sal terug vat nie. Gesprek van ander dag was : do I still love you? Yes will I ever take you back, no. Do I still want to be friends in the near future. Yes. Sy is voorheen getroud en geskei, geen kinders. Haar ex man het op verneuk met n paar ander vrouens so haar vetroue in mans is nie goed nie. Sy is nou 30 en ek 25. Ons was vir 3jaar in n verhouding. Ek weet nie meer wat om te doen nie. Enige advies?

    • Ek was voorheen veronderstel omgetroud te wees toe is die man nooit geskei nie en die huwelik is nietig verklaar. Net daarna toe vind ek uit ek is swanger. Hyt geweier dat dit sy kind is. Ek het vir 6 jaar hom self groothgemaak op my eie. Toe ontmoet ek die man wat alles vir my doen en al die liefde in die wereld gee. Hy het my seun behandel soos sy eie tot ek 2 en n :alf jaar terug swanger geraak het met sy eerste kind. Van die geboorte van sy kind het hy my oudste begin afkraak en stiefbehandel. Ons was januarie n jaar getroud en ek het gedink dinge gaan verander. Hy het erg begin word dat iemand hom by child abuse gaan aangee het vir mentally abuse en hy is dadelik in n koshuis gesit. My kind weier om huis toe te kom want my man bly om afkraak en afbreek en alles wat hy doen is verkeerd. My man wil hom ook nie hier he nie. Hy het nie tyd vir my seun nie want hys vet en hyt n ding oor vet mense. My seun is nie eers oorgewig nie. My kind is tans in die koshuis en afnaweke en vakansies wil hy nie by huis wees nie agv my man nou kuier hy by sy maatjie. Hy sal net vir die dag kom na my toe tot my man by huis is dan wil hy weer teruggaan. Hy se hy wil nie by huis wees as my man hier is nie. Voor hy koshuis toe is het ons permanent baklei oor my sie want hy kan niks goeds in my seun sien op se nie. Ek wil so graag my kind by my he maar hy wil nie hier wees nie. Finansieel kan ek op die oomblik nie ander blyplek bekostig nie. Ons bly tans by my skoonma verniet. Sy trre ook baie stief op teenoor my seun. Die kleintjie is alles en my oudste is niks in hulle oe nie. Help my asb met raad

  7. Mag my brief by d regte persoon uitkom, sodat ek d regte, eerlike en vertroubare advies kan hoor, wardeer en volg… Asb help my dringend.. Ek soek al lankal iemand met wie ek kan praat en uitlating gee! En te probeer verstaan hoekom hoekom hoekom d dinge gebeur…. Was ek op d regte tyd by d verkeerde mens of anders-om?? Was dit n natuurlike menslike beweging og het God ons rerig vir mekaar bedoel??????? Moet ek net ‘n les leer en my k@k stop (daaglikse uitlating wat ek aanhoor!), dis nou wanneer ek opstaan vir myself, ons kids of enigiemand wat gevloek word! Bv moes ek dit weer eergister hoor toe ons as gesin d nuwe fliek ‘Diana’ kyk – ek moes aanhoor dat sy n GROOT slet is!! Haar toewyding en titel toe beskerm met d feit dat dit n lelike en onware opmerking was! En d slotsom vd aand was weereens dat ek vol k@k is… Ek hou niks vd afkraak v mense nie, leer my kinders ook so, bv om nie lelik te skinder v maats nie. Dis pleinweg net lelik! (En al d afkraking oor d jare het my al ingeskerp om dit te hoor en mense te verdedig en beskerm!). Ek kan nie net op my plek wees en stil bly terwyl ek aanhoor hoe woorde ander se harte seermaak nie….

    Vinnige opsomming van myself (ek dink dis belangrik sodat karakter tipes raak-gesien en verstaan word):
    Ek’s ‘n kunstenaar in murg en been – van ontwerp, fynkunste, decor, litteratuur, musiek tot d Universal laws en mense se self….maw. ek kan uniekheid in enigiets raaksien en wardeer…..en ja, ek het gehuil in Bambi… Ek het ‘n sagte plekkie vir diere (diere mishandelaars verafsku ek), bejaarde ou mensies (geduldlose mense maak my vies), kindertjies (mishandelaars moet doodstraf kry), en mense wat regtig lief is en kan wys is soos engele vir my… Ek’s amper 40 en n mamma v 4 gorgeous kinders, my rykdom. Groot geword tussen d platteland en stad, ek’s meer aards as materialisties! Ek hou v kleiner dorpies waar jou woord nog jou eer is en mense alles v jou weet en jou goed ken, veral as jy terug lief is vir d gemeenskap. Die stad was ook goed vir my, blootstelling aan enige volumes en verskille het my n goeie insig gegee oor wat d wereld ‘daar-buite’ aanvang.. Ek’s n vrede-maker, goeie ‘sjef’, onthaal graag, hou van rustige en mooi omgewings en raak ‘verdwaal, in d natuur se skoonheid.. Ek het eindlose geduld en d vermoe om rerig na mense te luister en te help waar en met ek het en kan help, bv my ‘goedkoop’ selfoon al weggegee vir n toeris – sy moes dringend haar familie kontak en d selfoon winkel waarin ek toe staan wou haar duisende rande vra vir ‘devices and roaming’… Daarby kan ek las dat ek ook geensins n rassis is nie, het d beste opbouende ‘mama’ gehad wat ook in liefde geglo het en nie kleur nie.. Ek lees graag en baie, en enigiets! Om kennis te dra en te verkry is vir my nie net belangrik nie, dis lekker! En dan sekerlik ook d enigste manier hoe ek gaan kan ‘travel’ en imagine hoe kos en hul aroma’s smaak en ruik…. Ek’s in n Christelike huis groot gemaak, God is altyd naby en in my.. Die kunste en wetenskap het al wel verskille uitgewys, d kennis daarvan is belangrik! Holisties, homopaties en universiele sieninge vanuit en oor d natuurlike vormes vd aarde is ook vir my belangrik!! Jip, ecoboffen!

    Tot dusver is dit op d manier wat ek hard moet aan vashou en onthou wie ek rerig is…want ek word vernietig, d mooi word verniel, en my hart verkrummel en d seer steek hoog uit..

    My storie klink dan so…

    Ek het my man (wat ge-Graad is in finansies, CA) ontmoet op 21, nie ver of baie ‘gevry’ nie, hy was kerel no4 in totaal v my hele lewe… Daar was goeie ‘meaningful’ tye, maar slegte, swaar en lelike tye het oorheers. Ons het vinnig begin met kinders (pure onkunde…moes langer gewag het..) en so hou ek toe nog al d pad aanhou klou aan n toekoms vir ons kids.. Ek kom uit n geskeide huis en het gedink dat ek dit nooit aan my kids sal doen nie…..wat n fout!??? Lelike argumente het begin, kids tussendeur, en toe begin d geweld… Die 1e keer was sowat 15jr gelede.. Hy was ontevrede oor d voorgereg wat ek gemaak het, dit moes skaapribbetjies wees en nie vark nie!!!! Hy het belistic gegaan, gegil, gevloek en afgerond deur my op te tel in d lug en op d groot ronde ingangs-portaal te gooi dat dit breek en ek op d grond val!!! En dit was voor gaste wat daar was! Mense en my 2 kleintjies (op daai stadium) het dit aanskou!! Ek was fisies baie blou en seer, naels verloor, blou oog ens…ek het toe n aanrandings saak gemaak en my huisdokter besoek. Ek’s toe na my pa toe met d kleintjies, waar hy ons gehuisves het op d grond v sy studeerkamer (klein woning, maar ons was veilig. Hy’t kom soebat en jammer kom se en sou verander… Ek(t vergewe en teruggetrek. N kort rukkie later het ons jongste n tipiese kleintjie tantrum gegooi, hy vlieg haar toe fisies in met n ‘paar harde klappe’ dat dit eindig waar sy op d bakstene buite val vd neerslag vd laaste ‘klap’, haar mondjie het begin bloei en ek was finished!!!! Ek’s reguit kamer toe om ons tasse uit d kas te haal, met my arms hoog en na d kas gedraai voel ek n slag teen my rug soos ek gestamp word van agter binne-in d kas in!!!!! Ek het n vriendin gebel om te kom help, en sover ek myself en d kids by d hek wou uitkry klap hy aan haar hande en arms wat wil help om my sleutel in d hek te kry…… Ek en d kleintjies het toe getrek. Tussendeur (3-6mnde) het hy al ander vrouens gesien en mee geslaap… (O ja, onthou ek ook nou – my gelos terwyl ek swanger was vir n ander ‘highschool-fling’ waarmee hy nooit klaar was nie….ander trauma..). Hy’t weer kom onverskoning vra en gesoebat dat ons gesin weer moet saam wees…en weereens het ek ter wille v ons kids ook teruggetrek… Tussendeur was daar altyd rusies, maar goeie tye ook… Ek het toe altyd my eie karre, besigheid (entrepeneur/winkel-eienaar) en finansies betaal en 50/50 in onkostes op ons gesin (al het hy meer as ek verdien!). Ek het begin argitektuur swot, huise gekoop en gerenovate – dan ‘verdwyn’ d wins sommer net! Net om dan ook uit te vind hy ‘leen’ geld vir sy eks-vrou waarmee hy al bande moes gebreek het! Kontak gehou het met haar vir telke jare nog en gelieg het daaroor…(Sy’s n gesiene vrou, advokaat). Ek’t vermoed, maar nie bewyse gehad nie, ek was toe reeds swanger met no.3… Met selfoonstate uiteindelik in d hand het ek toe weereens n nuwe vlak v trauma bereik…. Die verskil teen d tyd was: ek het toe reeds my besigheid verkoop op sy aandrang en my finansies oorhandig aan hom – want hy wou he ek moet huisvrou wees en ons kinders deur d dag versorg…. Om my onafhanklikheid te verloor (verstaan ek nou) was d domste besluit ooit net omdat ek hom vertrou het…. Daar was rerig goeie tye, of miskien het ek net so gedink omdat hy beter was as ander dae….
    Dit is nou amper 20jr later en ons oudste dogter is sopas 16. Die geweld het minder geraak nadat hy so ±1jr terug my arm so te se gebreek het (ligimente af, klein kraak fraktuur, moet nog teater toe vir herstel). Dis in opsomming altyd n geval in defence. Moet ek net stil bly en d emosionele gehammer aanvaar? Want my natuurlike menslike instink probeer gewoonlik opstaan teen d valse aantuigings soos bv rondslaap met ander mans… Ek is so ver v sulke gedagtes af!!!! Daar’s ook nie tyd vir sulke ‘speletjies’ nie!! Iewers in d middel leer n mens darem d verskil tussen reg of verkeerd, en ek benadeel myself soms omdat ek in d regte gevoel en pad glo, maar sal nie maklik in d donker paaie v verkeerd en korrupsie loop nie..
    Ek’s vas-gevang waar ek blameer word selfs vir d “warm hitte deesdae (voorbeeld)” en almal loop dan deur! – ek staan dan op veral vir my kinders!! Hulle verdien nie d vernedering of afbreking nie! Veral dan kry ek ‘pakslae’ verbaal vanaf my man.. Ek het baie tyd ingesit deur myself te blameer en ondersoek, foute probeer regstel en alle ‘halleluja’s’ teenoor hom te wys met liefde….net om weereens uitgetrap te raak oor hoe ek voel… Dis nogals ‘n teerpuntjie vir my…hoe sy verwerping werk… As ek mooi lyk en moeite doen – dan moet of aanvaar hy gaan niks se nie OF hy beskuldig my v aandag trek by ander mans!!!! Hy is wraggies n ‘engel’ voor mense maar n duiwel by d huis!! Hy loop letterlik met d Bybel onder d arm, preek oor wat reg is en doen d teenoorgestelde met my en d kinders. Hy rand ons diere aan soos hy goeddink en voel!!!
    Hier is bv n paar sinnetjies wat ek al moes hoor en gereeld v beskuldig word:
    Jy’s n slap en slegte slet! (As hy nie ‘genoeg’ kry nie)
    Kyk net hoe lyk jy!!! (Ek’s eintlik aantreklik, maar moet sy beledigings verduur)
    Jy’s n klip!!!
    Jy irriteer my!!!
    Wie saag jy???????
    Ek sou al n miljoener gewees het sonder jou!!!!
    F..@ff jou bitch!!!!
    Jezebel!!!!!
    En verder nog ens ens ens alles wat n vrou kan walg en of seermaak…
    Ek kon nog nooit my perssonlike gevoelens of idees met hom deel nie, want dan is ek te sensitief of ietsie! Maar d beste is wanneer ek wel dink ek het deurgedring met my gevoelens, word alle private hartsake teruggegooi in my gesig oor hoe swak ek is…. Ek’t nog altyd aanhou hoop dat iewers n deurbraak kan wees dat hy my uit my hart uit hoor en verstaan..
    Die beledigings en gevloekery v sy kant af hou net nie op nie!! Hy’t lanklaas aan my gestamp of fisies seer gemaak, maar sy nuwe styl is “briljant”!!! Hy vloek en skel net sagter met erger woorde!!! Waar enige mens onsteld sal wees vir weke oor een woordjie kan my man my beledig en vloek met ±7-15 verskillende beskrywings in 1minuut!!!!!!!!!!
    Ek is gedaan en stukkend, my vrou-wees, mens-wees, ma-wees is vernietig en ten gronde beledig….
    Nou moet ek WEEREENS hoor watter tipe slegte “h@ervrou klip irriterende parasiet” ek is omrede ek stil verkeer en seks met hom vermy.
    Ek kan ongelukkig nie (al mooi en sag verduidelik) seks he met iemand wat my vloek, slegse of aanrand nie……dis vir my amper net soos siels-verkragting!!!! Ek word letterlik nou met sy ‘Hoof-vd-huis’ en d ‘vrou moet onderdanig wees’ en ‘mag nie haar man seks weier nie’ gedreig!!!!!!! Ek moet blykbaar bene oopsprei, betas word en enige tyd beskikbaar wees sonder enige liefdevolle kommunikasie in d middel!!! WTHeck!!??
    My tong is nie so skerp en lelik soos syne nie, ek’s te lief vir mense en kan nie kwaadwillig iemand seermaak vir plesier nie!! Maar ek moet blykbaar elke dag op my kniee gaan en dankbaarheid wys teenoor hom EN tegelyk moet ek beskikbaar wees vir sy ‘behoeftes’!! Hy’t al blatand vir my gese as ek sou sterf dit nie n verskil vir hom sal maak nie! Ek moet bakhand staan vir / indien enige geld (petrol en kos). Ek mag nie myself laat versorg nie (moet maar d kleur-in-n-boks doen) maar moet goed lyk binne huislyn perke. Ek mag nie vriende of vriendinne he of sien nie!! My familie (ouers en broers/sisters) is almal rotte en parrasiete!!! Terwyl hy nie werk gehad het nie en my mense net gegee het!!! Hy d kinders altyd blootstel aan argumente en dan eindig met – want dis hoe f@cked up julle ma is….. Ek het my hele loopbaan en suksesvolle besigheid gelos en geglo, gehoop vir ware liefde!!! Kyk waar is ek nou….
    Waar is my liefdevolle onskuldige hart wat kon glo in waarheid…..
    Ek het al alles bestudeer, van myself tot hom, ek weet darem nou hy is n narsis – en kan dit so hanteer of hom beledig daarmee wat ek nie doen nie.
    Ek vloek al lankal nie meer nie, dit het my ingeskerp op at hy doen..
    Ek het al, soos gisteraand met n gedwingde fight oor seks, net weer gevra dat hy my moet kan vashou in ware liefde en dit ook kan se of so manier wat ek dit kan voel, dis d enigste manier om n vrou se hart te versag… Hy stel geensins belang in wat ware liefde is en d inpak daarvan nie…..ek moet eers voor enige woorde blykbaar my bene sprei….
    Ek’s lam v seer en skuil binne my liggaam…..
    Wat doen ek? Wat se ek? Waarheen gaan ek? Wat is my bestem om te doen??? Ek kan net nie glo dat God d gedeelte vir sy unieke kinders bestem nie….en ek woon nie in Israel nie en is nie n BC vrou nie!!!!! Watter kant toe?????

    Asb asb asb vat tyd om weer hierdeur te lees, dis my 1e skrywe aan enigiemand en het sopas my gedreineer…. N opregte eerlike antwoord met oplossings sal wardeer word.

  8. Pingback: Ons skei. My man eis alleentoesig oor ons kinders en dreig my met ‘n verslag van die maatskaplike werker | rooi rose luister na jou

  9. Ek sit tussen n rock en n hard place.

    Ek en my man gaan skei. n Maand gelede het hy vir my gese hy is bereid tot rekonsiliasie maar sedert hy die huwelik be’eindig het vermy en ignoreer hy my. Ons praat nie oor die egskeiding nie. Twee kinders is uit die huwelik gebore, nou 1 en 3 jaar oud.
    My moed is gebreek.

    In Oktober 2013 het my man n maatskaplike werkster aangestel (ek was nie bewus hiervan nie). Sedert Oktober 2013 weerhou hy, die maatskaplike werkster en sy prokureur die verslag van my. Beide ek en my prokureur het die verslag aangevra by sy prokureur en ons versoek is ignoreer.

    Sy was waarskynlik, as ek die korrekte afleidings maak, besig met ‘n ondersoek vir toesig en beheer oor die kinders. My man het toe toesig en beheer gekry.
    Ek het nie enige dokumentasie geteken nie omdat ek voel ons moet gesamentlike toesig en beheer oor ons kinders he. Hy het gese hy sal dit met sy prokureur bespreek.
    HOEKOM kan hy so keuse op sy eie maak? Dit gaan nie op hierdie stadium oor hom of oor my nie, dit gaan oor ons kinders en wat en hoe ons dit met hulle hanteer.
    Is my versoek onredelik? Sou ek toesig en beheer weerstaan dreig hy my met die verslag.
    Dit was nooit vir hom eers ‘n opsie dat ek as ma alleen toesig en beheer gaan kry nie. Nooit nie. Hy het dit nie oorweeg nie. Hy wou van die begin af toesig en beheer he en het vir my gese “as dit nie werk nie kan jy dit altyd weer verander”
    Dit is nie hoe ons wet werk nie en dit is nie so eenvoudig vir my om toesig en beheer te kry oor die kinders nie. Ek is so siek en sat onderhandel dat ek wil tou opgooi sodat ons geskei kan kom, maar dan weer moet ek nie onnosel wees nie.

    Ek wil nie alleen toesig en beheer oor ons kinders he nie, ek wil gesamentlike toesig en beheer he. PUNT.
    My man het n paar voordele wat in sy guns tel waar ek te kort van is. Maar dit is nie genoeg rede om my versoek vir gesamentlike toesig en beheer te weerstaan nie. Hulle moet net soveel hulle pa/ma hê as wat hulle ons sou gehad het as ons getroud was, dit moet so normaal as moontlik wees en bly. Of is ek verkeerd?

    Ek wil ook nie skei nie, maar my man het finaal besluit hy is nie bereid vir rekonsiliasie nie. Ek het al keer op keer gevra dat ons saam na n huweliksberader toe gaan maar hy skop vas daarteen en is oortuig dit gaan nie ons omstandighede verander nie.

    As ‘n verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou nie werk binne ‘n huwelik werk nie en dit gaan so sleg dat jy eventueel moet skei,wat is die kans dat jy na ‘n egskeiding ‘n gelukkige egskeidingsverhouding gaan hê?

    Hy het vir my vriendskap gevra, maar hy kan dan nie eers met my praat oor ons egskeiding nie. Hy verstoot my, het alle kontak met my verbreek, loop uit n vertrek as ek instap, en weier om enige verduideliking te gee weens sy besluit om te skei.
    Wat staan my te doen, hoe is ek veronderstel om “closure” te kry as ek geen antwoorde het nie.
    Laastens, my man was n ruk terug (maklik 4 jaar terug) in SA. Ek het by die huis gebly en na ons eerste dogtertjie omgesien. Daar het n tyd gekom waar hy my nie meer van SA gebel het nie, nie meer enige boodskappe gestuur het nie. Hy het sy ma hul gebel om te laat weet hoe dit gaan en hulle het die boodskap vir my gegee. Ek het op facebook fotos afgekom van hom en n meisie, mens kan baie duidelik sien dit is nie “vriendskaplike” fotos nie. Hy het terug gekom van SA en die verhouding be-eindig. Ek het vir hom gevra of iets tussen hom en die meisie gebeur het weens afleiding (fotos).
    TOT vandag ontken hy dat daar enige iets tussen hulle gebeur het. Hy het vir my vertel wat daai aand tussen hulle gebeur het, maar hulle het nie saam geslaap nie. Maar dit is nie wat ek kan aflei weens facebook gesprekke tussen hulle nie, en kort na hy die huwelik weer be-eindig is, het hy haar terug ge-add op sy facebook.

    • Kopdolla:
      Nee jong jou man gaan nie sommer so maklik alleentoesig kry oor die kinders nie. Jy HET al bewys dat jy ‘n sterk vrou is wat sonder hom na die kinders kan omsien in daardie tye dat hy nie tuis was nie.
      Jy’s reg om net niks te teken nie. Dit klink vir my asof hy jou probeer intimideer met sy verslag en wil kyk of hy jou kan kry om in te stem dat hy die kinders kan kry. Se doodeenvoudig dat die hof daaroor moet beslis.
      En jy kan ook mos ‘n maatskaplike werkster vra om vir jou ‘n onafhanklike verslag op te stel? As jy ‘n stabiele person is en goed omsien na die kinders tel die feit dat jy nie werk nie of min verdien ook nie eers teen jou nie. Hy moet onderhoud betaal vir elke kind, gebaseer op sy inkomste. As hy toesig oor die kinders het hoef hy nie onderhoud te betaal nie – is dit dalk hoekom hy so hard veg vir volle onderhoude?
      Hierdie man se bulls***tery verstom my. Jy is reg – dit is strooi dat mens sommer net maklik later die hofuitspraak kan verander. Jy teken niks nie – laat die hof besluit. Jy hoef nie bombasties of ‘demanding’ te wees nie. Se maar net – en hou daarby – dat die hof moet besluit.
      As die kinders nou by jou is en mooi versorg word gaan jy beslis ten minste gesamentlike ondehoud kry. Vra jou prokureur hoe julle jou kant van die saak mooi kan voorberei, en wees net eerlik in die Hof.

      Oor closure: kyk, hy gaan dit nie vir jou gee nie. Closure is iets wat mens vir jouself uitwerk. Jy ontken eers dat jou huwelik verby is – jy hoop ‘n huweliksberader of rekonsiliasie sal dinge weer reg maak. Dan sien jy dit werk nie (Ek dink jy is nou hier.) Nou treur jy oor jou mislukte huwelik; jou hart breek oor jou vertrapte liefde; en dan stort jy dalk ‘n dam vol trane. Jy word kwaad omdat hy jou gelos het – en sommer woedend ook. Uiteindelik aanvaar jy die situasie. Jy tel jou kop op, sien jou lewe is nie verby nie, sien dat daar nog baie goeie dinge is en dat lieflike dinge met JOU kan gebeur. En so skuif jy na ‘n nuwe fase in jou lewe. Niks hiervan kan iemand anders vir jou doen nie. Mens kan maar net jou emosies erken vir wat hulle is – hartseer en seergemaak, kwaad en dan uiteindelik kom closure / vrede / aanvaarding.

      Praat jouself moed in, versorg jouself mooi. Prys jouself vir elke manier waarop jy goed na jul kinders omsien. En sorg regtig mooi vir hulle. As daar een ding aan ons Wet wat goed is is dit ons wetgewing oor kinders en egskeiding. Hou jou kant skoon.

      En verder: Die man verkul jou skaamteloos en probeer jou kul met jou kinders. Is sulke optrede jou liefde werd? Ek dink jy kan beter doen. Liewer gelukkig alleen as ongelukkig en verkul/gekul met iemand wat jy nie kan vertrou nie…

  10. Jong waaroor ek wil gesels is maar `n ding wat swaar op my hart lê, wat gaan aan met die mediesie van SA, staat of privaat. Is `n dokter se werk nie om mens gesond te maak nie, en nie meer te breuk nie? Waarom moet dit `n mens in plaas van 2 opinies 4 neem. Ek het altyd gedog (weet wat dog gedoen het) `n krys verteenwoordig redding? waarom sit mediese plekke en hospitaal die krys op hul wapen en kan nie perform nie? Dieselfde met die slang, was die bronsslang nie juis daar om die Israeliete van genesing te verseker nie? Dokters vra `n plaas se prys en dan het hulle die vermoee op jou hoop vlenters te trap. Ek wil graag ook weet waarom het mens vandag medies, maar elke 2de dokter is uitgekontrakteur, en waarom moet mens `n adminfooi betaal as die ontvangsdame nie eens bereid is om die medies te bel vir magtiging nie. Is dit dalk vir die dokter se penne en boekies?? Dan wil ek ook weet wat se kwalifikasies het die mediesefondse om seker goed af te keur veral dit wat eintlik goedgekeur moet word, is dit nie hulle werk om net die fonds te administrateur nie en is dit nie aan die einde van die dag my geld nie. Een van die dae gaan `n mens net `n hospitaalplan uitneem en `n goeie kredietlkaart, want of die medies betaal nie of hulle keur nie PMB goed, nie goed nie of daar is net nie genoeg fondse nie…Hulle hou jou hande en die dokter se hande vas end daarom kan jy nie eintlik gesond word nie. Dan die ding van ongeneeslike siekstes, waarom kan dieselfde tyd en geld nie in `n oplosing spandeer word nie, wat het geword van waar `n wil is, is daar `n weg. Is daar nog hulp iewers nog goeie dokters. Deesdae gaan mens hospitaal toe en ja hoop om beter daar uit te stap net om uit te vind jy het iewers `n bloedklont, of jy is diabetes of dalk met `n arm of `n been wat afgesit is of erger, maar jy het jou hoop in die dokter geplaas. Soms stap jy gesond in en word later deur avbob of so uitgstoot. En jammer sekere hospitale mmmm… moenie dink dit gaan beter is sekere hospitale omdat hulle in rykmansgebied gelee is nie. Ek is jammer om dit te sê, maar lyk my `n mens se lewe is van geen waarde vir `n ander nie. Ek het so baie om te vertel en so ongelukkig met dokters dat dit vir my eintlik moeililk is om hul weer te vertrou en glo my ek het al alles probeer nog net nie die toordokter of die veearts nie.

  11. Pingback: Gaan ons ons kleinkind verloor as die kinders opbreek? | rooi rose luister na jou

  12. Jammer om te pla weet nie of dit die regte plek is om dit te deel nie maar is op soek na raad.My seun en sy verloofde is al meer as 2jaar saam maar dinge werk al van die swangerskap nie meer uit nie en hul is besig om mekaar se lewe op te neuk. Hull het n pragtige seuntjie ons baie lief vir hom hy is 6maande sy bly onder my dak en nou regeur sy almal maak net wat sy wil want ons bang sy loop met die kind sy is baie kinderagtig sal mure slaan met die vys sal loop en met haar self praat en vloek en deure toe slaan en haar goed pak en dan gaan sy nie wand sy weet ons wil nie he die kind moet gaan nie so manipileer sy almal sy baie jaloers my seun mag met niemand behalwe met haar gesels nie en sy skroom vir niks sy het wel n brief gegee so 5 maande terug en gese sy wil aan hul verhouding werk en ons moet voogskap vat van die kind in haar lewe kom die man eerste en kind 2de maar as sy haar soos n besetene gedra dan wil sy ons afpers met die kind. Kan julle my raad gee bang as ons die saak aan gee gaan ons baba vir loor. Sy is 20jaar werk nie en my Seun 30jaar

  13. U sal die antwoorde op mev. Se dogter se selfoon asook daardie seun se foon kry vat haar foon en maak seker om die fotos en boodskappe deur te kyk . 2: maak seker u het getuie wat kan getuig dat die seun rerig gedoen het wat daar gese is soek vaste bewyse .3: maak n saak van naam skending oop teen die seun u kan nie die saak so los nie want as u dit los gaan dit net erger raak as wat dit nou is glo my ek weet groete ….

    • Ek vra omverskoning. Dit is seker die eerste keer wat jul manlike karakter hier kry. My naam is Tiaan. Ek is 25 Jaar oud en is getroud met n wonderlike vrou en n pragtige klein dogtertjie. My vrou wil skei omrede daar ongelooflik baie spanning tusssen my en haar is weens my werk omstandighede. Ek werk al van die 1ste Januarie af reg deer ek was die 10de af om ons dogtertjie na die kliniek toe te vat vir haar 9 maande inspuiting. Ek kan nie meer my vrou help met die klein goedjies by die huis nie. Ek weet wat hul se is dat n Pa hoe goed kan wees vir sy familie, maar sodra hy nie meer help met die klein goedjies nie. Gaan die huwelik nie werk nie. Ek is bitter baie lief vir my vrou en ons Prinsessie. Enige iemand raad, asb? My vrou nie meer gelukig nie.

      Die beste plek om raad te vra in verband met vrouens is by vrouens.
      Desperaat en hart gebroke.

  14. Hierdie blog werk!

    Ek lees die artikel van Dagboek uit Denmar deur Ronel Nel. n Dukte kom sit in my keel. Dr Gert Bosch het vir my die artikel oor verhewe kranksinnigheid gegee . ” Ek het nog nooit “The Wizard of Oz ” gelees nie maar die Denmar Shuffle die het ek gedoen! of to see the Wizard’s. Hierdie kersseisoen gaan ek The wizard of Oz vir myself koop as geskenk. Dankie Rooi Rose vir hierdie blog. As my siel seer is kom kyk ek of ek kan gee en nog elke keer better gevoel daarna.

    • Ek het ‘n 16 jarige dogter wat vir die eerste keer ‘n vaste vriend het. Sy het al soort van, soos kinders sê “iets” gehad op bbm met ‘n seun in ander dorp, maar dit het stil dood geloop. Skielik versprei die bbm seun die vreeslikste stories oor my kind! Haar vriend kom van dieselfde skool as die bbm seun en al die stories kom by hom of sy Ma uit! Haar vriend is ‘n enigste seun van ‘n alleen ma en die Mamma hou gevolglik niks van my kind en maak haar lewe baie onaangenaam! Sy wil haar seun dwing om hul verhouding te verbreek en ‘n verhouding met ‘n meisie van haar keuse te hê! My kind wil nie hê ek moet die saak verder vat of ondersoek nie want sy sê dit sal dinge net erger maak! Hoe hanteer ek dit????

      • Hoe en waar begin ek. EK word al nege jaar toegesluit en lewe in totale isolasie. Ek het n erg outistiese seun na wie ek omsien 24-7. Ons het nie n kar nie en is afhangklik van my doter. En as ek vra om kos te gaan koop. Noem sy my baie slegte goed en se dinge wat ek nie doen of se nie en se ek gebruik haar. Sy het haar lewe wat sy moet ly. Maar ek doen nie dit as ek na haar en my ander dogter se kinders kyk en kos gee verniet nie. My man vat my nooit uit nie en nooit bedoel ek. Hy gee my nie tien sent of ooit n gesknk nie ek kry nie klere of enige vrou goed nie. Hy het medies maar wil my nie dr toe vat as ek siek is nie. Kla jare oor my hart niemand wou my glo of dr toe vat nie. Tot ek n hartaanval gekry het. Het toe n trippel bypass gehad nege maande terug en tot nou toe het niemand my teruggevat nie. Al vra ek hoe mooi. Ek is ook n diabeet vir 37 jr. Dit help ook nie om met my man te praat nie. Hy kraak my af vloek en skree op my. Ek het geen vriende nie sien nie n winkel of mense nie het net my tel. Asb ek kan nie meer huil nie. Ek het al let honderde mense prob kontak. Dit werk nie kry nie hulp nie. Is ek mal dat niemand van my hou of verstaan nie. Daar is nie n more vir my nie. Dankie dat julle geluister het.

  15. Tydens my en my verloofde se seks omgang is my vigina baie droog ek het ook somtyds seer as ons dit doen.. Dit pla my effens, is dit normaal? Ek wil ook weet kan ek swanger raak as dit droog is of is dit nie moontlik nie?

  16. Ek weet presies waarvan jy praat. My stiefdogter bly al vyf jaar onder my en haar pa se dak. Haar ma is geenstins betrokke in haar lewe nie en sy gaan net so nou en dan kuier by haar ma indien sy iets soek wat ons nie kan gee nie, dan klop sy aan haar ma se deur. Ek ondersteun haar in alles die laaste vyf jaar en is ook die deurmatjie wat sy elke nou en dan haar voete op afstof. Sy gaan volgende jaar universiteit toe en het sopas haar pa se arm gedraai om net die beste weer te kry. Ek word elke dag as die nare stiefma beskou en word beskinder en sleg gese tot sy my nodig het om haar pa te oortuig om weer iets uit sy sak te kry. Ons het self n pragtige dogtertjie ryker geword en sy is tans twee en n half. Indien ek iets vir haar koop en dit waag om nie vir my stiefdogter te koop nie hanteer sy my so sleg en haar pa los dit. Sy ontvang goed van links en regs en haar klein halfsussie nie, maar sy sien dit nooit raak nie. Ek wens haar nou daagliks uit die huis maar ek en my man staan al op skei want my stiefdogter se sy wil uit die huis agv my. En so speel sy die situasie sodat haar pa haar jammer kry en die beste en duurzte woonstel in potch gaan huur het. Sy manipuleer elke situasie so sodat sy wen en my die slegte ma maak. Ek was net goed vir haar tot dus ver en gee alles so ver ek kan maar ek kan ook nie meer haar houding hanteer nie. Sy lok my uit sodat ek moet stry met haar en dan ontaard dit gewoontlik in n bakleiery en my man verkwalik my elke keer. Ek het ook al aan selfmoord gedink want die 18jarige skaakmat my emosioneel. Maar wat word van ons arme pragtige kleuter? Ek oorweeg berading of n goeie sielkundige.

  17. Wie dit mag aangaan

    Goeie dag,Ek is Magriet Breedt wat n jong meisie is van Pretoria.Ek het hulp nodig om my skool klaar te maak,Ek het as kind nie die kans gehad nie.My ma het my uit skool uit gehaal toe was ek in begin van graad 7 ek was 15.Nou dat ek 21 is,is ek baie spyt daar oor.Ek wil brainline baie graag doen die 2014 adult matric doen maar kan nie want het nie die geld nie,My Pa het n stroke gehad en my ma is werkloos.Ek kry nie werk nie mense wil my nie help nie omdat ek so vroeg uit skool uit is.Is daar iemand daar wat my kan help?Ek soek net hulp of raad van iemand af is al so moeg vir gesukkel.

    Baie dankie
    Magriet

    • Magriet, jy kan jou skool klaarmaak by ABET (adult basic education and training). Daar is ‘n tak in elke omgewing ek is seker as jy dit gaan google sal jy die naaste tak aan jou kry. En dis heeltemal gratis. Jy kan sommer met Graad 8 begin ek is seker dis nie so moeilik nie. Ek dink jy moet dalk net by hulle hoor hoe jy dit kan doen omdat jy reeds in graad 5 uit die skool is. Ek is graad 10 uit die skool en toe ek by ABET ingeskryf het, het ek sommer graad 11 oorgeslaan en direk graad 12 in net 6 maande gedoen! En dit geslaag bygese!!! Sterkte en moenie worry nie, ABET is vir almal wat verder wil leer dit bied elke persoon wat nie die finansies het om skool te voltooi nie om onderrig te kry want dis elke persoon se reg in ons mooie land! Dink aan jou…

      • Ag julle is altwee oulik! Kopdolla kry hoendervleis as die man en die plan bymkaar kom. Magriet, wys hulle, wys jouself. Ek wed oor twee jaar skryf jy weer hier ‘Ek het dit!’

  18. Wie dit mag aangaan

    Goeie dag,Ek is Magriet Breedt wat n jong meisie is van Pretoria.Ek het hulp nodig om my skool klaar te maak,Ek het as kind nie die kans gehad nie.My ma het my uit skool uit gehaal toe was ek in begin van graad 7 ek was 15.Nou dat ek 21 is,is ek baie spyt daar oor.Ek wil brainline baie graag doen die 2014 adult matric doen maar kan nie want het nie die geld nie,My Pa het n stroke gehad en my ma is wekloos.Ek kry nie werk nie mense wil my nie help nie omdat ek so vroeg uit skool uit is.Is daar iemand daar wat my kan help?Ek soek net hulp of raad van iemand af is al so moeg vir gesukkel.

    Baie dankie
    Magriet

  19. Kan iemand my help asseblief. My vriendin is geskei, 18 jaar reeds, maar het tot 3 jaar gelede nog by haar x gewoon. Ek is self geskei in 2006, maar is enkellopend na dit. Die tye maak nie saak nie, ook nie die tyd wat ons ‘alleen’ of nog bymekaar was nie. Wat wel saak maak, is dat ek en sy al drie jaar bymekaar is, lief vir mekaar is, en nie een keer om wil draai na ons vorige huwelikke of -maats nie. Sy word egter gepeper met aanklagte dat sy as geskeide vrou nie `n ander mag liefhe of weer mag trou nie. Ek stry nie teen God of Sy Woord dat Hy skei haat nie, maar is dit nie alleen waar Hý hulle bymekaar gesit het nie? Baie van ons was getroud, is dalk nogsteeds, met iemand wat ek regtig nie oortuig van is dat God hulle bymekaar gesit het nie. Daar is verskeie redes hoekom mens trou, en dan word dit ‘reg’ en ‘goed’ geklassifiseer deur `n handtekening op `n stuk papier en `n dokument in binnelandse sake. Waar is God in enige van hierdie sake? Het hulle God gevra of hulle moes trou? Of hul ouers, omstandighede, drome, begeertes? Het God hulle bymekaar gesit aan die begin, want is Sy belofte nie duidelik dat, wat Hy bymekaar gesit het, NIEMAND UITMEKAAR KAN MAAK NIE. Dis `n belofte dat Hy dit sal beskerm, nie net `n straf vir iemand wat dit sou probeer breek nie. Is die feit dat hulle nie meer lief vir mekaar is nie, en reeds al 18 jaar uitmekaar is (al het sy vir hom gesorg vir nog 15, en nou nog sy rotse voor hom wegvat omdat sy skuldig voel), nie reeds `n bewys dat God dit nie beskerm het nie? Is die rede daarvoor nie juis omdat God hulle nie bymekaar gesit het nie?

    Asseblief, ek soek antwoorde in hierdie verband, aangesien ek voel liefde nie iets is wat gemors behoort te word nie. Ek wil haar nie verloor oor ander of as gevolg van afpersing met die Woord of as gevolg van ongehoorsaamheid nie.

    Ons is albei wedergebore Christene, gedoop, en lief vir God.

  20. My hart was nog nooit so stukkend nie. Ek is (was) ‘n gelukkige getroude vrou totdat my man op ‘n sms afgekom het wat my kerel van 22 jaar terug vir my gestuur het. Ek het nooit ‘n verhouding met die man gehad nie en is nie lief vir hom nie. Ek moes seker nooit die sms beantwoord het nie, ja dit was seker ‘n fout en glo my, niemand sal verstaan hoe jammer ek daaroor is nie, ek voel dis die grootste fout wat ek in my lewe nog gemaak het en sukkel om myself te vergewe (alhoewel dit rerig onskuldig was) Die probleem is dat my man my nou daarvan beskuldig dat ek al maande ‘n verhouding met die man het, wat glad nie die waarheid is nie. Hy bly my nou heeldag en elke dag verkleineer en slegse, soveel so, dat ek in ‘n diep depressie in verval het en vele kere al selfmoord as ‘n opsie konsidereer het. Ek het al honderd keer jammer gese en gesmeek vir nog ‘n kans, maar hy luister glad nie na wat ek se nie en gee my nie kans om myself te verdedig nie. Hy maak my lewe absolute hel en glo NIKS wat ek se nie. Ja, ek weet ek was verkeerd, maar hoeveel torture moet ek nog deurgaan?! Ek is so lief vir my man maar weet nie of ek vir my eie sanity meer so kan aangaan nie. Die bietjie dignity en selfrespek wat ek nog oor het moet my hierdeur dra, maar ek weet nie waarheen om te gaan of wat om te doen nie. Ek is tussen werke, en het geen kar nie. Ek voel magteloos en verduur die grootste pyn en selfverwyt wat enige een kan imagine. Ek voel absoluut niks werd nie. As ek aan my twee pragtige seuntjies van 2 en 6 dink kan ek nie anders as hom te skree van die huil nie. Ek wil hulle net beskerm teen al hierdie goed en ‘n nuwe lewe begin want ek kan nie meer hierdie omstandighede verduur nie, ek sal doodgaan. Het enige iemand vir my ‘n kontak met werk en tydelike blyplek sodat ek so gou as moontlik kan aangaan met my lewe? Asseblief ek smeek om hulp! Ek sal enige iets doen om uit hierdie hel te kom. Ek is moeg, voel niks werd, hartseer, gebroke, depressief, en verneder. Is dit hoe die lewe moet wees? Ek weier om dit te glo, ek het net soveel seer dat ek net wil weg! Dis net my dierbare kinders wat my aan die gang hou. Asseblief help my! Enige iemand! Dit voel of ek niemand oor het nie…..

    • Hi Ek ken presies wat jy deur maak. Ek is getroud met n vrou wat n emosionele mishandelaar is vir die afgelope 21 jaar. Ja ek voel ook leeg, n nikswerd. Ek word elke dag verkleineer, mishandel, sleggese, beskuldig, selfs te lyf gegaan en word elke dag met die Polisie en Child and woman abuse gedreig. Sy doen haar voor as die groot Christin maar die duiwel is in haar. Ek het al party dae gewonder of sy nie die duiwel is nie. Ek is op gehuil my hart en lewe en siel verbrokkel. Ek doen niks verkeerd nie maar word die hele dorp vol beskinder en sleggese en verneder deur haar. Solank die mense haar “jammer” kry is is baie baie gelukkig. Die oomblik as een van haar vriende met haar praat oor haar houdibng verwerp sy hulle net soos sy my verwerp. Jy kan net eenvoudig niks reg in haar oe doen nie. So stuur sy net Bybel versies rond om die mense onder die indruk te plaas dat sy die Groot christin is. Mense sien net uiterlike raak. Solank jy nie buite wonde en bloed het nie makeer jy mos “niks”. Ek is rou binne leeg vertrap, ek kan nie meer trane stort nie. Ek het nou hoop opgegooi wat enige hulp aan betref. Ek dink aan jou. Regtig. Het nie geweet daar is nog n mens op aarde wat so swaar kry soos ek nie. Sterkte Mevrou, glo my Ek bid en dink aan jou. Raad het ek regtig nie maar my gebede kan ek deel

      • Ai man, ek is regtig so jammer. Ek het al self sulke nare vroue gesien en wonder wat hulle makeer.
        Emosionele mishandeling is enige tyd net so erg as fisieke mishandeling. Wat vir my so hartseer is, is dat jou selfvertroue en selfbeeld so lelik knou.
        Weet jy wat ek hoor in jou brief? Deur dit alles heen weet jy steeds in jou met groot duidelikheid hierdie een ding: wat sy doen is verkeerd. Met ander woorde jy weet JY IS MEER WERD AS HAAR BEHANDELING. Ek dink dit is great. En ek dink dit moet jou beginpunt wees. Jy is ‘n waardige waardevolle volwaardige mens. Jy kan gedy. Jy is respek werd. Haar probeleme is hare, en nie jou skuld nie.
        Ek wens so jy kan uit die huwelik uitklim? Op jou eie bly? Waarom bly waar jy net vertrap word? Dit voel nie asof hierdie vrou positief tot jou lewe bydra nie? Wat kan jy verloor deur uit te trek? Jy verloor nie haar respek of haar liefde nie want jy het dit in elk geval nie. Jy verloor net jouself en jou respek duer te bly. As jy bly gaan niks verbeter nie, terwyl dinge vir ten misnte jouself net beter kan raak as jy vorentoe kyk.
        Kan jy met iemand gaan gesels – ‘n maatskaplike werker, sielkundige, predikant, berader. of selfs ‘n huisdokter en kyk hoe jy kan begin om joulself te heel?
        Onthou hierdie ding: jou hele hart weet sy doen verkeerd omdat jy weet jy is ‘n waardevolle mens.

  21. Hoe red jy jou huwelik as jou maar nie wil nie of huiwer.

    Ek sit op die oomblik ” tussen n “rock en hard place” Ek gaan op die oomblik deur ‘n moeilike tyd!! My man wil skei maar ek wil nie!!! Na al die dinge wat al gese is wil ek nogsteeds nie skei nie!! Vandag is dit al ‘n maand wat ek uit die huis is en op my eie bly. Ek het in die begin van Aug uitgetrek in my eie woonstel, my man bly tans by sy ouers in die woonstel saam met my dogtertjies 3 en 1, hy bedoel goed. Ek kan dit nie finansieel bekostig om my huur te dek, kos te koop vir 3 en vervoer werk toe en terug daagliks. Ek kry maar n handjie vol van n salaris. Nou gaan julle seker vir my se ek moet kyk na n beter inkomste, ek is bewus daarvan maar kan nie bekostig om my werk vir die hand te wys nie, ek het n goeie baas, sy kantoordeure staan altyd vir my oop, hy luister as my hart swaar is, sy troos en vertroue en hy en sy vrou het n sagte gees.My werksure is buigbare ure en ek kan my kinders werk toe vat.

    Ek het ‘n besluit geneem en na Die Here gedraai vir krag en hulp en as dit nie vir Hom was nie weet ek nie nou waar ek sou gewees het nie… Ek weet Die Here het ‘n doel met elke een van ons se lewe, maar ek weier om te glo dat dit Die Here se doel is dat ek en my man moet skei!! is ek verkeerd??

    Die redes hoekom my man wil skei is op grond van Unreasable behaviour. Verbal abuse, insults, threats. Ons is al vir baie lank van tafel en bed geskei. Ek is nog baie lief is vir hom en ek wil nie skei nie!! Ek het in die 3 weke keer op keer gesmeek dat ons vir berading gaan maar hy was hardkoppig en wou nie ingee nie. So 2 weke terug het ek n oproep van hom ontvang en hy het gese hy sal gaan maar dit beteken nie ons gaan weer probeer nie, hy gaan vir die eenvoudige rede om perspektief te kry en opinies. Hy en sy familie glo vas n huweliksberader kan ons nie help nie, ek weet nie hoe kan hy dit se as ons nog nooit eers probeer het nie, ek weet ook nie hoe hy n huweliksberader sien nie. Hy sê ook as die persoon nie self in ons verhouding is nie, sal hy of sy nie ons probleme kan uitsorteer nie want hulle weet nie hoe dit is om saam met my in n huwelik te wees nie. Die ergste is, hy glo dis alles my eie probleme om op my eie uit te sorteer.”

    Ek moet ook las dat ek vir n maand lank al alles in my vermoe doen om die huwelik te red deur om myself op te offer en hoewel dit geweldig moeilik is om myself te swaai, sien hy nie die verandering of verbetering raak nie. Ek het myself al emosioneel los te maak van die situasie omdat ek so moeg is vir probeer en hy bly dieselfde na my kyk. Ek het die “Love Dare” van Fireproof gekry en probeer die stappe neem soos gegee maar as ek myself kry dan blaas ek uit die bloute af soos ‘n stoompot. Dan is ek so kwaad vir myself, want dit is presies die rede hoekom my man van my wil skei.

    My vraag is Hoekom wil hy nie vir berading gaan nie? “Ons het só ’n groot probleem” vanaand het hy eerlik aan my erken hy wou nooit saam n berader gaan sien nie, maar het uit respek vir my.

    Dankie byvoorbaat vir jou tyd en advies. Ek waardeer dit baie.

  22. My dogter van 14 jaar is die jongste van 2 dogters haar ouer sussie is 18 jaar. My jongste het op laerskool goed presteer met omtrent al haar vakke bo 70. Toe kom hoërskool en sy pluk elke vak. Sy lei aan depresie en het ook disipline probleme en het geen respek vir ouer mense nie. Ek was al 2 keer in die hoof se kantoor oor haar gedrag, huiswerk wat nie gedoen word, nie luister vir onderwysers nie ens ens. Ek is raadop en verstaan nie hoe kan ‘n kind wat goed presteer binne ‘n jaar verval in iemand wat glad nie presteer of belangstel in skool nie. Tussen haar en haar ouer sussie is daar geen goeie verhouding nie en ek is regtig moeg vir die 24 uur se geskree en bakleiery en sleg sêery tussen die twee. Ek moet erken die oudste word bederf en voorgetrek deur my skoon ouers en wat sy vra kry sy en word agter die jongste se rug gedoen. Ek het al met my skoonouers gepraat en gese as hulle nie vir al twee die selfde kan gee nie moet nie een iets kry nie. Dan word vir my net gese die oudste is 18 en het meer nodig as my jongste. Wat ek nie mee saamstem nie altwee is tiener dogters en het die selfde behoeftes. Ek het vir my man al meer as eenkeer gesê ons moet ons jongste by ‘n sielkundige kry daar is groot fout net om op dowe ore te val. Na die laaste eksamen is sy gestraf en haar selfoon weg gevat oordat sy nie akademies presteer nie. En my man het besluit sy gaan van volgende jaar af na ‘n kos skool op ‘n ander dorp en sal net eenkeer per maand huistoe kom. Waaroor ek ook nie saam stem nie. Ek weet nie meer watter kant toe of wat om te doen nie. En dit breek my hart om ons kind so ongelukkig te sien en net verder weg te dryf. Help asb!!

  23. Anoniem asb…Ek sit met `n stukkende en deurmekaar hart en wens dat hier dalk iemand is wat my `n bietjie antwoorde op my vrae kan gee…Ek is in `n verhouding met `n man al vir amper 10jaar. Ons is nog nie getroud nie (hy het nooit poging aangewend of iets daaroor gese nie) dus `n droom wat ek maar eenkant toe geskuif het en gedink het dis iets wat ek nooit in my lewe seker sal kan beleef nie. Ons het 2 kinders saam… Hy is `n baie afkrakerige mens, se aanhoudend slegte dinge vir my en kyk neer op my oor my kinderlewe en waar ek vandaan kom en kyk neer op my ouers oor hul nie so welaf soos sy ouers is nie. Hy beskuldig my elke keer met iemand anders, ek kan nie eers met my broer oor die foon gesels nie dan verneek ek hom?? Hy wil glad nie dinge saam ons as gesin doen nie, baie kortaf met die kinders en was nog in al die jare net by 2 geleenthede waar ons kinders betrokke was. Al die res moes ek as Mamma alleen bygewoon het. Wat my hart so seer maak is dat hy presies weet hoe ek voel, dat hy presies weet dat al hierdie dinge my emosioneel afkraak… so 3 weke terug het ek besluit genoeg is genoeg en hom gevra om uittetrek. Hy het al sy meubels gevat en by sy Ma hulle gaan bly. Dit was net voor `n naweek en hy het sommer die kinders ook gesoek vir daardie naweek waarvan ek hulle toe vir hom gegee het. Daardie naweek was ek toe stoksiel alleen in `n half kaal huis met net die stilte van my eie asem om my. Dit het my baie laat dink en ek het gevoel dat ek dalk die selfsugtige een is… Dat ek dalk te vinnig besluite geneem het… Hy het my daardie volgende dag gebel en gese dat hy weet hy baie slapgat was met ons en dat hy dit graag wil beter maak. Ons het iewers ontmoet, gesels wat op ons harte was, beloftes gemaak wat ek diep in my hart geglo het dat dit hierdie keer sal werk. Hy het belowe om iemand te gaan sien wat hom sal help..Dat hy hierdie keer werklik spuit is en werklik sal verander. Ek het daardie hoop diep in my hart gehad en ter wille van die kinders my geluk eenkant geskuif om vir hul weer `n huis te gee met `n Mamma en Pappa. Maar wat gemaak as dit als lee beloftes was. Dus nou 3 weke en hy begin weer slegse, hy se dus dalk `n goeie ding dat hy nog nie sy meubels terug gaan haal het nie, dat ek nogsteeds iemand ander het?? Mammas hoeveel kanse verdien `n man nog? Dit is al die 3de keer wat hy uittrek, berou daaroor het, ek hom vergewe, hy terugkom, dit goed gaan vir `n week of twee en dan begin die emosionele slegsery, afkrakings en beskuldigings weer. Hoeveel keer moet ek nog probeer en elke keer hoop en bid ek dat hy werklik die keer gaan regkom?? Hy se hy mis ons maar ek dink hy mis sy (huis omstandighede) sy gemaksone en is eerder gewoond aan ons as enige iets anders. As ek die keer finaal wegstap hoe en waar kry ek krag vandaan om nie weer terugtekeer en weer te val vir sy stories en beloftes nie. Dit begin `n geweldige impak maak op my kinders ook…Moet ek elke keer maar net weet vergewe ter wille van die kinders. Ek is moedeloos, gebreek, hartseer en wens iewers skyn daar `n lig…

    • Ai, mens, jy het baie swaar en is so broos op hierdie stadium. Werk jy? Eintlik vra ek of geld ‘n kwessie is? Om twee redes: jou moed en selfvertroue is geknou en jy gaan baie kan baat by hulp – ‘n mentor, sielkundige, coach … iemand wat jou kan ondersteun deur hierdie tyd. Het jy kontak met jou ouers? Sal hulle jou kan ondersteun – met tyd en hulp (al is dit nie geld nie, net iemand wat omgee). Of dalk ‘n goeie vriendin of predikant?
      Tweedens weet ek nie of jy werklik moet aangaan met hierdie huwelik nie:
      Waarvoor bly jy in die huwelik? Wat is jou pay-off?
      * Status weens jou huwelik?
      * Ter wille van jou kinders?
      * Omdat jy bang is om alleen te wees?
      * Omdat dit erger vir jou is om alleen te wees as om emosioneel verniel te word?
      * Omdat jy dink jy sal nooit weer ‘n maat of selfs net vriende/vriendinne maak en ‘n normale sosiale lewe kan opbou nie?
      * Omdat jy nie kans sien vir die finansiële implikasies nie?
      * Omdat jou vertroue nou so min is dat jy eenvoudig nie kans sien vir so ‘n groot en moeilike stap nie?

      Jy moet onthou dat kinders niks positiefs leer daaruit as hul ma die slaansak is. ‘n Gebroke verhouding neem kinders se sekuriteit baie meer weg as ‘n gesonde enkelouer huishouding waar die kinders en ma mekaar met respek behandel en hulle ervaar hoe positewe menseverhoudings lyk en werk.
      Ek is altyd ten gunste daarvan om iemand ‘n kans te gee. Maar nie onbeperk nie. Hierdie man toon nie dat hy sy kanse ernstig opneem nie. Soos hulle se is die beste voorspeller van toekomstige gedrag jou optrede in die verlede. Hy gaan maar net aanhou doen wat hy doen: jou afkraak, jou afpers met die kinders, beloftes maak en nie hou nie. Niks wat jy probeer doen sal hom verander nie.
      Ek weet jy wens eintlik net vir ‘n gelukkige liefdevolle verhouding. Maar dit is wensdenkery. Dit gaan nie gebeur nie. As jy voortgaan het jy net een pad vorentoe: lyding. Niks van die lig wat jy wens iewers skyn.
      Om die waarheid te se: as jy die lig wil sien skyn sal jy dit self moet aansteek. En nie deur maar net verder te ly nie. Dit gaan vir seker verskriklik moeilik wees om te breek en jou eie paadjie te begin.
      Maar dan het jy ten minste hoop op ‘n gelukkige afloop – vrede tuis, jou selfvertroue sal geleidelik herstel, en jy kan jou selfrespek geleidelik opbou. Jy sal baie sterk moet staan. Die begin is die moeilikste; daarna gaan dit makliker, soos jy ‘n nuwe lewe stadigaan opbou.
      EN WEET JY WAT? Jy gaan ontdek dat jy sterk genoeg is. Baie, baie vroue is al so sleg behandel; baie, baie vroue het al uit verhoudings gestap; en hulle kom ander kant sterker uit. Verras oor hoe sterk hulle is.
      As jy genoeg moed en krag het kan jy met ‘n skeisaak begin; as jy voel jy het emosionele steun nodig gesels met Famsa (051-525-2395) of iemand anders wat jou emosioneel kan ondersteun tydens die proses.
      Aangesien julle minderjarige kinders het sal jy met mediasie moet begin, voor die saak hof toe kan gaan vir ‘n egskeidingsbevel. Famsa sal jou kan verwys na ‘n mediator.
      (Terloops in ons September-uitgawe wat nou op die rak is, is daar ‘n artikel oor egskeiding en geld – hoe om jou finansies op koers te kry. Gaan lees dit gerus – al kan jy net ‘n paar aftik en vir jouself beding.)
      Sterkte!

      Nog ‘n paar hulpnommers:
      Lifeline crisis line toll-free 0861 322 322
      Childline 24-hour toll-free 0800 055 555
      Stop Women Abuse helpline 0800 150 150

  24. “sit net so, Mevroutjie. Ek is amper klaar…” Vrou: ” Dis wat jy al twee ure terug belowe het, my wasgoed gaan nou-nou natreën, ek moet nog gaan kosmaak voor my man tuiskom, want ek het die bediende die dag afgegee, want ek het nie geweet jy is gay nie en ek moet regtig dringend gaan pie-pie, soos in nou en jy gesels al heel-oggend net oor kleure en die meng daarvan en my kop is nou bitterlik seer en ek is so, so spyt ek het ja gesê vir hierdie grap, want ek sit al die laaste drie ure die niks instaar terwyl die wind die reënwolke mooi bymekaarwaai bokant my oorvol wasgoed-draad. Asseblief, maak nou klaar!” Man: “Daar’s hy Mevroutjie, hierdie gaan beslis altyd bekend staan as my meesterstuk, kom kyk Mevrou hoe ek u sien. Mevrou ek gee u La Giaconda! Mevrou, waar gaan u dan nou heen?”

    • Lekker gelees en nou lekker geglimlag – ek ken die gevoel!!!Ek wens jy wil die La Giaconda oplaai – dat ons kan sien hoe ons eie Mona Lisa lyk! (stuur vir my ‘n epos op salomed@ctp-mail.co.za, dan laai ek dit vir jou op :)

  25. Help my dringend met raad asseblief

    My suster het onlangs haar werk bedank omdat sy en haar baas nie met mekaar oor die weg WOU kom nie en sy het ook nie n ander werk nie. Nou moet ek vir haar sorg op n klein salaris daar is niemand wat help nie. Ek wil bitter graag my goed vat en loop, maar ek twyfel of dit die regte ding is om te doen. Sy se ook lelike dinge vir my wat my lelik seermaak en ek moes baie dinge al opoffer net om haar sin te gee. Sy blameer my vir alles wat fout is met haar lewe.My familie kan ook nie help nie. Wat moet ek doen? Ek kan nie meer so aangaan nie. Gee raad asseblief.

  26. Weet nie meer watse kant toe nie…
    My seun is 9jr oud en die afgelope tyd raak hy net erger en erger as dit kom by dissipline. Ek moet eerlik se dat ek dalk as enkel werkende ma nog nooit werklik ‘n ordentlike dissipline plan toegepas het nie. Maar hy was nog altyd so ‘n hartseer kind oor hy nie ‘n pa het nie dat die mamma maar probeer opmaak deur vir hom dit te gee wat hy graag wil he. Ook nie alle gevalle nie want ek verdien maar ‘n karige salaris so hy weet as my nee my nee is, dan is dit finaal. Maar hy luister baie sleg en ek moet ‘n ding oor en oor se. Hy sal met al sy speelgoed speel en as hy moet optel dan wil hy nie. Sy kamer en al my kamer en sitkamer is al bestrooi met speelgoed en ek het op die punt gekom waar ek nie meer wil optel nie. Ek kan maar sy psp wegvat of hom straf deur nie tv te kyk vir ‘n week nie. Hy is of dan net vir ‘n rukkie soet tot hy weer my guns gewen het en dan gaan dit maar net weer so aan, of hy raak verskriklik geweldadig en wil goed stukkend gooi en gil en skree op my. Natuurlik raak en dan kwaad en gil en skree terug en gee hom soms ‘n pakslae (maar dis maar weinig want ek hou nie daarvan nie) en dan is dit vir ‘n rukkie okay dan begin ons maar net weer. Vanmiddag wil hy saam met my werk toe gaan, maar wil nie eers sy speelgoed optel en wegpak voor hy saam met my gaan nie. Ek se toe dat as hy nie optel nie kan hy nie saamgaan nie. Hy raak kwaad en se dan wil hy nie meer saamgaan nie. Ek raak kwaad en skel hom oor hy sonder respek met my praat. Hy vlieg op en loop kamer toe waar hy die deur toegooi. Ek gaan en gee hom ‘n pakslae oor hy die deur toe geklap het en hom vir my opgeruk het. Hy huil en weier om met my te praat. Toe ek loop (en nou is ek al klaar laat vir werk) wil hy weet of hy nou kan saamgaan of nie. Ek se nee, hy moet as straf oor sy houding die kamer skoonhe voor ek van die werk afkom anders gaan ek als optel en vir die naaste kinderhuis skenk. Halfpad oppad werk toe bel my ma my… hy het sy klere gepak en wil nou wegloop. En hy se hy wil nie meer lewe nie. Wat doen ek aan my kind????? Moet ek worry hieroor????? Ek weet nie meer wat om te doen nie. Ek se toe vir my ma sy moet vir hom se hy beter sy kamer gaan skoonmaak en as hy dan nog wil wegloop sal ek hom vanaand by die busstop gaan aflaai.
    Ek het heeltemal beheer verloor oor my kind. Hy is kwaad oor die Here nie vir ons ‘n “pa” wil stuur sodat hy ook ‘n pa kan he nie, maar verlede naweek toe ek vir die eerste keer in byna 10jr met ‘n man bietjie te vriendelik raak na sy sin wil hy ‘n oorval kry en is hy kwaad want ek is net sy mamma en niemand anders mag my aandag kry nie.

    WAT MOET EK DOEN? Hoe weet ek of my kind dalk aan depressie ly en wat doen ek sodat hy nie so depressief moet wees nie. En as ons tyd saam spandeer wil hy playstation speel en ek is in alle eerlikheid nie een wat lus is vir games speel nie. Ek is bekommerd oor hom.

    • Ai man, ek voel self dom as dit kom by kinders. Maar dit klink beslis of jou kind op ‘n acting out fase is. Drie dinge:
      Dit is goed en reg dat jy probeer konsekwent wees. Ek weet dit verg ‘n yslike hoeveelheid emosionele energie, wat mens tap. Maar soms moet mens maar net vasbyt, en jouself troos dat jy konsekwente is en nou jou kind help om reg te kies deur hom waardes te leer. (ek doen wat ek se; ek pas my goed op; woede en manipulasie werk nie; dit werk beter as ek my kant bring; mens gee eers, en kry dan belonings, en so aan)
      Hoe gaan dit by die skool? Ek weet uit eie ondervinding dat ‘n ervare simpatieke onderwyseres ‘n groot verskil kan maak. Ek stel voor jy maak ‘n afspraak by die skool – en gou ook, voor dinge nog erger raak – en vra hulle om te help. Bel die skoolkantoor en hoor of hulle ‘n onderwyser het wat help met kinders en gedragsprobleme. Die graadhoof is gewoonlik ook ingelig en ook iemand wat jou kan help om die regte ondersteuning te kry. Onderwysers waardeer dit as ouers betrokke is – baie meer as wanneer dit lyk asof dit jou niks skeel hoe dit met jou kind op skool gaan. Iemand wat by die skool jou seun positief betrek kan hom baie help om beter aan te pas. Daar kan dalk dinge by die skool wees wat hom ontstel, soos ‘n boelie – waarvan jy net sal weet as jy vra.
      Is jou kind depressief? Dit is moeilik om te se – hy is beslis ontsteld, kwaad en ongelukkig. Dit is nie noodwendig dieselfde ding nie. Gesels ook hieroor met die onderwysers, en kry hul meer objektiewe indruk. As julle ingrype in die skool en tuis nie teen die einde van die jaar dinge laat verbeter nie is dit beslis tyd vir professionele hulp.
      Daar is ouerleidinggroepe, sielkundiges en so meer wat ouers en kinders help. Dit sal die beste wees om die skool vir verwysings te vra. Hulle leer mens oulike tegnieke, soos hoe om te kommunikeer, help jou jou ouerskapstyl verstaan en so aan.
      As hy saans bed toe gaan maak ‘n punt daarvan om ‘n paar minute by hom te sit. Moenie vrae vra nie – sit net, dat hy weet jy is daar vir hom. As hy wil praat, sal hy. Gee hom dan kans om te vertel waaroor hy hartseer en onseker is.
      En wat van julle dink aan ‘n lekker droom vir hom? Iets waarna hy kan werk? Iets binne sy vermoë? Dit skuif die fokus so bietjie weg van sy eie ongeluk na iets positief en konstruktief. al is dit net om ‘n rekord te hou van sy sukses met sy speletjies – begin klein sodat hy positiewe selfterugvoer kry.
      Sterkte!

  27. Ek wil graag anoniem inskryf asseblief?
    My dogter is geskei van haar man wat haar aanhoudelik verkrag het. Hul dogtertjie is 18mnd oud en sy moet aan die Pa kuiers toestaan omrede sy nie die datums van die verkragtings neergeskryf het nie.
    Die dogtertjie aard alhoemeer na die Pa in humeur en dit maak my dogter mal. Sy is net so bang vir of die Pa dit dalk met sy kind gaan doen.?
    Ek hoef net deur haar woonstel te loop om te sien hoe depresief sy is, sy het absoluut geen krag vir opruim nie.
    Wat kan ek as ouma doen om te help?

  28. HELP ASB!!! Vandag is my seun by die skool gewees vir ‘n kode 2 dissiplinere verhoor. Hy was Vrydag met alkohol in sy liggaam gevind. Om met sy pa te praat maak my net ongelukkig want hy lieg so en draai altyd alles om te maak of dit my skuld is. My seun 16 drink nou al 3 jaar volgens sy pa maar ek weet hy kon nie gedrink het by die plaas nie want daar is nie drank winkels naby nie en ook as hy by skool gehaal word is hy nooit alleen gewees nie, die jaar toe hy nou by sy pa is want hy moet graad 10 oordoen het dit als begin, hy is depressed wil selfmoord pleeg want die lewe is nie meer die moeite werd nie. Dan vertel hy almal hy is verloof op die ouderdom van 16 aan ‘n 15 jarige meisie en haar ouers is gelukkig met dit. Hoe kan dit so wees, is dit alles depressie soek hy net aandag? Asb help met ‘n kliniek waar ek hom heen kan vat maar in die omgewing van Alberton, al moet ek hom inboek sodat hy kan hulp kry. Ek glo hy moet weg breek van die vriende en veral daai meisie wat sy kom so omkrap. Hoe lank het hy al depressie? Hoe vind mens uit watter depressie het hy? Rook hy ook want ons week hy drink. Asb asb help !!!! My seun is nog so jonk en so baie om voorentoe mee te gaan al besef hy dit nie nou al nie.

  29. Goeie dag, my naam is Erica. Ek is in 2004 gediagnoseer met Lupus, en gebruik kortisoon tablette van daar af. Ek het nie n mediese fonds en was by die Lupus kliniek in Baragwana hospitaal waar hul gese het ek het nie Lupus. Ek raak baie styf as ek nie my kortisoon drink nie, so ek net aangehou met dit en hul woord betwyfel. Maar ek was in 2010 en 2011 blind agv katarakte in my oe, hul het een geopereer en kon nie die ander een doen oor my swak bors, so ek loop nog steeds blind in een oog. Intussen het my een duim ook ingegee, en n privaat dok het gese dit is agv die kortisoon. Maar my grootste probleem tans is dat ek so 2 jaar my stem verloor het, en sukkel ook erg met sluk. Ek was al by 6 privaat dokters, waarvan 2 oor/neus en keel spesialiste was, en 2 prov hospitale, nie een kon my nog se wat is fout nie. Die 1 hospitaal het n kamera afgesit, en gese hulle sien niks fout met my stembande nie. So ek vra enige een se baie dringende advies asb, ek soek so graag my stem terug en om te kan eet en drink. Ek het na al die jare wat ek met Lupus sit net stywe spiere en vel uitslag, niks probleme met enige organe behalwe ek het van ek kind was altyd chroniese bronchitis gekry. Ek gebruik 20mg kortisoon per dag, en wil dit nou geluidelik los. Kan iemand my help asb? Groete Erica

  30. Jammer om reguit te se, en ek weet ,want ek was ook al presies daar.!!!
    Maak spore my meisie, hy gaan NOOIT OOIT verander nie!!!!!!!
    HOEKOM DINK JY HET SY VROU SELFMOORD GEPLEEG??????
    Van depressie, van jare se mishandeling, verbaal, sielkundig, fisies, emosioneel, wie weet????? Hy klink homoseksueel!!!

  31. PLAAS ANONIEM ASSEBLIEF!!!!!
    Ek het asb dringend raad en hulp nodig.
    Ek het so ‘n jaar gelede weer iemand gevind nadat ons mekaar toevallig twee keer op twee verskillende geleendhede by twee verskillende plekke raak geloop het. Ek van Ellisras en hy van die Vrystaat, albei kere binne twee maande se tyd. Sy vrou is ‘n jaar en ‘n half voor dit oorlede (selfmoord).

    Ons het begin gesels met telefoon oproepe en boodskappe en toe heen en weer begin kuier. Ons het albei besluit dit is niks lekker alleen te wees nie en ek het na hom toe getrek. Ek is 43 en hy is 52.

    Alles het goed gegaan, ek het ‘n klein besigheidjie begin en soos elke verhouding maar was daar al hakplekkies, maar niks so groot dat daar nie aan gewerk kan word nie. Hy is maar ‘n redelike moeilike mens en praat nie graag nie.

    Laas week het ek gevoel dinge is netnie reg nie. Na ek so te sê aangedring het op antwoorde het hy net vir my gesê dat hy nie dink dinge gaan tussen ons werk nie en hy dink net hy is nie verhoudings materiaal nie.

    Ek is nou al ‘n jaar by hom. Ek het alles opgegee en ‘n besigheid hier begin. Wat laat ‘n man so ‘n besluit maak? Is mans vandag net te lafhartig om regtig aan ‘n verhouding te werk of is dit net die maklike uitweg as alles nie gaan volgens sin nie?

    Is daar asb iemand wat vir my kan verduidelik waarom?

    Hy is gladnie ‘n mens wat lief is om drukkies en soentjies te gee nie en wat bedsake aanbetref moet jy al die aanleiding en werk doen anders sal daar ook niks gebeur nie. Is dit moontlik dat hy ‘n haat in hom dra of dalk ‘n skuldgevoel oor wat met sy vrou gebeur het? Ek is ‘n kind van die Here en ek voel in my hart ek kan nie net weg loop nie. Dit bly vir my voel ek moet iets doen om hierdie man te help en hom dalk weer die weg na liefde en God te wys, maar ek weet nie waar om te begin nie. Onthou, hy praat gladnie oor dinge nie, so ek gooi hom net toe met liefde en bid vir hom elke dag van my lewe, maar my moed is in my skoene na wat hy vir my gesê het.

    My kop sê hardloop weg en my hart en my siel skreeu “byt vas en doen alles wat jy kan om te help”

  32. Goeie midag. Ek voel bietjie ongemaklik om hier oor te praat maar ek soek raad. Ek is 27 jaar oud en het my (period) net 2 dae gehad en 2 dae net n ligte afskeiding en dis nou nog weg. Het n toets gevat maar is negatief gewees n dag daar na die afskeiding. Ek en my verloofde probeer al n jaar lank dat ek swanger raak maar niks. Ek moet gereeld kamer verlaat, het hoofpyne maar niks is seer of geswel ni. N week voor my tyd het ons gereeld seks gehad en n dag voor my tyd wee en toe die 2 dae (period). Kan iemand my raad gee asb of moet ons nou maar ophou probeer want ek weet my verloofde soek graag n klein mensie. Raad op…..

    • Hmmm… opgee? Nooit nie!
      Ek kan nie mooi aflei hoeveel tyd verloop het nie maar die toetse is eers positief drie tot selfs so lank as vyf weke na die groot ontmoeting. Wag nog ‘n week en toets dan weer?
      As dit negatief is en julle probeer al ‘n jaar lank, is dit tyd om hulp in te roep. Begin met jou huisdokter. Belangrike ietsie: die dokter sal jou EN jou verloofde SAAM wil sien. Maar as hy graag ‘n kleinding wil he sal hy met graagte saamkom.

      Onthou ook om reg te tel: Ovulasie vind in die middel van jou siklus plaas – nie in die paar dae voor menstruasie nie. Werk dit so uit:
      1. Hoe lank is jou siklus normaalweg? (se 28 dae)
      2. Tel die eerste dag van jou menstruasie as Dag 1.
      3. Die dag van ovulasie is dan op Dag 14.
      Jy is normaalweg vrugbaar van so twee dae voor ovulasie tot so drie dae na ovulasie.

      Alle sukses!

      • Hi,ek wil graag raad he asb. My dogtertjie van 5 is ERG jaloers op my. Wanneer my man my soen of druk of soos vannaand optel kom sy tussen ons ingehardloop en wil altyd deel wees van die soen en druk. Wanneer sy dan nie die aandag kry wat sy soek by haar pa nie begin sy te huil. Ons gee aan albei ons kinders ongelooflik baie aandag en vertel elke dag hoe lief ons hulle het. Ons kinders is bevoorreg om in so n gelukkige huis groot te word en word oorlaai met liefde, aanvaarding en alles wat hulle nodig het. Daar is dus geen rede waarom sy so moet optree nie. Sy soek ook altyd baie aandag by die skool en raak kwaad as ander kinders meer antwoorde mag antwoord as sy. Is dit nou maar net haar persoonlikheid of is daar sielkundige redes hiervoor?Gelukkig pla dit my nie so erg nie maar ek wonder maar net aangesien dit gewoonlik ma’s is wat op hul dogters jaloers is maar nie andersom nie.

  33. Ek soek help,ek is nou net geskei na 15 jaar

    Ek se sommer nou al jammer oor die spelling.Ek is 38 het 2 kinders hulle bly ook by my my dogter is 14 my seun 10 .Ons is so 6 maande geskei ek is nog mal verlief op my x maar wil haar nie terug he nie sy het my en die 2 kinder te seer gemaak .my storie is baie baie lank ek weet nie meer wat se kant om te gaan nie ek gaan nou baie depressie in ek dink ek is nie n slegte mens nie anders so my kinders nie gekies het om by my te bly nie wel ek dink so,ek weet nie rerig hoekom sy my geskei het nie ek glo nie daar is iemand anders in haar lewe nie,sy se die liefde het net weg gegaan so 2 jaar terug maar ek glo dit nie ek dink vriende het baie baie te doenne met dit ,dit is n baie baie lang storie ek het raad nodig asb ek is baie baie bang ek gaan te diep in depressie ek is op pille vir dit maar dit voel as of dit nie help nie

    • Hallo Jacques. Sjoe, jong dinge klink deurmekaar. Jy is nou in die middel van ‘n rouproses en dus kan jy verwag dat alles nie so wonderlik gaan voel nie. Voel gerus hartseer – en kwaad ook, want egskeiding is nie lekker nie. Gelukkig gaan al die emosie na ‘n ruk oor. Gee tyd, en dinge sal beter raak. Ek hoor jy aanvaar al klaar dat jou eks nie gaan terug kom nie. Dis goed dat jy nie aan vals hoop bly vasklou nie. Jy is realisties. Neem behoorlik afskeid, en na ‘n paar maande is dit soos ‘n hoofstuk in die boek van jou lewe wat jy klaar gelees het – met goeie en hartseer dele.

      Oor jou antidepressant wat werk / nie werk nie:
      Jy moet dit 6 weke kans gee. As jy reeds ses weke daarop is en steeds dink dit help nie GAAN ASB TERUG na jou dokter. Mense reageer individueel op antidepressante, en jy is dan een van die mense wat op ‘n ander soort moet wees.
      Nog iets: antidepressante gee mens die vermoe om voort te gaan. MAAR jy moet nog altyd die emosionele werk self doen. Die ideale manier om ‘n antidepressant te gebruik is saam met ‘n paar geselssessies by ‘n sielkundige of terapeut of lewensafrigter of mentor – iemand wat jou help om ‘n slag terug te staan, perspektief te kry en jou koers te kry.

      Voorspoed!

  34. Ek wonder wat ek kan doen. Dinge staan so. Ek en my ou van 5 jaar het net begin uitgaan. Sy broer het een oggend saam met my in die bed geklim en my gevra of hy aan my kan vat. Ek het hom uitgejaag en my ou gese daarvan.
    Daar het niks van gekom nie. Van daar af is sy broer vieslik met my. Ek het in die 5 jaar baie gewig opgetel, en sy broer het ‘n meisie gekry. Die twee broers is baie na aan mekaar, en sy broer bly pers my af. Kraak my af oor my gewig, hy en sy meisie sal jou spot voor almal en dan sal niemand vir my opstaan nie. So klein rukkie terug het hulle ‘n groot geveg gehad en ek het sy broer en die se meisie verbied by ons huis. Nou het die broers opgemaak en nou kom hulle weer by my huis. Niemand hou van sy broer of sy meisie nie. Ek het met my ou probeer praat dat hulle moet wegbly maar dan baklei ons so erg hy wil my los. En ek wil hom nie verloor nie. Asb enige raad!!

  35. Is daar enige iemand wie se man soos myne is? THE HALLMARK OF AN ABUSER IS DENIAL.HE WILL ALWAYS JUSTIFY HIS ACTIONS AND BLAME YOU!!!. BLAMEER HY JOU VIR ALLES?. hy justify altyd sy aksies , al is dit ook hoe verkeerd? Hy is nooit verkeerd nie. Hy is besitlik, jaloers. Hy se nooit jammer nie. Hy kan verskriklik spog, maar hy het niks???? HY IS N NARCISS!!!!! pRAAT MET MY AS JY MEER WIL LEER!!!!!

  36. ELKE DAG IS ‘N STRYD
    Ek wens ek het iemand om my raad te gee. Ek dink die heeldag aan selfmoord pleeg. Ek kry myself dat ek soms vir ure my selfmoord pelan. My man wil niks met my te doen nie en ek probeer sover ek kan dit vir my kinders wegsteek. Vandag is een van daai dae.
    Ek is deur elke kas opsoek na iets wat my die ewige lewe kan instuur. My kinders is groot en is almal besig met hulle eie dinge. Ek is die meeste van die tyd alleen en het geen vriende om mee te praat nie. My man het my so te sê afgeskryf hy gaan van die veronderstelling uit dat dit alles in my kop is en ek my dinge verbeel. Geen antidepresant werk vir my nie en ek drink Alzam. Stilnox, Stilpayne, Demetrin en al wat dit doen is om my gevoelens te onderdruk. Ek het niemand om mee te praat nie want niemand verstaan nie. Help my asseblief want ek wil nie my kinders die leed aandoen om op hulle dooie ma af te kom nie. Ek weet ek moet bid en my lewe vir God gee, maar op hierdie oomblik dink ek die hel is beter as om elke dag met hierdie neerslagtige gevoel op te staan en planne te beraam om selfmoord te pleeg. Ek het al gedink om gemasker by ‘n apteek in te stap met ‘n pistool en alles wat ek in die hande kan kry wat ek weet my sal doodmaak drink. Ek sal dit op ‘n plek gaan doen waar hulle eventueel my kar sal kry want hy het ‘n tracker. As ek net iemand gehad het om my te ondersteun sou dit dalk beter gegaan het, maar my gesin glo ek dit het aan myself gedoen en ek moet myself daaruit kry. Die enigste oplossing : SELFMOORD.
    Anita

    • Jy drink dan net kalmeerpille. Jy moet by n psigiater uitkom. Ek was ook al daar, dis n vreeslike plek om te wees. Dis n baie behandelbare siekte. Daar is hoop vir jou!!!!!

    • Naand dames.

      My naam is Tiaan.
      Ek en my vrou so volgende maand die 8ste, 2 jaar getrou gewees het. Ons het n pragtige klein engeltjie. Sy is 16 maande oud. En ek sal met die grootste liefde in my hart vir buide van hul sterf op n oogwink. Maar ek en my vrou het van mekaar af gelewe. My vrou is 24/7 op haar foon en besig met wie weet wat. Sy het my vandag n boodskap gestuur dat sy my gaan skei. So gese en so gedaan. Een kant wil ek he die egskeiding moet voort gaan, want dan staan ek nie meer is haar pad vir geluk nie en in die ander kant wil ek dit nie he nie, want ek is tot die dood toe lief vir haar. Raad op. Wat moet ek doen. Ek het ook al self moord oorweeg.

      • Nee man Tiaan, selfmoord gaan niks vir jou kind doen nie. Ek ken kinders wie se pa selfmoord gepleeg het – daardie kinders sit met die allervreeslikste emosie daaroor – huil sommer, voel skuldig, voel skaam dat hulle pa se stupid was, weet nie hoe om vir ander mense te verduidelik nie, voel in die steek gelaat, voel verworpe deur hul pa … Niks hiervan is dinge wat jy vir jou kind vir wie so lief is sou wou nalaat om mee te worstel nie.
        Maar ek hoor wat jy se: jou hart is gebreek en jy weet net nie hoe jy kan aangaan sonder hulle nie. En ja, dit is ‘n erge seer slag as mens se maat jou verlaat of ‘n liefde op die rotse is. Al my simpatie.
        Maar daar is hierdie een punt om te onthou: jy gaan nie sonder hulle wees nie. Veral nie sonder jou kind nie. Jy het mos vaderskapsregte – en as jy ‘n skoon lewe lei is daar geen rede waarom die hof jou nie gelyke en medevoog van jou dogtertjie sal maak nie.
        Oor jou vrou: ek weet nie wat om daar te se nie: huweliksberading kan help, maar partykeer is ‘n ding maar net oor. Jy is jonk; jy klink na ‘n omgee-man; en ek glo jy sal weer ‘n maat vind. Gee jouself ‘n jaar of drie om oor jou hartseer te kom. En doen dit positief – gaan deur jou hartseer, ontkenning en/of woede deur daaroor te praat of dit te verwerk terwyl jy sport doen of tuinmaak (maw moenie jouself wreek op jou vrou nie – dit doen jouself meer skade as goed)
        Ek dink jy het in elk geval ‘n mentor vir ‘n tydjie nodig – se so ses weke – om uit te sorteer wat jou opsies is en wat die beste keuses is. Sielkundiges is goed opgelei om mense te help. Se jy wil nie terug grawe in jou verlede nie maar oplossings vir jou lewe vorentoe deurwerk.
        Sterkte – ek hoop dinge werk ten beste uit.
        n

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s